I SAMUEL 24

Dawid spaar Saul se lewe.

1 EN daarvandaan het Dawid opgetrek en in die bergvestings vanÉngedi gebly.

2 EnN net toe Saul terugkom agter die Filistyne vandaan, is aan hom meegedeel en gesê: Kyk, Dawid is in die woestyn van Éngedi.

3 Daarop het Saul drieduisend uitgesoekte manne uit die hele Israel geneem en heengegaan om Dawid en sy manne te soek teenoor die Steenbokrotse.

4 Toe hy kom by dieskaapkrale langs die pad waar ’n spelonk was, het Saul daar ingegaanom sy voete te bedek,terwyl Dawid en sy manne agter in die spelonk sit.

5 En die manne van Dawid sê aan hom:Kyk, dit is die dag dat dieHereaan u sê: Nou gee Ek jou vyand in jou hand, en maak met hom soos goed is in jou oë. Toe staan Dawid op en sny stilletjies die slip van Saul se mantel af.

6 Maar daarna hetDawid se gewete hom gepla, omdat hy die slip van Saul afgesny het,

7 en hy het aan sy manne gesê: Mag dieHeremy bewaar dat ek so iets aan my heer,die gesalfde van dieHere, sou doen om my hand teen hom uit te steek; want hy is die gesalfde van dieHere.

8 En Dawid het sy manne streng bestraf en hulle nie toegelaat om teen Saul op te staan nie. En Saul het uit die spelonk uit opgestaan en sy koers gegaan.

9 Daarna staan Dawid ook op en gaan uit die spelonk uit en roep agter Saul aan en sê: My heer die koning! Toe Saul agter hom omkyk, buig Dawid met sy aangesig na die aarde toe en val neer.

10 En Dawid sê vir Saul: Waarom luister u na die woorde van mense wat sê: Kyk, Dawid soek u onheil?

11 Kyk, vandag sien u eie oë dat dieHereu vandag in die spelonk in my hand gegee het; enhulle het gesê ek moet u doodmaak, maar ek het u verskoon en gesê: Ek sal my hand nie uitsteek teen my heer nie, want hy is die gesalfde van dieHere.

12 En kyk, my vader, ja, kyk die slip van u mantel in my hand! Want toe ek die slip van u mantel afgesny het, het ek u nie gedood nie. Erken en sien dat daar by my geen kwaad of oortreding is en ek nie teen u gesondig het nie, alhoewel u op my lewe loer om dit weg te neem.

13 DieHeresal oordeel tussen my en u, en dieHeresal my aan u wreek; maar my hand sal teen u nie wees nie.

14 Soos die spreekwoord van die voorvaders sê: Uit die goddelose gaan goddeloosheid uit. Maar my hand sal nie teen u wees nie.

15 Agter wie aan het die koning van Israel uitgetrek? Agter wie kom u aangejaag? Agter ’n dooie hond, agter een enkele vlooi aan!

16 Maar dieHeresal regter wees en oordeel tussen my en u. Ja, mag Hy toesien en my saak verdedig en aan my reg verskaf teenoor u.

17 Toe Dawid hierdie woorde ten einde toe tot Saul gespreek het, sê Saul:Is dit jou stem, my seun Dawid? En Saul het sy stem verhef en geween

18 en aan Dawid gesê: Jy is regverdiger as ek, want jy het aan my goed gedoen terwyl ek aan jou kwaad gedoen het.

19 En jy het vandag bewys dat jy goed aan my gedoen het; dat naamlik dieHeremy in jou hand oorgelewer het, maar jy het my nie gedood nie.

20 Want as iemand sy vyand aantref, sal hy hom op ’n goeie pad laat gaan? Maar dieHeresal jou die goeie vergelde vir wat jy vandag aan my gedoen het.

21 En nou, kyk,ek weet jy sal sekerlik koning word, en die koningskap oor Israel sal in jou hand standhou.

22 Sweer dan nou vir my by dieHeredat jy my geslag ná my nie sal uitroei en my naam uit my familie nie sal uitdelg nie.

23 Toe sweer Dawid vir Saul. En Saul het na sy huis gegaan, maar Dawid en sy manne het na diebergvesting opgetrek.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

5 × four =