II KORINTHIËRS 3

1 BEGIN ons weerom onsself aan te beveel? Of het ons miskien, soossommige,aanbevelingsbriewe nodig aan julle of van julle?

2 Julle is ons brief, geskrywe in ons harte, geken en gelees deur alle mense;

3 omdat julle duidelik ’n brief van Christus is deur ons diens berei, geskrywe nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God; nieop kliptafels nie, maarop die vleestafels van die hart.

4 So’n vertroue het ons deur Christus by God.

5 Nie dat ons uit onsself bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie, maarons bekwaamheid is uit God,

6 wat ons ook bekwaam gemaak het asdienaars van’n nuwetestament, nie vandie letter nie, maar van die gees; wantdie letter maak dood, maardie gees maak lewend.

7 En asdie bediening van die dood, metletters op klippe gegraveer,in heerlikheid was, sodat die kinders van Israel nie dieoë kon vestig op die aangesig van Moses nie vanweë die heerlikheid van sy aangesig, wat tog moes vergaan,

8 hoeveel te meer sal die bediening van die Gees dan nie in heerlikheid wees nie?

9 Want asdie bediening wat veroordeel, heerlikheid was, veel meer isdie bediening wat regverdig maak, oorvloedig in heerlikheid.

10 Want wat verheerlik was,is ook in hierdie geval nie verheerlik nie, vanweë die alles oortreffende heerlikheid.

11 Want as wat moes vergaan, met heerlikheid was, veel meer is wat moet bly, in heerlikheid.

12 Terwyl ons dan sodanige hoop het, gebruik ons baie vrymoedigheid;

13 nie soos Moses nie,wat ’nbedekking oor sy aangesig gesit het, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig opdie einde van wat moes vergaan nie.

14 Maarhulle sinne is verhard. Want tot vandag toe blyby die lesing vandie Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word.

15 Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ’n bedekking oor hulle hart;

16 maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem.

17 DieHere is die Gees, en waar die Gees van die Here is,daar is vryheid.

18 En terwyl ons almal met onbedekte gesigsoos in ’n spieël die heerlikheid van die Here aanskou,word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.

II KORINTHIËRS 4

Jesus Christus die enigste onderwerp van die prediking van Paulus.

1 DAAROM, aangesien onshierdie bediening het volgens die barmhartigheid wat ons ontvang het, gee ons nie moed op nie.

2 Maar ons het van die heimlike dinge wat skandelik is, afstand gedoen, en ons wandel nie in listigheid ofvervals die woord van God nie; maar deurdie waarheid aan die lig te bring,beveel ons ons byelke menslike gewete voor God aan.

3 Maar as ons evangelie dan nogbedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan,

4 naamlikdie ongelowiges in wie diegod van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus,wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.

5 Wantons verkondig nie onsself nie, maar Christus Jesus as Here, enonsself as julle diensknegte om Jesus wil.

6 Want Godwat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn — dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus.

7 Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodatdie voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie.

8 In allesword ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is verleë, maar nie radeloos nie;

9 vervolg, maar nie verlate nie; neergewerp, maar nie vernietig nie.

10 Gedurig dra ons die doding van die Here Jesus in die liggaam om,sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam openbaar kan word.

11 Want altyd word ons wat lewe,oorgelewer in die dood om Jesus wil, sodat ook die lewe van Jesus in ons sterflike vlees openbaar kan word.

12 So werk die dood dan in ons, maar die lewe in julle.

13 En omdat ons dieselfde Gees van die geloof het — soos geskrywe is:Ek het geglo, daarom het ek gespreek — glo ons ook, daarom spreek ons ook.

14 Want ons weet dat Hy wat die Here Jesus opgewek het, ons ook deur Jesus sal opwek en saam met julle voor Hom sal stel.

15 Wantdit is alles om julle ontwil, sodat die genade, wat groter geword het deur so baie mense,die danksegging oorvloedig kan maak tot die heerlikheid van God.

Doel en vrug van die lyding. Die onsigbare dinge gestel teenoor die sigbare.

16 DAAROMgee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans worddie innerlike mens dag ná dag vernuwe.

17 Wantons ligte verdrukking wat vir ’n oomblik is, bewerk vir ons ’n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid;

18 omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.

II KORINTHIËRS 5

1 WANT ons weet dat as ons aardsetentwoning afgebreek word, ons ’n gebou het van God, ’n huisnie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele.

2 Want om hierdie redesug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word,

3 as ons ten minstegekleed en nie naak bevind sal word nie.

4 Want ons wat nog in die tent is, sug en voel beswaard, omdat ons liewer nie ontklee nie, maaroorklee wil word, sodat die sterflike deur die lewe verslind kan word.

5 Maar Hy wat ons juis hiervoor toeberei het, is God, wat ons ookdie Gees as onderpand gegee het.

6 Daarom het ons altyd goeie moed en weet dat as ons in die liggaam inwoon, ons van die Here uitwoon.

7 Wantons wandel deur geloof ennie deur aanskouing nie.

8 Maar ons het goeie moed enverkies om liewer uit die liggaam uit te woon en by die Here in te woon.

9 Daarom lê ons ons ook ywerig daarop toe, of ons inwoon of uitwoon, om Hom welbehaaglik te wees.

10 Want ons moet almalvoor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.

Die bediening van die versoening.

11 OMDAT ons dandie vrees van die Here ken, probeer ons om die mense te oortuig; maarvoor God is ons openbaar, en ek hoop om ook in julle gewetens openbaar te wees.

12 Want onsbeveel ons nie weer by julle aan nie, maar ons gee julle aanleidingtot roem oor ons, sodat julle iets kan hê teenoor die wat hulle op die uiterlike beroem en nie op die hart nie.

13 Want as onsuitsinnig is, is dit tot eer van God; en as ons by ons verstand is, is dit om julle ontwil.

14 Want die liefde van Christus dring ons,

15 omdat ons van oordeel is,dat as een vir almal gesterf het, hulle dan almal gesterf het; en Hy het vir almal gesterwe,sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is.

16 Onsken dus van nou af niemand meerna die vlees nie; en al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken onsHomtóg nie meer so nie.

17 Daarom, as iemandin Christus is, is hy’n nuwe skepsel;die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

18 En dit alles is uit Godwat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van dieversoening gegee het,

19 naamlik datGod in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.

20 Ons tree dan op asgesante om Christus wil,asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen.

21 WantHy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan wordgeregtigheid van God in Hom.

II KORINTHIËRS 6

Selfverloëning van Paulus in sy bediening.

1 EN asmedewerkers vermaan ons julle ookdat julle die genade van God nie tevergeefs mag ontvang nie.

2 Want Hy sê:In die tyd van die welbehae het Ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp. Kyk, nou is ditdie tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil.

3 Ons lê nie die minste hindernis in die weg nie, sodat die bediening nie beklad mag word nie;

4 maar in alles beveel ons ons aan asdienaars van God, met baie geduld, in verdrukkinge, innode, in benoudhede;

5 in slae, in gevangenskappe, in oproere, in arbeid, in slapelose nagte, in hongerly;

6 in reinheid, in kennis, in lankmoedigheid, in vriendelikheid, in die Heilige Gees, in ongeveinsde liefde;

7 indie woord van waarheid, in die krag van God, deurdie wapens van die geregtigheid indie regter- en linkerhand;

8 deur eer en oneer, deur slegte en goeie gerug, as verleiers en tog waaragtig;

9 as onbekendes en tog goed bekend,as sterwendes en kyk, ons lewe, as getugtig en tog nie gedood nie;

10 as bedroefdes, maar altyd opgeruimd;as armes, maar wat baie ander ryk maak; as mense wat niks het nie entog alles besit.

Dringende vermaninge om heilig te lewe.

11 ONS mond het teenoor julle oopgegaan, Korinthiërs, ons hart het verruim geword.

12 Nie in ons het julle dit te nou nie, maar in jul binneste het julle dit te nou.

13 Maar by wyse van vergoeding — ek praat soos metkinders — moet julle ook verruim word.

14 Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, wantwatter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, enwatter gemeenskap het die lig met die duisternis?

15 En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige?

16 Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Wantjulle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het:Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees.

17 Daarom,gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem;

18 en Ek sal vir julle ’n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.

II KORINTHIËRS 7

1 TERWYL ons dan hierdie beloftes het, geliefdes,laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.

Paulus is bly oor die koms van Titus en oor die goeie gevolg wat sy eerste brief gehad het.

2 MAAK vir ons ruimtein julle harte.Ons het niemand onreg aangedoen nie, ons het niemand benadeel nie, ons hetop niemand voordeel behaal nie.

3 Ek sê dit nie om te veroordeel nie,want ek het vantevore gesê dat julle in ons harte is om saam te sterwe en saam te lewe.

4 Ek het grootvrymoedigheid teenoor julle; my roem oor julle is groot;ek is vervul met troos;ek loop oor van blydskap in al ons verdrukking.

5 Want ooktoe ons in Macedónië gekom het, het ons vlees geen rus gehad nie, maar ons is opallerhande maniere verdruk; van buite was daar aanvegtinge, van binne verskrikkinge.

6 Maar Hy wat die nederige troos, naamlik God, het ons getroosdeur die koms vanTitus;

7 en nie deur sy koms alleen nie, maar ook deur die troos waarmee hy oor julle getroos is, deurdat hy aan ons berig gebring het van julle verlange, julle verdriet, julle ywer vir my, sodat ek my nog meer verbly het.

8 Want,al het ek julle ook deur die brief bedroef gemaak, is ek nie jammer nie, al was ek ook jammer. Want ek sien dat daardie brief, al was dit vir ’n kort tydjie, julle bedroef gemaak het.

9 Nou is ek bly, nie omdat julle bedroef was nie, maar omdat julle bedroef was tot bekering, want julle was bedroef volgensdie wil vanGod, sodat julle deur ons in niks skade gely het nie.

10 Wantdie droefheid volgens die wil van God werk ’nonberoulikebekering tot redding, maar die droefheid van die wêreld werk die dood.

11 Want kyk, juis dit, dat julle bedroef geword het volgensdie wil vanGod — wat ’n groot ywer het dit in julle gewerk, ja, verantwoording, verontwaardiging,vrees, verlange, ywer,bestraffing. In alles het julle bewys dat jullein die saak rein is.

12 Al het ek ook aan julle geskrywe, dan was dit nie ter wille van hom wat onreg gedoen het nie, ofter wille van hom wat onreg gely het nie,maar dat ons ywer vir julle aan julle duidelik kan word voor God.

13 Daarom is ons getroos oor julle vertroosting en het veral bly geword oor die blydskapvan Titus, omdat sy gees deur julle almal verkwik is.

14 Wantas ek iets by hom oor julle geroem het, is ek nie beskaam nie; maar soos ons alles met waarheid tot julle gespreek het, so het ook ons roem by Titus waarheid geword.

15 En sy hart is julle veral toegeneë as hy homdie gehoorsaamheid van julle almal herinner, hoe julle hom met vrees en bewing ontvang het.

16 Ek verbly my dusdat ek my in alle opsigte op julle kan verlaat.

II KORINTHIËRS 8

Die insameling vir die arm Christene van Judéa.

1 EN ons maak julle bekend, broeders, die genade van God wat aan die gemeentes vanMacedónië geskenk is,

2 dat onder baie beproewing deur verdrukking hulle oorvloedige blydskap by hulle diepe armoede oorvloedig was in hulle ryke milddadigheid.

3 Want hulle was na vermoë — ek betuig dit — ja, bo vermoë gewillig,

4 en het ons met groot aandrang gesmeekdat ons hulle gawe en hulle deel indie diensbetoning aan die heiliges moet ontvang;

5 en het nie alleen gedoen soos ons verwag het nie, maar het hulself eers aan die Here gegee, en toe aan ons deur die wil van God,

6 sodat onsTitusversoek het dat hy, net soos hy tevore begin het, so ook by julle nog hierdie liefdedaad moet volbring.

7 Maar soosjulle in alles oorvloedig is — in geloof en woord en kennis en alle ywer en in julle liefde vir ons — sorg dat julle ook in hierdie liefdedaad oorvloedig is.

8 Ek sê dit nie as ’n bevel nie, maar om deur die ywer van ander ook die egtheid van julle liefde op die proef te stel.

9 Want julle ken die genade van onse Here Jesus Christus, dat Hy,alhoewel Hy ryk was,ter wille van julle arm geword het, sodat julle deur sy armoede ryk kan word.

10 Enek gee in hierdie saak my oordeel, want dit is voordelig vir julle, omdat julle alreeds ’njaar geledebegin het, nie alleen om te doen nie, maar ook om te wil.

11 Maar voltooi nou die daad ook, sodat, net soos die bereidheid om te wil daar was, so ook die voltooiing kan wees uit wat julle besit.

12 Wantas die bereidwilligheid daar is, is dit welgevallig volgens wat iemand besit, nie volgens wat hy nie besit nie.

13 Wantek bedoelnie dat daar vir ander verligting moet wees en vir julle verdrukking nie,

14 maar dat volgens gelykheid julle oorvloed in hierdie tydhulle gebrek kan aanvul, sodat ook hulle oorvloed julle gebrek kan aanvul en daar gelykheid kan wees.

15 Soos geskrywe is:Hy wat baie gehad het, het nie te veel gehad nie; en hy wat weinig gehad het, het nie te min gehad nie.

16 Maar God sy dank, wat dieselfde ywer vir julle in die hart van Titus gegee het;

17 want hy hetmyaansporing wel ontvang, maar omdat hy baie ywerig was, het hy uit eie beweging na julle toe vertrek.

18 En ons het ook met homdie broeder saamgestuur wat lof het in die evangelie deural die gemeentes.

19 En dit nie alleen nie, maar hy is ook deur die gemeentesgekies as ons reisgenoot in verband met hierdie liefdewerk wat deur ons berei word,tot die heerlikheid van die Here self enas bewys vanjulle bereidwilligheid,

20 om te voorkom dat iemand ons sou belaster in verband met hierdie groot bydrae wat deur ons berei word.

21 Want ons bedink wat goed is nie alleen voor die Here nie, maar ook voor die mense.

22 En ons het met hulle saamgestuur ons broeder wat ons dikwels in baie dinge beproef gevind het, dat hy ywerig is en nou baie ywerigerdeur sy groot vertroue in julle.

23 Wat nou Titus betref, hy is my metgesel en medewerker by julle; ofons broeders, hulle is afgesante van die gemeentes, ’n eer vir Christus.

24 Gee dan aan hulle die bewys vanjulle liefde en vanons roem oor julle, ookvoor die gemeentes.

II KORINTHIËRS 9

1 WANT watdie diensbetoningaan die heiliges betref, is dit vir my oorbodig om aan julle te skrywe.

2 Want ek ken jullebereidwilligheidwaarop ek oor julle by die Macedóniërs roem, datAcháje’n jaar gelede gereed was, en dat die ywer wat van julle uitgegaan het, baie ander aangespoor het.

3 Maar ek hetdie broeders gestuur, sodat ons roem oor julle in hierdie geval nie verydel mag word nie, dat, soos ek gesê het, julle gereed kan wees,

4 sodat nie miskien,as daar Macedóniërs saam met my kom en julle nie gereed vind nie, ons, om nie te sê julle nie, beskaam word inhierdie vertroue van ons roem nie.

5 Ek het dit dus noodsaaklik geag omdie broeders te versoek om vooruit te gaan na julle toe en julle vroeër aangekondigde dankoffer vooraf in orde te bring, sodat dit gereed kan wees as ’n dankoffer ennie as iets wat afgepers is nie.

6 Maardinkdaaraan:Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai.

7 Laatelkeengeesoos hy hom in sy hart voorneem,nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ’n blymoedige gewer lief.

8 EnGod het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.

9 Soos geskrywe is:Hy het uitgestrooi, hy het aan die armes gegee, sy geregtigheid bly tot in ewigheid.

10 En mag Hywat saad verskaf aan die saaier, ook brood verskaf om te eet en julle saad vermeerder en die vrug van julle geregtigheid laat toeneem,

11 sodat julle in alles ryk kan word tot alle milddadigheid, watdanksegging aan God deur ons bewerk.

12 Want die bediening van hierdie hulpbetoning voorsien nie alleen indie behoeftes van die heiliges nie, maar is ook oorvloedig deur baie danksegginge aan God,

13 omdat hulle deur die bewys van hierdie diens God verheerlik oor die onderwerping van julle belydenis aan die evangelie van Christus en oor die milddadigheid van die bydrae aan hulle en aan almal,

14 terwyl hulle ook in die gebed vir julle na julle verlang vanweë die uitnemendegenade van God aan julle.

15 Maar God sy dank vir sy onuitspreeklike gawe.

II KORINTHIËRS 10

Paulus verdedig sy apostoliese gesag.

1 EN ek self, Paulus,bid julle bydie sagmoedigheid en vriendelikheid van Christus, ekwat in julle teenwoordigheid wel nederig is onder julle, maar in my afwesigheid moedig teenoor julle —

2 ek smeek dan datas ek teenwoordig is,ek nie moedig hoef te wees met die vertroue waarmee ek meen om dit aan te durf teensommige wat reken dat onsvolgens die vlees wandel nie.

3 Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;

4 wantdie wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,

5 terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,

6 en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is.

7 Kyk julle na wat voor oë is?As iemand by homself vertrou dat hy aan Christus behoort, laat hy dit by homself weer oorweeg, dat net soos hy self aan Christus behoort, ons ook so aan Christus behoort;

8 wantal sou ek ook nog meer roem oorons gesag wat die Here ons gegee het om julle op te bou en nie neer te werp nie, sal ek nie beskaamd uitkom nie —

9 anders sou dit die skyn hê asof ek julle deur die briewe wil bang maak.

10 Want die briewe, sê hulle, is wel gewigtig en kragtig, maardie persoonlike teenwoordigheid is swak endie woord niks werd nie.

11 Laat so iemand bedink dat soos ons met die woord deur briewe in ons afwesigheid is, ons dit ook met die daad in ons aanwesigheid is.

12 Want ons waag dit nie om ons te reken of te vergelyk met sommige van diewat hulleself aanbeveel nie. Maaromdat hulle hul met hulself meet en met hulself vergelyk, is hulle onverstandig.

13 Maar ons sal nie buite die maat roem nie, maar volgens die maat van die werkkring wat God ons as ’n maat toebedeel het om ook julle te bereik.

14 Want ons strek onsself nie te ver uit asof ons julle nie kan bereik nie, wantons het reeds by julle gekom met die evangelie van Christus.

15 Ons roem nie buite die maatin die arbeid van ander nie, maar ons het hoop om, wanneer julle geloof toeneem, in hoër mate onder julle toe te neem volgens ons werkkring,

16 om die evangelie te verkondig in plekke anderkant julle, nie om in die werkkring van ’n ander oor wat tot stand gekom het, te roem nie.

17 Maarwie roem, moet in die Here roem.

18 Want nie hy wat homself aanbeveel, dié is beproef nie, maar hywat deur die Here aanbeveel word.

II KORINTHIËRS 11

Die valse apostels.

1 AG, as julle my net ’n bietjie inmy dwaasheid wou verdra! Verdra my tog maar!

2 Want ek isjaloers oor julle met ’n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as’n reine maagd aan Christus voor te stel.

3 Maar ek vrees dat, net soosdie slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus.

4 Want asiemand kom en ’n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ’n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ’nander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval.

5 Want ek reken dat ekniks agterstaan by dié uitnemende apostels nie.

6 Enal is ek ook onbedrewe in woord, dantog nie in kennis nie; maarons het ten volle in alle opsigte openbaar geword by julle.

7 Of het ek sonde gedoen deurmy te verneder sodat julle verhoog kan word, omdatek die evangelie van God kosteloos aan julle verkondig het?

8 Ander gemeentes het ek beroof deur vergoeding te neem om julle te bedien; en toe ek by julle teenwoordig was en gebrek gehad het,het ek niemand lastig geval nie.

9 Want in my gebrek hetdie broeders voorsien wat van Macedónië gekom het. En ek het my in alles in ag geneem om julle nie te beswaar nie, en ek sal my in ag neem.

10 So seker as die waarheid van Christus in my is, sal hierdie roem in die streke van Acháje my nie ontneem word nie.

11 Waarom?Omdat ek julle nie liefhet nie? God weet dit.

12 Maar wat ek doen, sal ek nog doenom die aanleiding af te sny vir die wat ’n aanleiding wil hê, sodat hulle in die saak waar hulle op roem, net soos ons bevind mag word.

13 Want sulke mense isvalse apostels,bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus.

14 En geen wonder nie! Wantdie Satan self verander hom in ’n engel van die lig.

15 Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen asdienaars van geregtigheid nie. Maarhulle einde sal wees volgens hulle werke.

Paulus se lyding vir die evangelie.

16 WEER sê ekdat niemand moet dink dat ek dwaas is nie; of anders, neem my maar aan as ’n dwaas, sodat ek ook ’n bietjie kan roem.

17 Wat ek spreek,sê ek nie vanweë die Here nie, maar as in dwaasheid, in hierdie vertroue dat ek mag roem.

18 Terwyl baie na die vlees roem, sal ek ook roem.

19 Wantjulle verdra graag die dwase, omdat julle so verstandig is!

20 Julle verdra dit mos as iemandknegte van julle maak, as iemand julle opeet, as iemand julle beetneem, as iemand hom aanstel, as iemand julle in die gesig slaan.

21 Tot my skande moet ek erken dat ons daarvoor te swak was; maar as iemand dit aandurf — ek spreek in dwaasheid — ek durf ook.

22 Is hulleHebreërs? Ek ook. Is hulleIsraeliete? Ek ook. Is hulle die nakomelinge van Abraham? Ek ook.

23 Is hulledienaars van Christus? — ek praat in uitsinnigheid — ek nog meer:in arbeid oorvloediger,in slae bo die maat, in gevangenskappe baie meer, in doodsgevare dikwels.

24 Vyf maal het ek van die Jode ontvang veertig houe op een na.

25 Drie maal is ek met stokke geslaan,een maal is ek gestenig, drie maal het ek skipbreuk gely, ’n nag en ’n dag het ek op die diepwater deurgebring —

26 dikwels op reis, in gevare van riviere, in gevare van rowers, in gevare vanmy volk, in gevarevan die heidene, in gevarein die stad, in gevare in die woestyn, in gevare op see, in gevare ondervalse broeders;

27 in arbeid en moeite, in slapelose nagte dikwels, in honger en dors, dikwels sonder ete, in koue en naaktheid.

28 Behalwe dit alles my daaglikse bekommernis,die sorg vir al die gemeentes.

29 Wie is swak en ek is nie swak nie? Aan wie word ’n struikelblok in die weg gelê en ek is nie aan die brand nie?

30 As daar geroem moet word,sal ek in my swakhede roem.

31 Die God en Vader van onse Here Jesus Christus, geseënd tot in ewigheid, weet dat ek nie lieg nie.

32 In Damaskus het die goewerneur van koning Arétas die stad van die Damaskéners laat bewaak om my te vang;

33 en ek is in ’n mandjiedeur ’n venster in die muur neergelaat en het aan sy hande ontkom.

II KORINTHIËRS 12

Die hemelse gesig en die doring in die vlees.

1 DIT is waarlik vir my nie nuttig om te roem nie, want ek sal kom totgesigte enopenbaringe van die Here.

2 Ek weet van ’n manin Christus, veertien jaar gelede — of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit — dat so iemandweggeruk is tot indie derde hemel.

3 En ek weet van so ’n man — of dit in die liggaam of buite die liggaam was, weet ek nie, God weet dit —

4 dat hy weggeruk is in dieParadys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat ’n mens nie mag uitspreek nie.

5 Oor so ’n man sal ek roem, maaroor myself sal ek nie roem nie, behalwe in my swakhede.

6 Want as ek sou wil roem,sou ek nie ’n dwaas wees nie, want ek sou die waarheid praat; maar ek laat dit ná, sodat niemand my hoër mag skat as wat hy van my sien of wat hy van my hoor nie.

7 En dat ek my oor die voortreflikheid van dieopenbaringe nie sou verhef nie, is my’n doring in die vlees gegee, ’n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie.

8 Hieroor het ek die Here drie maal gebid, dat hy van my sou wyk.

9 En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, wantmy krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.

10 Daarom het ekbehae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil.Want as ek swak is, dan is ek sterk.

Belangeloosheid van Paulus.

11 AL roemende het ek dwaas geword. Julle het my daartoe genoodsaak. Want ek moesdeur julle aanbeveel geword het; want ekhet niks by dié uitnemende apostels agtergestaan nie, al is ek niks nie.

12 Diekentekens tog van’n apostel is onder julle verwerklik met alle volharding deur tekens en wonders en kragtige dade.

13 Wantwat is daar waarin julle oortref word deur die ander gemeentes, behalwe datek persoonlik julle nie lastig geval het nie? Vergeef myhierdie onreg.

14 Kyk,vir die derde keer is ek gereed om na julle te kom; en ek sal julle nie lastig val nie, wantek soek nie julle goed nie, maar julle self; wantdit is nie diekinders wat vir die ouers moet opgaar nie, maar die ouers vir die kinders.

15 En ek sal baie graag uitgee, ja, myself weggee vir julle siele, al word ek, terwyl ek julle oorvloediger liefhet, minder bemin.

16 Maar laat dit so wees! Ek het jullenie beswaar nie, maar omdat ek slim was, het ek julle met lis gevang.

17 Het ekmy dan ten koste van julle bevoordeeldeur een van die wat ek na julle gestuur het?

18 Ek het Titus gevra endie broeder saamgestuur. Het Titus hom dan ten koste van julle bevoordeel? Het ons nie in dieselfde gees, in dieselfde spore gewandel nie?

Laaste vermaninge aan die Korinthiërs. Groete.

19 DINK julle weer dat ons ons by julle verdedig? Ons spreek in die teenwoordigheid van God in Christus, en dit alles, geliefdes, tot julle stigting.

20 Want ek vreesdat ek julle by my koms miskien nie sal vind soos ek wens nie, en dat ek deur julle gevind sal word soos julle nie wens nie — dat daar miskien sal wees twis, jaloersheid, toornigheid, verdeeldheid, kwaadsprekery, nuusdraery, verwaandheid, wanordelikheid;

21 dat asek gekom het, my God my miskien weer by julle sal verneder en ek sal treur oor baie van die wat vroeër gesondig het en hulle nie bekeer het van die onreinheid enhoerery en ongebondenheid wat hulle bedryf het nie.