GÉNESIS 20

Abraham kom in Gerar. Hy ontken dat Sara sy vrou is.

1 EN Abraham hetdaarvandaan weggetrek na die Suidland en gaan woon tussenKades en Sur en inGerar as vreemdeling vertoef.

2 En Abraham het van Sara, sy vrou, gesê:Sy is my suster. Toe laat Abiméleg, die koning van Gerar, Sara haal.

3 MaarGod het in die nag by Abiméleg gekomin ’n droom en vir hom gesê: Kyk, jy sal sterwe ter wille van die vrou wat jy laat haal het, want sy is ’n getroude vrou.

4 Maar Abiméleg het nog nie naby haar gekom nie; daarom het hy gevra: Here,sal U ook ’n regverdige nasie ombring?

5 Het hy my nie self gesê nie: Sy is my suster? En sy het self ook gesê: Hy is my broer. In die onskuld van my hart en in die reinheid van my hande het ek dit gedoen.

6 Daarop antwoord God hom in die droom: Ek weet ook dat jy dit in die onskuld van jou hart gedoen het, en Ek self het jou daarvan teruggehou om nie teen My te sondig nie. Daarom het Ek jou nie toegelaat om haar aan te raak nie.

7 Gee dan nou die man se vrou terug,want hy is ’n profeet; en hy sal vir jou bid, dat jy kan lewe. Maar as jy haar nie teruggee nie, weet dan dat jy sekerlik sal sterwe, jyen almal wat aan jou behoort.

8 Abiméleg is toe die môre vroeg op en het al sy dienaars geroep en die hele saak voor hulle ore vertel. Toe was die manne baie bang.

9 En Abiméleg het Abraham laat roep en hom gevra: Wat het jy ons aangedoen? En wat het ek teen jou gesondig, dat jy oor my en my koninkryk ’n groot sonde gebring het? Dinge wat nie mag gebeur nie, het jy my aangedoen.

10 Verder sê Abiméleg vir Abraham: Wat was jou bedoeling dat jy dit gedoen het?

11 En Abraham antwoord: Ek het gedink daar is regtiggeen vrees vir God in hierdie plek nie, sodat hulle my oor my vrou sal doodmaak.

12 En sy is ook werklikmy suster; sy is my vader se dogter, maar nie my moeder se dogter nie; en sy het my vrou geword.

13 Entoe God my uit die huis van my vader laat omswerf het, het ek aan haar gesê: Dit is die guns wat jy van jou kant aan my moet bewys — op elke plek waar ons kom,moet jy van my sê: Hy is my broer.

14 Toeneem Abiméleg kleinvee en beeste, ook slawe en slavinne, en gee dit aan Abraham. Ook sy vrou Sara het hy aan hom teruggegee.

15 En Abiméleg sê: Daar lêmy land voor jou oop; woon waar dit goed is in jou oë.

16 En vir Sara sê hy: Hier gee ek aan joubroer duisendsikkelssilwer. Kyk, dit is vir jou ’nbedekking van die oë met betrekking tot elkeen wat by jou is, sodat jy in elke opsig geregverdig is.

17 Toe het Abraham tot God gebid, en God het Abiméleg gesond gemaak; ook sy vrou en sy slavinne, sodat hulle kon baar.

18 Want dieHerehet elke moederskoot van die huis van Abiméleg geheel en al toegesluit ter wille van Sara, die vrou van Abraham.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

2 × three =