JOSUA 23

Waarskuwing van Josua aan die hele versameling van die volk.

1 ’nGERUIME tyd daarna, nadat dieHereaan Israel rus gegee het van al sy vyande rondom, en Josuaoudenver op sy dae was,

2 het Josuadie hele Israel laat roep, sy oudstes en sy hoofde en sy regters en syopsigters, en vir hulle gesê: Ek is oud, ek is ver op my dae;

3 en julle het self gesien alles wat dieHerejulle God aan al hierdie nasies voor julle uit gedoen het; want dieHerejulle God, Hy het vir julle gestry.

4 Kyk,ek het hierdie nasies wat nog oorgebly het, as erfdeel aan julle laat val, aan julle stamme, van die Jordaan af — met al die nasies wat ek uitgeroei het — tot bydie Groot See in die weste.

5 En dieHerejulle God self sal hulle voor julle verjaag en hulle voor julle uit verdrywe, sodat julle hulle land in besit kan neemsoos dieHerejulle God julle beloof het.

6 Maar julle moet daar baie vas by staan om sorgvuldig te doen alles wat geskrywe staan in die wetboek van Moses,dat julle daar nie regs of links van afwyk nie;

7 dat jullemet hierdie nasies wat met julle saam oorgebly het, nie meng nie;julle mag ook die naam van hulle gode nie vermeld endaarbynie laat sweer nie, en julle mag hulle nie dien en julle voor hulle nie neerbuig nie;

8 maar dieHerejulle God moet julle aanhang soos julle tot vandag toe gedoen het.

9 DieHeretog het groot en magtige nasies voor julle uit verdrywe; en wat julle betref —niemand het tot vandag toe voor julle standgehou nie.

10 Een man uit julle het duisend agtervolg; want dieHerejulle God, Hy het vir julle gestry soos Hy julle beloof het.

11 Neem julle dan terdeë in ag ter wille van julle siele, om dieHerejulle God lief te hê;

12 want as julle ooit mag afwyk en hierdie nasies aanhang wat nog met julle saam oorgebly het, enjulle met hulle verswaer en julle met hulle en hulle met julle meng,

13 weet dan verseker datdieHerejulle God nie langer hierdie nasies voor julle uit sal verdrywe nie;maar hulle sal vir julle ’n vangnet en ’n strik wees en ’n angel in julle sye en dorings in julle oë, totdat julle omkom uit hierdie goeie land wat dieHerejulle God aan julle gegee het.

14 En kyk,ek gaan vandag die weg van die ganse aarde, maar julle moet erken met jul hele hart en met jul hele siel datnie een woord van al die goeie woorde wat dieHerejulle God oor julle gespreek het, onvervuld gebly het nie; alles het vir julle uitgekom, nie een woord daarvan het onvervuld gebly nie.

15 Maar soos al die goeie woorde oor julle gekom het wat dieHerejulle God oor julle gespreek het, so sal dieHereoor julle al die onheilswoorde laat kom, totdat Hy julle verdelg het uit hierdie goeie land wat dieHerejulle God aan julle gegee het.

16 As julledie verbond van dieHerejulle God wat Hy julle beveel het, oortree en ander gode gaan dien en julle voor hulle neerbuig, dan sal die toorn van dieHereteen julle ontvlam, en julle sal gou omkom uit die goeie land wat Hy aan julle gegee het.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

5 × five =