DEUTERONÓMIUM 8

Vermaning tot gehoorsaamheid deur ’n opsomming van die groot weldade van God.

1 AL die gebooie wat ek jou vandag beveel,moet julle sorgvuldig hou, dat julle mag lewe en vermenigvuldig, en dat julle mag inkom en die land in besit neem wat dieHereaan julle vaders met ’n eed beloof het.

2 En jy moet dink aan die hele pad waarlangs dieHerejou God jou nouveertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging enbeproewing,om te weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie sal hou of nie.

3 En Hy het jou verootmoedig enjou laat honger ly enjou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak datdie mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van dieHereuitgaan.

4 Jou klere het aan jou nie verslyt en jou voet het nou veertig jaar lank nie geswel nie.

5 Erken dan in jou hart dat dieHerejou God jou onderrigsoos ’n man sy seun onderrig,

6 en hou die gebooie van dieHerejou God om in sy weë te wandel en Hom te vrees.

7 Want dieHerejou God bring jou in ’n goeie land,’n land van waterstrome, fonteine en onderaardse riviere wat in die laagtes en op die berge uitkom;

8 ’n land van koring en gars en wingerdstokke en vyebome en granate; ’n land van olieryke olyfbome en heuning;

9 ’n land waarin jy brood sonder skaarste sal eet, waarin niks jou sal ontbreek nie; ’n land waarvan die klippe yster is, en uit die berge waarvan jy koper sal uitkap;

10 en jy sal eet en versadig word en dieHerejou God loof oor die goeie land wat Hy jou gegee het.

11 Neem jou in ag dat jy dieHerejou God nie vergeet deur sy gebooie en sy verordeninge en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, nie te hou nie;

12 sodat jy nie miskien eet en versadig word nie en mooi huise bou en bewoon,

13 en jou beeste en jou kleinvee vermeerder en jou silwer en goud vermeerder, ja, alles wat jy het, vermeerder —

14 en jou hart hom dan verhef, dat jy dieHerejou Godvergeet wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het;

15 watjou deur die groot en vreeslike woestyn gelei het,deur giftige slange enskerpioene en’n dorsland sonder water;wat vir jou water uit die klipharde rots laat kom het;

16 wat jou in die woestynmanna laat eet het, wat jou vaders nie geken het nie, om jou te verootmoedig en jou te beproef,om uiteindelik aan jou goed te doen —

17 en jy in jou hart dink: My krag en die sterkte van my hand het vir my hierdie rykdom verwerwe.

18 Maar dink aan dieHerejou God,dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe, dat Hy sy verbond kan bevestig wat Hy aan jou vaders met ’n eed beloof het, soos dit vandag is.

19 Maar as jy nogtans dieHerejou God vergeet en agter ander gode aan loop en hulle dien en voor hulle neerbuig,dan verseker ek julle vandag dat julle sekerlik sal omkom;

20 soos die nasies wat dieHerevoor julle vernietig,so sal julle omkom, omdat julle na die stem van die Here julle God nie geluister het nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

seven − two =