II KORINTHIËRS 11

Die valse apostels.

1 AG, as julle my net ’n bietjie inmy dwaasheid wou verdra! Verdra my tog maar!

2 Want ek isjaloers oor julle met ’n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as’n reine maagd aan Christus voor te stel.

3 Maar ek vrees dat, net soosdie slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus.

4 Want asiemand kom en ’n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ’n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ’nander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval.

5 Want ek reken dat ekniks agterstaan by dié uitnemende apostels nie.

6 Enal is ek ook onbedrewe in woord, dantog nie in kennis nie; maarons het ten volle in alle opsigte openbaar geword by julle.

7 Of het ek sonde gedoen deurmy te verneder sodat julle verhoog kan word, omdatek die evangelie van God kosteloos aan julle verkondig het?

8 Ander gemeentes het ek beroof deur vergoeding te neem om julle te bedien; en toe ek by julle teenwoordig was en gebrek gehad het,het ek niemand lastig geval nie.

9 Want in my gebrek hetdie broeders voorsien wat van Macedónië gekom het. En ek het my in alles in ag geneem om julle nie te beswaar nie, en ek sal my in ag neem.

10 So seker as die waarheid van Christus in my is, sal hierdie roem in die streke van Acháje my nie ontneem word nie.

11 Waarom?Omdat ek julle nie liefhet nie? God weet dit.

12 Maar wat ek doen, sal ek nog doenom die aanleiding af te sny vir die wat ’n aanleiding wil hê, sodat hulle in die saak waar hulle op roem, net soos ons bevind mag word.

13 Want sulke mense isvalse apostels,bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus.

14 En geen wonder nie! Wantdie Satan self verander hom in ’n engel van die lig.

15 Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen asdienaars van geregtigheid nie. Maarhulle einde sal wees volgens hulle werke.

Paulus se lyding vir die evangelie.

16 WEER sê ekdat niemand moet dink dat ek dwaas is nie; of anders, neem my maar aan as ’n dwaas, sodat ek ook ’n bietjie kan roem.

17 Wat ek spreek,sê ek nie vanweë die Here nie, maar as in dwaasheid, in hierdie vertroue dat ek mag roem.

18 Terwyl baie na die vlees roem, sal ek ook roem.

19 Wantjulle verdra graag die dwase, omdat julle so verstandig is!

20 Julle verdra dit mos as iemandknegte van julle maak, as iemand julle opeet, as iemand julle beetneem, as iemand hom aanstel, as iemand julle in die gesig slaan.

21 Tot my skande moet ek erken dat ons daarvoor te swak was; maar as iemand dit aandurf — ek spreek in dwaasheid — ek durf ook.

22 Is hulleHebreërs? Ek ook. Is hulleIsraeliete? Ek ook. Is hulle die nakomelinge van Abraham? Ek ook.

23 Is hulledienaars van Christus? — ek praat in uitsinnigheid — ek nog meer:in arbeid oorvloediger,in slae bo die maat, in gevangenskappe baie meer, in doodsgevare dikwels.

24 Vyf maal het ek van die Jode ontvang veertig houe op een na.

25 Drie maal is ek met stokke geslaan,een maal is ek gestenig, drie maal het ek skipbreuk gely, ’n nag en ’n dag het ek op die diepwater deurgebring —

26 dikwels op reis, in gevare van riviere, in gevare van rowers, in gevare vanmy volk, in gevarevan die heidene, in gevarein die stad, in gevare in die woestyn, in gevare op see, in gevare ondervalse broeders;

27 in arbeid en moeite, in slapelose nagte dikwels, in honger en dors, dikwels sonder ete, in koue en naaktheid.

28 Behalwe dit alles my daaglikse bekommernis,die sorg vir al die gemeentes.

29 Wie is swak en ek is nie swak nie? Aan wie word ’n struikelblok in die weg gelê en ek is nie aan die brand nie?

30 As daar geroem moet word,sal ek in my swakhede roem.

31 Die God en Vader van onse Here Jesus Christus, geseënd tot in ewigheid, weet dat ek nie lieg nie.

32 In Damaskus het die goewerneur van koning Arétas die stad van die Damaskéners laat bewaak om my te vang;

33 en ek is in ’n mandjiedeur ’n venster in die muur neergelaat en het aan sy hande ontkom.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

seventeen + thirteen =