NÚMERI 35

Die getal stede wat aan die Leviete afgestaan moes word. Die ses vrystede.

1 EN dieHerehet met Moses gespreekin die vlaktes van Moab, by die Jordaan van Jérigo, en gesê:

2 Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle aan die Leviete van hulle erflike besitting stede gee om te bewoon; ook moet julleweiveld rondom die stede aan die Leviete gee.

3 En die stede moet vir hulle dien om te bewoon; maar die weiveld wat daarby behoort, moet vir hulle diere en hulle besitting en al hulle lewende hawe wees.

4 En die weiveld van die stede wat julle aan die Leviete gee, moet van die stadsmuur af buitentoe duisend el rondom wees.

5 En julle moet buitekant die stad meet: aan die oostekant tweeduisend el en aan die suidekant tweeduisend el en aan die westekant tweeduisend el en aan die noordekant tweeduisend el, en die stad in die middel. Dit moet vir hulle as weiveld van die stede dien.

6 En die stede wat julle aan die Leviete gee, moet die ses vrystede wees wat julle moet gee, dat die een wat ’n doodslag begaan het, daarheen kan vlug; en daarby moet julle twee-en-veertig stede gee.

7 Al die stede wat julle aan die Leviete gee, moet weesagt-en-veertig stede, hulle saam met hul weiveld.

8 En wat die stede betref wat julleuit die besitting van die kinders van Israel gee —julle moet van die wat baie is, baie neem, en van die wat min is, min neem; elkestammoet van sy stede aan die Leviete gee volgens die erfdeel wat elkeen gaan kry.

9 Verder het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

10 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle:As julle deur die Jordaan na die land Kanaän trek,

11 moet julle gunstig geleë stede vir julle uitsoek; as vrystede moet hulle vir julle dien, dat die een wat ’n doodslag begaan het, een wat per ongeluk ’n mens doodgeslaan het, daarheen kan vlug.

12 En die stede moet vir julle as toevlug dien vanweë die bloedwreker, sodat hy wat ’n doodslag begaan het, nie sterwe voordat hy voor die vergadering gestaan het om geoordeel te word nie.

13 En die stede wat julle gee, moet vir julle,ses in getal, as vrystede dien.

14 Drie van die stede moet julle oos van die Jordaan gee, en drie daarvan moet julle in die land Kanaän gee; vrystede moet hulle wees.

15 Vir die kinders van Israel endie vreemdeling en die bywoner onder hulle moet hierdie ses stede as toevlug dien, sodat elkeen daarheen kan vlug wat per ongeluk ’n mens doodgeslaan het.

16 Maar as hy hom slaan met ’n ystervoorwerp, sodat hy sterwe, dan is hy ’n moordenaar; die moordenaar moet sekerlik gedood word.

17 En as hy hom slaan met ’n klip in die hand — waardeur iemand kan sterwe — en hy sterwe, dan is hy ’n moordenaar; die moordenaar moet sekerlik gedood word.

18 Of as hy hom slaan met ’n houtvoorwerp in die hand — waardeur iemand kan sterwe — en hy sterwe, dan is hy ’n moordenaar; die moordenaar moet sekerlik gedood word.

19 Die bloedwreker, hy moet die moordenaar doodmaak; as hy hom kry, moet hy hom doodmaak.

20 En as hy hom uit haat stamp ofmet opset na hom gooi, sodat hy sterwe,

21 of hom uit vyandskap met sy hand slaan, sodat hy sterwe, dan moet hy wat geslaan het, sekerlik gedood word; hy is ’n moordenaar; die bloedwreker moet die moordenaar doodmaak as hy hom kry.

22 Maar as hy hom onvoorsiens, sonder vyandskap, stamp of enigietssonder opset na hom gooi;

23 of as hy enige klip waardeur iemand kan sterwe —as hy,sonder om dit te sien, dit op hom laat val, sodat hy sterwe, terwyl hy geen vyand van hom was en sy onheil nie gesoek het nie,

24 dan moetdie vergadering tussen hom wat doodgeslaan het, en die bloedwreker oordeel volgens hierdie voorskrifte.

25 En die vergadering moet hom wat ’n doodslag begaan het, red uit die hand van die bloedwreker, en die vergadering moet hom laat teruggaan na sy vrystad waarheen hy gevlug het; en hy moet daarin bly tot die dood vandie hoëpriesterwat met die heilige olie gesalf is.

26 Maar as hy wat ’n doodslag begaan het, ooit buitekant die grens van sy vrystad gaan waarheen hy moes vlug,

27 en die bloedwreker hom buitekant die grens van sy vrystad kry, en die bloedwreker hom doodslaan wat ’n doodslag begaan het, dan sal daar vir hom geen bloedskuld wees nie.

28 Want hy moet in sy vrystad bly tot die dood van die hoëpriester; maar ná die dood van die hoëpriester mag die een wat ’n doodslag begaan het, teruggaan na die land waar sy besitting lê.

29 En dit moet vir julle’n regsinsetting wees in julle geslagte, in al julle woonplekke.

30 As iemand ’n mens doodslaan, moet die moordenaarop verklaring van getuies gedood word; maar een getuie is nie genoegsaam om iemand tot die dood te veroordeel nie.

31 Maar julle mag geen losgeld aanneem vir die lewe van ’n moordenaar wat skuldig is om te sterwe nie, want hy moet sekerlik gedood word.

32 Ook mag julle geen geld aanneem om iemand vry te stel van die vlug na sy vrystad — sodat hy kan teruggaan om in die land te woon — tot op die dood van diehoëpriester nie.

33 En julle mag die land nieontheilig waar julle in is nie; want die bloed ontheilig die land, en vir die land word geen versoening gedoen vir die bloed wat daarin vergiet is nie, as netdeur die bloed van hom wat dit vergiet het.

34 En jy mag die land waar julle in woon, nie verontreinig nie, omdat Ek daarin woon; wantEk, dieHere, woon in die midde van die kinders van Israel.

NÚMERI 36

Verbod aan erfdogters om buite hulle vaderlike stam te trou.

1 EN die familiehoofde van die geslag vandie kinders van Gílead, die seun van Magir, die seun van Manasse, uit die geslagte van Josef se kinders, het nader gekom en voor Moses en die owerstes, die familiehoofde van die kinders van Israel, gespreek

2 en gesê:DieHerehet aan my heer bevel gegee om die land deur die lot as erfenis aan die kinders van Israel te gee; ook hetmy heer van dieHerebevel ontvang om die erfdeel van ons broer Selófhad aan sy dogters te gee.

3 As hulle nou die vroue word van een van die seuns uit dieanderstamme van die kinders van Israel, dan word hulle erfdeel van ons vaders se erfdeel weggeneem en gevoeg by die erfdeel van die stam waarby hulle sal behoort; so sal dan die erfdeel wat ons deur die lot aangewys is, ingekort word.

4 En asdie jubeljaar vir die kinders van Israel aanbreek, dan word hulle erfdeel gevoeg by die erfdeel van die stam waarby hulle sal behoort; so sal dan hulle erfdeel van die erfdeel van ons vaders se stam weggeneem word.

5 Toe het Moses die kinders van Israel volgens die bevel van dieHeregelas en gesê: Die stam van die kinders van Josefpraat reg.

6 Dit is die saak wat dieHereaangaande die dogters van Selófhad beveel het deur te sê: Laat hulle die vroue word van hom wat goed is in hulle oë; hulle moetnet trou in ’n geslag van die stam van hulle vader,

7 sodat die erfdeel van die kinders van Israel nie van stam tot stam oorgaan nie; want die kinders van Israel moet elkeen die erfdeel van die stam van sy vaders vashou.

8 Enelke dogter wat ’n erfdeel kry, uit die stamme van die kinders van Israel, moet die vrou word van een uit die geslag van die stam van haar vader, sodat die kinders van Israel elkeen die erfdeel van sy vaders kan erwe.

9 So sal dan ’n erfdeel nie van een stam na ’n ander stam oorgaan nie; want die stamme van die kinders van Israel moet elkeen sy erfdeel vashou.

10 Soos dieHereMoses beveel het, so het die dogters van Selófhad gedoen:

11 Magla, Tirsa en Hogla en Milka en Noa, die dogters van Selófhad, het die vroue geword van die seuns van hulle ooms;

12 hulle het die vroue gewordvan manneuit die geslagte van die kinders van Manasse, die seun van Josef. So het dan hulle erfdeel gebly in die stam van die geslag van hulle vader.

13 Dit is die gebooie en die verordeninge wat dieHeredeur die diens van Moses die kinders van Israel beveel het,in die vlaktes van Moab by die Jordaan van Jérigo.

LEVÍTIKUS 1

Die brandoffer.

1 EN dieHerehet Moses geroep en met hom gespreekuit die tent van samekoms en gesê:

2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle:As iemand van julle aan dieHere’n offer wil bring, kan julle jul offer bring van vee — van beeste of van kleinvee.

3 As sy offer ’n brandoffer is van beeste, moet dit ’n bulsonder gebrek wees wat hy bring. By die ingang van die tent van samekoms moet hy dit bring, sodat hy welgevalle voor die aangesig van dieHerekan vind.

4 En hy moet sy hand op die kop van die brandoffer lê, dan sal dit vir hommet welgevalle aangeneem wordom versoening vir hom te doen.

5 Dan moet hy die jong bul voor die aangesig van dieHereslag; en die seuns van Aäron, die priesters,moet die bloed bring en die bloed rondom teen die altaar uitgooi wat by die ingang van die tent van samekoms is.

6 Dan moet hy die brandoffer afslag en dit in sy stukke verdeel.

7 En die seuns van Aäron, die priester, moet vuur op die altaar neersit en hout op die vuur reglê.

8 Ook moet die seuns van Aäron, die priesters, die stukke, die kop endie vet reglê op die hout wat op die altaarvuur is.

9 Maardie binnegoed en die pote moet hy met water was, en die priester moet dit alles op die altaar aan die brand steek as brandoffer, ’n vuuroffer vanlieflike geur aan dieHere.

10 En as sy offer ’n stuk kleinvee is, van skape of van bokke, as brandoffer, moet dit ’n ram sonder gebrek wees wat hy bring.

11 En hy moet dit slag aan die noordekant van die altaar, voor die aangesig van dieHere; en die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed daarvan rondom teen die altaar uitgooi.

12 Daarna moet hy dit in sy stukke verdeel, met die kop en die vet, en die priester moet dit reglê op die hout wat op die altaarvuur is.

13 Maar die binnegoed en die pootjies moet hy met water was, en die priester moet dit alles bring en op die altaar aan die brand steek; ’n brandoffer is dit, ’n vuuroffer van lieflike geur aan dieHere.

14 En as sy offer aan dieHere’n brandoffer is van voëls, moet hy sy offer bring vantortelduiwe of van jong duiwe.

15 En die priester moet dit na die altaar bring en die kop afknyp en op die altaar aan die brand steek, en die bloed moet teen die kant van die altaar uitgedruk word.

16 Dan moet hy die krop met die vere daaraan verwyder en ditby die altaar gooi, aan die oostekant, op die asplek.

17 Dan moet hy dit by die vlerke skeur sonderom hulle af te trek; en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek, op die hout wat oor die vuur is; ’n brandoffer is dit, ’n vuuroffer van lieflike geur aan dieHere.

LEVÍTIKUS 2

Die spysoffer en die eerstelinge.

1 EN as iemand aan dieHere’n spysoffer bring, moet sy offer fynmeel wees; en hy moet olie daarop giet en wierook daarby voeg;

2 en hy moet dit na die seuns van Aäron, die priesters, bring; en die priester moet daarvan ’n handvol neem, van die fynmeel met die olie, met al die wierook wat daarby behoort; en hy moet dit asdie gedenkoffer op die altaar aan die brand steek, ’n vuuroffer van lieflike geur aan dieHere.

3 Enwat oorbly van die spysoffer, is vir Aäron en sy seuns, ’nhoogheilige deel van die vuuroffers van dieHere.

4 En as jy ’n spysoffer bring wat in die oond gebak is, moet dit fynmeel wees,ongesuurde koeke met olie gemeng, en ongesuurde platkoeke met olie bestryk.

5 En as ’n spysoffer van die bakplaat jou offer is, moet dit fynmeel wees met olie gemeng en ongesuurd.

6 Breek dit in stukkies en giet olie daarop: dit is ’n spysoffer.

7 En as ’n spysoffer uit die pan jou offer is, moet dit van fynmeel met olie berei word.

8 Dan moet jy die spysoffer wat daarvan berei word, aan dieHerebring: hulle moet dit na die priester aanbring, en hy moet dit na die altaar dra.

9 En die priester moet van die spysofferdie gedenkoffer daarvan aflig en op die altaar aan die brand steek, ’n vuuroffer van lieflike geur aan dieHere.

10 Enwat oorbly van die spysoffer, is vir Aäron en sy seuns, ’n hoogheilige deel van die vuuroffers van dieHere.

11 Geen spysoffer wat julle aan dieHerebring, mag van iets wat ingesuur is,berei word nie; want van géén suurdeeg of heuning mag julle vir dieHere’n vuuroffer aan die brand steek nie.

12 As ’n offer van eerstelinge mag julle dit aan dieHerebring, maar op die altaar mag dit nie as lieflike geur kom nie.

13 En jymoet al jou spysoffers met sout berei, en jy magdie sout van die verbond van jou God by jou spysoffer nie laat ontbreek nie;by al jou offers moet jy sout bring.

14 En as jy aan dieHere’n spysoffer van eerstelinge bring, moet jy as spysoffer van jou eerstelinge bring: arewat oor die vuur gebraai is, gebreekte korrels van vars graan.

15 Enjy moet olie daarby voeg en wierook daarop strooi; ’n spysoffer is dit.

16 Dan moet die priesterdie gedenkoffer daarvan, ’n deel van die gebreekte koring en van die olie met al die wierook, aan die brand steek as ’n vuuroffer aan dieHere.

LEVÍTIKUS 3

Die dankoffer.

1 EN as ’n dankoffersy offer is, as hy dit bring van beeste, bul of vers, moet hy dit sonder gebrek voor die aangesig van dieHerebring.

2 Enhy moet sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag by die ingang van die tent van samekoms. En die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.

3 Dan moet hy van die dankoffer ’n vuuroffer aan dieHerebring:die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,

4 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer — by die niere moet hy dit wegneem.

5 En die seuns van Aäronmoet dit op die altaar aan die brand steek, op die brandoffer wat op die hout is, bo op die vuur, as ’n vuuroffer van lieflike geur aan dieHere.

6 En as sy offer ’n stuk kleinvee is, as ’n dankoffer aan dieHere, moet hy dit bring sonder gebrek, ram of ooi.

7 As hy ’n skaaplam bring as sy offer, moet hy dit voor die aangesig van dieHerebring

8 en sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag voor die tent van samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.

9 Daarna moet hy van die dankoffer die vet as vuuroffer aan dieHerebring:die hele vetstert — naby die stuitjie moet hy dit wegneem — en die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,

10 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer — by die niere moet hy dit wegneem.

11 En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuurofferspysvir dieHere.

12 En as sy offer ’n bok is, moet hy dit voor die aangesig van dieHerebring

13 en sy hand op die kop daarvan lê en dit slag voor die tent van samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.

14 Dan moet hy daarvan sy offer as vuuroffer aan dieHerebring; die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,

15 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer — by die niere moet hy dit wegneem.

16 En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuurofferspys vir ’n lieflike geur.Al die vet behoort aan dieHere.

17 ’n Ewige insetting is dit vir julle geslagte in al julle woonplekke: géén vet engéén bloed mag julle eet nie.

LEVÍTIKUS 4

Die sondoffer.

1 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

2 Spreek met die kinders van Israel en sê:As iemand in swakheid sondig teen een van alle gebooie van dieHereen een van die dinge wat nie gedoen mag word nie, tog doen —

3 as diegesalfde priester sondig, sodat die volk daardeur skuldig word, moet hy vir die sonde wat hy gedoen het, ’n jong bul sonder gebrek aan dieHereas sondoffer bring;

4 en hy moet die bul bringna die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van dieHere, en moet sy hand op die kop van die bul lê en die bul slag voor die aangesig van dieHere.

5 Danmoet die gesalfde priester van die bloed van die bul neem en dit na die tent van samekoms bring,

6 en die priester moet sy vinger in die bloed steek en van die bloed sewe maal sprinkel voor die aangesig van dieHere, voor die voorhangsel van die heiligdom.

7 Ook moet die priestervan die bloed stryk aan die horingsvan die altaar van die reukwerk van speserye, wat in die tent van samekoms is, voor die aangesig van dieHere; en hy moetal die orige bloed van die bul uitgiet aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die tent van samekoms is;

8 en al die vet van die sondofferbul moet hy van hom aflig, die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,

9 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer — by die niere moet hy dit wegneem —

10 soosdit van die dankofferbul afgelig word — en die priester moet dit aan die brand steek op die brandofferaltaar.

11 Maar die vel van die bul en al sy vleis met die kop en die pote en die binnegoed en die mis —

12 die hele bul moet hy buitekant die laer uitbring op ’n rein plek waar die as uitgegooi word, enhy moet hom op hout met vuur verbrand; op die plek waar die as uitgegooi word, moet hy verbrand word.

13 Enas die hele vergadering van Israel hulle misgaansonder dat die vergadering hom daarvan bewus is; en hulle enigiets doen wat dieHereverbied het, en skuldig word;

14 en die sonde wat hulle so gedoen het, bekend word, moet die vergadering ’n jong bul as sondoffer laat aankom en hom voor die tent van samekoms bring,

15 en die oudstes van die vergaderingmoet hulle hande op die kop van die bul lê voor die aangesig van dieHere, en die bul moet voor die aangesig van dieHeregeslag word.

16 Dan moet die gesalfde priester van die bloed van die bul in die tent van samekoms bring,

17 en die priester moet sy vinger in die bloed steek en sewe maal voor die aangesig van dieHere, voor die voorhangsel sprinkel.

18 En hy moet van die bloed stryk aan die horings van die altaar wat in die tent van samekoms voor die aangesig van dieHereis. Dan moet hy al die orige bloed uitgiet aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die tent van samekoms is;

19 en hy moet al die vet van hom aflig en op die altaar aan die brand steek

20 en met die bul doensoos hy met die sondofferbul gedoen het. So moet hy met hom maak;en die priester moet vir hulle versoening doen, en dit sal hulle vergewe word.

21 Daarna moet hy die bul buitekant die laer uitbring en hom verbrand soos hy die eerste bul verbrand het; dit is ’n sondoffer van die vergadering.

22 As ’n owerste sondig enin swakheid enigiets doen wat dieHeresy God verbied het, en hy skuldig word;

23 ofas sy sonde wat hy so gedoen het, aan hom bekend word, moet hy as sy offer bring ’n bok sonder gebrek, ’n ram;

24 enhy moet sy hand op die kop van die bok lê en hom slag op die plek waar hulle die brandoffer voor die aangesig van dieHereslag; dit is ’n sondoffer.

25 Dan moet die priester van die bloed van die sondoffer met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk; maar die orige bloed moet hy aan die onderkant van die brandofferaltaar uitgiet.

26 Hy moet ook al die vet op die altaar aan die brand steek soosdie vet van die dankoffer.So moet die priester dan vir hom versoening doen weens sy sonde, en dit sal hom vergewe word.

27 Enas iemand van die volk van die land in swakheid sondig, omdat hy enigiets doen wat dieHereverbied het, en hy skuldig word;

28 of as sy sonde wat hy gedoen het, aan hom bekend word, dan moet hy as sy offer bring ’n bok sonder gebrek, ’n ooi, vir die sonde wat hy gedoen het;

29 en hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en die sondoffer slag op die plek van die brandoffer.

30 Dan moet die priester van haar bloed met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk; maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgiet;

31 enal die vet moet hy wegneem soosdie vet van die dankoffer af weggeneem is, en die priester moet dit op die altaar aan die brand steekas lieflike geur vir dieHere. So moet die priester dan vir hom versoening doen, en dit sal hom vergewe word.

32 Maar ingeval hy ’n skaaplam as sy sondoffer bring,moet dit ’n ooi wees sonder gebrek wat hy bring;

33 en hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en dit as sondoffer slag op die plek waar hulle die brandoffer slag.

34 Dan moet die priester van die bloed van die sondoffer met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk, maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgiet;

35 en al die vet moet hy wegneemsoos die vet van die dankofferlam weggeneem word, en die priester moet dit op die altaar oor die vuuroffers van dieHereaan die brand steek.So moet die priester dan vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word.

LEVÍTIKUS 5

1 EN as iemand sondig —dat hy die luid uitgesproke beswering hoor, terwyl hy getuie was, dit gesien het of daarvan weet — as hy naamlik dit nie te kenne gee nie en so sy ongeregtigheidmoet dra;

2 ofas iemand enigiets aanraak wat onrein is — die aas van ’n onrein wilde dier of die aas van onrein vee of die aas van onrein gedierte wat rondkruip — en dit vir hom verborge was, maar hy onrein geword het en skuldig is;

3 of as hy ietsonreins van ’n mens aanraak — volgens al die onreinheid waardeur hy hom kan verontreinig — en dit vir hom verborge was, maar hy dit te wete gekom het en skuldig is;

4 of as iemand sweer terwyl hy onverskillig met die lippe praatom kwaad of goed te doen — volgens alles wat ’n mens met ’n eed onverskillig kan praat — en dit vir hom verborge was, maar hy dit te wete gekom het en skuldig is aan een van hierdie dinge;

5 as hy dan aan een van hierdie dinge skuldig is,moet hy bely waar hy teen gesondig het,

6 en as boete vir die sonde wat hy gedoen het, aan dieHere’n ooi bring van die kleinvee, ’n skaaplam of ’n bok, as sondoffer. En die priester moet vir hom versoening doen weens sy sonde.

7 Maaras hy nie ’n stuk kleinvee kan bekostig nie, moet hy as boete vir wat hy gesondig het, tweetortelduiwe of twee jong duiwe aan dieHerebring, een as sondoffer en een as brandoffer;

8 en hy moet hulle na die priester bring, wat dié een eerste moet offer wat as sondoffer bedoel is, en sy kop vlak voor sy nekafknyp sonder om dit af te trek.

9 Dan moet hy van die bloed van die sondoffer teen die kant van die altaar sprinkel; maarwat oorbly van die bloed, moetaan die onderkant van die altaar uitgedruk word; dit is ’n sondoffer.

10 En die ander een moet hy as brandoffer volgens voorskrif berei.So moet die priester dan vir hom versoening doen weens die sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word.

11 Maar as hy nie twee tortelduiwe of twee jong duiwe kan bekostig nie, moet hy as offer vir wat hy gesondig het,die tiende van ’n efa fynmeel as sondoffer bring. Hy moet geen olie daarop gooi en geen wierook daar byvoeg nie, want dit is ’n sondoffer.

12 En hy moet dit na die priester bring, endie priester moet daar ’n handvol van neem as die gedenkoffer en ditop die altaar oor die vuuroffers van dieHereaan die brand steek; dit is ’n sondoffer.

13 So moet die priester dan vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gedoen het in enigeen van hierdie gevalle, en dit sal hom vergewe word;verder behoort dit aan die priester net soos die spysoffer.

Die skuldoffer.

14 OOK het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

15 As iemand in iets ontrou handel en in swakheid sondig met betrekking tot een van die heilige gawes van dieHere,moet hy as boete aan dieHerebring ’n ram sonder gebrek van die kleinvee, na jou skatting van die waarde in sikkels silwer, volgensdie sikkel van die heiligdom, as ’n skuldoffer.

16 En hy moet vir wat hy ten opsigte van die heilige gawes gesondig het, vergoeding gee en nogdie vyfde deel daarvan byvoeg en dit aan die priester gee; endie priester moet vir hom versoening doen deur die skuldofferram, en dit sal hom vergewe word.

17 En as iemand sondig enonbewus enigiets doen wat dieHereverbied het, enskuldig word en sy ongeregtigheid moet dra,

18 dan moet hy van die kleinvee, na jou skatting, ’n ram sonder gebrek as skuldoffer na die priester bring;en die priester moet vir hom versoening doen vir die misdryf wat hy sonder opset, onbewus begaan het; en dit sal hom vergewe word.

19 Dit is ’n skuldoffer; hy is sekerlik skuldig teenoor dieHere.

LEVÍTIKUS 6

1 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

2 As iemand sondig enontrou handel teen dieHeredeurdathy teenoor sy naaste ontkendat iets aan hom toevertrou of as pand gegee is of deur hom geroof is, of dat hy sy naaste iets afgepers het,

3 ofdat hy iets gekry het wat weg was, en dit ontken;of dat hy vals sweer ten opsigte van enigiets wat ’n mens kan doen om hom daarmee te besondig —

4 as hy dan sondig en skuldig word, moet hy teruggee wat hy deur roof ontvreem of deur afpersing verkry het, of wat aan hom toevertrou was, of verlore goed wat hy gevind het;

5 of alles waaroor hy vals gesweer het:hy moet daar ten volle vergoeding voor gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg; aan hom aan wie dit behoort, moet hy dit gee op die dag as hy boete doen.

6 En hy moet van die kleinvee, na jou skatting, as boete aan dieHere’n ram sonder gebrek as skuldoffer na die priester bring.

7 Dan moet die priester vir hom versoening doen voor die aangesig van dieHere, en dit sal hom vergewe word — enigiets wat ’n mens doen, sodat hy daardeur skuldig word.

Voorskrifte omtrent die brand-, spys- en sondoffers.

8 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

9 Gee bevel aan Aäron en sy seuns en sê: Dit is die wet van die brandoffer: Dit, die brandoffer, moet op sy vuurherd op die altaar die hele nag lank tot die môre toe bly, en die altaarvuur moet daardeur aan die brand gehou word.

10 En die priester moet sy linnekleed aantrek, endie linnebroek moet hy oor sy vlees aantrek; dan moet hy die as wegneem waartoe die vuur die brandoffer op die altaar verteer het, en ditlangs die altaar uitgooi.

11 Daarnamoet hy sy klere uittrek en ander klere aantrek, en die asbuitekant die laer op ’n rein plek uitbring.

12 En die vuur op die altaar moet daardeur aan die brand gehou word, dit mag nie doodgaan nie; maar die priester moet elke môre daaroor hout aan die brand steek en die brandoffer daaroor reglê endie stukke vet van die dankoffers daaroor aan die brand steek.

13 Vuur moet gedurigdeur op die altaar aan die brand gehou word; dit mag nie doodgaan nie.

14 En dit is die wet van die spysoffer: Die seuns van Aäron moet dit voor die aangesig van dieHerevoor die altaar bring,

15 en een moet daarvan ’n handvol neem, van die spysoffer se fynmeel met die olie, en al die wierook wat op die spysoffer is, en hy moet op die altaar diegedenkoffer daarvan aan die brand steek as lieflike geur vir dieHere.

16 Enwat daarvan oorbly, moet Aäron en sy seuns eet; ongesuurd moet dit geëet wordop ’n heilige plek; in die voorhof van die tent van samekoms moet hulle dit eet.

17 Dit mag nie gesuurd gebak word nie; as hulle deel hetEk dit van my vuuroffers gegee.Hoogheilig is dit soos die sondoffer en die skuldoffer.

18 Almal wat manlik is onder die seuns van Aäron, mag dit eet.Dit is ’n ewige insetting vir julle geslagte uit die vuuroffers van dieHere.Alles wat daaraan raak, word heilig.

19 Verder het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

20 Dit is die offer van Aäron en sy seuns wat hulle aan dieHeremoet bring op die dag as hy gesalf word: die tiende van ’nefa fynmeel as voortdurende spysoffer; die helfte daarvan in die môre en die helfte in die aand.

21 Dit moet op ’n plaat met olie berei word; deurmekaargeroer moet jy dit bring; in gebakte brokkies moet jy die spysoffer bring as lieflike geur vir dieHere.

22 Ook moet die priester wat uit sy seuns in sy plek gesalf word, dit berei, as ’n ewige insetting.Dit moet geheel en al vir dieHereaan die brand gesteek word.

23 So moet dan elke spysoffer van ’n priester ’n voloffer wees; dit mag nie geëet word nie.

24 Verder het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

25 Spreek met Aäron en sy seuns en sê:Dit is die wet van die sondoffer:Op die plek waar die brandoffer geslag word, moet die sondoffer voor die aangesig van dieHeregeslag word. Dit is hoogheilig.

26 Die priester wat dit as sondoffer bring, moet dit eet; op ’n heilige plek moet dit geëet word, in die voorhof van die tent van samekoms.

27 Alles wat aan die vleis daarvan raak, word heilig; en as daar van die bloed op ’n kledingstuk spat, moet jy die stuk waar dit op spat, op ’n heilige plek was.

28 En ’n erdepot waar dit in gekook is,moet stukkend gebreek word; maar as dit in ’n koperpot gekook is, moet dit geskuur en met water afgespoel word.

29 Almal wat manlik is onder die priesters, mag dit eet; dit is hoogheilig.

30 Maar elke sondoffer waarvan ’n deel van die bloed in die tent van samekoms gebring word, om in die heiligdom versoening te doen, mag nie geëet word nie; dit moet met vuur verbrand word.

LEVÍTIKUS 7

Voorskrifte omtrent die skuld- en dankoffers.

1 ENdit is die wet van die skuldoffer: dit is hoogheilig.

2 Op die plek waar hulle die brandoffer slag, moet hulle die skuldoffer slag, en hy moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.

3 En hy moetal die vet daarvan offer: die vetstert en die vet wat oor die binnegoed lê,

4 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer — by die niere moet hy dit wegneem.

5 En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuuroffer aan dieHere; dit is ’n skuldoffer.

6 Almal wat manlik is onder die priesters, mag dit eet. Op ’n heilige plek moet dit geëet word; dit is hoogheilig.

7 Soos die sondoffer, sodie skuldoffer; een wet geld vir hulle — die priester wat daardeur versoening doen, aan hom kom dit toe.

8 En die priester wat die brandoffer van iemand bring — die vel van die brandoffer wat hy gebring het, aan die priester, aan hom kom dit toe.

9 Enelke spysoffer wat in die oond gebak word, en alles wat in die pan of op die bakplaat berei is, aan die priester wat dit offer, aan hom kom dit toe.

10 En elke spysoffer, met olie gemeng of droog, aan al die seuns van Aäron kom dit toe, aan die een so goed as aan die ander.

11 Endit is die wet van die dankoffer wat hulle aan dieHerebring:

12 Ingeval hy dit as lofoffer bring, moet hy by die lofoffer bring:ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk en fynmeel wat as koeke deurmekaargeroer is, met olie gemeng;

13 saam met koeke vangesuurde brood moet hy sy offergawe by sy lofdankoffer bring.

14 En hy moet daarvan, eenkoekvan elke gawe, as offergawe aan dieHerebring;aan die priester wat die bloed van die dankoffer uitgooi, aan hom kom dit toe.

15 Maar die vleis van sylofdankoffer moet geëet word op die dag as hy dit bring; daarvan mag hy niks tot die môre laat lê nie.

16 Enas die offer wat hy bring, ’n gelofte of vrywillige offer is, moet dit geëet word op die dag as hy sy offer bring; en op die volgende dag, dan kan geëet word wat daarvan oorbly.

17 Maar wat van die offervleis oorgebly het, moet op die derde dag met vuur verbrand word.

18 En as daar van die vleis van sy dankoffer op die derde dag iets geëet word, sal dit vir hom wat dit bring, nie met welgevalle aangeneem word nie; dit sal hom nie toegereken word nie;’n onrein iets sal dit wees, en diegene wat daarvan eet, moet sy ongeregtigheid dra.

19 En die vleis wat aan iets onreins raak, mag nie geëet word nie; met vuur moet dit verbrand word. Maar wat verder die vleis betref — elkeen wat rein is, mag vleis eet.

20 Maar die een wat vleis eet van die dankoffer wat dieHeretoekom,terwyl sy onreinheid aan hom is, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

21 En as iemand aan iets onreins raak, aandie onreinheid van ’n mens of aan’n onrein dier of aan enigeonrein verfoeisel, en dan eet van die vleis van die dankoffer wat dieHeretoekom, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

Die verbod om vet of bloed te eet.

22 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

23 Spreek met die kinders van Israel en sê:Géén vet van ’n bees of skaap of bok mag julle eet nie.

24 Maar die vet van aas en die vet van wat verskeur is, kan vir allerhande werk gebruik word, maar jy mag niks daarvan eet nie.

25 Want elkeen wat vet eet van die vee waarvan hulle aan dieHere’n vuuroffer bring, diegene wat dit eet, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

26 Ook mag julle géén bloed van voëls of van vee in enigeen van julle woonplekke eet nie.

27 Elkeen wat maar enigsins bloed eet, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

28 Verder het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

29 Spreek met die kinders van Israel en sê:Hy wat aan dieHeresy dankoffer bring, moetselfaan dieHeredie gawe uit sy dankoffer bring;

30 sy hande moet die vuuroffers van dieHerebring: die vet met die bors moet hy bring;die bors, om dit as beweegoffer voor die aangesig van dieHerete beweeg.

31 En die priester moet die vet op die altaar aan die brand steek,maar die bors kom Aäron en sy seuns toe.

32 Julle moet ookdie regterboud aan die priester as hefoffer gee uit julle dankoffers.

33 Hy wat uit die seuns van Aäron die bloed van die dankoffers en die vet offer, aan hom kom die regterboud as deel toe.

34 Wantdie beweegbors en die hefboud het Ek van die kinders van Israel uit hulle dankoffers geneem en dit aan Aäron, die priester, en aan sy seuns gegee as ’n deel wat hulle vir ewig toekom van die kant van die kinders van Israel.

35 Dit is die aandeel van Aäron en die aandeel van sy seuns uit die vuuroffers van dieHere, op die dag toe Hy hulle laat nader kom het om die priesteramp vir dieHerete bedien —

36 wat dieHerebeveel het om hulle te gee van die kant van die kinders van Israel,op die dag toe Hy hulle gesalf het. Dit is ’n ewige insetting vir hulle geslagte.

37 Dit is die wet virdie brandoffer,die spysoffer endie sondoffer endie skuldoffer endie wydingsoffer endie dankoffer

38 wat dieHereMoses by die berg Sinai beveel het, op die dag toe hy die kinders van Israel in die woestyn Sinai beveel het om hulle offers aan dieHerete bring.

LEVÍTIKUS 8

Wyding van Aäron en sy seuns.

1 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

2 Neem Aäron en sy seuns saam met hom, endie klere endie salfolie en diesondofferbul en die twee ramme en die mandjie met ongesuurde koeke,

3 en versamel die hele vergadering by die ingang van die tent van samekoms.

4 En Moses het gedoen soos dieHerehom beveel het, en die vergadering het bymekaargekom by die ingang van die tent van samekoms.

5 Toe sê Moses aan die vergadering:Dit is die saak wat dieHerebeveel het om te doen.

6 En Moses het Aäron en sy seuns laat nader komen hulle met water gewas.

7 Daarop het hy homdie rok aangetrek en hom met die gordel gegord en hom die mantel aangetrek; ook het hy hom die skouerkleed aangetrek en hom gegord met die band van die skouerkleed en daarmee hom die skouerkleed omgebind.

8 Verder het hy hom die borstas aangeheg enin die borstas die Urim en die Tummim gesit.

9 En hy het die tulband op sy hoof gesit enaan die tulband, aan die voorkant, die goue plaat, die heilige kroon, bevestig, soos dieHereMoses beveel het.

10 Toe het Moses die salfolie geneem en die tabernakel en alles wat daarin was, gesalf en dit geheilig.

11 En hy het daarvan sewe maal op die altaar gesprinkel en die altaar gesalf en al sy gereedskap, met die waskom en sy voetstuk, om dit te heilig.

12 Daarna het hy van die salfolie op die hoof van Aäron gegiet en hom gesalf om hom te heilig.

13 Ook het Moses die seuns van Aäron laat nader kom en hulle die rokke aangetrek en hulle gegord met ’n gordel en hulle die musse omgebind soos dieHereMoses beveel het.

14 Daarop het hy die sondofferbul laat aankom, en Aäron en sy seunshet hulle hande op die kop van die sondofferbul gelê.

15 En Moses het dit geslag endie bloed geneem en daarvan met sy vinger rondom aan die horings van die altaar gestryk en die altaar ontsondig; maar die orige bloed het hy aan die onderkant van die altaar uitgegooi. So het hy dit dan geheilig deur daar versoening voor te doen.

16 Verder het hy al die vet wat aan die binnegoed was en die lap aan die lewer en die twee niere en hulle vet geneem, en Moses het dit op die altaar aan die brand gesteek.

17 Maar die bul met sy vel en sy vleis en sy mis het hy buitekant die laer met vuur verbrand, soos dieHereMoses beveel het.

18 Daarop het hy die brandofferram laat aankom, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê.

19 En Moses het dit geslag en die bloed rondom teen die altaar uitgegooi.

20 Hy het ook die ram in sy stukke verdeel, en Moses het die kop en die stukke en die vet aan die brand gesteek;

21 maar die binnegoed en die pote het hy met water gewas, en Moses het die hele ram op die altaar aan die brand gesteek; dit was ’n brandoffer as lieflike geur, ’n vuuroffer was dit aan dieHere, soos dieHereMoses beveel het.

22 Daarophet hy die ander ram, die wydingsram, laat aankom; en Aäron met sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê.

23 En Moses het dit geslag en van die bloed geneem en dit aan die regteroorlel van Aäron en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet gestryk.

24 Moses het ook die seuns van Aäron laat nader kom en van die bloed aan hulle regteroorlel en aan die duim van hulle regterhand en aan die groottoon van hulle regtervoet gestryk; daarna het Moses die orige bloed rondom teen die altaar uitgegooi.

25 En hy het die vet geneem met die vetstert en al die vet wat aan die binnegoed was, en die lap aan die lewer en die twee niere en hulle vet en die regterboud.

26 Ook het hy uit die mandjie met ongesuurde koeke wat voor die aangesig van dieHerewas, een ongesuurde koek geneem en een oliebrood koek en een platkoek; en hy het dit op die stukke vet en op die regterboud neergesit

27 en dit allesop die hande van Aäron en die hande van sy seuns gelê; en hy het dit as beweegoffer voor die aangesig van dieHerebeweeg.

28 Daarop het Moses dit uit hulle hande geneem en dit op die altaar, bo op die brandoffer, aan die brand gesteek; ’n wydingsoffer was dit as lieflike geur, ’n vuuroffer aan dieHere.

29 Verder het Moses die bors geneem en dit as beweegoffer voor die aangesig van dieHerebeweeg; van die wydingsram het dit aan Mosesas deel toegekom, soos dieHereMoses beveel het.

30 Moses het ook van die salfolie en van die bloed wat aan die altaar was, geneem en dit op Aäron, op sy klere, sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns gesprinkel. So het hy dan Aäron, sy klere, sowel as sy seuns en die klere van sy seuns geheilig.

31 Toe sê Moses vir Aäron en sy seuns:Kook die vleis by die ingang van die tent van samekoms en eet dit daar met die brood wat in die wydingsmandjie is, soos ek beveel en gesê het: Aäron en sy seuns moet dit eet.

32 Maar wat van die vleis en die brood oorbly, moet julle met vuur verbrand.

33 Ook mag julle sewe dae lank nie by die ingang van die tent van samekoms uitgaan nie tot op die dag dat die dae van julle wyding verby is; wantsewe dae lank moet julle wyding duur.

34 Soos vandag gedoen is, het dieHerebeveel omverderte doen, om vir julle versoening te bewerk.

35 Julle moet dan by die ingang van die tent van samekoms bly, dag en nag, sewe dae lank; enjulle moet die ordening van dieHerehou, dat julle nie sterwe nie; want so is aan my bevel gegee.

36 En Aäron en sy seuns het al die dinge gedoen wat dieHeredeur die diens van Moses beveel het.