II KORINTHIËRS 1

Opskrif en seëngroet.

1 PAULUS,’n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, enTimótheüs, die broeder, aan die gemeente van God wat inKorinthe is, saammet al die heiliges wat in die hele Acháje is:

2 Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus.

Danksegging van Paulus vir die vertroostinge wat God hom geskenk het.

3 GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting,

4 wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word.

5 Want soosdie lyde van Christus oorvloedig is in ons, so is ons troos ook oorvloedig deur Christus.

6 Maar of ons verdruk word,dit is julle tot troos en redding; en dit laat sy werking blyk deurdat julle dieselfde lyding verduur wat ons ook ondergaan; en of ons getroos word, dit is julle tot troos en redding.

7 En ons hoop vir julle is vas, omdat ons weet datnet soos julle deelgenote is aan die lyding, so ook aan die troos.

8 Want ons wil nie hê, broeders, dat julle onbekend moet wees metons verdrukking wat oor ons in Asië gekom het nie, dat ons dit bo ons krag uitermate swaar gehad het, sodat ons selfs aanons lewe gewanhoop het.

9 Ja, ons het al self by onsself die doodvonnis oor ons gehad, sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op Godwat die dode opwek;

10 wat ons verlos het uit so ’n groot doodsgevaar en nog verlos; op wie ons hoop dat Hy ook nog sal verlos,

11 terwyl julle ook vir ons saamwerk deur die gebed, sodat daar vir die genadegaweaan ons deur baie persone op baie maniere vir ons gedank mag word.

Redes waarom Paulus sy besoek aan Korinthe uitgestel het.

12 WANT ons roem is dit: die getuienis van ons gewete dat ons ineenvoudigheid enreinheid van God,nie in vleeslike wysheid nie, maar in die genade van God in die wêreld verkeer het, en veral by julle.

13 Want ons skryf aan julle niks anders as wat julle lees of ook verstaan nie, en ek hoop dat julle dit ook tot die einde toe sal verstaan,

14 soos julle ook gedeeltelik van ons verstaan het dat ons julleroem is, net soos julle ook ons roem isin die dag van die Here Jesus.

15 En in hierdie vertrouewou ek vroeër na julle kom, dat julle’n tweede genade kan ontvang,

16 en by julle langs deurgaan na Macedónië,om weer van Macedónië af by julle te kom en deur jullevoortgehelp te word na Judéa.

17 Het ek dan miskien ligsinnig gehandel toe ek my dit voorgeneem het? Of wat ek my voorneem, neem ek my dit voor na die vlees sodat by mytegelykis: ja ja, en nee nee?

18 So waar as God getrou is — ons woord tot julle was nie ja en nee nie!

19 Want die Seun van God, Jesus Christus, wat deur ons onder julle verkondig is, deur my enSilvánus enTimótheüs, was nie ja en nee nie, maar was ja in Hom.

20 Wanthoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons.

21 Maar Hy wat ons saam met julle bevestig in Christus enons gesalf het, is God,

22 wat ons ookverseël het endie Gees as onderpand in ons harte gegee het.

23 Maar ek roep God as getuie aan oor my siel dat ekom julle te spaar nog nie na Korinthe gekom het nie —

24 nie dat ons heers oor julle geloof nie, maar ons is medewerkers aan julle blydskap; wantin die geloof staan julle vas.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

sixteen − eleven =