I SAMUEL 23

Dawid verlos Kehíla. Saul sit hom agterna, en hy vernuwe sy verbond met Jónatan.

1 INTUSSEN is aan Dawid meegedeel en gesê: Kyk, die Filistyne veg teenKehíla, en hulle plunder die dorsvloere.

2 Toeraadpleeg Dawid dieHereen vra: Sal ek gaan en daardie Filistyne verslaan? En dieHeresê vir Dawid: Gaan en verslaan die Filistyne en verlos Kehíla.

3 Maar die manne van Dawid sê vir hom: Kyk, hier in Juda is ons al bevrees, hoeveel te meer dan as ons na Kehíla trek teen die slagordes van die Filistyne?

4 Toe raadpleeg Dawid dieHerenog weer, en dieHerehet hom geantwoord en gesê: Maak klaar, trek af na Kehíla, wantEk gee die Filistyne in jou hand.

5 Daarom het Dawid met sy manne na Kehíla getrek en teen die Filistyne geveg en hulle vee weggedrywe en ’n groot slag onder hulle geslaan. So het Dawid dan die inwoners van Kehíla verlos.

6 (By dievlug van Ábjatar, die seun van Ahiméleg, na Dawid, het hy na Kehíla afgekom met die skouerkleed by hom.)

7 Daarop kry Saul berig dat Dawid in Kehíla gekom het, en Saul sê: God het hom in my hand oorgelewer, want hy het homself opgesluit deurdat hy in ’n stad met poorte en grendels ingegaan het.

8 Daarom het Saul al die manskappe vir die geveg opgeroep om af te trek na Kehíla ten einde Dawid en sy manne in te sluit.

9 Toe Dawid gewaar dat Saul onheil teen hom beraam,sê hy aan die priester Ábjatar: Bring die skouerkleed nader.

10 En Dawid sê:Here, God van Israel, u kneg het verseker gehoor dat Saul na Kehíla wil trekom die stad om my ontwil te verwoes.

11 Saldie burgers van Kehíla my in sy hand uitlewer? Sal Saul afkom soos u kneg verneem het?Here, God van Israel, gee u kneg dit tog te kenne! Toe antwoord dieHere: Hy sal afkom.

12 Daarop sê Dawid: Sal die burgers van Kehíla my en my manne in die hand van Saul uitlewer? En dieHereantwoord: Hulle sal uitlewer.

13 En Dawid het klaargemaak met sy manne, omtrentseshonderd man — hulle het uit Kehíla uitgetrek en rondgetrek waar hulle maar kon. Toe Saul berig ontvang dat Dawid uit Kehíla ontsnap het, het hy opgehou om uit te trek.

14 En Dawid het gebly in die woestyn, in die bergvestings, ook op die gebergte in die woestynSif; en Saul het hom aldae gesoek, maar God het hom nie in sy hand oorgegee nie.

15 Maar Dawid het bemerk dat Saul uittrek om sy lewe te soek. Dawid was naamlik in die woestyn Sif, in Hores.

16 Daarop hetJónatan, die seun van Saul, hom klaargemaak en na Dawid in Hores gegaan. En hy het hom bemoedig in God

17 en vir hom gesê: Vrees nie, want die hand van Saul, my vader, sal jou nie vind nie, maar jy sal koning word oor Israel, en ek sal die tweede onder jou wees; enmy vader Saul weet dit ook goed.

18 Toe sluit hulle twee’n verbondvoor die aangesig van dieHere; en Dawid het in Hores gebly, maar Jónatan het na sy huis gegaan.

19 Daarnahet daar Sifiete opgegaan na Saul, naGíbea, en gesê: Steek Dawid hom nie weg by ons in die bergvestings, in Hores, opdie heuwel Hagíla wat suid van die wildernis lê nie?

20 En is dit nou na u hartelus om af te kom, o koning, kom dan af, en ons sal sorg om hom in die hand van die koning uit te lewer.

21 En Saul sê:Mag julle geseënd wees deur dieHere, omdat julle medelyde met my gehad het.

22 Gaan tog heen, maak verder klaar en ondersoek en bekyk die plek waar sy spoor is, wie hom daar gesien het; want aan my is gesê dat hy baie listig is.

23 Daarom, bekyk en ondersoek al die skuilplekke waar hy hom wegsteek, en kom verseker na my terug, dan sal ek met julle saamgaan; en as hy in die land is, sal ek hom opspoor onder al die geslagte van Juda.

24 En hulle het klaargemaak en voor Saul uit na Sif gegaan, terwyl Dawid en sy manne in die woestynMaon was, in die Vlaktesuid van die wildernis.

25 Toe Saul met sy manne trek om hom te soek, is dit aan Dawid geboodskap; daarom het hy afgetrek na die rots en in die woestyn Maon gebly. Maar Saul het dit gehoor en Dawid agternagejaag, die woestyn Maon in.

26 En Saul het aan hierdie kant van die berg getrek, maar Dawid met sy manne was aan die ander kant van die berg. En toe Dawidin angs vlug om van Saul weg te kom, terwyl Saul en sy manne Dawid en sy manne omsingel om hulle te vang,

27 kom daar ’n boodskapper by Saul en sê: Maak gou en kom,want die Filistyne het ’n inval in die land gedoen.

28 Daarop het Saul omgedraai en Dawid nie meer agternagejaag nie, maar die Filistyne tegemoetgetrek. Daarom noem hulle daardie plek Rots van Skeiding.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

fifteen + 2 =