JOSUA 24

Laaste woorde van Josua. Die volk beloof om die Here te dien.

1 DAARNA het Josua al die stamme van Israel byeen laat kom inSigem,en hy het die oudstes van Israel en sy hoofde en sy regters en syopsigters laat roep,en hulle het hul voor die aangesig van God gestel.

2 Toe sê Josua aan die hele volk: So sê dieHere, die God van Israel:Oorkant die Eufraat het julle vaders van oudsher gewoon — Tera, die vader van Abraham en die vader van Nahor, en hulle het ander gode gedien.

3 Maar Ek het julle vader Abraham van oorkant die Eufraat af geneem en hom deur die hele land Kanaän laat trek en sy nageslag vermeerder enIsak aan hom gegee;

4 en aan Isak het EkJakob en Esau gegee, en aanEsau het Ek die gebergte Seïr gegee, om dit in besit te neem;maar Jakob en sy kinders het na Egipte afgetrek.

5 Toe het Ek Moses en Aäron gestuuren Egipte getref soos Ek dit daar gedoen het, en daarna het Ek julle uitgelei.

6 Toe Ekjulle vaders uit Egipte uitgelei het,het julle by die see gekom;maar die Egiptenaars het julle vaders agternagejaag met strydwaens en perderuiters na die Skelfsee toe;

7 maar hulle het dieHereaangeroep, enHy het ’n duisternis gestel tussen julle en die Egiptenaarsen die see oor hulle laat kom, sodat dit hulle oordek het, enjulle eie oë het gesien wat Ek aan Egipte gedoen het. Daarna het julle baie dae in die woestyn gebly.

8 Daarop het Ek julle gebring in die land van die Amoriete wat oos van die Jordaan gewoon het,en hulle het teen julle geveg; maar Ek het hulle in julle hand gegee, sodat julle hul land in besit geneem het, en Ek het hulle voor julle uit verdelg.

9 Toe hetBalak, die seun van Sippor, die koning van Moab, hom klaargemaak en teen Israel geveg; enhy het gestuur om Bíleam, die seun van Beor, te roep om julle te vervloek;

10 maar Ek wou nie na Bíleam luister nie,sodat hy julle net geseën het; en Ek het julle uit sy hand gered.

11 Toe julle die Jordaan deurgetrek en by Jérigo gekom het, het die burgersvan Jérigo, die Amoriete en Feresiete en Kanaäniete en Hetiete en Girgasiete, die Hewiete en Jebusiete teen julle geveg; maar Ek het hulle in julle hand gegee

12 enperdebye voor julle uit gestuur, wat hulle voor julle uit verdryf het, — die twee konings van die Amoriete —nie deur jou swaard en nie deur jou boog nie.

13 So het Ek julle dan ’n land gegee waar julle nie aan gearbei enstede wat julle nie gebou het nie, dat julle daarin kan woon; wingerde en olyfbome wat julle nie geplant het nie, daar eet julle van.

14 Vrees dan nou dieHereen dien Hom in opregtheid en waarheid, enverwyder die gode wat julle vaders gedien het oorkant die Eufraat enin Egipte, en dien dieHere.

15 Maar as dit verkeerd is in julle oë om dieHerete dien,kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het,òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon;maar ek en my huis, ons sal dieHeredien.

16 Toe antwoord die volk en sê: Dit is ver van ons, dat ons dieHeresou verlaat om ander gode te dien;

17 want dieHereonse God, dit is Hy wat ons en ons vaders uit Egipteland uit die slawehuis laat optrek het, en wat voor ons oë hierdie groot tekens gedoen het en ons bewaar het op die hele pad wat ons gegaan en onder al die volke waar ons dwarsdeur getrek het;

18 en dieHerehet al die volke en die Amoriet, die inwoner van die land, voor ons uit verdrywe. Ook ons sal dieHeredien, want Hy is onse God.

19 Maar Josua het vir die volk gesê:Julle kan dieHerenie dien nie, want Hy is ’nheilige God,Hy is ’n jaloerse God; Hy sal julle oortreding en julle sondes nie vergewe nie.

20 As julle dieHereverlaat en vreemde gode dien, sal Hy julle weer kwaad aandoen en julle vernietig, nadat Hy aan julle goed gedoen het.

21 Toe sê die volk vir Josua: Nee, maar ons sal dieHeredien.

22 Daarop sê Josua aan die volk: Julle is getuies teen julleselfdat julle vir julleself dieHeregekies het om Hom te dien. En hulle sê: Ons is getuies.

23 Verwyder dan nou die vreemde gode wat onder julle is, en neig julle hart tot dieHere, die God van Israel.

24 Daarop sê die volk aan Josua: Ons sal dieHereonse God dien en na sy stem luister.

25 En op dié dag het Josuamet die volk ’n verbond gesluit en vir hulle’n insetting en ’n reg vasgestel in Sigem.

26 En Josua het hierdie woordein die wetboek van God geskrywe en’n groot klip geneem en dié daar opgerigonder die eikeboom wat by die heilige plek van dieHereis.

27 Toe sê Josua aan die hele volk: Kyk, hierdie klip sal’n getuie teen ons wees, wanthy het al die woorde van dieHeregehoor wat Hy met ons gespreek het; en hy sal ’n getuie teen julle wees, sodat julle jul God nie verloën nie.

28 Toe het Josua die volk laat gaan, elkeen na sy erfdeel toe.

29 En ná hierdie dinge het Josua, die seun van Nun, die kneg van dieHere, gesterwe, honderd-en-tien jaar oud.

30 En hulle het hom begrawe op die grondgebied van sy erfdeel inTimnat-Serag wat op die gebergte van Efraim lê, noord van die berg Gaäs.

31 En Israel het dieHeregedien al die dae van Josua en al die dae van die oudstes wat lank ná Josua nog in die lewe wasen met al die werke van dieHerebekend was wat Hy vir Israel gedoen het.

32 Ook diegebeente van Josef wat die kinders van Israel uit Egipte saamgebring het, het hulle begrawe in Sigem, op die stuk grondwat Jakob van die kinders van Hemor, die vader van Sigem, vir honderd geldstukke gekoop het, en wat die kinders van Josef as erfdeel ontvang het.

33 En toe Eleásar, die seun van Aäron, gesterf het, het hulle hom begrawe op die heuwel van sy seunPínehas wat aan hom gegee was op diegebergte van Efraim.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

5 + 20 =