DEUTERONÓMIUM 6

Bevel om die gebooie van God te bewaar en om Hom lief te hê. Beloftes van God.

1 DIT is dandie gebod, die insettinge en die verordeninge wat dieHerejulle God beveel het om julle te leer, sodat julle dit kan doen in die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem;

2 datjy dieHerejou God kan vrees om al sy insettinge en sy gebooie wat ek jou beveel, te hou — jy en jou kind en jou kindskind al die dae van jou lewe; endat jou dae verleng kan word.

3 Hoor dan, Israel, en onderhou dit sorgvuldig,dat dit met jou goed kan gaan en dat julle baie kan vermenigvuldigsoos dieHeredie God van jou vaders jou beloof het, ’nland wat oorloop van melk en heuning.

4 Hoor, Israel, dieHereonse God is ’n enigeHere.

5 Daarommoet jy dieHerejou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.

6 Enhierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees;

7 enjy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.

8 Ook moet jy dit as ’n teken bind op jou hand, en dit moet as ’n voorhoofsband tussen jou oë wees.

9 En jy moet dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte skrywe.

10 En as dieHerejou God jou inbring in die land wat Hy aan jou vaders, Abraham, Isak en Jakob, met ’n eed beloof het om jou te gee — groot en mooi stedewat jy nie gebou het nie,

11 en huise vol van allerhande goed wat jy nie gevul het nie, en uitgekapte reënbakke wat jy nie uitgekap, wingerde en olyfbome wat jy nie geplant het nie —en jy eet en versadig word,

12 neem jou dan in ag dat jy dieHerenie vergeet wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het nie.

13 Jy moet dieHerejou God vrees en Hom dien; enby sy Naam moet jy sweer.

14 Julle mag nieagter ander gode aan loopuit die gode van die volke wat rondom julle is nie —

15 wantdieHerejou God is ’n jaloerse God by jou — sodat die toorn van dieHerejou God nie teen jou ontvlam en Hy jou van die aarde verdelg nie.

16 Julle mag dieHerejulle God nie versoeksoos julle Hom by Massa versoek het nie.

17 Julle moet die gebooie van dieHerejulle God en sy getuienisse en sy insettinge wat Hy jou beveel het, ywerig onderhou.

18 En jy moet doen wat reg en goed is in die oë van dieHere,dat dit met jou goed kan gaan en jy kan inkom en in besit neem die goeie land wat dieHereaan jou vaders met ’n eed beloof het,

19 terwyl Hy al jou vyande voor jou uit verjaag soos dieHeregespreek het.

20 As jou seun jou later vra en sê: Wat beteken die getuienisse en die insettinge en die verordeninge wat dieHereonse God julle beveel het?

21 dan moet jy aan jou seun sê: Ons was slawe van Farao in Egipte; maar dieHerehet ons deur ’n sterke hand uit Egipte uitgelei.

22 En dieHerehet groot en onheilbrengende tekens en wonders voor ons oë in Egipte aan Farao en sy hele huis gedoen.

23 En Hy het ons daarvandaan uitgelei om ons in te bring, sodat Hy ons die land kan gee wat Hy aan ons vaders met ’n eed beloof het.

24 En dieHerehet ons beveel om al hierdie insettinge te volbring, om die Here onse God te vrees,dat dit met ons altyd goed mag gaan,om ons in die lewe te hou soos dit vandag is.

25 Endit sal geregtigheid vir ons wees as ons sorgvuldig al hierdie gebooie hou voor die aangesig van dieHereonse God soos Hy ons beveel het.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

8 + ten =