I SAMUEL 19

Jónatan kies Dawid se kant.

1 DAARNA het Saul met sy seun Jónatan en met al sy dienaars gespreek om Dawid dood te maak; maar Jónatan, die seun van Saul,het baie van Dawid gehou;

2 en Jónatan het dit aan Dawid meegedeel en gesê: My vader Saul soek geleentheid om jou dood te maak: pas dan nou môre vroeg op en hou jou verborge en steek jou weg.

3 Dan sal ek uitgaan en langs my vader gaan staan in die veld waar jy is, en ek sal met my vader oor jou spreek; en as ek iets sien, sal ek jou dit meedeel.

4 Jónatan het toe goed van Dawid gespreek by sy vader Saul en vir hom gesê: Laat die koning hom tog nie besondig aan sy dienaar Dawid nie, omdat hy nie teen u gesondig het nie, en omdat sy handelwyse u geheel ten goede kom:

5 hy het sy lewe gewaag endie Filistyn verslaan, endieHerehet aan die hele Israel ’n groot oorwinning besorg. U het dit gesien en u was bly; waarom sal u dan aanonskuldige bloed u besondig deur Dawid sonder oorsaak dood te maak?

6 En Saul het na Jónatan geluister, en Saul het gesweer:So waar as dieHereleef, hy sal nie gedood word nie!

7 Daarop het Jónatan Dawid geroep, en Jónatan het al hierdie woorde aan hom meegedeel. En Jónatan het Dawid na Saul gebring, en hy was voor homsoos gister en eergister.

8 En toe daar weer oorlog kom, het Dawid uitgetrek en teen die Filistyne geveg en ’n groot slag onder hulle geslaan, sodat hulle voor hom uit gevlug het.

Saul probeer om Dawid uit die weg te ruim, sodat hy na Samuel vlug. Saul onder die profete.

9 MAAR ’n bose gees van dieHerehet oor Saul gekom terwyl hy in sy huis sit met sy spies in sy hand en Dawidmet die hand op die snare speel.

10 Toe probeer Saul om Dawid met die spies teen die muur vas te steek, maar hy het vir Saul gekoes, sodat hy die spies teen die muur vasgooi. En Dawid het gevlug en daardie nag vrygekom.

11 Maar Saul het boodskappers na Dawid se huis gestuur om hom te bewaak en hom die môre vroeg dood te maak. Maar sy vrou Migal het dit aan Dawid meegedeel en gesê: As jy nie vannag jou lewe red nie, word jy môre gedood.

12 Migalhet Dawid toe deur die venster laat afsak; en hy het weggegaan en gevlug en vrygekom.

13 Daarop neem Migal die huisgod en lê dit op die bed neer, en sy sit die net van bokhaar aan sy koppenent en bedek dit met ’n kombers.

14 Toe Saul dan boodskappers stuur om Dawid te gaan haal, sê sy: Hy is siek.

15 Daarop stuur Saul die boodskappers om Dawid te besoek met die opdrag: Bring hom met bed en al na my toe, dat ek hom kan ombring.

16 Toe die boodskappers inkom, lê die huisgod daar op die bed en die net van bokhaar aan sy koppenent!

17 En Saul sê vir Migal: Waarom het jy my so bedrieg en my vyand laat gaan, sodat hy vrygekom het? Maar Migal het Saul geantwoord: Hy het vir my gesê: Laat my gaan,of ek maak jou dood.

18 Intussen het Dawid gevlug en vrygeraak en by Samuel inRama gekom en hom meegedeel alles wat Saul hom aangedoen het. Toe het hy saam met Samuel weggegaan, en hulle het in Najot gebly.

19 En aan Saul is meegedeel en gesê: Kyk, Dawid is in Najot by Rama.

20 Daarop stuur Saul boodskappers om Dawid te gaan haal.Maar toe hulle die skare profete sien profeteer, met Samuel as leier aan hulle hoof, het die Gees van God oor die boodskappers van Saul gekom, sodat hulle ookgeprofeteer het.

21 Toe hulle dit aan Saul meedeel, het hy ander boodskappers gestuur, maar hulle het ook geprofeteer; en Saul het die derde keer weer boodskappers gestuur, maar hulle het ook geprofeteer.

22 En hy het self ook na Rama gegaan en by die groot put gekom wat by Segu is, en gevra en gesê: Waar is Samuel en Dawid? En hulle antwoord: Daar in Najot by Rama.

23 Hierop gaan hy daarheen, na Najot by Rama; en die Gees van God het ook oor hom gekom, sodat hy aldeur geloop en profeteer het totdat hy in Najot by Rama aangekom het.

24 Hy het ook self sy klere uitgetrek en ook voor Samuel geprofeteer en ontbloot neergeval daardiehele dag en die hele nag. Daarom sê hulle:Is Saul ook onder die profete?

I SAMUEL 20

Die verbond tussen Dawid en Jónatan.

1 TOE het Dawid gevlug uit Najot by Rama, en hy het by Jónatan gekom en gevra: Wat het ek gedoen? Wat is my misdaad, en wat is my sonde voor jou vader, dat hy my lewe soek?

2 Maar hy sê vir hom: Volstrek nie! Jy sal nie sterwe nie. Kyk, my vader doen geen ding, klein of groot, sonder om dit aan my te openbaar nie; waarom sou my vader dan hierdie saak vir my wegsteek? Dit is nie so nie.

3 Toe sweer Dawid verder en sê: Jou vader weet baie goeddat ek guns in jou oë gevind het; daarom het hy gedink: Laat Jónatan dit nie weet nie, anders word hy bedroef. Maarso waar as dieHereleefen jou siel leef, daar is maar net een tree tussen my en die dood!

4 En Jónatan het Dawid geantwoord: Wat jy begeer, sal ek vir jou doen.

5 Toe sê Dawid vir Jónatan: Kyk, môre is ditnuwemaan, en ek moet sekerlik met die koning saam aansit om te eet; maar laat my gaan,dat ek my wegsteek in die veld tot oormôre-aand.

6 As jou vader my inderdaad mis, moet jy sê: Dawid het my dringend verlof gevra om gouna sy stad Betlehem te loop, want daar is diejaarlikse offer vir die hele geslag.

7 As hy so sê: Goed! dan is jou dienaar veilig; maar as hy baie kwaad word, weet dan dat die onheil van sy kant vas besluit is.

8 Bewys dan guns aan jou dienaar,want jy het jou dienaar met jou saam in ’n verbond van dieHeregebring.Maar as daar by my ’n misdaad is, maak jy my dan self dood — waarom tog sou jy my na jou vader bring?

9 Toe sê Jónatan: Moenie so dink nie! Want as ek sekerlik bemerk dat die onheil van my vader se kant vas besluit is om oor jou te kom, sou ek jou dit dan nie te kenne gee nie?

10 En Dawid het Jónatan gevra: Wie sal my dit te kenne gee of jou vader jou miskien ’n harde antwoord gee?

11 En Jónatan sê vir Dawid: Kom, laat ons uitgaan die veld in. En hulle twee het die veld ingegaan.

12 Daarop sê Jónatan vir Dawid: DieHere, die God van Israel,is getuiedat ek my vader môre of oormôre op hierdie tyd sal uitvra; en as dit gunstig is vir Dawid, sal ek dan nie na jou stuur en jou dit openbaar nie?

13 Mag dieHereso aan Jónatan doen en so daaraan toedoen: as my vader goedvind om onheil oor joute bring,dan sal ek jou dit openbaar en jou laat gaan, dat jy veilig kan wegkom; enmag dieHeremet jou wees soos Hy met my vader gewees het.

14 En sal jy my nie, as ek dan nog lewe, die guns van dieHerebewys nie, sodat ek nie sterwe nie?

15 Jy sal ook nimmer aan my huis jou guns onttrek nie; wanneer dieHeredie vyande van Dawid, een vir een, van die aarde af uitroei nie.

16 So het Jónatan dan’n verbondgesluit met die huis van Dawid.En dieHerehet dit geëis van die hand van Dawid se vyande.

17 En Jónatan het Dawid weer laat sweer by sy liefde vir hom;want hy het hom liefgehad met die liefde van sy siel.

18 Verder het Jónatan vir hom gesê:Môre is dit nuwemaan, en jy sal gemis word, want jou sitplek sal leeg wees.

19 Maar oormôre moet jy sekerlik afkom en gaan nadie plek waar jy jou op die werkdag weggesteek het, en jy moet langs die klip Esel gaan sit.

20 Dan sal ek drie pyle aan die kant daarvan skiet asof ek na ’n teiken skiet.

21 En kyk, ek sal die dienaar stuuren sê:Gaan soek die pyle! As ek uitdruklik aan die dienaar sê: Daar is die pyle, van jou af duskant toe, bring dit — dan kan jymaarkom; want jy is veilig en daar is niks nie, so waar as dieHereleef!

22 Maar as ek só aan die jongman sê: Daar lê die pyle van jou af, verder — gaan dan weg, want dieHerestuur jou weg.

23 En watdie saak aangaan wat ons bespreek het, ek en jy — kyk, dieHereis tussen my en jou tot in ewigheid.

24 Daarop het Dawid hom in die veld weggesteek. En toe dit nuwemaan was, gaan die koning aan die maaltyd sit om te eet —

25 die koning het op sy sitplek gaan sit soos die vorige kere, op die sitplek teen die muur; en Jónatan het opgestaan, en Abner het langs Saul gesit, maar Dawid se plek was leeg.

26 En Saul het dié dag niks gepraat nie, want hy het gedink: Daar het iets met hom gebeur dathy nie rein is nie; waarlik, hy is nie rein nie.

27 Maar toe op die volgende, die tweede dag na die nuwemaan, Dawid se plek leeg was, sê Saul vir sy seun Jónatan: Waarom kom die seun van Ísai gister sowel as vandag nie na die maaltyd nie?

28 En Jónatan het Saul geantwoord:Dawid het my dringend verlof gevra na Betlehem toe

29 en gesê: Laat my tog gaan, want ons het ’n familie-offer in die stad, en my broer self het my laat roep. As ek dan nou guns in jou oë gevind het, laat my tog heengaan om my broers te besoek. Daarom het hy nie aan die koning se tafel gekom nie.

30 Toe ontvlam die toorn van Saul teen Jónatan, en hy sê vir hom: Jou ontaarde, wederstrewige seun, weet ek nie dat jy die seun van Ísai verkies tot jou skande en tot skande van jou moeder se naaktheid nie?

31 Want al die dae dat die seun van Ísai op die aarde lewe, sal jy en jou koningskap nie bevestig word nie; stuur dan nou en bring hom na my, want hy moet sterwe.

32 En Jónatan het sy vader Saul geantwoord en vir hom gesê:Waarom moet hy gedood word, wat het hy gedoen?

33 Daaropgooi Saul die spies na hom om hom te tref. Toe Jónatan dan merk datdit van sy vader se kant vas besluit was om Dawid dood te maak,

34 staan Jónatan op van die tafel in gloeiende toorn, en hy het geen brood geëet op die tweede dag van die nuwemaan nie, want hy was bedroef oor Dawid, omdat sy vader hom smadelik bejeën het.

35 Dievolgendemôre gaan Jónatan, volgens afspraak met Dawid, na die veld toe uit, en ’n jong dienaar met hom saam.

36 En hy sê aan die dienaar: Loop soek tog die pyle wat ek afskiet. En terwyl die dienaar loop, skiet hy ’n pyl dwarsoor hom heen.

37 Toe die dienaar dan by die plek kom waar Jónatan die pyl geskiet het, roep Jónatan die dienaar agterna en sê:Lê die pyl nie van jou af, verder nie?

38 En Jónatan roep die dienaar agterna: Maak gou, hardloop, moenie bly staan nie. En die dienaar van Jónatan het die pyl opgetel en by sy heer gekom.

39 Maar die dienaar het van niks geweet nie: net Jónatan en Dawid het van die saak geweet.

40 Toe gee Jónatan sy wapens aan die dienaar wat by hom was, en sê vir hom: Gaan, bring dit na die stad.

41 Terwyl die dienaar huis toe gaan, staan Dawid op van die suidekant en val met sy aangesig op die aarde en buig drie maal; daarna het hulle mekaar gesoen en saam geween, totdat Dawid hardop gesnik het.

42 En Jónatan sê vir Dawid:Gaan in vrede, omdat ons twee in die Naam van dieHeregesweer en gesê het: DieHeresal tussen my en jou wees, en tussen my nageslag en jou nageslag vir altyd.

43 Daarna het hy opgestaan en weggegaan, maarJónatan het die stad in geloop.

I SAMUEL 21

Dawid as vlugteling in Nob. Gat en die spelonk van Adúllam.

1 EN Dawid het inNob gekom by die priester Ahiméleg; en Ahiméleg het Dawidbewend tegemoetgegaan en hom gevra: Waarom is u alleen, en is daar niemand by u nie?

2 En Dawid sê aan die priester Ahiméleg: Die koning het my ’n opdrag gegee en aan my gesê: Laat geen mens iets van die saak weet waarvoor ek jou stuur en wat ek jou opdra nie. Daarom het ek die dienaars ’n sekere plek aangewys.

3 Maar nou, wat is hier by u? Gee vyf brode in my hand, of wat beskikbaar is.

4 En die priester het Dawid geantwoord en gesê: Hier is geen gewone brood by my nie; hier is netheilige brood.As die dienaars hulle maar net vir vroue in ag geneem het.

5 Toe antwoord Dawid die priester en sê vir hom: Sekerlik is die vroue aan ons onthou soos altyd wanneer ek uittrek. Dus is die uitrustings van die dienaars heilig, alhoeweldit ’n ongewyde onderneming is — hoeveel te meer as hulle vandag deur die uitrusting geheilig word!

6 Toe gee die priester hom die heiligebrood,want daar was geen ander brood nie, behalwe die toonbrode wat voor die aangesig van dieHereweggeneem word, om vars brood neer te sit op die dag as dit weggeneem word.

7 Maar daar was ’n man uit die dienaars van Saul wat dieselfde dag opgesluit was voor die aangesig van dieHere, en sy naam wasDoëg, die Edomiet, die opsigter oor die veewagters van Saul.

8 En Dawid sê vir Ahiméleg: Is hier nie ’n spies of ’n swaard by u nie? Want ek het my swaard sowel as my wapens nie met my saamgeneem nie, omdat die opdrag van die koning dringend was.

9 Toe sê die priester:Die swaard van Góliat, die Filistyn, wat u indie dal van die terpentynboom verslaan het, hier is dit in ’n mantel toegedraai, agter die skouerkleed; as u dit vir u wil neem, neem dit, want behalwe dit is hier geen ander nie. Toe sê Dawid: Daar is nie nog so een nie, gee dit aan my.

10 En Dawid het hom klaargemaak en dié dag van Saul af weggevlug en by Agis, die koning vanGat, gekom.

11 Maar die dienaars van Agis het hom gevra: Is dit nie Dawid, die koning van die land nie? Het hulle nie vir homin die koordansegesing nie en gesê: Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende?

12 EnDawid het hierdie woorde ter harte geneem en baie bevrees geword vir Agis, die koning van Gat.

13 Daarom het hy hom voor hulle oë kranksinnig aangestel en hom mal gehou onder hulle hand en op die deure van die poort gekrap en sy speeksel in sy baard laat afloop.

14 Daarop sê Agis aan sy dienaars: Julle sien tog die man is kranksinnig, waarom bring julle hom na my toe?

15 Het ek gebrek aan kranksinniges, dat julle hierdie een bring om sy kranksinnigheid by my uit te haal? Moet so een in my huis inkom?

I SAMUEL 22

1 EN Dawid het daarvandaan weggegaan en ontvlug na diespelonk vanAdúllam; en toe sy broers en sy hele familie dit hoor, het hulle daarheen afgetrek na hom.

2 Verder het by hom vergader elkeen wat in benoudheid was, en elkeen wat ’n skuldeiser gehad het, en elkeen wat verbitterd was; en hy het owerste oor hulle geword, sodat daar omtrentvierhonderd man met hom saam was.

3 Vandaar gaan Dawid toe na Mispe in Moab en sê aandie koning van Moab: Laat my vader en my moeder tog uitkom by julle totdat ek weet wat God met my wil doen.

4 En hy het hulle voor die koning van Moab gebring, en hulle het by hom gebly al die dae wat Dawid in die bergvesting was.

5 Maar die profeetGad het vir Dawid gesê: Jy mag nie in die bergvesting bly nie; trek weg en gaan die land Juda in. En Dawid het weggetrek en in die bos Héret gekom.

Saul laat die priesters en die inwoners van Nob vermoor.

6 TOE Saul hoor dat Dawid en die manne wat by hom was, opgemerk is — Saul het byGíbea op die hoogte onder die tamarisk gesit met sy spies in sy hand, en al sy dienaars het by hom gestaan —

7 het Saul aan sy dienaars wat by hom staan, gesê: Luister tog, Benjaminiete! Sal die seun van Ísai ook vir julle almal lande en wingerde gee, julle almal aanstel as owerstes oor duisend en owerstes oor honderd,

8 dat julle almal teen my saamspan en niemand dit aan my openbaar asmy seun met die seun van Ísai ’n verbond sluit nie? en niemand van julle met my medelyde het en dit aan my openbaar dat my seun my onderdaan teen my ophits om my voor te lê, soos vandag die geval is nie?

9 Daarop antwoordDoëg, die Edomiet, wat by die dienaars van Saul staan, en sê: Ek het die seun van Ísai sien kom inNob by Ahiméleg, die seun van Ahítub.

10 En dié het vir homdieHeregeraadpleeg en hompadkos gegee; hy het ook die swaard van Góliat, die Filistyn, aan hom gegee.

11 Toe stuur die koning om Ahiméleg, die seun van Ahítub, die priester, met sy hele familie, die priesters wat in Nob was, te roep, en hulle het almal na die koning gekom.

12 En Saul het gesê: Luister tog, seun van Ahítub! Toe antwoord hy: Hier is ek, my heer!

13 En Saul sê vir hom: Waarom het julle teen my saamgesweer, jy en die seun van Ísai, deurdat jy vir hom brood en ’n swaard gegee het en God vir hom geraadpleeg het, sodat hy hom as iemand wat my voorlê, teen my sou versit soos vandag die geval is?

14 Toe antwoord Ahiméleg die koning en sê: Maar wie is onder al u dienaars so getrou soos Dawid, wat skoonseun van die koning is en aangesluit het by u lyfwag en geëerd is in u huis?

15 Het ek vandag vir die eerste keer God vir hom geraadpleeg? Dit is ver van my! Die koning moet nie op sy dienaar, op my hele familie, iets lê nie; want u dienaar het van hierdie hele saak, klein of groot, niks af geweet nie.

16 Maar die koning sê: Ahiméleg, jy moet sekerlik sterwe, jy en jou hele familie.

17 En die koning sê aan die hardlopers wat by hom staan: Tree nader en maak die priesters van dieHeredood, omdat hulle hand ook met Dawid saam is en omdat hulle geweet het dat hy vlug en dit nie aan my geopenbaar het nie. Maar die dienaars van die koning wou hulle hand nie uitsteek om op die priesters van dieHereaan te val nie.

18 Daarop sê die koning vir Doëg: Tree jy nader en val op die priesters aan. Toe tree Doëg, die Edomiet, nader en hý val op die priesters aan; en hy het op dié dag vyf-en-tagtig manwat die linneskouerkleed dra, gedood.

19 Ook die priesterstad Nob het hy met die skerpte van die swaard verslaan, man sowel as vrou, kind sowel as suigling, ook die beeste en esels en skape met die skerpte van die swaard.

20 Maar een van die seuns van Ahiméleg, die seun van Ahítub, het vrygeraak, en sy naam wasÁbjatar; hy het agter Dawid aan gevlug.

21 Toe Ábjatar aan Dawid vertel dat Saul die priesters van dieHerevermoor het,

22 sê Dawid vir Ábjatar: Ek het daardie dag toe Doëg, die Edomiet, daar was, geweet dat hy dit sekerlik aan Saul sou vertel. Ek is die oorsaakvan die doodvan al die lede van u familie.

23 Bly by my, wees nie bevrees nie; want die wat my lewe soek, soek u lewe ook; want u is by my in goeie bewaring.

I SAMUEL 23

Dawid verlos Kehíla. Saul sit hom agterna, en hy vernuwe sy verbond met Jónatan.

1 INTUSSEN is aan Dawid meegedeel en gesê: Kyk, die Filistyne veg teenKehíla, en hulle plunder die dorsvloere.

2 Toeraadpleeg Dawid dieHereen vra: Sal ek gaan en daardie Filistyne verslaan? En dieHeresê vir Dawid: Gaan en verslaan die Filistyne en verlos Kehíla.

3 Maar die manne van Dawid sê vir hom: Kyk, hier in Juda is ons al bevrees, hoeveel te meer dan as ons na Kehíla trek teen die slagordes van die Filistyne?

4 Toe raadpleeg Dawid dieHerenog weer, en dieHerehet hom geantwoord en gesê: Maak klaar, trek af na Kehíla, wantEk gee die Filistyne in jou hand.

5 Daarom het Dawid met sy manne na Kehíla getrek en teen die Filistyne geveg en hulle vee weggedrywe en ’n groot slag onder hulle geslaan. So het Dawid dan die inwoners van Kehíla verlos.

6 (By dievlug van Ábjatar, die seun van Ahiméleg, na Dawid, het hy na Kehíla afgekom met die skouerkleed by hom.)

7 Daarop kry Saul berig dat Dawid in Kehíla gekom het, en Saul sê: God het hom in my hand oorgelewer, want hy het homself opgesluit deurdat hy in ’n stad met poorte en grendels ingegaan het.

8 Daarom het Saul al die manskappe vir die geveg opgeroep om af te trek na Kehíla ten einde Dawid en sy manne in te sluit.

9 Toe Dawid gewaar dat Saul onheil teen hom beraam,sê hy aan die priester Ábjatar: Bring die skouerkleed nader.

10 En Dawid sê:Here, God van Israel, u kneg het verseker gehoor dat Saul na Kehíla wil trekom die stad om my ontwil te verwoes.

11 Saldie burgers van Kehíla my in sy hand uitlewer? Sal Saul afkom soos u kneg verneem het?Here, God van Israel, gee u kneg dit tog te kenne! Toe antwoord dieHere: Hy sal afkom.

12 Daarop sê Dawid: Sal die burgers van Kehíla my en my manne in die hand van Saul uitlewer? En dieHereantwoord: Hulle sal uitlewer.

13 En Dawid het klaargemaak met sy manne, omtrentseshonderd man — hulle het uit Kehíla uitgetrek en rondgetrek waar hulle maar kon. Toe Saul berig ontvang dat Dawid uit Kehíla ontsnap het, het hy opgehou om uit te trek.

14 En Dawid het gebly in die woestyn, in die bergvestings, ook op die gebergte in die woestynSif; en Saul het hom aldae gesoek, maar God het hom nie in sy hand oorgegee nie.

15 Maar Dawid het bemerk dat Saul uittrek om sy lewe te soek. Dawid was naamlik in die woestyn Sif, in Hores.

16 Daarop hetJónatan, die seun van Saul, hom klaargemaak en na Dawid in Hores gegaan. En hy het hom bemoedig in God

17 en vir hom gesê: Vrees nie, want die hand van Saul, my vader, sal jou nie vind nie, maar jy sal koning word oor Israel, en ek sal die tweede onder jou wees; enmy vader Saul weet dit ook goed.

18 Toe sluit hulle twee’n verbondvoor die aangesig van dieHere; en Dawid het in Hores gebly, maar Jónatan het na sy huis gegaan.

19 Daarnahet daar Sifiete opgegaan na Saul, naGíbea, en gesê: Steek Dawid hom nie weg by ons in die bergvestings, in Hores, opdie heuwel Hagíla wat suid van die wildernis lê nie?

20 En is dit nou na u hartelus om af te kom, o koning, kom dan af, en ons sal sorg om hom in die hand van die koning uit te lewer.

21 En Saul sê:Mag julle geseënd wees deur dieHere, omdat julle medelyde met my gehad het.

22 Gaan tog heen, maak verder klaar en ondersoek en bekyk die plek waar sy spoor is, wie hom daar gesien het; want aan my is gesê dat hy baie listig is.

23 Daarom, bekyk en ondersoek al die skuilplekke waar hy hom wegsteek, en kom verseker na my terug, dan sal ek met julle saamgaan; en as hy in die land is, sal ek hom opspoor onder al die geslagte van Juda.

24 En hulle het klaargemaak en voor Saul uit na Sif gegaan, terwyl Dawid en sy manne in die woestynMaon was, in die Vlaktesuid van die wildernis.

25 Toe Saul met sy manne trek om hom te soek, is dit aan Dawid geboodskap; daarom het hy afgetrek na die rots en in die woestyn Maon gebly. Maar Saul het dit gehoor en Dawid agternagejaag, die woestyn Maon in.

26 En Saul het aan hierdie kant van die berg getrek, maar Dawid met sy manne was aan die ander kant van die berg. En toe Dawidin angs vlug om van Saul weg te kom, terwyl Saul en sy manne Dawid en sy manne omsingel om hulle te vang,

27 kom daar ’n boodskapper by Saul en sê: Maak gou en kom,want die Filistyne het ’n inval in die land gedoen.

28 Daarop het Saul omgedraai en Dawid nie meer agternagejaag nie, maar die Filistyne tegemoetgetrek. Daarom noem hulle daardie plek Rots van Skeiding.

I SAMUEL 24

Dawid spaar Saul se lewe.

1 EN daarvandaan het Dawid opgetrek en in die bergvestings vanÉngedi gebly.

2 EnN net toe Saul terugkom agter die Filistyne vandaan, is aan hom meegedeel en gesê: Kyk, Dawid is in die woestyn van Éngedi.

3 Daarop het Saul drieduisend uitgesoekte manne uit die hele Israel geneem en heengegaan om Dawid en sy manne te soek teenoor die Steenbokrotse.

4 Toe hy kom by dieskaapkrale langs die pad waar ’n spelonk was, het Saul daar ingegaanom sy voete te bedek,terwyl Dawid en sy manne agter in die spelonk sit.

5 En die manne van Dawid sê aan hom:Kyk, dit is die dag dat dieHereaan u sê: Nou gee Ek jou vyand in jou hand, en maak met hom soos goed is in jou oë. Toe staan Dawid op en sny stilletjies die slip van Saul se mantel af.

6 Maar daarna hetDawid se gewete hom gepla, omdat hy die slip van Saul afgesny het,

7 en hy het aan sy manne gesê: Mag dieHeremy bewaar dat ek so iets aan my heer,die gesalfde van dieHere, sou doen om my hand teen hom uit te steek; want hy is die gesalfde van dieHere.

8 En Dawid het sy manne streng bestraf en hulle nie toegelaat om teen Saul op te staan nie. En Saul het uit die spelonk uit opgestaan en sy koers gegaan.

9 Daarna staan Dawid ook op en gaan uit die spelonk uit en roep agter Saul aan en sê: My heer die koning! Toe Saul agter hom omkyk, buig Dawid met sy aangesig na die aarde toe en val neer.

10 En Dawid sê vir Saul: Waarom luister u na die woorde van mense wat sê: Kyk, Dawid soek u onheil?

11 Kyk, vandag sien u eie oë dat dieHereu vandag in die spelonk in my hand gegee het; enhulle het gesê ek moet u doodmaak, maar ek het u verskoon en gesê: Ek sal my hand nie uitsteek teen my heer nie, want hy is die gesalfde van dieHere.

12 En kyk, my vader, ja, kyk die slip van u mantel in my hand! Want toe ek die slip van u mantel afgesny het, het ek u nie gedood nie. Erken en sien dat daar by my geen kwaad of oortreding is en ek nie teen u gesondig het nie, alhoewel u op my lewe loer om dit weg te neem.

13 DieHeresal oordeel tussen my en u, en dieHeresal my aan u wreek; maar my hand sal teen u nie wees nie.

14 Soos die spreekwoord van die voorvaders sê: Uit die goddelose gaan goddeloosheid uit. Maar my hand sal nie teen u wees nie.

15 Agter wie aan het die koning van Israel uitgetrek? Agter wie kom u aangejaag? Agter ’n dooie hond, agter een enkele vlooi aan!

16 Maar dieHeresal regter wees en oordeel tussen my en u. Ja, mag Hy toesien en my saak verdedig en aan my reg verskaf teenoor u.

17 Toe Dawid hierdie woorde ten einde toe tot Saul gespreek het, sê Saul:Is dit jou stem, my seun Dawid? En Saul het sy stem verhef en geween

18 en aan Dawid gesê: Jy is regverdiger as ek, want jy het aan my goed gedoen terwyl ek aan jou kwaad gedoen het.

19 En jy het vandag bewys dat jy goed aan my gedoen het; dat naamlik dieHeremy in jou hand oorgelewer het, maar jy het my nie gedood nie.

20 Want as iemand sy vyand aantref, sal hy hom op ’n goeie pad laat gaan? Maar dieHeresal jou die goeie vergelde vir wat jy vandag aan my gedoen het.

21 En nou, kyk,ek weet jy sal sekerlik koning word, en die koningskap oor Israel sal in jou hand standhou.

22 Sweer dan nou vir my by dieHeredat jy my geslag ná my nie sal uitroei en my naam uit my familie nie sal uitdelg nie.

23 Toe sweer Dawid vir Saul. En Saul het na sy huis gegaan, maar Dawid en sy manne het na diebergvesting opgetrek.

I SAMUEL 25

Dood van Samuel. Dawid se handelwyse teenoor Nabal en Abígail.

1 ENSamuel het gesterwe, en die hele Israel het saamgekom enoor hom gerouklaag en hom begrawe in sy huis inRama. En Dawid het hom klaargemaak en afgetrek nadie woestyn Paran.

2 En daar was ’n man in Maon wat sy boerdery in Karmel gehad het, en die man was baie vermoënd: hy het drieduisend skape en duisend bokke gehad, en hy was besig om sy skape te skeer in Karmel.

3 En die naam van die man was Nabal, en die naam van sy vrou Abígail; en die vrou het ’n goeie verstand gehad en was mooi van aansien; maar die man was grof en boosaardig, en hy was ’n Kalebiet.

4 Toe Dawid in die woestyn hoor dat Nabal syskape skeer,

5 stuur Dawid tien jongmanne, en Dawid sê aan die jongmanne: Trek op na Karmel en gaan by Nabal in en vra hom in my naam na die welstand;

6 en so moet julle aan die welvarende sê:Mag dit goed gaan met u sowel as met u huis, en goed gaan met alles wat u besit.

7 En nou, ek het gehoor dat u skeerders het; nou ja, u wagters was met ons saam; ons het hulle nie beledig nie, en hullehet ook niks vermis al die dae wat hulle in Karmel was nie.

8 Vra u dienaars, en hulle sal u dit te kenne gee; laat dus die jongmanne guns vind in u oë, want ons het op ’nvrolike dag gekom; gee tog wat u byderhand het aan u dienaars en aan u seun Dawid.

9 Toe het die jongmanne van Dawid gekom en met Nabal in naam van Dawid volgens al hierdie woorde gespreek en verder afgewag.

10 Maar Nabal het die dienaars van Dawid geantwoord en gesê:Wie is Dawid? En wie is die seun van Ísai? Daar is vandag baie dienaarswat hulle losskeur, elkeen van sy heer af.

11 Sou ek dan my brood en my water en my slaggoed wat ek vir my skeerders geslag het, neem en aan manne gee van wie ek nie weet waar hulle vandaan kom nie?

12 Daarop het die jongmanne van Dawid omgedraai op hulle pad, hulle het teruggekeer en aangekom en hom berig gebring volgens al hierdie woorde.

13 Toe sê Dawid aan sy manne: Gord julle elkeen sy swaard aan! Hulle gord toe elkeen sy swaard aan — Dawid het ook sy swaard aangegord — en hulle trek agter Dawid op, omtrentvierhonderd man, terwyl tweehonderdby die pakgoed bly.

14 Maar aan Abígail, die vrou van Nabal, het een van die jongmanne berig gebring en gesê: Kyk, Dawid het boodskappers uit die woestyn gestuurom ons heer te begroet, maar hy het teen hulle uitgevaar.

15 Tog was die manne vir ons baie goed; ook is ons nie beledig nie, en ons het niks vermis al die dae wat ons saam met hulle rondgetrek het toe ons in die veld was nie.

16 Hulle was’n muur om ons, snags sowel as bedags, al die dae wat ons die skape by hulle opgepas het.

17 En nou moet u self ondersoek en kyk wat u moet doen; want die onheil is vas besluit oor ons heer en oor sy hele huis; maar hy self is so’n deugniet dat jy nie met hom kan praat nie.

18 Toe het Abígail goutweehonderd brode geneem en twee sakke wyn en vyf toebereide skape en vyf mate gebraaide koring en honderd rosynekoeke en tweehonderd vyekoeke en dit op esels gesit.

19 En sy het aan haar jongmanne gesê: Trek voor my uit; kyk, ek kom dadelik agter julle aan. Maar aan haar man Nabal het sy niks te kenne gegee nie.

20 En terwyl sy op die esel ry en in ’n kloof van die berg afdaal, kom Dawid en sy manne meteens af haar tegemoet, sodat sy hulle teëgekom het.

21 Dawid het al gedink: Net verniet het ek alles wat aan hierdie man behoort, in die woestyn beskerm, sodat daar nooit iets van sy goed vermis is nie; en hy vergeld my kwaad vir goed.

22 Mag God so aan die vyande van Dawid doen en so daaraan toedoen, as ek van almal wat aan hom behoort, tot môre een laat oorbly wat manlik is.

23 Toe Abígail Dawid sien, het sy gouvan die esel afgeklim envoor Dawid op haar aangesig neergeval en na die aarde toe gebuig.

24 En sy het voor sy voete neergeval en gesê:Op mý, my heer, rus die skuld, maar laat u dienares tog voor u ore mag spreek, en luister na die woorde van u dienares.

25 My heer moet hom tog nie steur aan daardiedeugniet van ’n man, aan Nabal nie; want soos sy naam is, so is hy; sy naam beteken dwaas, en dwaasheid is by hom. Maar wat my betref, u dienares het my heer se jongmanne wat u gestuur het, nie gesien nie.

26 En nou, my heer,so waar as dieHereleef en u siel leef, dit is dieHerewat u teruggehou het om in bloedskuld te geraak en u met eie hand te help; mag dan nou u vyande en die wat onheil soek teen my heer, soos Nabal word.

27 En laat nou hierdie geskenk wat u dienares vir my heer gebring het, aan die jongmanne gegee word wat op my heer se voetspore rondtrek.

28 Vergeef tog die oortreding van u dienares, want dieHeresal sekerlik vir my heer’n bestendige huis stig, omdat my heerdie oorloë van dieHerevoer en in u hele lewe in u geen kwaad gevind is nie.

29 As ’n mens opstaan om u te agtervolg en u lewe te soek, mag die siel van my heer dan saamgebind wees in die bondeltjie van die lewendes by dieHereu God; maar mag Hy die siel van u vyandeuit die holte van die slinger wegslinger.

30 En as dieHereaan my heer sal doen volgens al die goeie wat Hy aan u beloof het, en u aanstel as vors oor Israel,

31 dan sal daar vir u geen struikelblok en vir my heer geen gewetenswroeging wees dat u sonder oorsaak bloed vergiet het en my heer homself hulp verskaf het nie; en as dieHeregoed sal doen aan my heer, moet u aan u dienares dink.

32 Toe sê Dawid vir Abígail:Geseënd is dieHere, die God van Israel, wat jou vandag my tegemoet gestuur het!

33 En geseënd jou verstandigheid en geseënd jy self wat myvandag teëgehou het om in bloedskuld te geraak en my met eie hand te help.

34 Maar so waar as dieHere, die God van Israel, leef wat my verhinder het om aan jou kwaad te doen — as jy my nie gou tegemoetgekom het nie, voorwaar, daar sou van Nabal niemand wat manlik is, tot die môrelig oorgebly het nie!

35 En Dawid het uit haar hand aangeneem wat sy vir hom gebring het, en vir haar gesê:Gaan op in vrede na jou huis! Kyk, ek het na jou geluister enjou in guns aangeneem.

36 Toe Abígail by Nabal kom,het hy juis ’n maaltyd in sy huis aangerig soos die maaltyd van ’n koning; en Nabal se hart was vrolik in hom, en hy was baie dronk; daarom het sy hom niks, klein of groot, meegedeel totdat dit die môre lig word nie.

37 Maar die môre vroeg toe die wyn Nabal verlaat het, deel sy vrou hom dié dinge mee. Daarop het sy hart in sy binneste gesterwe en was hy soos ’n klip.

38 En ná omtrent tien dae het dieHereNabal getref, sodat hy gesterf het.

39 Toe Dawid hoor dat Nabal dood was, sê hy: Geseënd is dieHerewatdie regsaak, in die smaad my aangedoen, teen Nabal verdedig het ensy kneg teruggehou het van die kwaad, terwyl dieHeredie kwaad van Nabal op sy eie hoof laat neerkom het. En Dawid het by Abígail aansoek laat doen om haar vir hom as vrou te neem.

40 Toe het die dienaars van Dawid by Abígail gekom in Karmel en met haar gespreek en gesê: Dawid stuur ons na u om u vir hom as vrou te neem.

41 En sy het opgestaan en met haar aangesig na die aarde gebuig en gesê: Hier is u dienares as slavin om die voete van my heer se dienaars te was.

42 Abígail maak toe gou klaar, en sy het op die esel gery met haar vyf diensmeisies wat op haar voetspoor volg, en agter die boodskappers van Dawid aangegaan. En sy het sy vrou geword.

43 Dawid het ook Ahínoamuit Jísreël geneem,sodat hulle altwee sy vroue geword het.

44 Maar Saul het sy dogterMigal, die vrou van Dawid, gegee aan Palti, die seun van Lais, wat uitGallim was.

I SAMUEL 26

Dawid spaar weer die lewe van Saul.

1 EN dieSifiete het by Saul in Gíbea gekom en gesê: Steek Dawid hom nie weg op die heuwel Hagíla vooraan die wildernis nie?

2 Toe het Saul hom klaargemaak en afgetrek na die woestyn Sif, en met hom saam drieduisend man, uitgesoektes uit Israel, om Dawid te soek in die woestyn Sif.

3 En Saul het laer opgeslaan op die heuwel Hagíla wat vooraan die wildernis langs die pad lê, terwyl Dawid in die woestyn gebly het. Maar toe hy sien dat Saul agter hom aankom die woestyn in —

4 want Dawid het verkenners uitgestuur en verneem dat Saul verseker aankom —

5 maak Dawid hom klaar en gaan na die plek waar Saul in die laer staan; en Dawid het die plek bekyk waar Saul gaan slaap het saam metAbner, die seun van Ner, sy leërowerste; Saul het naamlik geslaap in die wa-laer, terwyl die manskappe rondom hom in die laer was.

6 En Dawid het begin spreek met Ahiméleg, die Hetiet, en metAbísai, dieseun van Serúja, die broer van Joab, en gesê: Wie salmet my saam afgaan na Saul, na die laer toe? En Abísai sê: Ek sal met u saam afgaan.

7 Toe Dawid met Abísai in die nag by die manskappe kom, lê Saul daar en slaap in die wa-laer met sy spiesaan sy koppenent in die grond gesteek, terwyl Abner en die manskappe rondom hom lê.

8 En Abísai sê vir Dawid:Vandag het God u vyand in u hand oorgelewer; laat ek hom tog nou met sy spies in een slag teen die grond vassteek sonder om dit ’n tweede keer te doen.

9 Maar Dawid sê vir Abísai: Bring hom nie om nie, want wie slaan sy hand aandie gesalfde van dieHereen bly ongestraf?

10 Verder sê Dawid: So waar as dieHereleef,sekerlik sal dieHerehom slaan, òfsy dag sal kom dat hy sterwe, òf hy sal aftrekin die geveg en omkom!

11 Mag dieHeremy bewaar dat ek my hand aan die gesalfde van dieHeresou slaan! Maar neem nou tog die spies wat aan sy koppenent is, en die waterkruik, en laat ons weggaan.

12 Toe neem Dawid die spies en die waterkruik van Saul se koppenent weg, en hulle het heengegaan sonder dat iemand dit sien of merk of wakker word; want hulle was almal aan die slaap, omdat’n diepe slaap van dieHereop hulle geval het.

13 En Dawid het deurgegaan na die oorkant en in die verte op die top van die berg gaan staan — die ruimte tussen hulle was groot —

14 en Dawid het geroep na die manskappe en na Abner, die seun van Ner, en gevra: Antwoord jy nie, Abner? Toe antwoord Abner en sê: Wie is jy wat na die koning roep?

15 En Dawid vra vir Abner: Jy is tog ’n man, en wie is soos jy in Israel? Waarom het jy dan nie by jou heer die koning wag gehou nie? Want een uit die volk het ingekom om die koning, jou heer, om te bring.

16 Hierdie ding is nie goed wat jy gedoen het nie! So waar as dieHereleef, voorwaar, julle verdien die dood, omdat julle nie wag gehou het oor julle heer, oor die gesalfde van dieHerenie. En kyk nou, waar is die spies van die koning en die waterkruik wat aan sy koppenent was!

17 Toe herken Saul die stem van Dawid en vra:Is dit jou stem daar, my seun Dawid? En Dawid sê: My stem, my heer die koning!

18 Verder sê hy:Waarom agtervolg my heer sy dienaar tog? Want wat het ek gedoen? Of watter kwaad is daar by my?

19 Laat my heer die koning dan nou luister na die woorde van sy dienaar: AsdieHereu teen my aanhits, bied Hom dan ’n spysoffer aan; maar as dit mensekinders is — vervloek is hulle voor die aangesig van dieHere, omdathulle my vandag verdrywe, sodat ek my nie kan aansluitby die erfdeel van dieHerenie deurdat hulle sê: Gaan weg, dien ander gode!

20 Laat my bloed dan nou nie op die aarde val ver van die aangesig van dieHerenie, want die koning van Israel het uitgetrek omeen enkele vlooi te soek, soos ’n man ’n patrys op die berge agtervolg.

21 Toe sê Saul:Ek het gesondig; kom terug, my seun Dawid, want ek sal jou geen kwaad meer doen nie, omdat my lewe vandag kosbaar was in jou oë; kyk, ek het dwaas gehandel en my grootliks misgaan.

22 En Dawid antwoord en sê: Hier is die spies van die koning; laat dan een van die jongmanne deurkom om dit te haal.

23 DieHeretog vergeld aan elkeen sy regverdigheid en sy getrouheid — dieHerehet u vandag in my hand gegee, maar ek wou nie my hand teen die gesalfde van dieHereuitsteek nie.

24 En kyk, soos vandag u lewe in my oë kosbaar was, mag so my lewe in die oë van dieHerekosbaar wees, en mag Hy my red uit elke benoudheid.

25 Hierop sê Saul vir Dawid:Geseënd is jy, my seun Dawid! Jy sal groot dinge doen en sekerlik die oorhand kry. Daarop het Dawid verder gegaan, en Saul het na sy woonplek teruggekeer.

I SAMUEL 27

Dawid in diens van die Filistyne.

1 EN Dawid het by homself gesê: Nou sal ek een van die dae omkom deur die hand van Saul; daar is vir my niks goeds nie, tensy ek dadelik ontsnap na die land van die Filistyne; dan sal Saul die hoop opgee om my langer in die hele grondgebied van Israel te soek, en ek sal uit sy hand ontsnap.

2 Dawid maak toe klaar, en hy saam met dieseshonderd man wat by hom was, het deurgetrek na Agis, die seun van Maog, die koning vanGat.

3 En Dawid het by Agis gebly in Gat, hy en sy manne, elkeen met sy huisgesin; Dawidmet sy twee vroue, Ahínoam uit Jísreël en Abígail, die vrou van Nabal, die Karmeliet.

4 Toe Saul tyding kry dat Dawid na Gat gevlug het, het hy verder nie meer na hom gesoek nie.

5 En Dawid het vir Agis gesê: Asek dan guns in u oë gevind het, laat hulle my tog ’n plek gee in een van die plattelandse stede, dat ek daar kan woon; waarom tog sou u dienaar in die koninklike stad by u woon?

6 Daarop gee Agis dieselfde dagSiklag aan hom; daarom het Siklag aan die konings van Juda behoort tot vandag toe.

7 En die getal dae wat Dawid in die land van die Filistyne gewoon het, was een jaar en vier maande.

8 En Dawid het met sy manne opgetrek, en hulle het dieGesuriete en die Girsiete en dieAmalekiete oorval, want hulle was van ouds die bewoners van die landin die rigting van Sur en tot aan Egipteland.

9 En so dikwels as Dawid die land oorval, laat hy geen man of vrou lewe nie, en neem kleinvee en beeste en esels en kamele en klere saam. En as hy teruggaan en by Agis kom,

10 vra Agis: Waar het julle vandag ’n inval gedoen? Dan sê Dawid: In die Suidland van Juda en in die Suidland vandie Jeragmeëliete en in die Suidland vandie Keniete.

11 Maar geen man of vrou het Dawid laat lewe om dié na Gat te bring nie, want hy het gedink: Anders sal hulle ons aangee en sê: So het Dawid gehandel. En dit was sy manier al die dae wat hy in die land van die Filistyne gewoon het.

12 En Agis het Dawid vertrou en gesê: Hy het homself vir goed by sy volk, by Israel, gehaat gemaak en sal vir altyd my onderdaan wees.

I SAMUEL 28

Saul raadpleeg die towerheks van En-Dor.

1 EN toe die Filistyne in dié dae hulle leër versamel vir oorlog om teen Israel te veg, sê Agis vir Dawid: Jy moet goed verstaan dat jy met my saam in die leër moet uittrek, jy en jou manne.

2 Daarop sê Dawid vir Agis: Goed, u weet wel wat u dienaar moet doen. En Agis sê vir Dawid: Goed, ek sal jou vir altyd aanstel as my lyfwag.

3 En Samuel het gesterwe, en hulle het oor hom gerouklaag, die hele Israel, en hom begrawe inRama, naamlik in sy stad. En Saul hetdie dodebesweerders en die waarsêers uit die land verwyder.

4 Daarop het die Filistyne bymekaargekom en ingetrek en laer opgeslaan inSunem. En Saul het die hele Israel versamel, en hulle het laer opgeslaan opGilbóa.

5 Toe Saul die leër van die Filistyne sien, het hy bevrees geword, en sy hart het baie gebewe.

6 En Saul het dieHeregeraadpleeg, maardieHerehet hom nie geantwoord nie — niedeur drome en nie deur dieUrim en nie deur die profete nie.

7 En Saul sê aan sy dienaars: Soek julle vir my ’n vrouwat ’n dodebesweerster is, dat ek na haar kan gaan en haar raadpleeg. En sy dienaars sê vir hom: Daar is ’n vrou, ’n dodebesweerster, inEn-Dor.

8 Daarop het Saul hom onkenbaar gemaak en ander klere aangetrek en weggegaan, hy en twee manne saam met hom. En toe hulle in die nag by die vrou aankom, sê hy:Voorspel tog vir my deur die gees van ’n afgestorwene en laat vir my opkom die een wat ek jou sal noem.

9 Maar die vrou sê vir hom: Jy weet tog self wat Saul gedoen het; hoe hydie dodebesweerders en waarsêers uit die land uitgeroei het. Waarom stel jy dan ’n val vir my op om my dood te maak?

10 Toe sweer Saul vir haar by dieHereen sê: So waar as dieHereleef, geen straf sal jou ter wille hiervan tref nie!

11 En die vrou vra: Wie moet ek vir jou laat opkom? En hy sê: Laat Samuel vir my opkom.

12 Maar toe die vrou Samuel sien, skreeu sy hardop, en die vrou het met Saul gespreek en gesê: Waarom het u my bedrieg? Want u is Saul self.

13 En die koning antwoord haar: Wees nie bevrees nie; maar wat sien jy? En die vrou sê vir Saul: Ek sien ’n bonatuurlike wese uit die aarde opkom.

14 Hy vra haar toe: Hoe is sy voorkoms? En sy antwoord: ’n Ou man kom op met’n mantel om. Toe Saul begryp dat dit Samuel is, buig hy met sy aangesig na die aarde toe en val neer.

15 En Samuel sê vir Saul: Waarom verontrus jy my deur my te laat opkom? En Saul antwoord: Ek is baie benoud, want die Filistyne voer teen my oorlog,en God het van my gewyk enantwoord my nie langer deur die diens van die profete en ook nie deur drome nie; daarom het ek u geroep om my bekend te maak wat ek moet doen.

16 En Samuel sê: Maar waarom raadpleeg jy my terwyl dieHerevan jou gewyk en jou vyand geword het?

17 DieHerehet dan vir Homself gedoen soos Hy deur my diens gespreek het, endieHerehet die koningskap uit jou hand geskeur en dit aan jou naaste, aan Dawid, gegee.

18 Omdat jy nie na die stem van dieHeregeluister en die gloed van sy toorn teen Ámalek nie uitgevoer het nie, daarom het dieHerejou vandag hierdie ding aangedoen.

19 En dieHeresal Israel ook saam met jou in die hand van die Filistyne gee, en môre sal jymet jou seuns by my wees; ook die leër van Israel sal dieHerein die hand van die Filistyne gee.

20 En Saul het plotseling in sy volle lengte op die grond geval en baie bevrees geword deur die woorde van Samuel; buitendien was daar geen krag in hom nie, want hy het die hele dag en die hele nag geen brood geëet nie.

21 Daarop gaan die vrou na Saul; en toe sy sien dat hy baie verskrik was, sê sy vir hom: Kyk, u dienares het na u geluister enmy lewe gewaag en na u woorde geluister wat u tot my gespreek het.

22 En nou moet u self tog luister na u dienares, en laat ek u ’n stukkie brood voorsit, en eet, dat daar krag in u kan wees as u verder gaan.

23 Maar hy het geweier en gesê: Ek wil nie eet nie. Maar toe sy dienaars en die vrou ook by hom aandring, het hy na hulle geluister en opgestaan van die grond af enop die bed gaan sit.

24 En die vrou het ’n kalf in die stal by die huis gehad en dit gou geslag, en sy hetmeel geneem en geknie en daar ongesuurde koeke van gebak.

25 Toe het sy dit aangebring voor Saul en voor sy dienaars, en hulle het geëet en opgestaan en dieselfde nag weggegaan.