II KORINTHIËRS 2

1 MAAR dit het ek by myself besluit, omnie weer in droefheid na julle te kom nie.

2 Want as ek julle bedroef maak, wie is hy dan wat my kan verbly anders as hy wat deur my bedroef gemaak is?

3 En ek het juis dit aan julle geskrywe, datek nie by my koms droefheid mag hê deur hulle oor wie ek my moes verbly nie, omdat ek die vertroue in julle almal het dat my blydskap dié van julle almal is.

4 Want uit groot verdrukking en benoudheid van hart hetek aan julle geskrywe, onder baie trane, nie dat julle bedroef mag word nie, maar dat julle mag weet van die liefde wat ek oorvloedig vir julle het.

5 Maaras iemand droefheid veroorsaak het, dan het hy my nie bedroef nie, maar — ek wil nie oordryf nie — min of meer julle almal.

6 Vir so iemand is daardie bestraffing deurdie meerderheid genoeg;

7 sodat julle daarenteenhom liewer moet vergewe en vertroos, dat so iemand nie miskien deur al te groot droefheid verteer word nie.

8 Daarom vermaan ek julle om die liefde aan hom te bevestig.

9 Want daarom het ek ook geskrywe om julle beproefdheid te weet, ofjulle in alles gehoorsaam is.

10 Aan wiejulle iets vergewe, vergeef ek ook; want wie ek ook vergeef het — as ek iets vergeef het — dit was om julle ontwil voor die aangesig van Christus, sodat ons nie deurdie Satan bedrieg sou word nie;

11 wantons is met sy planne nie onbekend nie.

12 Maar toe ek inTroas gekom het om die evangelie van Christus te verkondig, hoewel’n deur vir my in die Here geopen was, het ek geen rus vir my gees gehad nie, omdat ekmy broeder Titus nie aangetref het nie;

13 maar ek het van hulle afskeid geneem enna Macedónië vertrek.

Die aard en vrug van die bediening van Paulus.

14 MAAR God sy dank wat ons altydlaat triomfeer in Christus en watdie reuk van sy kennis deur ons oral versprei.

15 Want ons is ’n aangename geur van Christus tot eer van God onderdie wat gered word en onderdie wat verlore gaan;

16 vir die laaste ’n reuk van die dood tot die dood, maar vir die eerste ’n reuk van die lewe tot die lewe. Enwie is tot hierdie dinge bekwaam?

17 Want ons is nie soos baie wat handel dryf met die woord van God nie; maar as uitopregtheid, maar as uit God, in die teenwoordigheid van God, spreek ons in Christus.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

nineteen − one =