GALÁSIËRS 4

Die evangelie maak vry van die wet.

1 MAAR ek sê: So lank asdie erfgenaam ’n kind is, verskil hy niks van ’n dienskneg nie, al is hy heer van alles;

2 maar hy staan onder voogde en bestuurders tot op die tyd tevore deur die vader bepaal.

3 So was ons ook, toe ons kinders was,in diensbaarheid onderdie eerste beginsels van die wêreld.

4 Maartoe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur,gebore uit ’n vrou, geboreonder die wet,

5 om die wat onder die wet was, los te koop, sodatons die aanneming tot kinders kan ontvang.

6 En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader!

7 Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind;en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus.

8 Maar destyds, toe julle God nie geken het nie, het julle dié gedien watvan nature geen gode is nie;

9 maar nou dat julle God ken, of liewer deur God geken is, hoe keer julle weer terug totdie swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien?

10 Julle neemdae enmaande en tye en jare waar.

11 Ek vrees vir julledat ek miskien tevergeefs aan julle gearbei het.

12 Broeders, ek bid julle, word soos ek, want ek is ook soos julle. Julle het my geen onreg aangedoen nie;

13 maar julle weetdat ek ten gevolge van krankheid van die vleesdie eerste keer die evangelie aan julle verkondig het;

14 en julle het my beproewing in my vlees nie verag of verfoei nie, maar julle het my ontvang as ’n engel van God, ja,as Christus Jesus.

15 Wat was dan julle saligprysing? Want ek getuig van julle dat julle, as dit moontlik was, jul oë uitgegrawe en vir my sou gegee het.

16 Het ek dan julle vyand geword deur julle die waarheid te vertel?

17 Hulleywer vir julle is nie goed nie, maar hulle wil ons buitesluit, sodat julle vir hulle kan ywer.

18 Dit is goed as daar altyd geywer word in ’n goeie saak en nie alleen wanneer ek by julle teenwoordig is nie,

19 my kinders, vir wie ek weer in barensnood is totdatChristus in julle ’n gestalte verkry.

Sara en Hagar, voorbeelde van die twee verbonde.

20 EN ek sou wens om nou by julle teenwoordig te wees en my stem te verander, want ek is buite raad met julle.

21 Julle wat onder die wet wil wees, sê vir my, luister julle nie na die wet nie?

22 Want daar is geskrywe dat Abraham twee seuns gehad het,een uit die slavin eneen uit die vrye.

23 Maardie een uit die slavin is gebore na die vlees, endie ander een uit die vrye deur die belofte.

24 Dit is sinnebeelde, want dié vroue staan vir twee verbonde: een, van die berg Sinai afkomstig,wat vir die slawerny kinders baar — dit is Hagar;

25 want Hagar staan vir die berg Sinai inArabië en kom ooreen met die teenswoordige Jerusalem enis met haar kinders saam in slawerny.

26 MaarJerusalem daarbo is vry; en dit is die moeder van ons almal.

27 Want daar is geskrywe:Verbly jou, onvrugbare wat nie baar nie; breek uit en roep, jy wat geen barensnood het nie, want die kinders van die eensame is meer as van haar wat ’n man het.

28 Maar ons, broeders, is soos Isak,kinders van die belofte;

29 maar soos destydshy wat na die vlees gebore is, hom wat na die Gees was, vervolg het, so is dit nou ook.

30 Maar wat sê die Skrif?Werp die slavin en haar seun uit, want nooit mag die seun van die slavin saam met die seun van die vrye erwe nie.

31 Daarom, broeders, ons is nie kinders van die slavin nie, maar van die vrye.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

three × five =