GALÁSIËRS 2

1 DAARNA, veertien jaar later,het ek weer na Jerusalem opgegaan metBárnabas, enTitus ook saamgeneem.

2 Maar ek het opgegaan op grond van’n openbaringen hulle die evangelie voorgelê wat ek onder die heidene verkondig; en afsonderlik aan die wat in aansien was, datek nie miskien tevergeefs sou loop of geloop het nie.

3 Maar selfs is Titus, wat by my was, niegedwing om besny te word nie, alhoewel hy ’n Griek is;

4 en dit vanweë die ingesmokkeldevalse broederswat ingesluip het omons vryheid te bespied wat ons in Christus Jesus het,sodat hulle ons in diensbaarheid kon bring;

5 aan wie ons selfs nie ’n oomblik in onderworpenheid toegegee het nie, sodat die waarheid van die evangelie by julle bestendig sou bly.

6 Maar van die wat in aansien was — wat hulle vroeër was, maak by my geen verskil nie; God neem die persoon van die mens nie aan nie — hulle dan wat in aansien was, het my niks meer opgelê nie.

7 Maar, inteendeel, toe hulle sien dat aan mydie evangelie vir die onbesnedenestoevertrou is, net soos aan Petrus dié vir die besnedenes

8 — want Hy wat Petrus bekragtig het met die oog op die apostelskap vir die besnedenes,het my ook bekragtig met die oog op die heidene —

9 en toe hulle merk die genade wat aan my gegee is, hetJakobus enCéfas en Johannes, wat aspilare geag is, aan my enBárnabas die regterhand van gemeenskap gegee, sodat ons na die heidene en hulle na die besnedenes kon gaan;

10 alleen moes onsaan die armes dink,wat ek my juis ook beywer het om te doen.

11 Maar toe Petrus inAntiochíë gekom het, het ek hom openlik teëgestaan, omdat hy veroordeeld gestaan het.

12 Want voordat sommige vanJakobus af gekom het,was hy gewoond om saam met die heidene te eet; maar ná hulle koms het hy hom teruggetrek en hom eenkant gehou uit vrees virdie wat uit die besnydenis is.

13 En saam met hom het ook die ander Jode geveins, sodat selfs Bárnabas hom laat meevoer het deur hulle geveins.

14 Maar toe ek sien dat hulle nie reguit loop volgens die waarheid van die evangelie nie, het ek vir Petrus in teenwoordigheid van almal gesê: As jy wat ’n Jood is, soos ’n heiden lewe en nie soos ’n Jood nie, waarom dwing jy die heidene om soos Jode te lewe?

15 Ons wat van nature Jode en niesondaars uit die heidene is nie,

16 terwyl ons weet datdie mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maaralleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.

17 Maar as ons wat streef om in Christus geregverdig te word, self ooksondaars bevind is, is Christus dan ’n dienaar van die sonde? Nee, stellig nie!

18 Want as ek weer opbou wat ek afgebreek het, dan betoon ek myself ’n oortreder;

19 wantdeur die wet isek vir die wet doodom vir God te lewe.

20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van Godwat my liefgehad het enHomself vir my oorgegee het.

21 Ek verwerp nie die genade van God nie; wantas daar geregtigheid deur die wet is, dan hetChristus tevergeefs gesterwe.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

seventeen − 10 =