II KORINTHIËRS 4

Jesus Christus die enigste onderwerp van die prediking van Paulus.

1 DAAROM, aangesien onshierdie bediening het volgens die barmhartigheid wat ons ontvang het, gee ons nie moed op nie.

2 Maar ons het van die heimlike dinge wat skandelik is, afstand gedoen, en ons wandel nie in listigheid ofvervals die woord van God nie; maar deurdie waarheid aan die lig te bring,beveel ons ons byelke menslike gewete voor God aan.

3 Maar as ons evangelie dan nogbedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan,

4 naamlikdie ongelowiges in wie diegod van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus,wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.

5 Wantons verkondig nie onsself nie, maar Christus Jesus as Here, enonsself as julle diensknegte om Jesus wil.

6 Want Godwat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn — dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus.

7 Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodatdie voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie.

8 In allesword ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is verleë, maar nie radeloos nie;

9 vervolg, maar nie verlate nie; neergewerp, maar nie vernietig nie.

10 Gedurig dra ons die doding van die Here Jesus in die liggaam om,sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam openbaar kan word.

11 Want altyd word ons wat lewe,oorgelewer in die dood om Jesus wil, sodat ook die lewe van Jesus in ons sterflike vlees openbaar kan word.

12 So werk die dood dan in ons, maar die lewe in julle.

13 En omdat ons dieselfde Gees van die geloof het — soos geskrywe is:Ek het geglo, daarom het ek gespreek — glo ons ook, daarom spreek ons ook.

14 Want ons weet dat Hy wat die Here Jesus opgewek het, ons ook deur Jesus sal opwek en saam met julle voor Hom sal stel.

15 Wantdit is alles om julle ontwil, sodat die genade, wat groter geword het deur so baie mense,die danksegging oorvloedig kan maak tot die heerlikheid van God.

Doel en vrug van die lyding. Die onsigbare dinge gestel teenoor die sigbare.

16 DAAROMgee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans worddie innerlike mens dag ná dag vernuwe.

17 Wantons ligte verdrukking wat vir ’n oomblik is, bewerk vir ons ’n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid;

18 omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

10 + 18 =