LEVÍTIKUS 2

Die spysoffer en die eerstelinge.

1 EN as iemand aan dieHere’n spysoffer bring, moet sy offer fynmeel wees; en hy moet olie daarop giet en wierook daarby voeg;

2 en hy moet dit na die seuns van Aäron, die priesters, bring; en die priester moet daarvan ’n handvol neem, van die fynmeel met die olie, met al die wierook wat daarby behoort; en hy moet dit asdie gedenkoffer op die altaar aan die brand steek, ’n vuuroffer van lieflike geur aan dieHere.

3 Enwat oorbly van die spysoffer, is vir Aäron en sy seuns, ’nhoogheilige deel van die vuuroffers van dieHere.

4 En as jy ’n spysoffer bring wat in die oond gebak is, moet dit fynmeel wees,ongesuurde koeke met olie gemeng, en ongesuurde platkoeke met olie bestryk.

5 En as ’n spysoffer van die bakplaat jou offer is, moet dit fynmeel wees met olie gemeng en ongesuurd.

6 Breek dit in stukkies en giet olie daarop: dit is ’n spysoffer.

7 En as ’n spysoffer uit die pan jou offer is, moet dit van fynmeel met olie berei word.

8 Dan moet jy die spysoffer wat daarvan berei word, aan dieHerebring: hulle moet dit na die priester aanbring, en hy moet dit na die altaar dra.

9 En die priester moet van die spysofferdie gedenkoffer daarvan aflig en op die altaar aan die brand steek, ’n vuuroffer van lieflike geur aan dieHere.

10 Enwat oorbly van die spysoffer, is vir Aäron en sy seuns, ’n hoogheilige deel van die vuuroffers van dieHere.

11 Geen spysoffer wat julle aan dieHerebring, mag van iets wat ingesuur is,berei word nie; want van géén suurdeeg of heuning mag julle vir dieHere’n vuuroffer aan die brand steek nie.

12 As ’n offer van eerstelinge mag julle dit aan dieHerebring, maar op die altaar mag dit nie as lieflike geur kom nie.

13 En jymoet al jou spysoffers met sout berei, en jy magdie sout van die verbond van jou God by jou spysoffer nie laat ontbreek nie;by al jou offers moet jy sout bring.

14 En as jy aan dieHere’n spysoffer van eerstelinge bring, moet jy as spysoffer van jou eerstelinge bring: arewat oor die vuur gebraai is, gebreekte korrels van vars graan.

15 Enjy moet olie daarby voeg en wierook daarop strooi; ’n spysoffer is dit.

16 Dan moet die priesterdie gedenkoffer daarvan, ’n deel van die gebreekte koring en van die olie met al die wierook, aan die brand steek as ’n vuuroffer aan dieHere.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

five − 4 =