LEVÍTIKUS 7

Voorskrifte omtrent die skuld- en dankoffers.

1 ENdit is die wet van die skuldoffer: dit is hoogheilig.

2 Op die plek waar hulle die brandoffer slag, moet hulle die skuldoffer slag, en hy moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.

3 En hy moetal die vet daarvan offer: die vetstert en die vet wat oor die binnegoed lê,

4 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer — by die niere moet hy dit wegneem.

5 En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuuroffer aan dieHere; dit is ’n skuldoffer.

6 Almal wat manlik is onder die priesters, mag dit eet. Op ’n heilige plek moet dit geëet word; dit is hoogheilig.

7 Soos die sondoffer, sodie skuldoffer; een wet geld vir hulle — die priester wat daardeur versoening doen, aan hom kom dit toe.

8 En die priester wat die brandoffer van iemand bring — die vel van die brandoffer wat hy gebring het, aan die priester, aan hom kom dit toe.

9 Enelke spysoffer wat in die oond gebak word, en alles wat in die pan of op die bakplaat berei is, aan die priester wat dit offer, aan hom kom dit toe.

10 En elke spysoffer, met olie gemeng of droog, aan al die seuns van Aäron kom dit toe, aan die een so goed as aan die ander.

11 Endit is die wet van die dankoffer wat hulle aan dieHerebring:

12 Ingeval hy dit as lofoffer bring, moet hy by die lofoffer bring:ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk en fynmeel wat as koeke deurmekaargeroer is, met olie gemeng;

13 saam met koeke vangesuurde brood moet hy sy offergawe by sy lofdankoffer bring.

14 En hy moet daarvan, eenkoekvan elke gawe, as offergawe aan dieHerebring;aan die priester wat die bloed van die dankoffer uitgooi, aan hom kom dit toe.

15 Maar die vleis van sylofdankoffer moet geëet word op die dag as hy dit bring; daarvan mag hy niks tot die môre laat lê nie.

16 Enas die offer wat hy bring, ’n gelofte of vrywillige offer is, moet dit geëet word op die dag as hy sy offer bring; en op die volgende dag, dan kan geëet word wat daarvan oorbly.

17 Maar wat van die offervleis oorgebly het, moet op die derde dag met vuur verbrand word.

18 En as daar van die vleis van sy dankoffer op die derde dag iets geëet word, sal dit vir hom wat dit bring, nie met welgevalle aangeneem word nie; dit sal hom nie toegereken word nie;’n onrein iets sal dit wees, en diegene wat daarvan eet, moet sy ongeregtigheid dra.

19 En die vleis wat aan iets onreins raak, mag nie geëet word nie; met vuur moet dit verbrand word. Maar wat verder die vleis betref — elkeen wat rein is, mag vleis eet.

20 Maar die een wat vleis eet van die dankoffer wat dieHeretoekom,terwyl sy onreinheid aan hom is, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

21 En as iemand aan iets onreins raak, aandie onreinheid van ’n mens of aan’n onrein dier of aan enigeonrein verfoeisel, en dan eet van die vleis van die dankoffer wat dieHeretoekom, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

Die verbod om vet of bloed te eet.

22 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

23 Spreek met die kinders van Israel en sê:Géén vet van ’n bees of skaap of bok mag julle eet nie.

24 Maar die vet van aas en die vet van wat verskeur is, kan vir allerhande werk gebruik word, maar jy mag niks daarvan eet nie.

25 Want elkeen wat vet eet van die vee waarvan hulle aan dieHere’n vuuroffer bring, diegene wat dit eet, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

26 Ook mag julle géén bloed van voëls of van vee in enigeen van julle woonplekke eet nie.

27 Elkeen wat maar enigsins bloed eet, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

28 Verder het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

29 Spreek met die kinders van Israel en sê:Hy wat aan dieHeresy dankoffer bring, moetselfaan dieHeredie gawe uit sy dankoffer bring;

30 sy hande moet die vuuroffers van dieHerebring: die vet met die bors moet hy bring;die bors, om dit as beweegoffer voor die aangesig van dieHerete beweeg.

31 En die priester moet die vet op die altaar aan die brand steek,maar die bors kom Aäron en sy seuns toe.

32 Julle moet ookdie regterboud aan die priester as hefoffer gee uit julle dankoffers.

33 Hy wat uit die seuns van Aäron die bloed van die dankoffers en die vet offer, aan hom kom die regterboud as deel toe.

34 Wantdie beweegbors en die hefboud het Ek van die kinders van Israel uit hulle dankoffers geneem en dit aan Aäron, die priester, en aan sy seuns gegee as ’n deel wat hulle vir ewig toekom van die kant van die kinders van Israel.

35 Dit is die aandeel van Aäron en die aandeel van sy seuns uit die vuuroffers van dieHere, op die dag toe Hy hulle laat nader kom het om die priesteramp vir dieHerete bedien —

36 wat dieHerebeveel het om hulle te gee van die kant van die kinders van Israel,op die dag toe Hy hulle gesalf het. Dit is ’n ewige insetting vir hulle geslagte.

37 Dit is die wet virdie brandoffer,die spysoffer endie sondoffer endie skuldoffer endie wydingsoffer endie dankoffer

38 wat dieHereMoses by die berg Sinai beveel het, op die dag toe hy die kinders van Israel in die woestyn Sinai beveel het om hulle offers aan dieHerete bring.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

1 × one =