JOSUA 23

Waarskuwing van Josua aan die hele versameling van die volk.

1 ’nGERUIME tyd daarna, nadat dieHereaan Israel rus gegee het van al sy vyande rondom, en Josuaoudenver op sy dae was,

2 het Josuadie hele Israel laat roep, sy oudstes en sy hoofde en sy regters en syopsigters, en vir hulle gesê: Ek is oud, ek is ver op my dae;

3 en julle het self gesien alles wat dieHerejulle God aan al hierdie nasies voor julle uit gedoen het; want dieHerejulle God, Hy het vir julle gestry.

4 Kyk,ek het hierdie nasies wat nog oorgebly het, as erfdeel aan julle laat val, aan julle stamme, van die Jordaan af — met al die nasies wat ek uitgeroei het — tot bydie Groot See in die weste.

5 En dieHerejulle God self sal hulle voor julle verjaag en hulle voor julle uit verdrywe, sodat julle hulle land in besit kan neemsoos dieHerejulle God julle beloof het.

6 Maar julle moet daar baie vas by staan om sorgvuldig te doen alles wat geskrywe staan in die wetboek van Moses,dat julle daar nie regs of links van afwyk nie;

7 dat jullemet hierdie nasies wat met julle saam oorgebly het, nie meng nie;julle mag ook die naam van hulle gode nie vermeld endaarbynie laat sweer nie, en julle mag hulle nie dien en julle voor hulle nie neerbuig nie;

8 maar dieHerejulle God moet julle aanhang soos julle tot vandag toe gedoen het.

9 DieHeretog het groot en magtige nasies voor julle uit verdrywe; en wat julle betref —niemand het tot vandag toe voor julle standgehou nie.

10 Een man uit julle het duisend agtervolg; want dieHerejulle God, Hy het vir julle gestry soos Hy julle beloof het.

11 Neem julle dan terdeë in ag ter wille van julle siele, om dieHerejulle God lief te hê;

12 want as julle ooit mag afwyk en hierdie nasies aanhang wat nog met julle saam oorgebly het, enjulle met hulle verswaer en julle met hulle en hulle met julle meng,

13 weet dan verseker datdieHerejulle God nie langer hierdie nasies voor julle uit sal verdrywe nie;maar hulle sal vir julle ’n vangnet en ’n strik wees en ’n angel in julle sye en dorings in julle oë, totdat julle omkom uit hierdie goeie land wat dieHerejulle God aan julle gegee het.

14 En kyk,ek gaan vandag die weg van die ganse aarde, maar julle moet erken met jul hele hart en met jul hele siel datnie een woord van al die goeie woorde wat dieHerejulle God oor julle gespreek het, onvervuld gebly het nie; alles het vir julle uitgekom, nie een woord daarvan het onvervuld gebly nie.

15 Maar soos al die goeie woorde oor julle gekom het wat dieHerejulle God oor julle gespreek het, so sal dieHereoor julle al die onheilswoorde laat kom, totdat Hy julle verdelg het uit hierdie goeie land wat dieHerejulle God aan julle gegee het.

16 As julledie verbond van dieHerejulle God wat Hy julle beveel het, oortree en ander gode gaan dien en julle voor hulle neerbuig, dan sal die toorn van dieHereteen julle ontvlam, en julle sal gou omkom uit die goeie land wat Hy aan julle gegee het.

JOSUA 24

Laaste woorde van Josua. Die volk beloof om die Here te dien.

1 DAARNA het Josua al die stamme van Israel byeen laat kom inSigem,en hy het die oudstes van Israel en sy hoofde en sy regters en syopsigters laat roep,en hulle het hul voor die aangesig van God gestel.

2 Toe sê Josua aan die hele volk: So sê dieHere, die God van Israel:Oorkant die Eufraat het julle vaders van oudsher gewoon — Tera, die vader van Abraham en die vader van Nahor, en hulle het ander gode gedien.

3 Maar Ek het julle vader Abraham van oorkant die Eufraat af geneem en hom deur die hele land Kanaän laat trek en sy nageslag vermeerder enIsak aan hom gegee;

4 en aan Isak het EkJakob en Esau gegee, en aanEsau het Ek die gebergte Seïr gegee, om dit in besit te neem;maar Jakob en sy kinders het na Egipte afgetrek.

5 Toe het Ek Moses en Aäron gestuuren Egipte getref soos Ek dit daar gedoen het, en daarna het Ek julle uitgelei.

6 Toe Ekjulle vaders uit Egipte uitgelei het,het julle by die see gekom;maar die Egiptenaars het julle vaders agternagejaag met strydwaens en perderuiters na die Skelfsee toe;

7 maar hulle het dieHereaangeroep, enHy het ’n duisternis gestel tussen julle en die Egiptenaarsen die see oor hulle laat kom, sodat dit hulle oordek het, enjulle eie oë het gesien wat Ek aan Egipte gedoen het. Daarna het julle baie dae in die woestyn gebly.

8 Daarop het Ek julle gebring in die land van die Amoriete wat oos van die Jordaan gewoon het,en hulle het teen julle geveg; maar Ek het hulle in julle hand gegee, sodat julle hul land in besit geneem het, en Ek het hulle voor julle uit verdelg.

9 Toe hetBalak, die seun van Sippor, die koning van Moab, hom klaargemaak en teen Israel geveg; enhy het gestuur om Bíleam, die seun van Beor, te roep om julle te vervloek;

10 maar Ek wou nie na Bíleam luister nie,sodat hy julle net geseën het; en Ek het julle uit sy hand gered.

11 Toe julle die Jordaan deurgetrek en by Jérigo gekom het, het die burgersvan Jérigo, die Amoriete en Feresiete en Kanaäniete en Hetiete en Girgasiete, die Hewiete en Jebusiete teen julle geveg; maar Ek het hulle in julle hand gegee

12 enperdebye voor julle uit gestuur, wat hulle voor julle uit verdryf het, — die twee konings van die Amoriete —nie deur jou swaard en nie deur jou boog nie.

13 So het Ek julle dan ’n land gegee waar julle nie aan gearbei enstede wat julle nie gebou het nie, dat julle daarin kan woon; wingerde en olyfbome wat julle nie geplant het nie, daar eet julle van.

14 Vrees dan nou dieHereen dien Hom in opregtheid en waarheid, enverwyder die gode wat julle vaders gedien het oorkant die Eufraat enin Egipte, en dien dieHere.

15 Maar as dit verkeerd is in julle oë om dieHerete dien,kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het,òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon;maar ek en my huis, ons sal dieHeredien.

16 Toe antwoord die volk en sê: Dit is ver van ons, dat ons dieHeresou verlaat om ander gode te dien;

17 want dieHereonse God, dit is Hy wat ons en ons vaders uit Egipteland uit die slawehuis laat optrek het, en wat voor ons oë hierdie groot tekens gedoen het en ons bewaar het op die hele pad wat ons gegaan en onder al die volke waar ons dwarsdeur getrek het;

18 en dieHerehet al die volke en die Amoriet, die inwoner van die land, voor ons uit verdrywe. Ook ons sal dieHeredien, want Hy is onse God.

19 Maar Josua het vir die volk gesê:Julle kan dieHerenie dien nie, want Hy is ’nheilige God,Hy is ’n jaloerse God; Hy sal julle oortreding en julle sondes nie vergewe nie.

20 As julle dieHereverlaat en vreemde gode dien, sal Hy julle weer kwaad aandoen en julle vernietig, nadat Hy aan julle goed gedoen het.

21 Toe sê die volk vir Josua: Nee, maar ons sal dieHeredien.

22 Daarop sê Josua aan die volk: Julle is getuies teen julleselfdat julle vir julleself dieHeregekies het om Hom te dien. En hulle sê: Ons is getuies.

23 Verwyder dan nou die vreemde gode wat onder julle is, en neig julle hart tot dieHere, die God van Israel.

24 Daarop sê die volk aan Josua: Ons sal dieHereonse God dien en na sy stem luister.

25 En op dié dag het Josuamet die volk ’n verbond gesluit en vir hulle’n insetting en ’n reg vasgestel in Sigem.

26 En Josua het hierdie woordein die wetboek van God geskrywe en’n groot klip geneem en dié daar opgerigonder die eikeboom wat by die heilige plek van dieHereis.

27 Toe sê Josua aan die hele volk: Kyk, hierdie klip sal’n getuie teen ons wees, wanthy het al die woorde van dieHeregehoor wat Hy met ons gespreek het; en hy sal ’n getuie teen julle wees, sodat julle jul God nie verloën nie.

28 Toe het Josua die volk laat gaan, elkeen na sy erfdeel toe.

29 En ná hierdie dinge het Josua, die seun van Nun, die kneg van dieHere, gesterwe, honderd-en-tien jaar oud.

30 En hulle het hom begrawe op die grondgebied van sy erfdeel inTimnat-Serag wat op die gebergte van Efraim lê, noord van die berg Gaäs.

31 En Israel het dieHeregedien al die dae van Josua en al die dae van die oudstes wat lank ná Josua nog in die lewe wasen met al die werke van dieHerebekend was wat Hy vir Israel gedoen het.

32 Ook diegebeente van Josef wat die kinders van Israel uit Egipte saamgebring het, het hulle begrawe in Sigem, op die stuk grondwat Jakob van die kinders van Hemor, die vader van Sigem, vir honderd geldstukke gekoop het, en wat die kinders van Josef as erfdeel ontvang het.

33 En toe Eleásar, die seun van Aäron, gesterf het, het hulle hom begrawe op die heuwel van sy seunPínehas wat aan hom gegee was op diegebergte van Efraim.

DEUTERONÓMIUM 1

Kort verhaal van wat met Israel in die woestyn gebeur het.

1 DIT is die woorde waarmee Moses die hele Israel toegespreek het oos van die Jordaan in die woestyn, in die Vlakte teenoor Suf, tussen Paran en Tofel en Laban enHáserot en Di-Sahab.

2 Elf dae is die pad van Horeb af na die gebergte Seïr tot byKades-Barnéa.

3 Enin die veertigste jaar, in die elfde maand, op die eerste van die maand, het Moses met die kinders van Israel gespreek net soos dieHereten opsigte van hulle aan hom bevel gegee het;

4 nadat hySihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het, enOg, die koning van Basan, wat in Ástarot gewoon het, in Edréï verslaan het.

5 Oos van die Jordaan in die land Moab het Moses onderneem om hierdie wet te verklaar deur te sê:

6 DieHereonse God het met ons by Horeb gespreek en gesê:Julle het lank genoeg by hierdie berg gebly.

7 Trek weg en breek op en gaan na die gebergte van die Amoriete en na al sy naburige plekke: die Vlakte, die Gebergte en die Laeveld en die Suidland en by die seekus — die land van die Kanaäniete en die Líbanon, tot by die groot rivier, die Eufraatrivier.

8 Kyk, Ek gee die land aan julle oor; gaan in en neem die land in besit wat dieHereaan julle vadersAbraham, Isak en Jakob met ’n eed beloof het om dit aan hulle te gee en aan hulle nageslag ná hulle.

9 Enek het met julle in dié tyd gespreek en gesê: Ek kan julle alleen nie dra nie.

10 DieHerejulle God het julle vermenigvuldig; en kyk,julle is vandag soos die sterre van die hemel in menigte.

11 Mag dieHere, die God van julle vaders, by julle byvoeg duisend maal soveel as wat julle is, en julle seën soos Hy julle beloof het!

12 Hoe sou ek die moeilikheid en die las en die regsake van julle alleen kan dra?

13 Bring tog wyse en verstandige en ervare manne aan volgens julle stamme, dat ek hulle as julle hoofde kan aanstel.

14 Hierop het julle my geantwoord en gesê: Die woord wat u gespreek het, is goed om uit te voer.

15 Toe het ek die hoofde van julle stamme, wyse en ervare manne, geneemen hulle as hoofde oor julle aangestel, owerstes oor duisend en owerstes oor honderd en owerstes oor vyftig en owerstes oor tien enopsigters volgens julle stamme.

16 En ek het in dié tyd aan julle regters bevel gegee en gesê: Neem julle broers in verhoor en oordeel regverdig tussen ’n man en sy broer en die vreemdeling wat by hom is.

17 Julle mag in die gereg nie partydig wees nie; julle moet klein sowel as groot aanhoor; julle mag niemand ontsien nie, wantdie gereg is die saak van God. Maar die saak wat vir julle te moeilik is,moet julle na my toe bring, en ek sal dit in verhoor neem.

18 So het ek julle dan in dié tyd al die dinge beveel wat julle moet doen.

19 Toe het ons van Horeb af opgebreek, enons het daardie hele groot en vreeslike woestyn deurgetrek wat julle op pad na die gebergte van die Amoriete gesien het, soos dieHereonse God ons beveel het; enons het tot by Kades-Barnéa gekom.

20 Toe het ek vir julle gesê: Julle het tot by die gebergte van die Amoriete gekom wat dieHereonse God aan ons sal gee.

21 Kyk, dieHerejou God het die land aan jou oorgegee; trek op, neem dit in besit soos dieHere, die God van jou vaders, jou gesê het;wees nie bevrees en wees nie verskrik nie.

22 Toe het julle almal na my toe aangekom en gesê: Laat ons manne voor ons uit stuur, dat hulle vir ons die land kan verken en ons berig kan bring aangaande die pad waarlangs ons moet optrek, en die stede waarby ons sal kom.

23 En die saak was goed in my oë, sodatek twaalf man uit julle, uit elke stam een man, geneem het.

24 Enhulle het weggedraai en na die gebergte opgetrek en tot by die dal Eskol gekom en dit verken.

25 Hulle het toe van die vrugte van die land met hulle saamgeneem en dit na ons afgebring en aan ons verslag gegee en gesê: Die land wat dieHereonse God aan ons sal gee, is goed.

26 Maar julle wou nie optrek nie, maarwas wederstrewig teen die bevel van dieHerejulle God.

27 Enjulle het in jul tente gemurmureer en gesê: Omdat dieHereons haat, het Hy ons uit Egipteland uitgelei om ons in die hand van die Amoriete oor te gee, dat hulle ons verdelg.

28 Waarheen moet ons optrek? Ons broers het ons hart laat versmelt deur te sê:Dit is ’n volk groter en hoër van gestalte as ons; die stede is groot en tot aan die hemel versterk; en ons het daar ook die kinders van dieEnakiete gesien.

29 Toe het ek aan julle gesê: Word nie verskrik en wees nie bevrees vir hulle nie.

30 DieHerejulle God wat voor jul uit trek,Hy sal vir julle stry net soos Hy voor julle oë met julle in Egipte gedoen het

31 en in die woestyn, waar jy gesien het hoe dieHerejou God jougedra het soos ’n man sy seun dra, op die hele pad wat julle getrek het, totdat julle tot by hierdie plek gekom het.

32 Maar ondanks hierdie woord hetjulle nie geglo in dieHerejulle God nie,

33 wat voor julle uit getrek het op die padom vir julle ’n plek uit te soek om julle laer op te slaan, snags in die vuur om julle te laat sien op die pad waar julle langs moes trek, en bedags in die wolk.

34 En toe dieHeredie stem van julle woorde hoor, het Hy toornig geword en gesweer en gesê:

35 Waarlik, geeneen van hierdie manne, hierdie verkeerde geslag, sal die goeie land sien wat Ek met ’n eed beloof het om aan julle vaders te gee nie —

36 behalwe Kaleb, die seun van Jefúnne; hy sal dit sien, en aan hom en sy kinders sal Ek die land gee waarop hy geloop het, omdat hy volhard het om dieHerete volg.

37 Ook was dieHeretoornig op my om julle ontwil, sodat Hy gesê het: Jy sal daar ook nie inkom nie.

38 Josua, die seun van Nun,wat voor jou staan — hý sal daar inkom;versterk hom, want hý sal Israel dit laat beërwe.

39 Enjulle kindertjies van wie julle gesê het: Hulle sal ’n buit word! en julle kinders wat vandag vangeen goed of kwaad weet nie — húlle sal daar inkom en aan hulle sal Ek dit gee, en húlle sal dit in besit neem.

40 Maar julle,draai om en trek weg na die woestyn op pad na die Skelfsee.

41 Toe het julle geantwoord en vir my gesê:Ons het teen dieHeregesondig; ons self sal optrek en veg net soos dieHereonse God ons beveel het. En toe julle elkeen sy oorlogswapens aangord en daar nog maklik oor dink om in die gebergte op te trek,

42 het dieHerevir my gesê: Sê vir hulle:Julle mag nie optrek en veg nie — want Ek is nie in julle midde nie — dat julle nie voor julle vyande verslaan word nie.

43 Maar toe ek met julle gespreek het, het julle nie geluister nie, maar julle was wederstrewig teen die bevel van dieHereen het vermetel in die gebergte opgetrek.

44 Toe hetdie Amoriete wat in dié gebergte gewoon het, uitgetrek julle tegemoet en julle agtervolgsoos die bye maak; en hulle het julle verstrooi in Seïr tot by Horma.

45 En julle het teruggekom en voor die aangesig van dieHeregeween, maar dieHerehet na julle stem nie geluister en julle geen gehoor gegee nie.

46 So hetjulle dan baie dae in Kades gebly, solank as julle daar gebly het.

DEUTERONÓMIUM 2

1 DAARNA het ons gedraai en weggetrek na die woestyn, op pad na die Skelfsee,soos dieHereaan my gesê het, en ons het om die gebergte Seïr getrek, baie dae lank.

2 Toe het dieHeremet my gespreek en gesê:

3 Julle hetlank genoeg om hierdie gebergte getrek. Draai noordwaarts weg

4 en gee aan die volk bevel en sê:Julle gaan trek deur die grondgebied van julle broers die kinders van Esauwat in Seïr woon, en hulle sal vir julle vrees; pas dan goed op;

5 begeef julle nie in die oorlog teen hulle nie,want Ek sal julle van hulle land selfs nie ’n voetbreed gee nie; want Ek het aan Esau die gebergte Seïr as ’n besitting gegee.

6 Voedsel moet julle van hulle vir geld koop, dat julle kan eet; en julle moet ook water van hulle vir geld koop, dat julle kan drink.

7 Want dieHerejou God het jou geseën in al die werk van jou hand; Hy ken jou trek deur hierdie groot woestyn; nou veertig jaar lank was dieHerejou God met jou; geen ding het jou ontbreek nie.

8 Daarop het ons verder getrek, weg van ons broers, die kinders van Esau wat in Seïr woon, weg van die pad deur die Vlakte, weg vanElat enÉseon-Geber; ons het toe weggedraai en verder getrek op pad na die woestyn van Moab.

9 Toe het dieHerevir my gesê: Behandel Moab nie as vyand en begeef jou nie in die oorlog teen hulle nie; want Ek sal jou niks van sy land as besitting gee nie, omdatEk Ar aandie kinders van Lot as ’n besitting gegee het.

10 Die Emiete het tevore daarin gewoon, ’n volk groot en talryk en hoog van gestalte soosdie Enakiete.

11 Hulle word ook vir Refaïete gehou, soos die Enakiete; maar die Moabiete het hulle Emiete genoem.

12 Ook hetdie Horiete tevore in Seïr gewoon; maar die kinders van Esau het hulle uit hul besitting verdrywe en voor hulle uit verdelg en in hulle plek gaan woon, net soosIsrael gedoen het met die land van sy besitting wat dieHereaan hulle gegee het.

13 Maak nou klaar en trek oor die spruit Sered. Toe het ons oor die spruit Sered getrek.

14 En die dae van ons trek vanKades-Barnéa af totdat ons oor die spruit Sered gegaan het, was agt-en-dertig jaar —totdat die hele geslag, die krygsmanne, uit die laer omgekom het soos dieHerehulle dit gesweer het.

15 So was die hand van dieHeredan ook teen hulle om hulle uit die laer te vernietig totdat hulle omgekom het.

16 En toe al die krygsmanne heeltemal onder die volk uit weggesterf het,

17 het dieHeremet my gespreek en gesê:

18 Jy trek vandag die grens van Moab by Ar oor,

19 en jy sal kom in die nabyheid van die kinders van Ammon; behandel hulle nie as vyande en begeef jou nie in die oorlog teen hulle nie; want Ek sal jou niks van die kinders van Ammon se land as besitting gee nie, omdat Ek dit aan die kinders van Lot as besitting gegee het.

20 Dit word ook as ’n land vanRefaïete beskou; Refaïete het tevore daarin gewoon, en die Ammoniete het hulle Samsummiete genoem —

21 ’n volk groot en talryk en hoog van gestalte soos die Enakiete — maar dieHerehet dié voor hulle uit verdelg, sodat hulle dié uit hulle besitting verdryf en in hulle plek gaan woon het;

22 soos Hy in die geval van die kinders van Esau gedoen het wat in Seïr woon, voor wie Hydie Horiete verdelg het, sodat hulle dié uit hulle besitting verdryf en in hulle plek gaan woon het tot vandag toe.

23 Ook hetdie Kaftoriete wat uit Kaftor afkomstig was,die Awiete wat in dorpe tot by Gasa gewoon het, verdelg en in hulle plek gaan woon.

24 Maak julle klaar, breek op entrek deur die Arnonrivier. Kyk, Ek gee Sihon, die koning van Hesbon, die Amoriet, en sy land in jou hand; begin om in besit te neem, en begeef jou in die oorlog teen hom.

25 Vandag sal Ek begin omdie skrik en die vrees vir jou op die volke onder die hele hemel te lê, sodat hulle, as hulle die tyding aangaande jou hoor, voor jou sal sidder en bewe van angs.

26 Toe het ek boodskappers gestuur uit die woestyn Kedémot na Sihon, die koning van Hesbon,met woorde van vrede om te sê:

27 Laat my deur jou land gaan; ek sal net padlangs trek; ek sal nie regs of links uitdraai nie.

28 Voedsel moet jy my verkoop vir geld, dat ek kan eet; en water moet jy my gee vir geld, dat ek kan drink; laat my net te voet deurtrek —

29 soos die kinders van Esau wat in Seïr woon, en die Moabiete wat in Ar woon, met my gedoen het — totdat ek deur die Jordaan trek in die land wat dieHereonse God aan ons sal gee.

30 MaarSihon, die koning van Hesbon, wou ons nie by hom laat deurtrek nie; want dieHerejou God hetsy gees verhard en sy hart verstok, dat Hy hom in jou hand kon gee soos dit vandag is.

31 En dieHerehet vir my gesê: Kyk, Ek begin om Sihon en sy land aan jou oor te gee; begin om in besit te neem, om sy land in besit te neem.

32 Toe het Sihon uitgetrek ons tegemoet, hy en sy hele volk, om te vegby Jahas.

33 EndieHereonse God het hom aan ons oorgegee, sodatons hom en sy seuns en sy hele volk verslaan het.

34 En ons het in dié tyd al sy stede ingeneem en elke stad met die banvloek getref, manne en vroue en kinders; ons het niemand laat vryraak nie.

35 Net die vee het ons vir ons geroof en die buit van die stede wat ons ingeneem het.

36 Van Ároër af wat aan die kant van die Arnonrivier lê, en die stad in die dal, tot by Gílead was daar vir ons geen vesting onneembaar nie —dieHereonse God het alles aan ons oorgegee.

37 Net naby die land van die kinders van Ammon het jy nie gekom nie: die hele kant vandie Jabbokrivier en die stede van die gebergte en alles wat dieHereonse God verbied het.

DEUTERONÓMIUM 3

1 DAARNA het ons weggedraai en op pad na Basan opgetrek; enOg, die koning van Basan, het uitgetrek ons tegemoet, hy en sy hele volk, om te vegby Edréï.

2 Toe het dieHerevir my gesê: Wees nie bevrees vir hom nie, want Ek gee hom en sy hele volk en sy land in jou hand; en jy moet met hom doen soos jy gedoen het metSihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het.

3 En dieHereonse God het ook Og, die koning van Basan, en sy hele volk in ons hand gegee,sodat ons hom verslaan het, totdat daar van hom niemand oor was wat vrygeraak het nie.

4 En ons het in dié tyd al sy stede ingeneem; daar was geen vesting wat ons van hulle nie afgeneem het nie: sestig stede,die hele landstreek Argob, die koninkryk van Og in Basan.

5 Al hierdie stede was versterk met hoë mure, poorte en grendels, behalwe ’n groot menigte onbemuurde stede.

6 En ons het hulle met die banvloek getref soos ons met Sihon, die koningvan Hesbon, gedoen het deur elke stad, manne, vroue en kinders met die banvloek te tref.

7 Maar al die vee en die buit van die stede het ons vir ons geroof.

8 So het ons dan in dié tyd die land uit die hand van die twee konings van die Amoriete duskant die Jordaan geneem, van die Arnonrivier af tot by die berg Hermon —

9 die Sidoniërs noemHermonSirjon; maar die Amoriete noem ditSenir —

10 al die stede vandie gelykveld en die hele Gílead en die hele Basan tot bySalga en Edréï, stede van die koninkryk van Og in Basan.

11 Want Og, die koning van Basan, het net alleen oorgebly van dieRefaïete. Is sy ledekant, ’n ysterledekant, nie daar inRabba van die kinders van Ammon nie? Nege el is sy lengte en vier el sy breedte, gewone elle.

12 En hierdie land het ons in dié tyd in besit geneem:van Ároër af, wat by die Arnonrivier lê, en die helfte van die gebergte van Gílead metdie stede daarvan het ek aan die Rubeniete en die Gadiete gegee.

13 Endie orige deel van Gílead saam met die hele Basan, die koninkryk van Og, het ek aan die halwe stam van Manasse gegee — die hele landstreek Argob. Daardie hele Basan word land van die Refaïete genoem.

14 Jaïr, die seun van Manasse, het die hele landstreek Argob tot by die grens van die Gesuriete en die Maägatiete gekry en dit, naamlik Basan, na sy naam Jaïrsdorpe genoem tot vandag toe.

15 En aan Magir het ek Gílead gegee.

16 Maar aan die Rubenieteen die Gadiete het ek van Gílead af tot by die Arnonrivier gegee, die middel van die rivier, saam met sy oewerland, en tot by die Jabbokrivier,die grens van die kinders van Ammon.

17 Daarby die Vlakte en die Jordaan, saam met sy grondgebied, vanKinnéret aftot by die See van die Vlakte,die Soutsee, onder aan die hange van Pisga teen die ooste.

18 Verder het ek in dié tyd aan julle bevel gegee en gesê: DieHerejulle God het aan julle hierdie land gegee om dit in besit te neem;gewapend moet julle voor jul broers, die kinders van Israel, oortrek — al die dapper manne.

19 Net julle vroue en julle kinders en julle vee —ek weet dat julle baie vee het — kan in julle stede bly wat ek aan julle gegee het;

20 totdatdieHereaan julle broers soos aan julle rus gee, en hulle ook die land in besit neem wat dieHerejulle God aan hulle oorkant die Jordaan sal gee; dan kan julle teruggaan elkeen na sy besitting wat ek aan julle gegee het.

21 Ook het ekJosua in dié tyd beveel en gesê: Jou oë het alles gesien wat dieHerejulle God aan hierdie twee konings gedoen het. So sal dieHereaan al die koninkryke doen waarheen jy oortrek.

22 Julle moet vir hulle nie bang wees nie,want dit is dieHerejulle God wat vir julle stry.

23 Ook het ek dieHerein dié tyd gesmeek en gesê:

24 Here,Here! Ú het begin om u kneg u grootheid en u sterke hand te laat sien; wantwatter God is daar in die hemel en op die aarde wat sulke werke en sulke magtige dade kan doen soos U?

25 Laat my tog oortrek endie mooi land sien wat oorkant die Jordaan lê, daardie goeie bergland endie Líbanon!

26 Maar dieHerehet toornig op my geword om julle ontwil en my nie verhoor nie; maar dieHerehet vir my gesê: Dit is nou genoeg! Moenie nog verder met My oor hierdie saak spreek nie.

27 Klim op die top van Pisga en slaan jou oë op na die weste en na die noorde en na die suide en na die ooste, en bekyk dit met jou oë; want jy mag oor hierdie Jordaan nie gaan nie.

28 Gee dan bevel aan Josua, enversterk hom en bemoedig hom, want hý sal voor hierdie volk uit deurtrek, en hý sal hulle die land wat jy sal sien, laat erwe.

29 En ons het indie dal teenoor Bet-Peor gebly.

DEUTERONÓMIUM 4

Vermaning om die gebooie van God te onderhou.

1 LUISTER dan nou, Israel, na die insettinge endie verordeninge wat ek julle leer om te doen, sodat julle mag lewe en inkom en die land wat dieHere, die God van julle vaders, aan julle sal gee, in besit mag neem.

2 Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van dieHerejulle God mag onderhou, wat ek julle beveel.

3 Julle oë het gesien wat dieHereweensBaäl-Peor gedoen het; want al die manne wat agter Baäl-Peor aan geloop het, dié het dieHerejou God onder jou uit verdelg.

4 Julle daarenteen wat dieHerejulle God aangehang het, is vandag nog almal in die lewe.

5 Kyk, ek het julle insettinge en verordeninge geleer soos dieHeremy God my beveel het, om so te handel in die land waarheen julle gaan om dit in besit te neem.

6 Onderhou dit dan en doen dit; want dit isjulle wysheid en julle verstand voor die oë van die volke wat al hierdie insettinge sal hoor en sê:Waarlik, hierdie groot nasie is ’n wyse en verstandige volk.

7 Wantwatter groot nasie hetgode wat vir hulle so naby is soos dieHereonse God so dikwels as ons Hom aanroep?

8 En watter groot nasie is daar wat sulke regverdige insettinge en verordeninge het soos hierdie hele wet wat ek julle vandag voorhou?

9 Neem jou net in ag enwees terdeë op jou hoede, dat jy die dinge nie vergeet wat jou oë gesien het nie, en dat hulle uit jou hart nie wyk al die dae van jou lewe nie; enjy moet dit aan jou kinders en jou kindskinders bekend maak:

10 die dag dat jy voor die aangesig van dieHerejou God by Horeb gestaan het, toe dieHereaan my gesê het: Vergader die volk vir My, en Ek sal hulle my woorde laat hoor, dat hulle kan leer om My te vrees al die dae wat hulle op die aarde lewe, en dit aan hulle kinders kan leer.

11 Toe het julle nader gekom en onder aan die berg gaan staan; endie berg het met vuur gebrand tot in die middel van die hemel, met duisternis, wolke en wolkedonkerheid.

12 En dieHerehet met julle uit die vuur gespreek;julle het ’n stem van woorde gehoor, maar geen verskyning gesien nie — net ’n stem was daar.

13 Toe het Hy aan julle sy verbond verkondig wat Hy julle beveel het om te doen,die tien woorde, endit op twee kliptafels geskrywe.

14 Ook hetdieHeremy in dié tyd bevel gegee om julle die insettinge en verordeninge te leer, dat julle dit kan doen in die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem.

15 Neem julle dan terdeë in ag ter wille van julle siele — want julle het géénverskyning gesien op die dag dat dieHereby Horeb uit die vuur met julle gespreek het nie —

16 sodat julle nie verderflik handel deurdat julle vir julle’n gesnede beeld, ’n gelykenis van enige afgodsbeeld, maak nie: ’n afbeelding van man of vrou,

17 ’n afbeelding van enige dier wat op die aarde is, ’n afbeelding van enige gevleuelde voël wat in die lug vlieg,

18 ’n afbeelding van enigiets wat op die aarde kruip, ’n afbeelding van enige vis wat in die water onder die aarde is;

19 dat jy ook jou oë nie na die hemel opslaan, en as jy die son sien en die maan en die sterre,die hele leër van die hemel, jou laat verlei en voor hulle neerbuig en hulle dien nie — dinge wat dieHerejou God aan al die volke onder die hele hemel uitgedeel het.

20 Maar dieHerehet julle geneem en julleuit die ystersmeltoond, uit Egipte, uitgelei omsy erfvolk te wees soos dit vandag is.

21 Ook wasdieHeretoornig op my om julle ontwil, en Hy het gesweer dat ek oor die Jordaan nie sal gaan en nie sal kom in die goeie land wat dieHerejou God jou as erfenis sal gee nie.

22 Want ek sal in hierdie land sterwe,ek sal oor die Jordaan nie gaan nie; maar julle sal oorgaan endaardie goeie land in besit neem.

23 Neem julle in ag dat julle die verbond van dieHerejulle God, wat Hy met julle gesluit het, nie vergeet en vir julle geengesnede beeld maak nie — ’n gelykenis van enigiets wat dieHerejou God jou verbied het.

24 WantdieHerejou God is ’n verterende vuur,’n jaloerse God.

25 As jy kinders en kindskinders sal verwek en julle in die land verouderd sal wees en verderflik handel deurdat julle ’n gesnede beeld maak, ’n gelykenis van enigiets, endoen wat verkeerd is in die oë van dieHerejou God om Hom te terg,

26 dan neem ek vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle dat julle sekerlik gou uit die land sal vergaan waarheen julle oor die Jordaan trek om dit in besit te neem; julle sal die dae daarin nie verleng nie, maar sekerlik verdelg word.

27 En dieHeresal julle onder die volke verstrooi, en ’n klein klompie van julle sal onder die nasies oorbly waarheen dieHerejulle sal drywe.

28 Endaar sal julle gode dien, die werk van mensehande, hout en klipwat nie sien en nie hoor en nie eet en nie ruik nie.

29 Dan sal julle daarvandaan dieHerejou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek.

30 As jy in die nood is en al hierdie dinge aandie einde van die dae oor jou kom, sal jy na dieHerejou Godterugkeer en na sy stem luister.

31 Want dieHerejou God is’n barmhartige God; Hy sal jou nie verlaat en jou nie in die verderf stort nie; en Hy sal die verbond van jou vaders wat Hy hulle besweer het, nie vergeet nie.

32 Wantdoen tog ondersoek na die vorige dae wat voor jou gewees het, van die dag af dat God mense op die aarde geskape het, envan die een einde van die hemel tot by die ander einde van die hemel, of so iets groots gebeur het of iets dergeliks gehoor is.

33 Het ’n volk die stem van God uit die vuur hoor spreek, soos jý gehoor het, en in die lewe gebly?

34 Of het ’n god probeer om vir hom ’n nasie uit ’nandernasie te gaan neemdeur versoekinge,deur tekens en wonders en deur oorlog endeur ’n sterke hand en’n uitgestrekte arm endeur groot skrikwekkende dade soos dieHerejulle God met julle voor jou oë in Egipte gedoen het?

35 Jy self het dit te sien gekry, dat jy kan weet dat dieHereGod is;daar is geen ander buiten Hom nie.

36 Uit die hemel het Hy jou sy stem laat hoor om jou te onderrig; en op die aarde het Hy jou sy groot vuur laat sien, en jy het sy woorde uit die vuur gehoor.

37 En omdatHy jou vaders liefgehad en hulle nageslag na hulle uitverkies het, en Hy self jou deur sy grote krag uit Egipte uitgelei het,

38 om nasies groter en magtiger as jy voor jou uit te verdrywe en jou in te bring om hulle land aan jou as erfenis te gee soos dit vandag is —

39 daarom moet jy vandag weet en ter harte neem datdieHereGod is, bo in die hemel en onder op die aarde;daar is geen ander nie.

40 En jy moet sy insettinge en sy gebooie hou wat ek jou vandag beveel,dat dit met jou en jou kinders ná jou goed mag gaan, en dat jy die dae mag verleng in die land wat dieHerejou God jou vir altyd sal gee.

Vrystede oos van die Jordaan.

41 TOE het Moses drie stedeafgesonder oos van die Jordaan, teen sonop,

42 sodat hy wat ’n doodslag begaan het, daarheen kon vlug, wat sy naastesonder opset doodgeslaan het, terwyl hy hom van gister en eergister af nie vyandig was nie; sodat hy in een van hierdie stede kan vlug en in die lewe bly.

43 Beser in die woestyn, in die landstreekvan die gelykveld, vir die Rubeniete; en Ramot in Gílead vir die Gadiete; en Golan in Basan vir die Manassiete.

Herhaling van die Tien Gebooie.

44 EN dit is die wet wat Moses die kinders van Israel voorgehou het.

45 Dit is die getuienisse en die insettinge en die verordeninge wat Moses meegedeel het aan die kinders van Israel by hulle uittog uit Egipte,

46 oos van die Jordaan,in die dal teenoor Bet-Peor, in die land van Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het, wat deur Moses en die kinders van Israelverslaan is by hulle uittog uit Egipte;

47 en hulle het sy land in besit geneem en die landvan Og, die koning van Basan, die twee konings van die Amoriete oos van die Jordaan, teen sonop;

48 van Ároër af, wat aan die kant van die Arnonrivier lê, tot by die bergSion, dit is Hermon,

49 en die hele Vlakte oos van die Jordaan, teen sonop tot by die See van die Vlakte, onderaan die hange van Pisga.

DEUTERONÓMIUM 5

1 EN Moses het die hele Israel laat roep en vir hulle gesê: Hoor, Israel, die insettinge en die verordeninge wat ek vandag voor julle ore uitspreek; julle moet dit leer en dit sorgvuldig hou.

2 DieHereonse God het by Horeb met ons ’n verbond gesluit.

3 Met ons vaders het dieHerehierdie verbond nie gesluit nie, maar met ons self, ons wat hier vandag almal in die lewe is.

4 Van aangesig tot aangesig het dieHereop die berg uit die vuur met julle gespreek —

5 ek het in dié tyd tussen dieHereen julle gestaan om aan julle die woord van dieHerebekend te maak,want julle was bevrees vir die vuur en het nie op die berg geklim nie — en Hy het gesê:

6 Ek is dieHerejou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.

7 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.

8 Jy mag vir jou geen gesnede beeldofenige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.

9 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, dieHerejou God, is ’n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, en aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;

10 en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.

11 Jy mag die Naam van dieHerejou God nie ydellik gebruik nie, want dieHeresal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.

12 Onderhou die sabbatdag, dat jy dit heilig soos dieHerejou God jou beveel het.

13 Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;

14 maardie sewende dag is die sabbat van dieHerejou God;danmag jy géén werk doen nie — jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou os of jou esel of enige dier van jou, of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie; sodat jou dienskneg en jou diensmaagd kan rus soos jy.

15 En jy moet daaraan dink dat jy in Egipteland ’n slaaf was, en dieHerejou God jou daarvandaan uitgelei hetdeur ’n sterke hand en ’n uitgestrekte arm; daarom het dieHerejou God jou beveel om die sabbatdag te hou.

16 Eer jou vader en jou moeder soos dieHerejou God jou beveel het,dat jou dae verleng mag word en dat dit met jou goed mag gaan in die land wat dieHerejou God aan jou gee.

17 Jy mag nie doodslaan nie.

18 En jy mag nie egbreek nie.

19 En jy mag nie steel nie.

20 En jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.

21 En jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie; en jy mag nie na jou naaste se huis hunker nie — na sy landerye of sy dienskneg of sy diensmaagd, sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.

22 Met hierdie woorde het dieHerejulle hele vergadering op die berg, uit die vuur, die wolk en die wolkedonkerheid met ’n groot stem toegespreek, en niks meer nie; enHy het dit op twee kliptafels geskrywe en dit aan my gegee.

23 Entoe julle die stem uit die duisternis hoor, terwyl die berg met vuur brand, het julle na my toe aangekom, al die hoofde van julle stamme en julle oudstes,

24 en gesê: Kyk, dieHereonse God het ons sy heerlikheid en sy grootheid laat sien, enons het sy stem uit die vuur gehoor; vandag het ons gesien dat God met die mens spreek en hyin die lewe bly.

25 Maar waarom moet ons nou sterwe? Want hierdie groot vuur sal ons verteer.As ons die stem van dieHereonse God nog langer hoor, sal ons sterwe.

26 Want wie is daar van alle vlees wat die stem van die lewende God uit die vuur hoor spreek het soos ons en in die lewe gebly het?

27 Gaan ú naderby en hoor alles wat dieHereonse God sal sê;dan kan ú ons alles meedeel wat dieHereonse God met u sal spreek, en ons sal dit hoor en doen.

28 En dieHerehet die stem van julle woorde gehoor toe julle met my gespreek het. Toe sê dieHerevir my: Ek het gehoor die stem van die woorde van hierdie volk wat hulle met jou gespreek het;dit is alles goed wat hulle gespreek het.

29 Ag, as hulle maar so ’n hart gehad het om My te vrees en al my gebooie altyd te onderhou,dat dit met hulle en hul kinders vir ewig goed kan gaan.

30 Gaan sê vir hulle: Gaan maar terug na julle tente toe.

31 Maar jy, bly hier by My staan, datEk jou kan meedeel al die gebooie en die insettinge en die verordeninge wat jy hulle moet leer, dat hulle dit kan doen in die land wat Ek hulle sal gee om dit in besit te neem.

32 Sorg dan dat julle doen soos dieHerejulle God julle beveel het; julle mag nie regs of links afwyk nie.

33 In al die weë wat dieHerejulle God julle beveel hetmoet julle wandel, sodat julle kan lewe endit met julle goed kan gaan en julle die dae kan verleng in die land wat julle in besit sal neem.

DEUTERONÓMIUM 6

Bevel om die gebooie van God te bewaar en om Hom lief te hê. Beloftes van God.

1 DIT is dandie gebod, die insettinge en die verordeninge wat dieHerejulle God beveel het om julle te leer, sodat julle dit kan doen in die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem;

2 datjy dieHerejou God kan vrees om al sy insettinge en sy gebooie wat ek jou beveel, te hou — jy en jou kind en jou kindskind al die dae van jou lewe; endat jou dae verleng kan word.

3 Hoor dan, Israel, en onderhou dit sorgvuldig,dat dit met jou goed kan gaan en dat julle baie kan vermenigvuldigsoos dieHeredie God van jou vaders jou beloof het, ’nland wat oorloop van melk en heuning.

4 Hoor, Israel, dieHereonse God is ’n enigeHere.

5 Daarommoet jy dieHerejou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.

6 Enhierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees;

7 enjy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.

8 Ook moet jy dit as ’n teken bind op jou hand, en dit moet as ’n voorhoofsband tussen jou oë wees.

9 En jy moet dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte skrywe.

10 En as dieHerejou God jou inbring in die land wat Hy aan jou vaders, Abraham, Isak en Jakob, met ’n eed beloof het om jou te gee — groot en mooi stedewat jy nie gebou het nie,

11 en huise vol van allerhande goed wat jy nie gevul het nie, en uitgekapte reënbakke wat jy nie uitgekap, wingerde en olyfbome wat jy nie geplant het nie —en jy eet en versadig word,

12 neem jou dan in ag dat jy dieHerenie vergeet wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het nie.

13 Jy moet dieHerejou God vrees en Hom dien; enby sy Naam moet jy sweer.

14 Julle mag nieagter ander gode aan loopuit die gode van die volke wat rondom julle is nie —

15 wantdieHerejou God is ’n jaloerse God by jou — sodat die toorn van dieHerejou God nie teen jou ontvlam en Hy jou van die aarde verdelg nie.

16 Julle mag dieHerejulle God nie versoeksoos julle Hom by Massa versoek het nie.

17 Julle moet die gebooie van dieHerejulle God en sy getuienisse en sy insettinge wat Hy jou beveel het, ywerig onderhou.

18 En jy moet doen wat reg en goed is in die oë van dieHere,dat dit met jou goed kan gaan en jy kan inkom en in besit neem die goeie land wat dieHereaan jou vaders met ’n eed beloof het,

19 terwyl Hy al jou vyande voor jou uit verjaag soos dieHeregespreek het.

20 As jou seun jou later vra en sê: Wat beteken die getuienisse en die insettinge en die verordeninge wat dieHereonse God julle beveel het?

21 dan moet jy aan jou seun sê: Ons was slawe van Farao in Egipte; maar dieHerehet ons deur ’n sterke hand uit Egipte uitgelei.

22 En dieHerehet groot en onheilbrengende tekens en wonders voor ons oë in Egipte aan Farao en sy hele huis gedoen.

23 En Hy het ons daarvandaan uitgelei om ons in te bring, sodat Hy ons die land kan gee wat Hy aan ons vaders met ’n eed beloof het.

24 En dieHerehet ons beveel om al hierdie insettinge te volbring, om die Here onse God te vrees,dat dit met ons altyd goed mag gaan,om ons in die lewe te hou soos dit vandag is.

25 Endit sal geregtigheid vir ons wees as ons sorgvuldig al hierdie gebooie hou voor die aangesig van dieHereonse God soos Hy ons beveel het.

DEUTERONÓMIUM 7

Voorskrifte omtrent die gedrag van Israel teenoor die inwoners van Kanaän en hulle afgodery.

1 ASdieHerejou God jou inbring in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, en Hy baie nasies voor jou uit verjaag:die Hetiete, Girgasiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, sewe nasies,meer en magtiger as jy;

2 en dieHerejou God hulle aan jou oorgee, dat jy hulle verslaan, dan moet jy hullegeheel en al met die banvloek tref;jy mag geen verbond met hulle maak en hulle nie genadig wees nie.

3 Jy mag jou ook nie met hulle verswaer nie — jy mag jou dogter nie gee aan sy seun, en sy dogter nie neem vir jou seun nie;

4 want hy sal jou seun van My afvallig maak, sodat hulle ander gode dienen die toorn van dieHereteen julle ontvlam en Hy jou gou verdelg.

5 Maar julle moet met hulle so doen: hulle altaremoet julle omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle heilige boomstamme omkap en hulle gesnede beelde met vuur verbrand.

6 Want jy is ’n volk heilig aan dieHerejou God; jou het dieHerejou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is,sy eiendomsvolk te wees.

7 DieHerehet ’n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle wasdie geringste van al die volke.

8 Maaromdat dieHerejulle liefgehad endie eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het dieHerejulle met ’n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos.

9 Jy moet dan weet dat dieHerejou God God is,die getroue Godwat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte.

10 Maar aan die wat Hom haat, aan elkeen persoonlik,vergeld Hy dit, om hom te vernietig;Hy sal met sy hater nie versuim nie, hom persoonlik sal Hy dit vergelde.

11 Hou dan die gebod en die insettinge en die verordeninge wat ek jou vandag beveel om dit te volbring.

12 En omdat julle na hierdie verordeninge sal luister en dit hou en volbring, sal dieHerejou God vir jou die verbond en die goedertierenheid hou wat Hy jou vaders besweer het;

13 en Hy sal jouliefhê en jou seën en jou vermenigvuldig, en Hy sal die vrug van jou liggaam seën en die vrugte van jou land, jou koring en jou mos en jou olie, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee, in die land wat Hy aan jou vaders met ’n eed beloof het om aan jou te gee.

14 Geseënd sal jy wees bo al die volke;daar sal by jou geen man of vrou onvrugbaar wees nie, ook nie onder jou vee nie.

15 En dieHeresal elke krankheid van jou wegneem en al die kwaaisiektes van Egipte wat jy ken, nie op jou lê nie; maar Hy sal dit lê op almal wat jou haat.

16 En jy sal al die volke verteer wat dieHerejou God aan jou oorgee;jou oog mag hulle nie verskoon nie, en jy mag hulle gode nie dien nie; want dit sal vir jou’n strik wees.

17 As jy in jou hart dink: Hierdie nasies is meer as ek, hoe sou ek hullekan verdrywe? —

18 wees dan nie bevrees vir hulle nie;dink gedurig aan wat dieHerejou God aan Farao en die hele Egipte gedoen het,

19 die groot versoekinge wat jou oë gesien het, en die tekens en die wonders en die sterke hand en die uitgestrekte arm waardeur dieHerejou God jou uitgelei het; so sal dieHerejou God aan al die volke doen vir wie jy bevrees is.

20 En dieHerejou God sal ookdie perdebye onder hulle stuur totdat hulle omkom wat oorgebly het en wat vir jou weggekruip het.

21 Skrik nie vir hulle nie, want dieHerejou God isby jou,’n groot en gedugte God.

22 En dieHerejou God sal hierdie nasies so langsamerhand voor jou uit verjaag; jy mag hulle nie gou vernietig nie, dat die ongediertes nie teen jou die oorhand kry nie.

23 Maar dieHerejou God sal hulle aan jou oorgee en hulle in groot verwarring bring totdat hulle verdelg word.

24 Ooksal Hy hulle konings in jou hand gee, dat jy hulle naam onder die hemel kan laat verdwyn; niemand sal teen jou standhou totdat jy hulle verdelg het nie.

25 Die gesnede beelde van hulle godemoet julle met vuur verbrand;die silwer en die goud wat daaraan is, mag jy nie begeer of vir jou neem nie, dat jy nie daardeur verstrik raak nie; want dit is vir dieHerejou God ’n gruwel.

26 En jy mag geen gruwel in jou huis inbring nie, sodat jy nie net so onder die banvloek kom nie; jy moet daar heeltemal ’n afsku van hê en dit geheel en al as gruwel beskou; want dit isonder die banvloek.

DEUTERONÓMIUM 8

Vermaning tot gehoorsaamheid deur ’n opsomming van die groot weldade van God.

1 AL die gebooie wat ek jou vandag beveel,moet julle sorgvuldig hou, dat julle mag lewe en vermenigvuldig, en dat julle mag inkom en die land in besit neem wat dieHereaan julle vaders met ’n eed beloof het.

2 En jy moet dink aan die hele pad waarlangs dieHerejou God jou nouveertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging enbeproewing,om te weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie sal hou of nie.

3 En Hy het jou verootmoedig enjou laat honger ly enjou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak datdie mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van dieHereuitgaan.

4 Jou klere het aan jou nie verslyt en jou voet het nou veertig jaar lank nie geswel nie.

5 Erken dan in jou hart dat dieHerejou God jou onderrigsoos ’n man sy seun onderrig,

6 en hou die gebooie van dieHerejou God om in sy weë te wandel en Hom te vrees.

7 Want dieHerejou God bring jou in ’n goeie land,’n land van waterstrome, fonteine en onderaardse riviere wat in die laagtes en op die berge uitkom;

8 ’n land van koring en gars en wingerdstokke en vyebome en granate; ’n land van olieryke olyfbome en heuning;

9 ’n land waarin jy brood sonder skaarste sal eet, waarin niks jou sal ontbreek nie; ’n land waarvan die klippe yster is, en uit die berge waarvan jy koper sal uitkap;

10 en jy sal eet en versadig word en dieHerejou God loof oor die goeie land wat Hy jou gegee het.

11 Neem jou in ag dat jy dieHerejou God nie vergeet deur sy gebooie en sy verordeninge en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, nie te hou nie;

12 sodat jy nie miskien eet en versadig word nie en mooi huise bou en bewoon,

13 en jou beeste en jou kleinvee vermeerder en jou silwer en goud vermeerder, ja, alles wat jy het, vermeerder —

14 en jou hart hom dan verhef, dat jy dieHerejou Godvergeet wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het;

15 watjou deur die groot en vreeslike woestyn gelei het,deur giftige slange enskerpioene en’n dorsland sonder water;wat vir jou water uit die klipharde rots laat kom het;

16 wat jou in die woestynmanna laat eet het, wat jou vaders nie geken het nie, om jou te verootmoedig en jou te beproef,om uiteindelik aan jou goed te doen —

17 en jy in jou hart dink: My krag en die sterkte van my hand het vir my hierdie rykdom verwerwe.

18 Maar dink aan dieHerejou God,dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe, dat Hy sy verbond kan bevestig wat Hy aan jou vaders met ’n eed beloof het, soos dit vandag is.

19 Maar as jy nogtans dieHerejou God vergeet en agter ander gode aan loop en hulle dien en voor hulle neerbuig,dan verseker ek julle vandag dat julle sekerlik sal omkom;

20 soos die nasies wat dieHerevoor julle vernietig,so sal julle omkom, omdat julle na die stem van die Here julle God nie geluister het nie.