GALÁSIËRS 5

Vermaning om die Christelike vryheid te handhaaf.

1 STAAN dan vas indie vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder diejuk van diensbaarheid bring nie.

2 Kyk, ek, Paulus, sê vir julle datas julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie.

3 En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny,dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou.

4 Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus;julle het van die genade verval.

5 Want ónsverwag deur die Gees uit die geloof die geregtigheid waarop ons hoop.

6 Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maardie geloof wat deur die liefde werk.

7 Julle het goed geloop: wie het julle verhinderom die waarheid gehoorsaam te wees?

8 Hierdie oortuiging kom nievan Hom wat julle roep nie.

9 ’n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur.

10 Ek vertrou van julle in die Here dat julle nie anders sal dink nie; maardie een wat julle in die war bring, sal die oordeel dra, wie dit ook mag wees.

11 Maar ek, broeders,as ek nog die besnydenis verkondig,waarom word ek nog vervolg? Danis die struikelblok van die kruis vernietig!

12 Ag, asdie wat julle opstandig maak, hulleself tog maar ook wou vermink!

13 Want julle istot vryheid geroep, broeders;gebruiknet nie julle vryheid as ’n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.

14 Wantdie hele wet word vervul in een woord, naamlik:Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

15 Maar as julle mekaar byt en opeet, pas op dat julle nie die een deur die ander verteer word nie.

Die werke van die vlees en die vrug van die Gees.

16 MAAR ek sê:Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;

17 wantdie vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodatjulle nie kan doen wat julle wil nie.

18 Maar as julledeur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.

19 En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel,hoerery, onreinheid, ongebondenheid;

20 afgodery, towery, vyandskap,twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap;

21 afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, datdie wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.

22 Maardie vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid,vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.

23 Teen sulke dinge is die wet nie.

24 Maar die wat aan Christus behoort,het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig.

25 As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.

26 Laat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

2 + 15 =