II KORINTHIËRS 10

Paulus verdedig sy apostoliese gesag.

1 EN ek self, Paulus,bid julle bydie sagmoedigheid en vriendelikheid van Christus, ekwat in julle teenwoordigheid wel nederig is onder julle, maar in my afwesigheid moedig teenoor julle —

2 ek smeek dan datas ek teenwoordig is,ek nie moedig hoef te wees met die vertroue waarmee ek meen om dit aan te durf teensommige wat reken dat onsvolgens die vlees wandel nie.

3 Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;

4 wantdie wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,

5 terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,

6 en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is.

7 Kyk julle na wat voor oë is?As iemand by homself vertrou dat hy aan Christus behoort, laat hy dit by homself weer oorweeg, dat net soos hy self aan Christus behoort, ons ook so aan Christus behoort;

8 wantal sou ek ook nog meer roem oorons gesag wat die Here ons gegee het om julle op te bou en nie neer te werp nie, sal ek nie beskaamd uitkom nie —

9 anders sou dit die skyn hê asof ek julle deur die briewe wil bang maak.

10 Want die briewe, sê hulle, is wel gewigtig en kragtig, maardie persoonlike teenwoordigheid is swak endie woord niks werd nie.

11 Laat so iemand bedink dat soos ons met die woord deur briewe in ons afwesigheid is, ons dit ook met die daad in ons aanwesigheid is.

12 Want ons waag dit nie om ons te reken of te vergelyk met sommige van diewat hulleself aanbeveel nie. Maaromdat hulle hul met hulself meet en met hulself vergelyk, is hulle onverstandig.

13 Maar ons sal nie buite die maat roem nie, maar volgens die maat van die werkkring wat God ons as ’n maat toebedeel het om ook julle te bereik.

14 Want ons strek onsself nie te ver uit asof ons julle nie kan bereik nie, wantons het reeds by julle gekom met die evangelie van Christus.

15 Ons roem nie buite die maatin die arbeid van ander nie, maar ons het hoop om, wanneer julle geloof toeneem, in hoër mate onder julle toe te neem volgens ons werkkring,

16 om die evangelie te verkondig in plekke anderkant julle, nie om in die werkkring van ’n ander oor wat tot stand gekom het, te roem nie.

17 Maarwie roem, moet in die Here roem.

18 Want nie hy wat homself aanbeveel, dié is beproef nie, maar hywat deur die Here aanbeveel word.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

eighteen + six =