I SAMUEL 26

Dawid spaar weer die lewe van Saul.

1 EN dieSifiete het by Saul in Gíbea gekom en gesê: Steek Dawid hom nie weg op die heuwel Hagíla vooraan die wildernis nie?

2 Toe het Saul hom klaargemaak en afgetrek na die woestyn Sif, en met hom saam drieduisend man, uitgesoektes uit Israel, om Dawid te soek in die woestyn Sif.

3 En Saul het laer opgeslaan op die heuwel Hagíla wat vooraan die wildernis langs die pad lê, terwyl Dawid in die woestyn gebly het. Maar toe hy sien dat Saul agter hom aankom die woestyn in —

4 want Dawid het verkenners uitgestuur en verneem dat Saul verseker aankom —

5 maak Dawid hom klaar en gaan na die plek waar Saul in die laer staan; en Dawid het die plek bekyk waar Saul gaan slaap het saam metAbner, die seun van Ner, sy leërowerste; Saul het naamlik geslaap in die wa-laer, terwyl die manskappe rondom hom in die laer was.

6 En Dawid het begin spreek met Ahiméleg, die Hetiet, en metAbísai, dieseun van Serúja, die broer van Joab, en gesê: Wie salmet my saam afgaan na Saul, na die laer toe? En Abísai sê: Ek sal met u saam afgaan.

7 Toe Dawid met Abísai in die nag by die manskappe kom, lê Saul daar en slaap in die wa-laer met sy spiesaan sy koppenent in die grond gesteek, terwyl Abner en die manskappe rondom hom lê.

8 En Abísai sê vir Dawid:Vandag het God u vyand in u hand oorgelewer; laat ek hom tog nou met sy spies in een slag teen die grond vassteek sonder om dit ’n tweede keer te doen.

9 Maar Dawid sê vir Abísai: Bring hom nie om nie, want wie slaan sy hand aandie gesalfde van dieHereen bly ongestraf?

10 Verder sê Dawid: So waar as dieHereleef,sekerlik sal dieHerehom slaan, òfsy dag sal kom dat hy sterwe, òf hy sal aftrekin die geveg en omkom!

11 Mag dieHeremy bewaar dat ek my hand aan die gesalfde van dieHeresou slaan! Maar neem nou tog die spies wat aan sy koppenent is, en die waterkruik, en laat ons weggaan.

12 Toe neem Dawid die spies en die waterkruik van Saul se koppenent weg, en hulle het heengegaan sonder dat iemand dit sien of merk of wakker word; want hulle was almal aan die slaap, omdat’n diepe slaap van dieHereop hulle geval het.

13 En Dawid het deurgegaan na die oorkant en in die verte op die top van die berg gaan staan — die ruimte tussen hulle was groot —

14 en Dawid het geroep na die manskappe en na Abner, die seun van Ner, en gevra: Antwoord jy nie, Abner? Toe antwoord Abner en sê: Wie is jy wat na die koning roep?

15 En Dawid vra vir Abner: Jy is tog ’n man, en wie is soos jy in Israel? Waarom het jy dan nie by jou heer die koning wag gehou nie? Want een uit die volk het ingekom om die koning, jou heer, om te bring.

16 Hierdie ding is nie goed wat jy gedoen het nie! So waar as dieHereleef, voorwaar, julle verdien die dood, omdat julle nie wag gehou het oor julle heer, oor die gesalfde van dieHerenie. En kyk nou, waar is die spies van die koning en die waterkruik wat aan sy koppenent was!

17 Toe herken Saul die stem van Dawid en vra:Is dit jou stem daar, my seun Dawid? En Dawid sê: My stem, my heer die koning!

18 Verder sê hy:Waarom agtervolg my heer sy dienaar tog? Want wat het ek gedoen? Of watter kwaad is daar by my?

19 Laat my heer die koning dan nou luister na die woorde van sy dienaar: AsdieHereu teen my aanhits, bied Hom dan ’n spysoffer aan; maar as dit mensekinders is — vervloek is hulle voor die aangesig van dieHere, omdathulle my vandag verdrywe, sodat ek my nie kan aansluitby die erfdeel van dieHerenie deurdat hulle sê: Gaan weg, dien ander gode!

20 Laat my bloed dan nou nie op die aarde val ver van die aangesig van dieHerenie, want die koning van Israel het uitgetrek omeen enkele vlooi te soek, soos ’n man ’n patrys op die berge agtervolg.

21 Toe sê Saul:Ek het gesondig; kom terug, my seun Dawid, want ek sal jou geen kwaad meer doen nie, omdat my lewe vandag kosbaar was in jou oë; kyk, ek het dwaas gehandel en my grootliks misgaan.

22 En Dawid antwoord en sê: Hier is die spies van die koning; laat dan een van die jongmanne deurkom om dit te haal.

23 DieHeretog vergeld aan elkeen sy regverdigheid en sy getrouheid — dieHerehet u vandag in my hand gegee, maar ek wou nie my hand teen die gesalfde van dieHereuitsteek nie.

24 En kyk, soos vandag u lewe in my oë kosbaar was, mag so my lewe in die oë van dieHerekosbaar wees, en mag Hy my red uit elke benoudheid.

25 Hierop sê Saul vir Dawid:Geseënd is jy, my seun Dawid! Jy sal groot dinge doen en sekerlik die oorhand kry. Daarop het Dawid verder gegaan, en Saul het na sy woonplek teruggekeer.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

two + eight =