DEUTERONÓMIUM 5

1 EN Moses het die hele Israel laat roep en vir hulle gesê: Hoor, Israel, die insettinge en die verordeninge wat ek vandag voor julle ore uitspreek; julle moet dit leer en dit sorgvuldig hou.

2 DieHereonse God het by Horeb met ons ’n verbond gesluit.

3 Met ons vaders het dieHerehierdie verbond nie gesluit nie, maar met ons self, ons wat hier vandag almal in die lewe is.

4 Van aangesig tot aangesig het dieHereop die berg uit die vuur met julle gespreek —

5 ek het in dié tyd tussen dieHereen julle gestaan om aan julle die woord van dieHerebekend te maak,want julle was bevrees vir die vuur en het nie op die berg geklim nie — en Hy het gesê:

6 Ek is dieHerejou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.

7 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.

8 Jy mag vir jou geen gesnede beeldofenige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.

9 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, dieHerejou God, is ’n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, en aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;

10 en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.

11 Jy mag die Naam van dieHerejou God nie ydellik gebruik nie, want dieHeresal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.

12 Onderhou die sabbatdag, dat jy dit heilig soos dieHerejou God jou beveel het.

13 Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;

14 maardie sewende dag is die sabbat van dieHerejou God;danmag jy géén werk doen nie — jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou os of jou esel of enige dier van jou, of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie; sodat jou dienskneg en jou diensmaagd kan rus soos jy.

15 En jy moet daaraan dink dat jy in Egipteland ’n slaaf was, en dieHerejou God jou daarvandaan uitgelei hetdeur ’n sterke hand en ’n uitgestrekte arm; daarom het dieHerejou God jou beveel om die sabbatdag te hou.

16 Eer jou vader en jou moeder soos dieHerejou God jou beveel het,dat jou dae verleng mag word en dat dit met jou goed mag gaan in die land wat dieHerejou God aan jou gee.

17 Jy mag nie doodslaan nie.

18 En jy mag nie egbreek nie.

19 En jy mag nie steel nie.

20 En jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.

21 En jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie; en jy mag nie na jou naaste se huis hunker nie — na sy landerye of sy dienskneg of sy diensmaagd, sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.

22 Met hierdie woorde het dieHerejulle hele vergadering op die berg, uit die vuur, die wolk en die wolkedonkerheid met ’n groot stem toegespreek, en niks meer nie; enHy het dit op twee kliptafels geskrywe en dit aan my gegee.

23 Entoe julle die stem uit die duisternis hoor, terwyl die berg met vuur brand, het julle na my toe aangekom, al die hoofde van julle stamme en julle oudstes,

24 en gesê: Kyk, dieHereonse God het ons sy heerlikheid en sy grootheid laat sien, enons het sy stem uit die vuur gehoor; vandag het ons gesien dat God met die mens spreek en hyin die lewe bly.

25 Maar waarom moet ons nou sterwe? Want hierdie groot vuur sal ons verteer.As ons die stem van dieHereonse God nog langer hoor, sal ons sterwe.

26 Want wie is daar van alle vlees wat die stem van die lewende God uit die vuur hoor spreek het soos ons en in die lewe gebly het?

27 Gaan ú naderby en hoor alles wat dieHereonse God sal sê;dan kan ú ons alles meedeel wat dieHereonse God met u sal spreek, en ons sal dit hoor en doen.

28 En dieHerehet die stem van julle woorde gehoor toe julle met my gespreek het. Toe sê dieHerevir my: Ek het gehoor die stem van die woorde van hierdie volk wat hulle met jou gespreek het;dit is alles goed wat hulle gespreek het.

29 Ag, as hulle maar so ’n hart gehad het om My te vrees en al my gebooie altyd te onderhou,dat dit met hulle en hul kinders vir ewig goed kan gaan.

30 Gaan sê vir hulle: Gaan maar terug na julle tente toe.

31 Maar jy, bly hier by My staan, datEk jou kan meedeel al die gebooie en die insettinge en die verordeninge wat jy hulle moet leer, dat hulle dit kan doen in die land wat Ek hulle sal gee om dit in besit te neem.

32 Sorg dan dat julle doen soos dieHerejulle God julle beveel het; julle mag nie regs of links afwyk nie.

33 In al die weë wat dieHerejulle God julle beveel hetmoet julle wandel, sodat julle kan lewe endit met julle goed kan gaan en julle die dae kan verleng in die land wat julle in besit sal neem.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

8 + fourteen =