EFÉSIËRS 5

1 WEES dan navolgers van God soos geliefde kinders;

2 enwandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as’n gawe en offer aan God tot ’n lieflike geur.

3 Maarhoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam;

4 ook niegemeenheid en dwase of lawwe praatjies wat nie pas nie, maar liewer danksegging.

5 Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard,wat ’n afgodedienaar is,’n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie.

6 Laat niemand julle met ydel woorde verlei nie, wantdaardeur kom die toorn van God oordie kinders van die ongehoorsaamheid.

7 Wees dan nie hulle deelgenote nie.

8 Wantvroeër was julle duisternis, maarnou is julle lig in die Here — wandel sooskinders van die lig.

9 Wantdie vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid.

10 Enbeproef wat die Here welbehaaglik is;

11 en hou nie gemeenskap met dieonvrugbarewerke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer.

12 Wantwat in die geheim deur hulle gedoen word, is skandelik selfs om te noem.

13 Maar al die dinge wat deur die lig bestraf word, word openbaar; want alles wat openbaar word, is lig.

14 Daarom sê Hy:Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn.

15 Pas dan op datjulle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse;

16 en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.

17 Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan watdie wil van die Here is.

18 Moenie dronk word van wyn nie — daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul.

19 Spreek onder mekaarmet psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here,

20 terwyl julleGod die Vader altydvir alles dankin die Naam van onse Here Jesus Christus,

21 en aan mekaar onderdanig is in die vrees van God.

Huislike pligte.

22 VROUE, wees aan julle eie mans onderdanig,soos aan die Here.

23 Wantdie man is die hoof van die vrou, soosChristus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser vandie liggaam.

24 Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees.

25 Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad enHomself daarvoor oorgegee het

26 om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig hetmet die waterbaddeur die woord,

27 sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik,sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat ditheilig en sonder gebrek sou wees.

28 So behoort die mans hulle eie vroue lief te hê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief;

29 want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente.

30 Wantons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene.

31 Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef en hulle twee sal een vlees word.

32 Hierdie verborgenheid is groot, maar ek sê dit met die oog op Christus en die gemeente.

33 In alle geval moet elkeen van julle ook afsonderliksy eie vrou liefhê net soos homself, en dievrou moet die man eerbiedig.

EFÉSIËRS 6

1 KINDERS, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg.

2 Eer jou vader en jou moeder — dit is die eerste gebod met ’n belofte —

3 sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.

4 Envaders, moenie julle kinders vertoorn nie,maar voed hulle op in die tug envermaning van die Here.

5 Diensknegte, wees gehoorsaam aan julle here na die vlees,met vrees en bewing, inopregtheid van julle hart,soos aan Christus;

6 nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar soosdiensknegte van Christus wat die wil van God van harte doen

7 enmet goedwilligheid die Here dien en nie mense nie,

8 omdat julle weet dat elkeen vir die goeie wat hy doen,loon van die Here sal ontvang,of hy ’n slaaf is of ’n vryman.

9 En,here, doen dieselfde teenoor hulle en laat staan die dreigemente, omdat julle weet dat ook julle eie Here in die hemele is enby Hom geen aanneming van die persoon is nie.

Die wapenrusting van God.

10 EINDELIK, my broeders,word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.

11 Trek dievolle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.

12 Wantons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teendie owerhede, teen die magte, teendie wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

13 Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied indie dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.

14 Staan dan vas,julle lendene met die waarheid omgord, metdie borswapen van die geregtigheid aan,

15 en asskoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.

16 Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.

17 En neem aandie helm van verlossing endie swaard van die Gees — dit is die woord van God —

18 terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bidin die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges

19 en vir my, sodat ’n woord my gegee mag wordas ek my mond oopmaak om met vrymoedigheiddie verborgenheid van die evangelie bekend te maak,

20 waarvoor ek’n gesant is in kettings, sodat ek daarin vrymoediglik mag spreek soos ek moet spreek.

Die brief deur Tíchikus gestuur. Groete.

21 ENdat julle ook my omstandighede kan ken, hoe dit met my gaan, alles salTíchikus, die geliefde broeder en getroue dienaar in die Here, julle bekend maak.

22 Ek het hom juis daarvoor na julle gestuur, dat julle ons omstandighede kan ken en hy julle harte kan troos.

23 Vrede vir die broeders en liefde, met geloof, van God die Vader en die Here Jesus Christus!

24 Die genade sy met almal wat onse Here Jesus Christus in onverganklikheid liefhet! Amen.

GALÁSIËRS 1

Opskrif en seëngroet.

1 PAULUS, ’n apostelnie vanweë mense of deur ’n mens nie, maardeur Jesus Christus en God die Vaderwat Hom uit die dode opgewek het,

2 enal die broeders wat by my is — aan die gemeentes vanGalásië:

3 Genade vir julle en vrede van God die Vader en onse Here Jesus Christus,

4 wat Homself gegee het vir ons sondes, sodat Hy ons kan uitred uit die teenwoordigebose wêreld, volgens die wil van onse God en Vader,

5 aan wie die heerlikheid toekom in alle ewigheid! Amen.

Onstandvastigheid van die Galásiërs. Paulus verdedig die goddelike gesag van sy apostelskap en van sy leer.

6 EK verwonder my dat julle so gou afvallig wordvan hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ’nander evangelie toe,

7 terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense iswat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai.

8 Maar al sou ons of’n engel uit die hemel julle ’n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ’n vervloeking wees!

9 Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ’n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ’nvervloeking wees!

10 Soek ek dan noudie guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ’n dienskneg van Christus wees nie.

11 Maar ek maak julle bekend, broeders, datdie evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie.

12 Wantek het dit ook nie van ’n mens ontvang of geleer nie, maar deur’n openbaring van Jesus Christus.

13 Want julle het gehoor van mylewenswandel vroeër in die Jodedom, dat ek die gemeente van Goduitermate vervolg en dit verwoes het;

14 en dat ek in die Jodedom vooruitgegaan het bo baie van my leeftyd onder my stamgenote,terwyl ek veral ’n yweraar was virdie oorleweringe van my voorvaders.

15 Maar toe dit God behaag het,wat my afgesonder het van die skoot van my moeder afen deur sy genade geroep het,

16 om sy Seun in my te openbaar,sodat ek Hom onder die heidene sou verkondig, het ek dadelik nie vlees en bloed geraadpleeg nie,

17 en ook nie na Jerusalem opgegaan na die wat voor my apostels was nie, maar naArabië vertrek en weer teruggekom na Damaskus.

18 Vervolgens,drie jaar daarna, het ek na Jerusalem opgegaan om met Petrus kennis te maak en vyftien dae by hom gebly;

19 en ek het niemand anders van die apostels gesien nie, behalweJakobus, die broer van die Here.

20 En wat ek julle skryf — voor die aangesig van God, ek lieg nie!

21 Daarna het ek gekom in die streke vanSírië en Cilícië;

22 en ek was persoonlik onbekend by die Christelike gemeentes van Judéa;

23 hulle het net gehoor: hy wat ons vroeër vervolg het, verkondig nou die geloof wat hy vroeër besig was om uit te roei.

24 Enhulle het God verheerlik in my.

GALÁSIËRS 2

1 DAARNA, veertien jaar later,het ek weer na Jerusalem opgegaan metBárnabas, enTitus ook saamgeneem.

2 Maar ek het opgegaan op grond van’n openbaringen hulle die evangelie voorgelê wat ek onder die heidene verkondig; en afsonderlik aan die wat in aansien was, datek nie miskien tevergeefs sou loop of geloop het nie.

3 Maar selfs is Titus, wat by my was, niegedwing om besny te word nie, alhoewel hy ’n Griek is;

4 en dit vanweë die ingesmokkeldevalse broederswat ingesluip het omons vryheid te bespied wat ons in Christus Jesus het,sodat hulle ons in diensbaarheid kon bring;

5 aan wie ons selfs nie ’n oomblik in onderworpenheid toegegee het nie, sodat die waarheid van die evangelie by julle bestendig sou bly.

6 Maar van die wat in aansien was — wat hulle vroeër was, maak by my geen verskil nie; God neem die persoon van die mens nie aan nie — hulle dan wat in aansien was, het my niks meer opgelê nie.

7 Maar, inteendeel, toe hulle sien dat aan mydie evangelie vir die onbesnedenestoevertrou is, net soos aan Petrus dié vir die besnedenes

8 — want Hy wat Petrus bekragtig het met die oog op die apostelskap vir die besnedenes,het my ook bekragtig met die oog op die heidene —

9 en toe hulle merk die genade wat aan my gegee is, hetJakobus enCéfas en Johannes, wat aspilare geag is, aan my enBárnabas die regterhand van gemeenskap gegee, sodat ons na die heidene en hulle na die besnedenes kon gaan;

10 alleen moes onsaan die armes dink,wat ek my juis ook beywer het om te doen.

11 Maar toe Petrus inAntiochíë gekom het, het ek hom openlik teëgestaan, omdat hy veroordeeld gestaan het.

12 Want voordat sommige vanJakobus af gekom het,was hy gewoond om saam met die heidene te eet; maar ná hulle koms het hy hom teruggetrek en hom eenkant gehou uit vrees virdie wat uit die besnydenis is.

13 En saam met hom het ook die ander Jode geveins, sodat selfs Bárnabas hom laat meevoer het deur hulle geveins.

14 Maar toe ek sien dat hulle nie reguit loop volgens die waarheid van die evangelie nie, het ek vir Petrus in teenwoordigheid van almal gesê: As jy wat ’n Jood is, soos ’n heiden lewe en nie soos ’n Jood nie, waarom dwing jy die heidene om soos Jode te lewe?

15 Ons wat van nature Jode en niesondaars uit die heidene is nie,

16 terwyl ons weet datdie mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maaralleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.

17 Maar as ons wat streef om in Christus geregverdig te word, self ooksondaars bevind is, is Christus dan ’n dienaar van die sonde? Nee, stellig nie!

18 Want as ek weer opbou wat ek afgebreek het, dan betoon ek myself ’n oortreder;

19 wantdeur die wet isek vir die wet doodom vir God te lewe.

20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van Godwat my liefgehad het enHomself vir my oorgegee het.

21 Ek verwerp nie die genade van God nie; wantas daar geregtigheid deur die wet is, dan hetChristus tevergeefs gesterwe.

GALÁSIËRS 3

Die wet is onmagtig om te red, maar dit lei na Christus en die geloof.

1 o, ONVERSTANDIGE Galásiërs, wie het julle betowerom die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig?

2 Dit alleen wil ek van julle weet:het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet ofuit die prediking van die geloof?

3 Is julle so onverstandig? Nadat jullemet die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees?

4 Het julle verniet so baie gely? As dit maar verniet was!

5 Hy wat julle dan die Gees verleen enkragte onder julle werk,doen Hy dituit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof?

6 Net soosAbraham in God geglo het, en dit is hom tot geregtigheid gereken.

7 Julle verstaan dan datdie wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham.

8 Endie Skrif wat vooruit gesien het dat Goddie heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde:In jou sal al die volke geseën word.

9 Sodat diewat uit die geloof is, geseën word saam met die gelowige Abraham.

10 Want almal wat uit die werke van die wet is,is onder die vloek; want daar is geskrywe:Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie.

11 Endat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik; wantdie regverdige sal uit die geloof lewe.

12 Maar die wet is nie uit die geloof nie, maardie mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe.

13 Christus hetons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ’n vloek te word — want daar is geskrywe:Vervloek is elkeen wataan ’n hout hang —

14 sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat onsdie belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang.

15 Broeders, ek spreekmenslikerwys: selfs ’n mens se testament wat bekragtig is, maak niemand tot niet of voeg daaraan toe nie.

16 Nou isaan Abrahamdie beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een:En aan jou saad, dit is Christus.

17 Maar ek sê dít: die wetwat vierhonderd-en-dertig jaar later gekom het, maak die verbond wat deur God in Christus vantevore bekragtig is, nie kragteloos omdie belofte tot niet te maak nie.

18 Want as die erfenis uit die wet is, dan is dit nie meer uit die belofte nie. Maar God het dit aan Abraham deur ’n belofte genadiglik geskenk.

19 Wat beteken die wet dan?Dit is bygevoeg weens die oortredinge, totdatdie saad aan wie die belofte gedoen is, sou kom; en dit isdeur engele beskikdeur tussenkoms van ’n middelaar.

20 Endie middelaar is nie net vir een nie; maar God is een.

21 Is die wet dan teen die beloftes van God? Nee, stellig nie! Want as daar ’n wet gegee was wat krag het om lewend te maak, dan sou die geregtigheid werklik uit die wet wees.

22 Maardie Skrif hetalles ingesluit onder die sonde, sodat die belofte uit die geloof in Jesus Christus aan die gelowiges gegee kon word.

23 Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word.

24 Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe,sodat ons geregverdig kan word uit die geloof.

25 Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ’n tugmeester nie.

26 Wantjulle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus;

27 wantjulle almal wat in Christus gedoop is,het julle met Christus beklee.

28 Daar isniemeerJood of Griek nie, daar isniemeerslaaf of vryman nie, daar is niemeerman en vrou nie; wantjulle is almal een in Christus Jesus.

29 En as julle aan Christus behoort,dan is julle die nageslag van Abraham envolgens die belofte erfgename.

GALÁSIËRS 4

Die evangelie maak vry van die wet.

1 MAAR ek sê: So lank asdie erfgenaam ’n kind is, verskil hy niks van ’n dienskneg nie, al is hy heer van alles;

2 maar hy staan onder voogde en bestuurders tot op die tyd tevore deur die vader bepaal.

3 So was ons ook, toe ons kinders was,in diensbaarheid onderdie eerste beginsels van die wêreld.

4 Maartoe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur,gebore uit ’n vrou, geboreonder die wet,

5 om die wat onder die wet was, los te koop, sodatons die aanneming tot kinders kan ontvang.

6 En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader!

7 Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind;en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus.

8 Maar destyds, toe julle God nie geken het nie, het julle dié gedien watvan nature geen gode is nie;

9 maar nou dat julle God ken, of liewer deur God geken is, hoe keer julle weer terug totdie swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien?

10 Julle neemdae enmaande en tye en jare waar.

11 Ek vrees vir julledat ek miskien tevergeefs aan julle gearbei het.

12 Broeders, ek bid julle, word soos ek, want ek is ook soos julle. Julle het my geen onreg aangedoen nie;

13 maar julle weetdat ek ten gevolge van krankheid van die vleesdie eerste keer die evangelie aan julle verkondig het;

14 en julle het my beproewing in my vlees nie verag of verfoei nie, maar julle het my ontvang as ’n engel van God, ja,as Christus Jesus.

15 Wat was dan julle saligprysing? Want ek getuig van julle dat julle, as dit moontlik was, jul oë uitgegrawe en vir my sou gegee het.

16 Het ek dan julle vyand geword deur julle die waarheid te vertel?

17 Hulleywer vir julle is nie goed nie, maar hulle wil ons buitesluit, sodat julle vir hulle kan ywer.

18 Dit is goed as daar altyd geywer word in ’n goeie saak en nie alleen wanneer ek by julle teenwoordig is nie,

19 my kinders, vir wie ek weer in barensnood is totdatChristus in julle ’n gestalte verkry.

Sara en Hagar, voorbeelde van die twee verbonde.

20 EN ek sou wens om nou by julle teenwoordig te wees en my stem te verander, want ek is buite raad met julle.

21 Julle wat onder die wet wil wees, sê vir my, luister julle nie na die wet nie?

22 Want daar is geskrywe dat Abraham twee seuns gehad het,een uit die slavin eneen uit die vrye.

23 Maardie een uit die slavin is gebore na die vlees, endie ander een uit die vrye deur die belofte.

24 Dit is sinnebeelde, want dié vroue staan vir twee verbonde: een, van die berg Sinai afkomstig,wat vir die slawerny kinders baar — dit is Hagar;

25 want Hagar staan vir die berg Sinai inArabië en kom ooreen met die teenswoordige Jerusalem enis met haar kinders saam in slawerny.

26 MaarJerusalem daarbo is vry; en dit is die moeder van ons almal.

27 Want daar is geskrywe:Verbly jou, onvrugbare wat nie baar nie; breek uit en roep, jy wat geen barensnood het nie, want die kinders van die eensame is meer as van haar wat ’n man het.

28 Maar ons, broeders, is soos Isak,kinders van die belofte;

29 maar soos destydshy wat na die vlees gebore is, hom wat na die Gees was, vervolg het, so is dit nou ook.

30 Maar wat sê die Skrif?Werp die slavin en haar seun uit, want nooit mag die seun van die slavin saam met die seun van die vrye erwe nie.

31 Daarom, broeders, ons is nie kinders van die slavin nie, maar van die vrye.

GALÁSIËRS 5

Vermaning om die Christelike vryheid te handhaaf.

1 STAAN dan vas indie vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder diejuk van diensbaarheid bring nie.

2 Kyk, ek, Paulus, sê vir julle datas julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie.

3 En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny,dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou.

4 Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus;julle het van die genade verval.

5 Want ónsverwag deur die Gees uit die geloof die geregtigheid waarop ons hoop.

6 Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maardie geloof wat deur die liefde werk.

7 Julle het goed geloop: wie het julle verhinderom die waarheid gehoorsaam te wees?

8 Hierdie oortuiging kom nievan Hom wat julle roep nie.

9 ’n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur.

10 Ek vertrou van julle in die Here dat julle nie anders sal dink nie; maardie een wat julle in die war bring, sal die oordeel dra, wie dit ook mag wees.

11 Maar ek, broeders,as ek nog die besnydenis verkondig,waarom word ek nog vervolg? Danis die struikelblok van die kruis vernietig!

12 Ag, asdie wat julle opstandig maak, hulleself tog maar ook wou vermink!

13 Want julle istot vryheid geroep, broeders;gebruiknet nie julle vryheid as ’n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.

14 Wantdie hele wet word vervul in een woord, naamlik:Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

15 Maar as julle mekaar byt en opeet, pas op dat julle nie die een deur die ander verteer word nie.

Die werke van die vlees en die vrug van die Gees.

16 MAAR ek sê:Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;

17 wantdie vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodatjulle nie kan doen wat julle wil nie.

18 Maar as julledeur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.

19 En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel,hoerery, onreinheid, ongebondenheid;

20 afgodery, towery, vyandskap,twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap;

21 afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, datdie wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.

22 Maardie vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid,vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.

23 Teen sulke dinge is die wet nie.

24 Maar die wat aan Christus behoort,het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig.

25 As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.

26 Laat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie.

GALÁSIËRS 6

Laaste vermaninge. Groete.

1 BROEDERS, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moetjulle wat geestelik is, so een reghelpmet die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie.

2 Dra mekaar se laste envervul sodie wet van Christus.

3 Wantas iemand meen dat hy iets is, terwyl hy niks is nie, mislei hy homself.

4 Maar laat elkeensy eie werk op die proef stel; en dan sal hy grond vir roem hê alleen wat homself betref en nie wat die ander betref nie.

5 Wantelkeen sal sy eie pak dra.

6 Maar laat hom wat in die Woord onderwys ontvang,meedeel van alle goeie dinge aan hom wat onderwys gee.

7 Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie;want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.

8 Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.

9 Enlaat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maaias ons nie verslap nie.

10 Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aandie huisgenote van die geloof.

11 Kyk met watter groot letters ekmet my eie hand aan julle skrywe.

12 Almal wat ’n mooi vertoning in die vlees wil maak,dié dwing julle om julle te laat besny netom nie ter wille van die kruis van Christus vervolg te word nie.

13 Want ook hulle wat besny word, hou self nie die wet nie; maar hulle wil hê dat julle besny moet word, sodat hulle in julle vlees kan roem.

14 Maar wat my betref,mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld virmy gekruisig is en ek vir die wêreld.

15 Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar’n nuwe skepsel.

16 En mag daarvrede en barmhartigheid wees oor almal watsal wandel volgens hierdie reël, en oordie Israel van God!

17 Verder moet niemand my moeite aandoen nie, wantek dra die littekens van die Here Jesus in my liggaam.

18 Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle gees, broeders! Amen.

II KORINTHIËRS 1

Opskrif en seëngroet.

1 PAULUS,’n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, enTimótheüs, die broeder, aan die gemeente van God wat inKorinthe is, saammet al die heiliges wat in die hele Acháje is:

2 Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus.

Danksegging van Paulus vir die vertroostinge wat God hom geskenk het.

3 GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting,

4 wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word.

5 Want soosdie lyde van Christus oorvloedig is in ons, so is ons troos ook oorvloedig deur Christus.

6 Maar of ons verdruk word,dit is julle tot troos en redding; en dit laat sy werking blyk deurdat julle dieselfde lyding verduur wat ons ook ondergaan; en of ons getroos word, dit is julle tot troos en redding.

7 En ons hoop vir julle is vas, omdat ons weet datnet soos julle deelgenote is aan die lyding, so ook aan die troos.

8 Want ons wil nie hê, broeders, dat julle onbekend moet wees metons verdrukking wat oor ons in Asië gekom het nie, dat ons dit bo ons krag uitermate swaar gehad het, sodat ons selfs aanons lewe gewanhoop het.

9 Ja, ons het al self by onsself die doodvonnis oor ons gehad, sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op Godwat die dode opwek;

10 wat ons verlos het uit so ’n groot doodsgevaar en nog verlos; op wie ons hoop dat Hy ook nog sal verlos,

11 terwyl julle ook vir ons saamwerk deur die gebed, sodat daar vir die genadegaweaan ons deur baie persone op baie maniere vir ons gedank mag word.

Redes waarom Paulus sy besoek aan Korinthe uitgestel het.

12 WANT ons roem is dit: die getuienis van ons gewete dat ons ineenvoudigheid enreinheid van God,nie in vleeslike wysheid nie, maar in die genade van God in die wêreld verkeer het, en veral by julle.

13 Want ons skryf aan julle niks anders as wat julle lees of ook verstaan nie, en ek hoop dat julle dit ook tot die einde toe sal verstaan,

14 soos julle ook gedeeltelik van ons verstaan het dat ons julleroem is, net soos julle ook ons roem isin die dag van die Here Jesus.

15 En in hierdie vertrouewou ek vroeër na julle kom, dat julle’n tweede genade kan ontvang,

16 en by julle langs deurgaan na Macedónië,om weer van Macedónië af by julle te kom en deur jullevoortgehelp te word na Judéa.

17 Het ek dan miskien ligsinnig gehandel toe ek my dit voorgeneem het? Of wat ek my voorneem, neem ek my dit voor na die vlees sodat by mytegelykis: ja ja, en nee nee?

18 So waar as God getrou is — ons woord tot julle was nie ja en nee nie!

19 Want die Seun van God, Jesus Christus, wat deur ons onder julle verkondig is, deur my enSilvánus enTimótheüs, was nie ja en nee nie, maar was ja in Hom.

20 Wanthoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons.

21 Maar Hy wat ons saam met julle bevestig in Christus enons gesalf het, is God,

22 wat ons ookverseël het endie Gees as onderpand in ons harte gegee het.

23 Maar ek roep God as getuie aan oor my siel dat ekom julle te spaar nog nie na Korinthe gekom het nie —

24 nie dat ons heers oor julle geloof nie, maar ons is medewerkers aan julle blydskap; wantin die geloof staan julle vas.

II KORINTHIËRS 2

1 MAAR dit het ek by myself besluit, omnie weer in droefheid na julle te kom nie.

2 Want as ek julle bedroef maak, wie is hy dan wat my kan verbly anders as hy wat deur my bedroef gemaak is?

3 En ek het juis dit aan julle geskrywe, datek nie by my koms droefheid mag hê deur hulle oor wie ek my moes verbly nie, omdat ek die vertroue in julle almal het dat my blydskap dié van julle almal is.

4 Want uit groot verdrukking en benoudheid van hart hetek aan julle geskrywe, onder baie trane, nie dat julle bedroef mag word nie, maar dat julle mag weet van die liefde wat ek oorvloedig vir julle het.

5 Maaras iemand droefheid veroorsaak het, dan het hy my nie bedroef nie, maar — ek wil nie oordryf nie — min of meer julle almal.

6 Vir so iemand is daardie bestraffing deurdie meerderheid genoeg;

7 sodat julle daarenteenhom liewer moet vergewe en vertroos, dat so iemand nie miskien deur al te groot droefheid verteer word nie.

8 Daarom vermaan ek julle om die liefde aan hom te bevestig.

9 Want daarom het ek ook geskrywe om julle beproefdheid te weet, ofjulle in alles gehoorsaam is.

10 Aan wiejulle iets vergewe, vergeef ek ook; want wie ek ook vergeef het — as ek iets vergeef het — dit was om julle ontwil voor die aangesig van Christus, sodat ons nie deurdie Satan bedrieg sou word nie;

11 wantons is met sy planne nie onbekend nie.

12 Maar toe ek inTroas gekom het om die evangelie van Christus te verkondig, hoewel’n deur vir my in die Here geopen was, het ek geen rus vir my gees gehad nie, omdat ekmy broeder Titus nie aangetref het nie;

13 maar ek het van hulle afskeid geneem enna Macedónië vertrek.

Die aard en vrug van die bediening van Paulus.

14 MAAR God sy dank wat ons altydlaat triomfeer in Christus en watdie reuk van sy kennis deur ons oral versprei.

15 Want ons is ’n aangename geur van Christus tot eer van God onderdie wat gered word en onderdie wat verlore gaan;

16 vir die laaste ’n reuk van die dood tot die dood, maar vir die eerste ’n reuk van die lewe tot die lewe. Enwie is tot hierdie dinge bekwaam?

17 Want ons is nie soos baie wat handel dryf met die woord van God nie; maar as uitopregtheid, maar as uit God, in die teenwoordigheid van God, spreek ons in Christus.