LEVÍTIKUS 3

Die dankoffer.

1 EN as ’n dankoffersy offer is, as hy dit bring van beeste, bul of vers, moet hy dit sonder gebrek voor die aangesig van dieHerebring.

2 Enhy moet sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag by die ingang van die tent van samekoms. En die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.

3 Dan moet hy van die dankoffer ’n vuuroffer aan dieHerebring:die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,

4 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer — by die niere moet hy dit wegneem.

5 En die seuns van Aäronmoet dit op die altaar aan die brand steek, op die brandoffer wat op die hout is, bo op die vuur, as ’n vuuroffer van lieflike geur aan dieHere.

6 En as sy offer ’n stuk kleinvee is, as ’n dankoffer aan dieHere, moet hy dit bring sonder gebrek, ram of ooi.

7 As hy ’n skaaplam bring as sy offer, moet hy dit voor die aangesig van dieHerebring

8 en sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag voor die tent van samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.

9 Daarna moet hy van die dankoffer die vet as vuuroffer aan dieHerebring:die hele vetstert — naby die stuitjie moet hy dit wegneem — en die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,

10 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer — by die niere moet hy dit wegneem.

11 En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuurofferspysvir dieHere.

12 En as sy offer ’n bok is, moet hy dit voor die aangesig van dieHerebring

13 en sy hand op die kop daarvan lê en dit slag voor die tent van samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.

14 Dan moet hy daarvan sy offer as vuuroffer aan dieHerebring; die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,

15 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer — by die niere moet hy dit wegneem.

16 En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuurofferspys vir ’n lieflike geur.Al die vet behoort aan dieHere.

17 ’n Ewige insetting is dit vir julle geslagte in al julle woonplekke: géén vet engéén bloed mag julle eet nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

five × 1 =