LEVÍTIKUS 4

Die sondoffer.

1 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

2 Spreek met die kinders van Israel en sê:As iemand in swakheid sondig teen een van alle gebooie van dieHereen een van die dinge wat nie gedoen mag word nie, tog doen —

3 as diegesalfde priester sondig, sodat die volk daardeur skuldig word, moet hy vir die sonde wat hy gedoen het, ’n jong bul sonder gebrek aan dieHereas sondoffer bring;

4 en hy moet die bul bringna die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van dieHere, en moet sy hand op die kop van die bul lê en die bul slag voor die aangesig van dieHere.

5 Danmoet die gesalfde priester van die bloed van die bul neem en dit na die tent van samekoms bring,

6 en die priester moet sy vinger in die bloed steek en van die bloed sewe maal sprinkel voor die aangesig van dieHere, voor die voorhangsel van die heiligdom.

7 Ook moet die priestervan die bloed stryk aan die horingsvan die altaar van die reukwerk van speserye, wat in die tent van samekoms is, voor die aangesig van dieHere; en hy moetal die orige bloed van die bul uitgiet aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die tent van samekoms is;

8 en al die vet van die sondofferbul moet hy van hom aflig, die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,

9 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer — by die niere moet hy dit wegneem —

10 soosdit van die dankofferbul afgelig word — en die priester moet dit aan die brand steek op die brandofferaltaar.

11 Maar die vel van die bul en al sy vleis met die kop en die pote en die binnegoed en die mis —

12 die hele bul moet hy buitekant die laer uitbring op ’n rein plek waar die as uitgegooi word, enhy moet hom op hout met vuur verbrand; op die plek waar die as uitgegooi word, moet hy verbrand word.

13 Enas die hele vergadering van Israel hulle misgaansonder dat die vergadering hom daarvan bewus is; en hulle enigiets doen wat dieHereverbied het, en skuldig word;

14 en die sonde wat hulle so gedoen het, bekend word, moet die vergadering ’n jong bul as sondoffer laat aankom en hom voor die tent van samekoms bring,

15 en die oudstes van die vergaderingmoet hulle hande op die kop van die bul lê voor die aangesig van dieHere, en die bul moet voor die aangesig van dieHeregeslag word.

16 Dan moet die gesalfde priester van die bloed van die bul in die tent van samekoms bring,

17 en die priester moet sy vinger in die bloed steek en sewe maal voor die aangesig van dieHere, voor die voorhangsel sprinkel.

18 En hy moet van die bloed stryk aan die horings van die altaar wat in die tent van samekoms voor die aangesig van dieHereis. Dan moet hy al die orige bloed uitgiet aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die tent van samekoms is;

19 en hy moet al die vet van hom aflig en op die altaar aan die brand steek

20 en met die bul doensoos hy met die sondofferbul gedoen het. So moet hy met hom maak;en die priester moet vir hulle versoening doen, en dit sal hulle vergewe word.

21 Daarna moet hy die bul buitekant die laer uitbring en hom verbrand soos hy die eerste bul verbrand het; dit is ’n sondoffer van die vergadering.

22 As ’n owerste sondig enin swakheid enigiets doen wat dieHeresy God verbied het, en hy skuldig word;

23 ofas sy sonde wat hy so gedoen het, aan hom bekend word, moet hy as sy offer bring ’n bok sonder gebrek, ’n ram;

24 enhy moet sy hand op die kop van die bok lê en hom slag op die plek waar hulle die brandoffer voor die aangesig van dieHereslag; dit is ’n sondoffer.

25 Dan moet die priester van die bloed van die sondoffer met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk; maar die orige bloed moet hy aan die onderkant van die brandofferaltaar uitgiet.

26 Hy moet ook al die vet op die altaar aan die brand steek soosdie vet van die dankoffer.So moet die priester dan vir hom versoening doen weens sy sonde, en dit sal hom vergewe word.

27 Enas iemand van die volk van die land in swakheid sondig, omdat hy enigiets doen wat dieHereverbied het, en hy skuldig word;

28 of as sy sonde wat hy gedoen het, aan hom bekend word, dan moet hy as sy offer bring ’n bok sonder gebrek, ’n ooi, vir die sonde wat hy gedoen het;

29 en hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en die sondoffer slag op die plek van die brandoffer.

30 Dan moet die priester van haar bloed met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk; maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgiet;

31 enal die vet moet hy wegneem soosdie vet van die dankoffer af weggeneem is, en die priester moet dit op die altaar aan die brand steekas lieflike geur vir dieHere. So moet die priester dan vir hom versoening doen, en dit sal hom vergewe word.

32 Maar ingeval hy ’n skaaplam as sy sondoffer bring,moet dit ’n ooi wees sonder gebrek wat hy bring;

33 en hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en dit as sondoffer slag op die plek waar hulle die brandoffer slag.

34 Dan moet die priester van die bloed van die sondoffer met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk, maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgiet;

35 en al die vet moet hy wegneemsoos die vet van die dankofferlam weggeneem word, en die priester moet dit op die altaar oor die vuuroffers van dieHereaan die brand steek.So moet die priester dan vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

three + nineteen =