GÉNESIS 22

Die offerande op Moría.

1 NÁ hierdie dinge hetGod Abraham op die proef gestel en aan hom gesê: Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!

2 Toe sê Hy: Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die landMoría en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys.

3 Daarop het Abraham die môre vroeg klaargemaak en sy esel opgesaal en twee van sy dienaars en sy seun Isak saam met hom geneem; en hy het hout gekloof vir ’n brandoffer en opgestaan en na die plek gegaan wat God hom aangewys het.

4 Op die derde dag toe slaan Abraham sy oë op en sien die plek van ver af.

5 En Abraham sê aan sy dienaars: Bly julle hier met die esel; ek en die seun wil daarheen gaan om te aanbid en dan na julle terugkom.

6 En Abraham het die hout vir die brandoffer geneem en ditop sy seun Isak gesit, en die vuur en die mes in sy hand geneem. So het hulle twee dan saam geloop.

7 Toe spreek Isak met sy vader Abraham en sê: My vader! En hy antwoord: Hier is ek, my seun! En hy sê: Hier is die vuur en die hout, maar waar is die lam vir ’n brandoffer?

8 En Abraham antwoord: God sal vir Homself die lam vir ’n brandoffer voorsien, my seun. So het hulle twee dan saam geloop.

9 Toe hulle kom op die plek wat God hom aangewys het, het Abraham daar die altaar gebou en die hout reggelê; daarna het hy sy seun Isak gebind enhom op die altaar bo-op die hout gesit.

10 Toe steek Abraham sy hand uit en neem die mes om sy seun te slag.

11 Maar die Engel van dieHerehet na hom van die hemel af geroep en gesê: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!

12 En Hy sê:Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; wantnou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie.

13 En toe Abraham sy oë opslaan, sien hy meteens ’n ram wat agter in die bos met sy horings vasgeraak het. En Abraham het gegaan en die ram geneem en dit as brandoffer in die plek van sy seun geoffer.

14 En Abraham het dié plek genoem: DieHeresal voorsien! Sodat vandag nog gesê word: Op die berg van dieHeresal dit voorsien word.

15 Toe roep die Engel van dieHerevir die tweede keer na Abraham van die hemel af

16 en sê:Ek sweer by Myself, spreek dieHere, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie,

17 dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerdersoos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal diepoort van sy vyande in besit neem.

18 En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word,omdat jy na my stem geluister het.

19 En Abraham het na sy dienaars teruggekeer; en hulle het klaargemaak en saam naBerséba gegaan. En Abraham het in Berséba bly woon.

20 Ná hierdie dinge het hulle aan Abraham berig gebring en gesê: Kyk,Milka het ook vir jou broer Nahor seuns gebaar:

21 Us, sy eersgeborene, enBus, sy broer, en Kémuel, die vader van Aram,

22 ook Kesed en Haso en Pildas en Jidlaf en Bétuel.

23 (EnBétuel was dievader van Rebekka.) Hierdie agt het Milka vir Nahor, die broer van Abraham, gebaar.

24 En sy byvrou met die naam van Reüma, sy het ook Tebag en Gaham en Tahas en Máäga gebaar.

GÉNESIS 23

Dood van Sara en haar begrafnis.

1 EN die lewensdae van Sara was honderd-sewen-en-twintig jaar. Dit was die lewensjare van Sara.

2 En Sara het gesterwe inKirjat-Arba, dit isHebron, in die land Kanaän; en Abraham het gekom om oor Sara te rouklaag en haar te beween.

3 Daarna het Abraham opgestaan, van sy dode af weg, en met die seuns van Het gespreek en gesê:

4 Ek is ’n vreemdeling en bywoner onder julle.Gee my ’n graf as besitting by julle, dat ek my dode van my af weg kan begrawe.

5 Toe antwoord die seuns van Het vir Abraham en sê aan hom:

6 Luister na ons, my heer! U is ’n vors van God onder ons. Begraaf u dode in die beste graf wat ons het; niemand van ons sal u sy graf weier om u dode te begrawe nie.

7 Toe staan Abraham op en buig hom voor die volk van die land, voor die seuns van Het;

8 en hy het met hulle gespreek en gesê: As julle dit goedvind dat ek my dode van my af weg begrawe, luister dan na my en doen vir my ’n goeie woord by Efron, die seun van Sohar,

9 dat hy aan my gee die spelonk van Magpéla wat aan hom behoort, wat aan die end van sy stuk grond lê; laat hy dit vir die volle som aan my gee, dat ek ’n graf onder julle mag besit.

10 En Efron het tussen die seuns van Het gesit. Toe antwoord Efron, die Hetiet, vir Abraham voor die ore van die seuns van Het, van almal watin die poort van sy stad ingegaan het:

11 Nee, my heer, luister na my. Die stuk grond gee ek aan u; ook die spelonk wat daarin is, dit gee ek aan u; voor die oë van die seuns van my volk gee ek dit aan u; begraaf u dode.

12 Daarop het Abraham hom voor die volk van die land neergebuig

13 en met Efron gespreek voor die ore van die volk van die land: Ja, as dit u is, ag, luister na my! Ek gee die geld vir die stuk grond; neem dit van my aan, dat ek my dode daar kan begrawe.

14 En Efron het Abraham geantwoord en aan hom gesê:

15 My heer, luister na my. ’n Stuk land van vierhonderdsikkels silwer — wat is dit tussen my en u? Begraaf maar u dode.

16 Toe luister Abraham na Efron, en Abraham het aan Efron die geldafgeweeg waarvan hy gespreek het voor die ore van die seuns van Het — vierhonderd sikkels silwer gangbaar by die koopman.

17 Sohet dan die stuk grond van Efron wat in Magpéla teenoor Mamre lê, die stuk grond en die spelonk wat daarin is, en al die bome op die stuk grond wat op die ganse gebied daarvan rondom staan,

18 die eiendom van Abraham geword voor die oë van die seuns van Het, voor almal wat in die poort van sy stad ingegaan het.

19 Daarna het Abraham toe sy vrou Sara begrawe in die spelonk van die stuk grond van Magpéla, oostelik van Mamre, dit is Hebron, in die land Kanaän.

20 So is dan die stuk grond en die spelonk wat daarin was, deur die seuns van Hetaan Abraham afgestaan om dit as graf in eiendom te besit.

GÉNESIS 24

Rebekka word gevra as vrou vir Isak.

1 EN Abraham was oud en ver op sy dae, en dieHerehet Abraham in alles geseën.

2 Toe sê Abrahamaan sy dienaar, die oudste van sy huiswat die opsig gehad het oor al sy goed:Lê tog jou hand onder my heup,

3 dat ek jou kan laatsweer by dieHere, die God van die hemel en die God van die aarde, datjy vir my seun geen vrou sal neem uit die dogters van die Kanaäniete onder wie ek woon nie;

4 maar dat jyna my land en my familie sal gaan om vir my seun Isak ’n vrou te neem.

5 Toe sê die dienaar vir hom: Miskien sal die vrou my nie wil volg na hierdie land nie. Moet ek u seun dan maar terugbring in die land waaruit u weggetrek het?

6 En Abraham antwoord hom: Neem jou tog in ag dat jy my seun nie weer daarheen bring nie.

7 DieHere, die God van die hemel, watmy uit my vader se huis en uit my geboorteland weggeneem het, en wat met my gespreek en vir my gesweer het met die woorde:Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee —Hy sal sy engel voor jou uit stuur, en jy moet vir my seun daar ’n vrou gaan haal.

8 Maar as die vrou jou nie wil volg nie, dan isjy ontslae van hierdie eed aan my. Jy moet net my seun nie weer daarheen bring nie.

9 Toelê die dienaar sy hand onder die heup van Abraham, sy heer, en hy het vir hom gesweer, met die oog op hierdie saak.

10 En die dienaar het tienkamele van die kamele van sy heer geneem en weggegaan met allerhande kosbare goed van sy heer by hom: hy het klaargemaak en na Mesopotámië, nadie stad van Nahor, getrek.

11 En hy het die kamele laat neerkniel buitekant die stad by ’n put, teen die aand, teen die tyd dat die vroue uitgaan om water te skep,

12 en gesê:Here, God van Abraham, my heer,laat ekhaartog vandag ontmoet, en bewys guns aan Abraham, my heer.

13 Hier staan ek by die fontein, terwyl die dogters van die manne van die staduitkom om water te skep.

14 Laat dít nou tog gebeur: as die dogter aan wie ek sal sê: Hou tog jou kruik, dat ek kan drink, antwoord: Drink, en ek sal ook u kamele laat drink — dan is sy dit wat U bestem het vir u kneg Isak, endaaraan sal ek weet dat U guns aan my heer bewys het.

15 Hy het nog nie klaar gespreek nie, of daar kom Rebekka uit wat vir Bétuel, die seun vanMilka, die vrou van Nahor, Abraham se broer, gebore is, met haar kruik op haar skouer.

16 En die dogter was baiemooi van aansien, ’n jongmeisie, en geen man het haar beken nie. En sy het afgedaal na die fontein en haar kruik volgemaak en weer opgekom.

17 Toe loop die dienaar haar tegemoet en sê: Laat my tog ’n bietjie water uit jou kruik drink.

18 En sy antwoord: Drink, my heer! Daarop laat sy gou haar kruik op haar hand afsak en laat hom drink.

19 Nadat sy hom genoeg laat drink het, sê sy: Ek sal vir u kamele ook skep totdat hulle genoeg gedrink het.

20 Dadelik het sy toe haar kruik in die drinkbak leeggemaak en weer na die put geloop om te skep en vir al sy kamele geskep.

21 En die man het haar stilswyend betrag om te weetof dieHeresy wegvoorspoedig gemaak het of nie.

22 En toe die kamele genoeg gedrink het, neem die man ’n goue ring, ’n halfsikkel in gewig, en twee armbande vir haar hande, tiensikkelsgoud in gewig.

23 En hy sê: Wie se dogter is jy? Vertel my tog. Is daar plek vir ons in die huis van jou vader om te vernag?

24 Toe antwoord sy hom: Ek is die dogter van Bétuel, die seun van Milka wat sy vir Nahor gebaar het.

25 Verder sê sy vir hom: Daar is ook strooi en voer in oorvloed by ons, ook plek om te vernag.

26 Toe buig die man hom neer en aanbid dieHere

27 met die woorde: Geloofd sy dieHere, die God van Abraham, my heer, wat sygoedertierenheid en sy trou aan my heer nie onttrek het nie. Wat my aangaan, dieHerehet my op die weg gelei na die huis van die broers van my heer.

28 Daarna het die dogter geloop en in die huis van haar moeder vertel wat daar gebeur het.

29 En Rebekka het ’n broer gehad met die naam vanLaban, en Laban het uitgeloop na die man buite by die fontein.

30 Want toe hy die ring en die armbande aan die hande van sy suster sien en die woorde van sy suster Rebekka hoor, naamlik: So het die man met my gespreek — het hy na die man gegaan, terwyl hy nog daar staan by die kamele by die fontein,

31 en gesê: Kom in,geseënde van dieHere! Waarom staan jy buitekant terwyl ek die huis reggemaak het en ook plek vir die kamele?

32 En die man het in die huis ingekom — die kamele is afgesaal en vir die kameleis strooi en voer gegee,en water om sy voete te was en die voete van die manne wat by hom was.

33 Daarop het hulle ete voor hom neergesit; maar hy het gesê: Ek sal nie eet voordat ek my saak voorgedra het nie. En hy antwoord: Spreek maar.

34 Toe sê hy: Ek is die dienaar van Abraham.

35 En dieHerehet my heer baie geseën, sodat hy groot geword het, en aan hom kleinvee en beeste, silwer en goud, slawe en slavinne en kamele en esels gegee.

36 En Sara, die vrou van my heer,het vir my heer ’n seun gebaar nadat sy al oud was; enhy het aan hom alles oorgegee wat hy besit.

37 En my heerhet my laat sweer en gesê: Jy moet vir my seun geen vrou neem uit die dogters van die Kanaäniete in wie se land ek woon nie;

38 maar jy moet gaan na die huis van my vader en na my geslag en vir my seun ’n vrou gaan haal.

39 Toe het ek aan my heer gesê: Miskien sal die vrou my nie volg nie.

40 Maar hy het my geantwoord: DieHerevoor wie se aangesig ek gewandel het, sal sy engel met jou saamstuur, en Hy sal jou weg voorspoedig maak, sodat jy vir my seun ’n vrou uit my geslag en uit die huis van my vader kan gaan haal.

41 Dan sal jy ontslae wees van die eed aan my: as jy by my geslag kom en hullehaaraan jou nie wil gee nie, dan is jy ontslae van die eed aan my.

42 Ek het toe vandag by die fontein gekom en gesê:Here, God van Abraham, my heer, as U dan my weg waar ek op gaan, voorspoedig wil maak —

43 ek staan hier by die fontein — laat dít nou tog gebeur: die jongmeisie wat uitkom om te skep en aan wie ek sal sê: Laat my tog ’n bietjie water uit jou kruik drink —

44 en wat my sal antwoord: Drink u self, en ook vir u kamele sal ek skep — sý is die vrou wat dieHerevir die seun van my heer bestem het.

45 Ek het nog nie klaar in my hartgespreek nie of daar het Rebekka uitgekom met haar kruik op die skouer en na die fontein afgedaal en geskep. Ek het toe vir haar gesê: Laat my tog drink!

46 En sy het dadelik haar kruik van haar laat afsak en gesê: Drink, en ek sal u kamele ook laat drink. En ek het gedrink, en sy het ook die kamele laat drink.

47 Toe vra ek haar en sê: Wie se dogter is jy? En sy antwoord: Die dogter van Bétuel, die seun van Nahor wat Milka vir hom gebaar het. Daarop het ek diering aan haar neus gesit en die armbande aan haar hande,

48 en ek het my in aanbidding neergebuig voor dieHereen dieHeregeloof, die God van Abraham, my heer, wat my op die regte weg gelei het omdie dogter van my heer se broer vir sy seun te gaan haal.

49 As julle dan nou guns en trou aan my heer wil bewys, sê dit vir my; en so nie, sê dit vir my, dat ek regs of links kan gaan.

50 Toe antwoord Laban en Bétuel en sê: Van dieHerekom die saak; ons kanjou daar geen kwaad of goed van spreek nie.

51 Daar staan Rebekka voor jou, neem haar en gaan heen, dat sy ’n vrou kan wees vir die seun van jou heer,soos dieHeregespreek het.

52 Toe die dienaar van Abraham hulle woorde hoor, het hy hom voor dieHereneergebuig na die aarde toe.

53 Daarna het die dienaar silwer- en goue goed en klere uitgehaal en dit aan Rebekka gegee; ook aan haar broer en haar moeder het hy kosbare geskenke gegee.

54 En hulle het geëet en gedrink, hy en die manne wat by hom was, en die nag oorgebly. Toe hulle die môre vroeg opgestaan het, sê hy: Laat my trek na my heer!

55 Maar haar broer en haar moeder sê: Laat die dogter ’n dag of tien by ons bly; daarna kan jy heengaan.

56 Maar hy antwoord hulle: Moet my nie ophou nie aangesien dieHeremy weg voorspoedig gemaak het; laat my trek, dat ek na my heer kan gaan.

57 Toe sê hulle: Laat ons die dogter roep en haar self vra.

58 En hulle het Rebekka geroep en haar gevra: Wil jy met hierdie man saamgaan? En sy antwoord: Ja.

59 Daarop het hulle Rebekka, hulle suster, en haaroppasser laat trek saam met die dienaar van Abraham en sy manne.

60 En hulle het Rebekka geseën en aan haar gesê: Ons suster,mag jy duisende van tienduisende word, en mag jounageslag die poort van sy vyande in besit neem!

61 Toe het Rebekka en haar diensmeisies hulle klaargemaak en op die kamele weggery en die man gevolg. So het die dienaar dan Rebekka saamgeneem en weggetrek.

62 En Isak het uit die rigting van dieput Lagai-Roï gekom; want hy het gaan woon in die Suidland.

63 En Isak het teen die aand uitgegaan om te peins in die veld. En toe hy sy oë opslaan, sien hy meteens kamele aankom.

64 Rebekka het ook haar oë opgeslaan en Isak gesien. Toehet sy van die kameel afgegly

65 en aan haar dienaar gesê: Watter man is dit wat ons tegemoetloop in die veld? En die dienaar antwoord: Dit is my heer. Toe neem sy die sluier en bedek haar.

66 Daarop het die dienaar aan Isak alles vertel wat hy gedoen het.

67 En Isak het haar in die tent van sy moeder Sara ingebring en Rebekka geneem, en sy het sy vrou geword; en hy het haar liefgehad. So is Isak dangetroos ná diedood van sy moeder.

GÉNESIS 25

Die dood van Abraham.

1 EN Abraham het weer ’n vrou geneem met die naam van Ketúra.

2 Ensy het vir hom Simran en Joksan en Medan en Mídian en Jisbak en Suag gebaar.

3 En Joksan was die vader van Skeba en Dedan; en die kinders van Dedan was die Assuriete, Letusiete en Leümmiete.

4 En die seuns van Mídian was: Efa en Efer en Henog en Abída en Éldaä. Hulle almal was seuns van Ketúra.

5 EnAbraham het aan Isak alles gegee wat hy besit het,

6 maar aan die seuns van die byvroue van Abraham het Abraham geskenke gegee en hulle, nog by sy lewe, van sy seun Isak af oos laat wegtrek, na dieOosland.

7 En dit is die dae van die lewensjare van Abraham wat hy geleef het: honderd-vyf-en-sewentig jaar.

8 Abraham het die asem uitgeblaas enin goeie ouderdom gesterwe, oud en afgeleef. En hyis by sy volksgenote versamel.

9 Ensy seuns Isak en Ismael het hom begrawe in die spelonk van Magpéla, in die stuk grond van Efron, die seun van Sohar, die Hetiet, wat oos van Mamre lê,

10 die stuk grond wat Abraham van die seuns van Het gekoop het.Daar is Abraham begrawe en sy vrou Sara.

11 Ná die dood van Abraham het God sy seun Isak geseën; en Isak het gewoon by die putLagai-Roï.

12 En dit is die stamboom van Ismael, die seun van Abraham,wat Hagar, die Egiptiese, die slavin van Sara, vir Abraham gebaar het —

13 dit is die name van die seuns van Ismael, hulle name volgens hulle afstamming: die eersgeborene van Ismael, Nébajot; dan Kedar en Ádbeël en Mibsam

14 en Misma en Duma en Massa,

15 Hadad en Tema, Jetur, Nafis en Kedma.

16 Dit is die seuns van Ismael, en dit hulle name, in hulle dorpe en laers,twaalf vorste volgens hulle volkstamme.

17 En dit is die lewensjare van Ismael: honderd-sewen-en-dertig jaar; enhy het die asem uitgeblaas en gesterwe, en hy is versamel by sy volksgenote.

18 En hulle het gewoon van Háwila tot bySur wat oos van Egipte lê in die rigting van Assur. Teenoor al sy broers het hy hom gevestig.

Esau en Jakob.

19 EN dit is die geskiedenis van Isak, die seun van Abraham:Abraham was die vader van Isak.

20 En Isak was veertig jaar oud toe hy Rebekka, diedogter van Bétuel, die Arameër uitPaddan-Aram,die suster van Laban, die Arameër, vir hom as vrou geneem het.

21 En Isak het dieHeregesmeek met die oog op sy vrou, want sy was onvrugbaar;en dieHerehet hom verhoor, sodat sy vrou Rebekka swanger geword het.

22 En die kinders het teen mekaar gestoot binne-in haar. Toe sê sy: As dit so gaan, waarvoorleefek dan? Daarop het sygegaan om dieHerete raadpleeg.

23 En dieHerehet haar geantwoord:Twee nasies is in jou skoot, en twee volke sal van mekaar gaan uit jou liggaam; en die een volk sal sterker wees as die ander volk; en dieoudste sal die jongste dien.

24 En toe haar dae vervul is dat sy moes baar, was daar ’n tweeling in haar skoot.

25 En die eerste is gebore — rooi,geheel en al soos ’n mantel van hare. Daarom het hulle hom Esau genoem.

26 En daarna is sy broer gebore, terwylsy hand die hakskeen van Esau vashou. Daarom het hulle homJakob genoem. En Isak was sestig jaar oud by hulle geboorte.

27 En die seuns het opgegroei: Esau het ’n ervarejagter geword, ’n man van die veld; maar Jakob was ’nvredeliewende man wat in tente gewoon het.

28 En Isak het Esau liefgehad, want wildsvleis was na sysmaak;maar Rebekka het Jakob liefgehad.

29 En Jakob het ’n kooksel klaargemaak en Esau het moeg uit die veld gekom.

30 Toe sê Esau vir Jakob: Laat my tog sluk van die rooigoed daar, want ek is moeg. Daarom het hulle hom Edom genoem.

31 En Jakob antwoord: Verkoop eers jou eersgeboortereg aan my.

32 En Esau sê: Kyk, ek gaan sterwe, en wat baat die eersgeboortereg my dan?

33 Toe antwoord Jakob: Sweer eers vir my. En hy het vir hom gesweer ensy eersgeboortereg aan Jakob verkoop.

34 En Jakob het aan Esau brood en die kooksel lensies gegee; en hy het geëet en gedrink en opgestaan en weggegaan. So het Esau dan sy eersgeboortereg verag.

GÉNESIS 26

Isak in Gerar. Hy maak ’n verbond met Abiméleg. Huwelik van Esau.

1 EN daar was hongersnood in die land, buitendie eerste hongersnood wat in die dae van Abraham gewees het. Daarom het Isak getrek naAbiméleg, die koning van dieFilistyne, na Gerar.

2 En dieHerehet aan hom verskyn en gesê: Moenie aftrek na Egipte nie; woon indie land wat Ek jou sal aanwys.

3 Vertoef as vreemdeling in hierdie land, en Ek sal met jou wees enjou seën; want aan jou en jou nageslag sal Ek al hierdie lande gee: Ek saldie eed bevestig wat Ek vir jou vader Abraham gesweer het.

4 EnEk sal jou nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag al hierdie lande gee, enin jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word;

5 omdat Abraham na my stem geluister en my ordening, my gebooie, my insettinge en my wette onderhou het.

6 So het Isak dan in Gerar gebly.

7 En toe die manne van die plek hom na sy vrou vra,antwoord hy: Sy is my suster. Want hy was bang om te sê: My vrou — anders sal die manne van die plek,so het hy gedink,my miskien doodmaak ter wille van Rebekka; want sywas mooi van aansien.

8 En toe hy al ’n lang tyd daar was, kyk Abiméleg, die koning van die Filistyne, deur die venster uit en sien hoe Isak speel met Rebekka, sy vrou.

9 En Abiméleg het Isak geroep en gesê: Kyk, sy is dan tog jou vrou! Hoe kon jy dan verklaar: Sy is my suster? En Isak antwoord hom: Ja, ek het gedink ek kan miskien om haar ontwil my lewe verloor!

10 En Abiméleg sê: Wat het jy ons nou aangedoen? Hoe maklik kon een van die mense met jou vrou gemeenskap gehad enjy ’n skuld oor ons gebring het!

11 Daarop gee Abiméleg bevel aan die hele volk en sê: Wie hierdie man of sy vrou aanraak, sal sekerlik gedood word.

12 Isak het toe in dié land gesaai en daardie jaar honderdvoudig gewen, want dieHerehethom geseën.

13 En die man het groot geword en altyddeur groter geword totdat hy baie groot was:

14 hy het troppe kleinvee en beeste gehad en baie bediendes, sodat die Filistynehom beny het.

15 En al die puttewat die dienaars van sy vader in die dae van sy vader Abraham gegrawe het, dié het die Filistyne toegestop en met grond opgevul.

16 Toe sê Abiméleg vir Isak: Trek weg van ons, wantjy het vir ons veels te magtig geword.

17 Daarop het Isak vandaar weggetrek en laer opgeslaan in die dal by Gerar en daar bly woon.

18 En Isak het die putte weer oopgegrawe wat hulle in die dae van sy vader Abraham gegrawe het, en wat die Filistyne ná die dood van Abraham toegestop het,en dit genoem na die name wat sy vader daaraan gegee het.

19 En terwyl die dienaars van Isak in die dal grawe, vind hulle daar ’n put met lewendige water.

20 En die herders van Gerarhet getwis met die herders van Isak en gesê: Dit is óns water. Daarom het hy die put Esek genoem, omdat hulle met hom onenigheid gehad het.

21 Daarop grawe hulle ’n ander put, en daaroor het hulle ook getwis. Daarom het hy dit Sitna genoem.

22 Toe het hy vandaar versit en ’n ander put gegrawe, en daaroor is nie getwis nie. Daarom het hy dit Réhobot genoem en gesê: Ja, nou het dieHerevir ons ruimte gemaak en kan onsvrugbaar wees in die land.

23 Daarna het hy vandaar opgetrek na Berséba.

24 En dieHerehet aan hom in dieselfde nag verskyn en gesê:Ek is die God van Abraham, jou vader.Moenie bang wees nie, wantEk is met jou; en Ek sal jou seën en jou nageslag vermeerder ter wille van Abraham, my kneg.

25 Toebou hy daar ’n altaar, en hy het die Naam van dieHereaangeroep en daar sy tent opgeslaan; en die dienaars van Isak het daar ’n put gegrawe.

26 Daarop kom Abiméleg na hom van Gerar af, saam met Ahussat, sy vriend, enPigol, sy leërowerste.

27 En Isak het hulle gevra: Waarom het julle na my gekom terwyl julle my haat enmy van julle af weggestuur het?

28 Toe antwoord hulle: Ons het duidelik gesien dat dieHeremet jou is. Daarom het ons gedink: Laat daar tog ’n eed tussen ons wees, tussen ons en jou; en laat ons ’n verbond met jou sluit:

29 jy moet ons geen kwaad doen nie, net soos ons jou nie aangeraak en aan jou niks as goed gedoen het nie en jou in vrede weggestuur het. Jy is nou eenmaal die geseënde van dieHere.

30 Toe berei hy vir hulle ’n maaltyd, en hulle het geëet en gedrink.

31 En hulle is die môre vroeg op enhet vir mekaar ’n eed gesweer. Daarop het Isak hulle laat gaan, en hulle het in vrede van hom af weggetrek.

32 Dieselfde dag kom toe die dienaars van Isak en vertel hom van die put wat hulle gegrawe het, en sê vir hom: Ons het water gekry.

33 En hy het dit Seba genoem.Daarom is die naam van die stad Berséba tot vandag toe.

34 Toe Esau veertig jaar oud was, het hy Judit, die dogter van Beëri, die Hetiet, vir hom as vrou geneem, en Basmat, die dogter van Elon, die Hetiet.

35 En hulle was vir Isak en Rebekka ’n bitter verdriet.

GÉNESIS 27

Jakob word geseën in die plek van Esau.

1 TOE Isak oud geword het en sy oë swak was, sodat hy nie kon sien nie, het hy sy oudste seun Esau geroep en vir hom gesê: My seun! En hy het hom geantwoord: Hier is ek!

2 Toe sê hy: Kyk tog, ek het oud geword, ek weet die dag van my dood nie.

3 Neem dan nou tog jou wapens, jou pylkoker en jou boog, en gaan uit in die veld en jag vir my ’n stuk wild

4 en maak vir my lekker ete klaar soos ek dit graag wil hê; en bring dit vir my om te eet; sodat my siel jou kanseën voordat ek sterwe.

5 En Rebekka het geluister terwyl Isak met sy seun Esau spreek. En Esau het in die veld gegaan om ’n stuk wild te jag en dit te bring.

6 Toe het Rebekka met haar seun Jakob gespreek: Kyk, ek het jou vader met jou broer Esau hoor spreek en sê:

7 Bring vir my ’n stuk wild en maak vir my lekker ete, dat ek kan eet en jou kan seën voor die aangesig van dieHerevoor my dood.

8 My seun, luister dan nou na my, na wat ek jou beveel.

9 Loop nou na die kleinvee en gaan haal vir my daar twee mooi bokkies, dat ek jou vader daarvan ’nlekker ete kan maak soos hy dit graag wil hê.

10 Dan moet jy dit na jou vader bring, dat hy kan eet; sodat hy jou kanseën voor sy dood.

11 Toe sê Jakob vir sy moeder Rebekka: Kyk, my broerEsau is ’n harige man en ek is ’n gladde man.

12 Miskien sal my vadermy betas, en ek sal in sy oë wees soos ’n spotter; so sou ek dan ’n vloek oor my bring en nie ’n seën nie.

13 Maar sy moeder antwoord hom:Laat jou vloek op my wees, my seun! Luister net na my en gaan haal dit vir my.

14 Toe het hy dit gaan haal en na sy moeder gebring. En sy moeder het daarvan ’n lekker ete gemaak soos sy vader dit graag wou hê.

15 Ook neem Rebekka die beste klere van Esau, haar oudste seun, wat by haar in die huis was, en sy trek dit vir Jakob, haar jongste seun, aan;

16 en die velle van die bokkies trek sy oor sy hande en oor die gladdigheid van sy nek,

17 en sy gee die lekker ete en die brood wat sy gemaak het, in die hand van Jakob, haar seun.

18 Toe kom hy by sy vader en sê: My vader! En hy antwoord: Hier is ek! Wie is jy, my seun?

19 En Jakob sê aan sy vader: Ek is Esau, u eersgeborene. Ek het gedoen soos u my beveel het. Rig u tog op, sit en eet van my wildsvleis, dat u siel my kan seën.

20 Daarop het Isak aan sy seun gesê: Hoe het jy dit so gou gekry, my seun? En hy antwoord: Omdat dieHereu God dit my laat teëkom het.

21 En Isak sê vir Jakob: Kom tog nader, dat ek joukan betas, my seun, of jy waarlik my seun Esau is of nie.

22 En Jakob het nader gekom na sy vader Isak, en hy het hom betas en gesê: Die stem is Jakob se stem, maar die hande is Esau se hande.

23 Maar hy het hom nie geëien nie, omdat sy hande harig was soos sy broer Esau se hande; en hy het hom geseën.

24 Hy het naamlik gevra: Is jy waarlik my seun Esau? En hy het geantwoord: Ja.

25 Toe sê hy: Bring dit vir my nader, dat ek van die wildsvleis van my seun kan eet, sodat my siel jou kan seën. En hy het dit vir hom nader gebring, en hy het geëet. Hy het vir hom ook wyn gebring, en hy het gedrink.

26 Daarop sê sy vader Isak vir hom: Kom tog nader en soen my, my seun!

27 En hy het nader gekom en hom gesoen. Toe ruik hy die geur van sy klere, en hyseën hom en sê: Kyk,die geur van my seun is soos die geur van die veld wat dieHeregeseën het.

28 En mag God jou gee van diedou van die hemel en van die vet grond van die aarde enoorvloed van koring en mos.

29 Volke sal jou dien, en nasies voor jou neerbuig.Wees ’n heerser oor jou broers, endie seuns van jou moeder moet hulle voor jou neerbuig.Vervloek is hulle wat jou vloek, en geseënd hulle wat jou seën.

30 Maar toe Isak Jakob klaar geseën het en Jakob nog skaars van sy vader Isak af weggegaan het, kom sy broer Esau van die jag af,

31 en hý maak ook ’n lekker ete en bring dit na sy vader en sê aan sy vader: Laat my vader hom oprig en eet van die wildsvleis van sy seun, sodat u siel my kan seën.

32 En sy vader Isak vra hom: Wie is jy? En hy antwoord: Ek is u seun Esau, u eersgeborene.

33 Toe skrik Isak geweldig en sê: Wie is dit dan wat wild gejag en vir my gebring het? En ek het van alles geëet voordat jy gekom het, en hom geseën — ook sal hy geseënd bly!

34 Toe Esau die woorde van sy vader hoor,skreeu hy met ’n baie groot en bitter geroep, en hy sê vir sy vader: Seën mý ook, my vader!

35 En hy antwoord: Jou broer het gekom met bedrog en jou seën weggeneem.

36 Daarop sê hy:Sou hulle hom Jakob noem, omdat hy my nou twee keer onderkruip het?My eersgeboortereg het hy geneem, en daar het hy nou my seën geneem! Verder vra hy: Het u vir my geen seën oorgehou nie?

37 Toe antwoord Isak en sê vir Esau:Kyk, ek het hom as heerser oor jou gestel en aan hom al sy broers as dienaars gegee; enek het hom met koring en mos versorg. Wat kan ek dan nou vir jóú doen, my seun?

38 Daarop het Esau aan sy vader gevra: Het u net een seën, my vader? Seën mý ook, my vader! En Esau het sy stem verhefen geween.

39 Toe antwoord sy vader Isak en sê vir hom: Kyk, ver van die vet grond van die aarde sal jou woonplek wees, en ver van die dou van die hemel daarbo.

40 En van jou swaard sal jy lewe, enjou broer sal jy dien. Maar as jy jou kragte inspan, saljy sy juk van jou nek afruk.

41 En Esau wasJakob vyandig gesind vanweë die seën waarmee sy vader hom geseën het, en Esau het in sy hart gedink:Die dae van die rou oor my vader is naby;dan sal ek my broer Jakob doodmaak.

42 Maar toe hulle aan Rebekka die woorde van Esau, haar oudste seun, vertel, stuur sy en laat Jakob, haar jongste seun, roep en sê vir hom: Kyk, jou broer Esau sal hom op jou wreek deur jou dood te maak.

43 My seun, luister dan nou na my: maak jou klaar, vlug tog naHaran, na my broer Laban,

44 en bly ’n rukkie by hom tot die woede van jou broer bedaar,

45 tot die toorn van jou broer teen jou bedaar en hy vergeet het wat jy hom aangedoen het. Dan sal ek stuur en jou daar laat haal. Waarom moet ek julle altwee op een dag verloor?

46 Verder sê Rebekka vir Isak:Ek is moeg vir my lewe vanweë die dogters van Het.As Jakob ’n vrou neem uit die dogters van Het, soos húlle is, uit die dogters van die land — waarvoor lewe ek dan?

GÉNESIS 28

Droom en gesig van Jakob by Bet-el.

1 TOE het Isak Jakob geroep en hom geseën; en hy het hom bevel gegee met die woorde:Jy mag geen vrou neem uit die dogters van Kanaän nie.

2 Maak jou klaar, gaan naPaddan-Aram, na die huis vanBétuel, jou moeder se vader, en gaan haal vir jou daar ’n vrou uit die dogters vanLaban, jou moeder se broer.

3 En mag God, die Almagtige, jou seën en jou vrugbaar maak en jou vermeerder, sodat jy ’n menigte van volke kan word.

4 En mag Hy jou geedie seën van Abraham, aan jou en jou nageslag saam met jou, dat jy die land van jou vreemdelingskap in besit kan neem wat God aan Abraham gegee het.

5 So het Isak Jakob dan weggestuur, en hy het na Paddan-Aram gegaan, na Laban, die seun van Bétuel, die Arameër, die broer van Rebekka, die moeder van Jakob en Esau.

6 Toe Esau sien dat Isak Jakob geseën en hom na Paddan-Aram weggestuur het om daar vir hom ’n vrou te gaan haal, terwyl hy hom geseën en hom bevel gegee het met die woorde: Jy mag geen vrou uit die dogters van Kanaän neem nie;

7 en dat Jakob na sy vader en sy moeder geluister het om na Paddan-Aram te gaan;

8 en toe Esau siendat die dogters van Kanaän sleg was in die oë van sy vader Isak,

9 het Esau na Ismael gegaan enMáhalat, die dogter van Ismael, die seun van Abraham,die suster van Nébajot, by sy vroue vir hom as vrou geneem.

10 En Jakob het uitBerséba vertrek en naHaran gegaan.

11 Daarop kom hy by ’n plek waar hy die nag oorgebly het, want die son was al onder. En hy neem een van die klippe van die plek en sit dit onder sy hoof, en hy gaan lê en slaap op dié plek.

12 En hyhet gedroom — daar is ’n leer op die aarde opgerig waarvan die spits tot aan die hemel reik, terwyldie engele van God daarlangs opgeklim en daarlangs neergedaal het.

13 En kyk, dieHerehet bo-aan gestaan en gesê:Ek is dieHere, die God van jou vader Abraham en die God van Isak.Die land waar jy op lê en slaap, sal Ek aan jou en jou nageslag gee;

14 en jou nageslag sal wees soos die stof van die aarde, en jy sal uitbrei na die weste en ooste, en na die noorde en suide; enin jou en jou nageslag sal al die geslagte van die aarde geseën word.

15 En kyk,Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan, en Ek sal jouterugbring in hierdie land; wantEk sal jou nie verlaat nie, totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesê het.

16 Daarop word Jakob uit sy slaap wakker en sê: Waarlik, dieHereis ophierdie plek, en ék het dit nie geweet nie.

17 En hy het bevrees geword en gesê: Hoe vreeslik is hierdie plek! Dit is hier niks anders as ’n huis van God nie, en dit is hier die poort van die hemel.

18 Toe staan Jakob die môre vroeg op en neem die klip wat hy onder sy hoof gesit het, en rig dit as ’ngedenksteen op; enhy het olie daaroor uitgegiet.

19 En hy het die plekBet-el genoem; maar die naam van die stad was tevore Lus.

20 En Jakob het ’n gelofte gedoen en gesê: As God met my sal wees om my te bewaar op hierdie weg wat ek gaan, en aan my brood sal gee om te eet en klere om aan te trek,

21 en ekbehoue na die huis van my vader sal terugkom, dan sal dieHeremy God wees.

22 En hierdie klip wat ek as gedenksteen opgerig het,sal ’n huis van God wees,en van alles wat U my gee, sal ek aan U sekerlik die tiendes afstaan.

GÉNESIS 29

Jakob werk vir Laban. Hy trou met Lea en Ragel. Sy vroue het baie seuns, en hy word ryk.

1 TOE lig Jakob sy voete op en gaan na die land van die kinders vandie Ooste.

2 En meteens sien hy ’n put in die veld en drie troppe kleinvee wat daarby lê, want uit dié put het hulle die vee laat drink; en daar was ’n groot klip op die opening van die put.

3 En as al die troppe daar bymekaarkom, rol hulle die klip weg van die opening van die put en laat die vee drink; daarna sit hulle die klip weer op die opening van die put op sy plek.

4 Toe sê Jakob vir hulle: My broers, waar is julle vandaan? En hulle antwoord: Ons kom vanHaran.

5 En hy vra hulle: Ken julle vir Laban, die seun van Nahor? En hulle antwoord: Ons ken hom.

6 Verder sê hy vir hulle: Gaan dit goed met hom? En hulle antwoord: Dit gaan goed; en daar kom sy dogter Ragel aan met die vee.

7 En hy sê: Kyk, die dag is nog lank; dit is nie tyd om die vee bymekaar te maak nie. Laat die vee drink, en gaan heen, laat hulle wei.

8 Toe antwoord hulle: Ons kan nie voordat al die troppe bymekaar is nie; dan rol hulle die klip weg van die opening van die put, en ons laat die vee drink.

9 Terwyl hy nog met hulle praat,kom Ragel met die kleinvee van haar vader aan, want sy het hulle opgepas.

10 Toe Jakob Ragel sien, die dogter van Laban, sy moeder se broer, en die vee van Laban, sy moeder se broer, loop Jakob nader en rol die klip weg van die opening van die put, en hy laat die vee drink van Laban, sy moeder se broer.

11 En Jakobhet Ragel gesoen en sy stem verhef en geween.

12 En Jakob het Ragel vertel dat hyhaar vader se broer en die seun van Rebekka was. Daarop het sy geloop en dit aan haar vader vertel.

13 Toe Laban die tyding hoor van Jakob, die seun van sy suster, loop hy hom tegemoet en omhels hom en soen hom en bring hom in sy huis. En hy het aan Laban al hierdie dinge vertel.

14 Toe sê Laban vir hom:Waarlik, jy is my been en my vlees. En hy het by hom ’n volle maand gebly.

15 Daarop het Laban aan Jakob gevra: Sou jy my verniet dien, omdat jy my broer is? Sê my wat jou loon moet wees.

16 En Laban het twee dogters gehad — die naam van die oudste was Lea, en die naam van die jongste Ragel.

17 En Lea het dowwe oë gehad, maar Ragel was skoon van gestalte en mooi van aansien.

18 En Jakob het Ragel liefgehad, daarom het hy gesê:Ek sal u sewe jaar dien vir Ragel, u jongste dogter.

19 Toe antwoord Laban: Dit is beter dat ek haar aan jou gee as dat ek haar aan ’n ander man gee. Bly by my.

20 So hetJakob dan sewe jaar gedien vir Ragel; en hulle was in sy oë soos ’n paar dae, omdat hy haar liefgehad het.

21 Toe sê Jakob vir Laban: Gee tog my vrou, want my dienstyd is om, dat ek by haar kan ingaan.

22 Daarop het Laban al die manne van die plek versamel en ’n maaltyd berei.

23 Maar in die aand het hy sy dogter Lea geneem en haar na hom gebring; en hy het by haar ingegaan.

24 En Laban het aan haar sy slavinSilpa gegee,naamlikaan sy dogter Lea, as slavin.

25 En die anderdagmôre — daar was dit Lea! Daarom het hy aan Laban gesê: Wat het u my nou aangedoen? Was ek nie vir Ragel by u in diens nie? Waarom het u my dan bedrieg?

26 En Laban antwoord: Dit is hier by ons nie die gewoonte om die jongste voor die oudste weg te gee nie.

27 Hou die volle bruilofsweek met haar; dan sal ons jou die ander een ook gee vir die diens wat jy nóg sewe jaar by my moet volbring.

28 En Jakob het so gedoen: hy het die volle bruilofsweek met haar gehou. Toe gee hy sy dogter Ragel aan hom as vrou.

29 En Laban het aan sy dogter Ragel sy slavinBilha gegee as slavin vir haar.

30 En hy het ook by Ragel ingegaan enRagel ook meer liefgehad as Lea. En hy was by homnóg sewe jaar in diens.

31 En toe dieHeresien dat Lea die nie-geliefde was,het Hy haar skoot geopen; maar Ragel was onvrugbaar.

32 En Lea het bevrug geword en ’n seun gebaar en hom Ruben genoem; want sy het gesê: Gewis, dieHerehetmy ellende aangesien, want nou sal my man my liefhê.

33 En sy het weer bevrug geword en ’n seun gebaar en gesê: Gewis, dieHerehet gehoor dat ek die nie-geliefde is en my hierdie een ook gegee. En sy het hom Símeon genoem.

34 En sy het weer bevrug geword en ’n seun gebaar en gesê: Nou eindelik sal my manaan my geheg wees, omdat ek vir hom drie seuns gebaar het. Daarom het sy hom Levi genoem.

35 En sy het weer bevrug geword en ’n seun gebaar en gesê: Dié keer sal ek dieHereloof. Daarom het sy hom Juda genoem. En sy het opgehou met baar.

GÉNESIS 30

1 EN toe Ragel siendat sy vir Jakob geen kinders baar nie, het Ragel jaloers geword op haar suster en aan Jakob gesê: Gee vir my kinders of anders sterf ek.

2 Toe het Jakob kwaad geword vir Ragel en gevra: Is ek dan in die plek van God wat die vrug van die skoot aan jou onthou het?

3 En sy antwoord: Daar is my slavinBilha;gaan by haar in,dat sy op my knieë kan baar en ek ook uit haar gebou kan word.

4 Daarop het sy aan hom haar slavin Bilhaas vrou gegee, en Jakob het by haar ingegaan.

5 En Bilha het swanger geword en vir Jakob ’n seun gebaar.

6 Toe sê Ragel: God het aan my reg verskaf en my ook verhoor en my ’n seun gegee. Daarom het sy hom Dan genoem.

7 En Bilha, die slavin van Ragel, het weer bevrug geword en vir Jakob ’n tweede seun gebaar.

8 Toe sê Ragel: Ek het bomenslike worstelinge met my suster geworstel en ook oorwin. En sy het hom Náftali genoem.

9 En toe Lea sien dat sy opgehou het met baar, neem sy haar slavin Silpa engee haar aan Jakob as vrou.

10 En Silpa, die slavin van Lea, het vir Jakob ’n seun gebaar.

11 Toe sê Lea: Gelukkig! En sy het hom Gad genoem.

12 Daarna het Silpa, die slavin van Lea, vir Jakob ’n tweede seun gebaar.

13 Toe sê Lea: Ek, gelukkige! want die dogters salmy gelukkig prys. En sy het hom Aser genoem.

14 En Ruben het in die dae van die koringoes gegaan en in die veld liefdesappels gevind en dié na sy moeder Lea gebring. Toe sê Ragel vir Lea: Gee my tog van jou seun se liefdesappels.

15 Maar sy antwoord haar: Is dit nie genoeg dat jy my man geneem het nie, dat jy ook my seun se liefdesappels wil neem? En Ragel sê: Daarom mag hy vir jou seun se liefdesappels vannag by jou slaap.

16 Toe Jakob dan die aand uit die veld kom, gaan Lea hom tegemoet met die woorde: Jy moet na mý kom, want ek het jou eerlik gehuur vir my seun se liefdesappels. En hy het dié nag by haar geslaap.

17 En God het Lea verhoor: sy het bevrug geword en vir Jakob ’n vyfde seun gebaar.

18 Toe sê Lea: God het my loon gegee, omdat ek my slavin aan my man gegee het. En sy het hom Íssaskar genoem.

19 En Lea het weer bevrug geword en vir Jakob ’n sesde seun gebaar.

20 Toe sê Lea: God het my ’n mooi geskenk gegee; nou sal my man eindelik by my woon, want ek het vir hom ses seuns gebaar. En sy het hom Sébulon genoem.

21 En daarna het sy ’n dogter gebaar en haar Dina genoem.

22 En Godhet aan Ragel gedink, en God het haar verhoor en haar skoot geopen:

23 sy het bevrug geword en ’n seun gebaar. Toe sê sy: God het mysmaad weggeneem.

24 En sy het hom Josef genoem en gesê:Mag dieHerevir my ’n ander seun daar byvoeg!

25 En nadat Ragel Josef gebaar het, sê Jakob vir Laban: Laat my trek, dat ek na my woonplek en my land kan gaan.

26 Gee my vroue en my kinderswaarvoor ek u gedien het, dat ek kan gaan; want u weet self hoe ek u gedien het.

27 Daarop antwoord Laban hom: As ek nou guns in jou oë gevind het — ek het waargeneem datdieHeremy om jou ontwil geseën het.

28 Verder sê hy:Bepaal vir my jou loon, en ek sal dit gee.

29 Toe antwoord hy hom:U weet self hoe ek u gedien het en wat u vee by my geword het.

30 Want min was dit wat u vóór my koms gehad het, en dit het sterk vermeerder; en dieHerehet u geseën op my voetspoor. Wanneer salek dan nou ook vir my huis werk?

31 En hy vra: Wat moet ek jou gee? Toe antwoord Jakob: U hoef my niks te gee nie. As u hierdie ding vir my wil doen, wil ek weer u kleinvee oppas, ja, versorg —

32 ek sal vandag deur al u kleinvee deurgaan en daaruit al die gestippelde en bont vee uitkeer; al die vee onder die skaaplammers wat swart is, en die bontes en gestippeldes onder die bokke,dit moet my loon wees.

33 En my regverdigheid sal later vir my getuig: as u kom om my loon na te gaan, sal alles wat nie gestippel of bont is onder die bokke, en wat nie swart is onder die skaaplammers nie, gesteelde goed by my wees.

34 Toe antwoord Laban: Goed, laat dit wees volgens jou woord!

35 En hy het dieselfde dag uitgekeer die gestreepte en bont bokke en al die gestippelde en bont bokooie, almal wat wit aan hulle gehad het, en almal wat swart was onder die skaaplammers, en dié aan sy seuns afgegee.

36 En hy het ’n afstand van drie dae bepaal tussen hom en Jakob; en Jakob het die orige kleinvee van Laban opgepas.

37 Toeneem Jakob vir hom groen latte van populier-, amandel- en plataanhout, en hy skil daarin wit strepe, sodat die wit van die latte uitkom;

38 en hy sit die latte wat hy geskil het, vlak voor die vee in die trogge, in die drinkbakke waar die vee kom drink het; en hulle het verhit geword as hulle kom drink.

39 En die vee het verhit geword by die latte, en die vee het gelamgestreeptes, gestippeldes en bontes.

40 Toe skei Jakob die lammers, en hy draai die koppe van die vee na die gestreeptes en almal wat swart was onder Laban se vee. En hy het vir hom afsonderlike troppe gemaak en dié nie onder Laban se vee gesit nie.

41 En elke keer as die sterkste diere verhit word, sit Jakob die latte voor die oë van die vee in die trogge, sodat hulle verhit sou word by die latte.

42 Maar as die vee swakkerig was, het hy dit nie ingesit nie; so was dan die swakkes vir Laban en die sterkes vir Jakob.

43 En die man het buitengewoon uitgebrei enbaie kleinvee en slavinne en slawe enkamele en esels gehad.

GÉNESIS 31

Vlug van Jakob en sy verbond met Laban.

1 TOE hoor hy die woorde van die seuns van Laban, dat hulle sê: Jakob het alles geneem wat ons vader s’n was; en uit wat ons vader s’n was, het hy al hierdierykdom verwerf.

2 Jakob het ook meteens aandie aangesig van Laban gesien dat hy nie meer vir hom was soos gister en eergister nie.

3 En dieHerehet aan Jakob gesê:Gaan terug na die land van jou vaders en na jou familie; en Ek sal met jou wees.

4 Toe stuur Jakob en laat Ragel en Lea veld toe roep na sy kleinvee

5 en sê vir hulle: Ek sien dat die aangesig van julle vader teenoor my nie meer is soos gister en eergister nie, maar die God van my vader was met my.

6 Enjulle weet self dat ek met al my krag julle vader gedien het;

7 maar julle vader het my bedrieg: hy het my loontien maal verander. Maar God het hom nie toegelaat om my skade aan te doen nie.

8 As hy sê:Die gestippeldes sal jou loon wees, dan lam al die vee gestippeldes. En as hy sê: Die gestreeptes sal jou loon wees, dan lam al die vee gestreeptes.

9 So het God dandie vee van julle vader weggeneem en aan my gegee.

10 Eenkeer, in die tyd toe die kleinvee verhit was, het ek my oë opgeslaan en in ’n droom gesien dat die bokramme wat die kleinvee dek, gestreep, gestippeld en bont was.

11 En die Engel van God sê vir my in die droom: Jakob! En ek antwoord: Hier is ek!

12 En Hy sê: Slaan tog jou oë op en kyk: al die bokramme wat die kleinvee dek, is gestreep, gestippeld en bont, want Ek het alles gesien wat Laban jou aandoen.

13 Ek is die God van Bet-elwaar jy die gedenksteen gesalf het, waar jy aan My ’n gelofte gedoen het.Maak jou dan nou klaar, trek weg uit hierdie land en gaan terug na jou geboorteland.

14 Toe antwoord Ragel en Lea en sê vir hom: Het ons nog deel of erfenis in die huis van ons vader?

15 Word ons nie deur hom as vreemdelinge beskou nie? Wanthy het ons verkoop en die geld wat deur ons verkry is, geheel en al deurgebring.

16 Want al die rykdom wat God van ons vader weggeneem het, kom ons en ons kinders toe. Doen dan nou alles wat God jou gesê het.

17 Toe maak Jakob hom klaar en laai sy kinders en sy vroue op die kamele,

18 en hy voer al sy vee weg en al sy goed wat hy versamel het, die vee wat syne was, wat hy in Paddan-Aram versamel het, om te gaan na sy vader Isak in die land Kanaän.

19 Onderwyl Laban gaan om sy kleinvee te skeer, het Ragel die huisgode van haar vader gesteel.

20 En Jakob het Laban, die Arameër, mislei deur hom nie te vertel dat hy wou vlug nie.

21 So het hy dan gevlug met alles wat hy gehad het: hy het hom klaargemaak en deur die Eufraat gegaan en sy aangesig gerig na die gebergte van Gílead.

22 En op die derde dag kry Laban die tyding dat Jakob gevlug het.

23 Daarop het hy sy broers saam met hom geneem en hom agternagejaag, ’n afstand van sewe dae, en hom ingehaal in die gebergte van Gílead.

24 Maar Godhet na Laban, die Arameër, in die nag gekom in ’n droom en vir hom gesê: Pas nou op dat jy met Jakob geen goed of kwaad spreek nie.

25 En Laban het Jakob ingehaal; Jakob het sy tent al opgeslaan gehad in die gebergte, en Laban met sy broers het dit opgeslaan in die gebergte van Gílead.

26 Toe vra Laban vir Jakob: Wat het jy gedoen dat jy my mislei en my dogters soos krygsgevangenes weggevoer het?

27 Waarom het jy stilletjies gevlug en my mislei en my dit nie vertel nie, dat ek jou met vrolikheid en liedere, met tamboeryn en siter kon weggebring het?

28 Ook het jy my nie toegelaatom my seuns en dogters te soen nie. Nou het jy dwaas gehandel.

29 Dit is in my mag om julle skade aan te doen, maar dieGod van julle vader hetverlede nag met my gespreek en gesê: Pas nou op om met Jakob geen goed of kwaad te spreek nie.

30 Nou is jy dan eenmaal aan trek, omdat jy so erg verlang het na die huis van jou vader —maarwaaromhet jy my gode gesteel?

31 Toe antwoord Jakob en sê vir Laban: Omdat ek bevrees was, want ek het gedink u sal miskien u dogters met geweld van my wegneem.

32 Die een by wie u u gode vind — hy mag nie lewe nie! Ondersoek wat by my is, in teenwoordigheid van ons broers, en neem dit vir u. Maar Jakob het nie geweet dat Ragel dit gesteel het nie.

33 Toe gaan Laban in die tent van Jakob en in die tent van Lea en in die tent van die twee slavinne, maar hy het niks gekry nie; en toe hy uit die tent van Lea uitgaan, kom hy in die tent van Ragel.

34 Maar Ragel het die huisgode geneem en dit in die kameelsaal weggepak en daarop gaan sit. En Laban het die hele tent deurgevoel, maar niks gekry nie.

35 Daarop sê sy vir haar vader: My heer moet nie baie kwaai kyk nie, omdat ek nievir u kan opstaan nie; want dit gaan met my volgens die reël van die vroue. En hy het gesoek maar die huisgode nie gekry nie.

36 Toe word Jakob kwaad, en hy het met Laban getwis; en Jakob het geantwoord en vir Laban gesê: Wat is my oortreding, wat is my sonde, dat u my so vurig agternagesit het?

37 Nou dat u al my goed deurgevoel het — wat het u van al u huisraad gevind? Sit dit hier neer voormy broers enu broers, en laat hulle oordeel tussen ons twee.

38 Twintig jaar was ek nou by u. U skaap- en bokooie het geen misdrag gehad nie, en die ramme van u kleinvee het ek nie geëet nie.

39 Wat die wilde diere verskeur het, het ek nie na u gebring nie: ek moes dit vergoed; vanmy hand het u dit geëis, of dit al bedags gesteel is of snags gesteel is.

40 Ek was ’n man wat bedags deur die hitte verteer is en snags deur die koue, en my slaap het gevlug van my oë.

41 Twintig jaar was ek nou in u huis;veertien jaar het ek u gedien vir u twee dogters en ses jaar vir u kleinvee; en u het my loon tien maal verander.

42 As die God van my vader, die God van Abraham en dieVrees van Isak, nie aan my kant was nie — ja, dan sou u my met leë hande weggestuur het.God het my ellende en die moeitevolle arbeid van my hande aangesien enverlede nag geoordeel.

43 Toe antwoord Laban en sê vir Jakob: Die dogters is my dogters, en die seuns is my seuns, en die kleinvee is my kleinvee, ja, alles wat jy sien, is myne; maar my dogters — wat sal ek hulle vandag kan aandoen of aan hulle seuns wat hulle gebaar het?

44 Kom dan nou,laat ons ’n verbond sluit, ek en jy,dat dit ’n getuie tussen my en jou kan wees.

45 Daarop het Jakob’n klip geneem en dit as gedenksteen opgerig.

46 En Jakob het aan sy broers gesê: Bring klippe bymekaar! En hulle het klippe gaan haal en ’n hoop gemaak en daar op die hoop geëet.

47 En Laban het dit Jegar-Sahadúta genoem, maar Jakob het dit Gal-ed genoem.

48 Toe sê Laban: Hierdie hoop is vandag ’n getuie tussen my en jou. Daarom het hulle dit Gal-ed genoem,

49 en ook Mispa, omdat hy gesê het: Mag dieHerewag hou tussen my en jou as ons mekaar nie meer sien nie.

50 As jy my dogters mishandel, en as jy vroue neem by my dogters, dan is geen mens by ons nie: Kyk, God is getuie tussen my en jou.

51 Verder sê Laban vir Jakob: Daar is dié hoop klippe, en daar is die gedenksteen wat ek tussen my en jou opgerig het —

52 hierdie hoop klippe is getuie, en die gedenksteen is getuie dat ék na jou kant toe hierdie hoop nie sal verbytrek nie, en dat jý na my kant toe hierdie hoop en hierdie gedenksteen nie sal verbytrek met slegte bedoelinge nie.

53 Die God van Abraham en die God van Nahor, die God van hulle vader, sal regter tussen ons wees. En Jakob het gesweer by dieVrees van sy vader Isak.

54 Toe het Jakob ’n offer gebring op die gebergte en sybroers genooi om brood te eet. En hulle het brood geëet en die nag in die gebergte oorgebly.

55 En Laban het die môre vroeg opgestaan ensy seuns en sy dogters gesoen enhulle geseën. Daarna het Laban vertrek en teruggekeer na sy woonplek.