II KORINTHIËRS 3

1 BEGIN ons weerom onsself aan te beveel? Of het ons miskien, soossommige,aanbevelingsbriewe nodig aan julle of van julle?

2 Julle is ons brief, geskrywe in ons harte, geken en gelees deur alle mense;

3 omdat julle duidelik ’n brief van Christus is deur ons diens berei, geskrywe nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God; nieop kliptafels nie, maarop die vleestafels van die hart.

4 So’n vertroue het ons deur Christus by God.

5 Nie dat ons uit onsself bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie, maarons bekwaamheid is uit God,

6 wat ons ook bekwaam gemaak het asdienaars van’n nuwetestament, nie vandie letter nie, maar van die gees; wantdie letter maak dood, maardie gees maak lewend.

7 En asdie bediening van die dood, metletters op klippe gegraveer,in heerlikheid was, sodat die kinders van Israel nie dieoë kon vestig op die aangesig van Moses nie vanweë die heerlikheid van sy aangesig, wat tog moes vergaan,

8 hoeveel te meer sal die bediening van die Gees dan nie in heerlikheid wees nie?

9 Want asdie bediening wat veroordeel, heerlikheid was, veel meer isdie bediening wat regverdig maak, oorvloedig in heerlikheid.

10 Want wat verheerlik was,is ook in hierdie geval nie verheerlik nie, vanweë die alles oortreffende heerlikheid.

11 Want as wat moes vergaan, met heerlikheid was, veel meer is wat moet bly, in heerlikheid.

12 Terwyl ons dan sodanige hoop het, gebruik ons baie vrymoedigheid;

13 nie soos Moses nie,wat ’nbedekking oor sy aangesig gesit het, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig opdie einde van wat moes vergaan nie.

14 Maarhulle sinne is verhard. Want tot vandag toe blyby die lesing vandie Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word.

15 Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ’n bedekking oor hulle hart;

16 maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem.

17 DieHere is die Gees, en waar die Gees van die Here is,daar is vryheid.

18 En terwyl ons almal met onbedekte gesigsoos in ’n spieël die heerlikheid van die Here aanskou,word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

nineteen + twenty =