I SAMUEL 21

Dawid as vlugteling in Nob. Gat en die spelonk van Adúllam.

1 EN Dawid het inNob gekom by die priester Ahiméleg; en Ahiméleg het Dawidbewend tegemoetgegaan en hom gevra: Waarom is u alleen, en is daar niemand by u nie?

2 En Dawid sê aan die priester Ahiméleg: Die koning het my ’n opdrag gegee en aan my gesê: Laat geen mens iets van die saak weet waarvoor ek jou stuur en wat ek jou opdra nie. Daarom het ek die dienaars ’n sekere plek aangewys.

3 Maar nou, wat is hier by u? Gee vyf brode in my hand, of wat beskikbaar is.

4 En die priester het Dawid geantwoord en gesê: Hier is geen gewone brood by my nie; hier is netheilige brood.As die dienaars hulle maar net vir vroue in ag geneem het.

5 Toe antwoord Dawid die priester en sê vir hom: Sekerlik is die vroue aan ons onthou soos altyd wanneer ek uittrek. Dus is die uitrustings van die dienaars heilig, alhoeweldit ’n ongewyde onderneming is — hoeveel te meer as hulle vandag deur die uitrusting geheilig word!

6 Toe gee die priester hom die heiligebrood,want daar was geen ander brood nie, behalwe die toonbrode wat voor die aangesig van dieHereweggeneem word, om vars brood neer te sit op die dag as dit weggeneem word.

7 Maar daar was ’n man uit die dienaars van Saul wat dieselfde dag opgesluit was voor die aangesig van dieHere, en sy naam wasDoëg, die Edomiet, die opsigter oor die veewagters van Saul.

8 En Dawid sê vir Ahiméleg: Is hier nie ’n spies of ’n swaard by u nie? Want ek het my swaard sowel as my wapens nie met my saamgeneem nie, omdat die opdrag van die koning dringend was.

9 Toe sê die priester:Die swaard van Góliat, die Filistyn, wat u indie dal van die terpentynboom verslaan het, hier is dit in ’n mantel toegedraai, agter die skouerkleed; as u dit vir u wil neem, neem dit, want behalwe dit is hier geen ander nie. Toe sê Dawid: Daar is nie nog so een nie, gee dit aan my.

10 En Dawid het hom klaargemaak en dié dag van Saul af weggevlug en by Agis, die koning vanGat, gekom.

11 Maar die dienaars van Agis het hom gevra: Is dit nie Dawid, die koning van die land nie? Het hulle nie vir homin die koordansegesing nie en gesê: Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende?

12 EnDawid het hierdie woorde ter harte geneem en baie bevrees geword vir Agis, die koning van Gat.

13 Daarom het hy hom voor hulle oë kranksinnig aangestel en hom mal gehou onder hulle hand en op die deure van die poort gekrap en sy speeksel in sy baard laat afloop.

14 Daarop sê Agis aan sy dienaars: Julle sien tog die man is kranksinnig, waarom bring julle hom na my toe?

15 Het ek gebrek aan kranksinniges, dat julle hierdie een bring om sy kranksinnigheid by my uit te haal? Moet so een in my huis inkom?

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

seventeen − eleven =