II KORINTHIËRS 5

1 WANT ons weet dat as ons aardsetentwoning afgebreek word, ons ’n gebou het van God, ’n huisnie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele.

2 Want om hierdie redesug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word,

3 as ons ten minstegekleed en nie naak bevind sal word nie.

4 Want ons wat nog in die tent is, sug en voel beswaard, omdat ons liewer nie ontklee nie, maaroorklee wil word, sodat die sterflike deur die lewe verslind kan word.

5 Maar Hy wat ons juis hiervoor toeberei het, is God, wat ons ookdie Gees as onderpand gegee het.

6 Daarom het ons altyd goeie moed en weet dat as ons in die liggaam inwoon, ons van die Here uitwoon.

7 Wantons wandel deur geloof ennie deur aanskouing nie.

8 Maar ons het goeie moed enverkies om liewer uit die liggaam uit te woon en by die Here in te woon.

9 Daarom lê ons ons ook ywerig daarop toe, of ons inwoon of uitwoon, om Hom welbehaaglik te wees.

10 Want ons moet almalvoor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.

Die bediening van die versoening.

11 OMDAT ons dandie vrees van die Here ken, probeer ons om die mense te oortuig; maarvoor God is ons openbaar, en ek hoop om ook in julle gewetens openbaar te wees.

12 Want onsbeveel ons nie weer by julle aan nie, maar ons gee julle aanleidingtot roem oor ons, sodat julle iets kan hê teenoor die wat hulle op die uiterlike beroem en nie op die hart nie.

13 Want as onsuitsinnig is, is dit tot eer van God; en as ons by ons verstand is, is dit om julle ontwil.

14 Want die liefde van Christus dring ons,

15 omdat ons van oordeel is,dat as een vir almal gesterf het, hulle dan almal gesterf het; en Hy het vir almal gesterwe,sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is.

16 Onsken dus van nou af niemand meerna die vlees nie; en al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken onsHomtóg nie meer so nie.

17 Daarom, as iemandin Christus is, is hy’n nuwe skepsel;die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

18 En dit alles is uit Godwat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van dieversoening gegee het,

19 naamlik datGod in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.

20 Ons tree dan op asgesante om Christus wil,asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen.

21 WantHy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan wordgeregtigheid van God in Hom.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

20 + sixteen =