LEVÍTIKUS 5

1 EN as iemand sondig —dat hy die luid uitgesproke beswering hoor, terwyl hy getuie was, dit gesien het of daarvan weet — as hy naamlik dit nie te kenne gee nie en so sy ongeregtigheidmoet dra;

2 ofas iemand enigiets aanraak wat onrein is — die aas van ’n onrein wilde dier of die aas van onrein vee of die aas van onrein gedierte wat rondkruip — en dit vir hom verborge was, maar hy onrein geword het en skuldig is;

3 of as hy ietsonreins van ’n mens aanraak — volgens al die onreinheid waardeur hy hom kan verontreinig — en dit vir hom verborge was, maar hy dit te wete gekom het en skuldig is;

4 of as iemand sweer terwyl hy onverskillig met die lippe praatom kwaad of goed te doen — volgens alles wat ’n mens met ’n eed onverskillig kan praat — en dit vir hom verborge was, maar hy dit te wete gekom het en skuldig is aan een van hierdie dinge;

5 as hy dan aan een van hierdie dinge skuldig is,moet hy bely waar hy teen gesondig het,

6 en as boete vir die sonde wat hy gedoen het, aan dieHere’n ooi bring van die kleinvee, ’n skaaplam of ’n bok, as sondoffer. En die priester moet vir hom versoening doen weens sy sonde.

7 Maaras hy nie ’n stuk kleinvee kan bekostig nie, moet hy as boete vir wat hy gesondig het, tweetortelduiwe of twee jong duiwe aan dieHerebring, een as sondoffer en een as brandoffer;

8 en hy moet hulle na die priester bring, wat dié een eerste moet offer wat as sondoffer bedoel is, en sy kop vlak voor sy nekafknyp sonder om dit af te trek.

9 Dan moet hy van die bloed van die sondoffer teen die kant van die altaar sprinkel; maarwat oorbly van die bloed, moetaan die onderkant van die altaar uitgedruk word; dit is ’n sondoffer.

10 En die ander een moet hy as brandoffer volgens voorskrif berei.So moet die priester dan vir hom versoening doen weens die sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word.

11 Maar as hy nie twee tortelduiwe of twee jong duiwe kan bekostig nie, moet hy as offer vir wat hy gesondig het,die tiende van ’n efa fynmeel as sondoffer bring. Hy moet geen olie daarop gooi en geen wierook daar byvoeg nie, want dit is ’n sondoffer.

12 En hy moet dit na die priester bring, endie priester moet daar ’n handvol van neem as die gedenkoffer en ditop die altaar oor die vuuroffers van dieHereaan die brand steek; dit is ’n sondoffer.

13 So moet die priester dan vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gedoen het in enigeen van hierdie gevalle, en dit sal hom vergewe word;verder behoort dit aan die priester net soos die spysoffer.

Die skuldoffer.

14 OOK het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

15 As iemand in iets ontrou handel en in swakheid sondig met betrekking tot een van die heilige gawes van dieHere,moet hy as boete aan dieHerebring ’n ram sonder gebrek van die kleinvee, na jou skatting van die waarde in sikkels silwer, volgensdie sikkel van die heiligdom, as ’n skuldoffer.

16 En hy moet vir wat hy ten opsigte van die heilige gawes gesondig het, vergoeding gee en nogdie vyfde deel daarvan byvoeg en dit aan die priester gee; endie priester moet vir hom versoening doen deur die skuldofferram, en dit sal hom vergewe word.

17 En as iemand sondig enonbewus enigiets doen wat dieHereverbied het, enskuldig word en sy ongeregtigheid moet dra,

18 dan moet hy van die kleinvee, na jou skatting, ’n ram sonder gebrek as skuldoffer na die priester bring;en die priester moet vir hom versoening doen vir die misdryf wat hy sonder opset, onbewus begaan het; en dit sal hom vergewe word.

19 Dit is ’n skuldoffer; hy is sekerlik skuldig teenoor dieHere.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

fifteen + eight =