II KRONIEKE 25

Amásia, koning van Juda, oorwin die Edomiete, maar verval in afgodery en word deur Joas, koning van Israel, oorwin. Sy dood.

1 VYF-EN-TWINTIG jaar oud, het Amásia koning geword, en hy het negen-en-twintig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Joáddan, van Jerusalem.

2 En hy het gedoen wat reg was in die oë van dieHere, maar niemet ’n volkome hart nie.

3 En toe die koninklike mag in sy besit was, het hy sy dienaars, die moordenaars van sy vader, die koning, gedood;

4 hulle kinders ewenwel het hy nie gedood nie, maargedoensoos geskrywe is in die wet, in die boek van Moses, waar dieHeredít beveel het: Die vaders moet nie vir die kinders sterwe, en die kinders moet nie vir die vaders sterwe nie; maar hulle moet elkeen vir sy eie sonde sterwe.

5 En Amásia het Juda bymekaar laat kom en hulle opgestel volgens die families, volgens die owerstes oor duisend en volgens die owerstes oor honderd, die hele Juda en Benjamin, en hy het hulle gemonstervan twintig jaar oud en daarbo, en bevind dat hulledriehonderdduisend uitgesoektes was wat op kommando moes uittrek, wat spies en skild hanteer.

6 Ook het hy uit Israel honderdduisend dapper helde vir honderd talente silwer gehuur.

7 Toe kom daar ’n man van God na hom en sê:oKoning, laat die kommando van Israel nie saam met u gaan nie, want dieHereis nie met Israel, met al die kinders van Efraim nie.

8 Maar gaan ualleen,tree moedig op in die geveg; God sal u laat val voor die vyand; want by God is krag om te help of te laat val.

9 Maar Amásia sê aan die man van God: En wat moet met die honderd talente gemaak word wat ek aan die troepe van Israel gegee het? En die man van God antwoord: DieHerekan u baie meer gee as dit.

10 Toe het Amásia hulle afgesonder, naamlik die troepe wat uit Efraim na hom gekom het, om na hulle woonplek te trek; maar hulle het baie kwaad geword vir Juda en teruggegaan na hulle woonplek in gloeiende toorn.

11 Maar Amásia het moed geskep en sy manskappe aangevoer endie Soutdal ingetrek endie kinders van Seïr, tienduisend, verslaan.

12 En tienduisend het die kinders van Juda lewendig as gevangenes weggevoer en hulle op die top vandie krans gebring en hulle van die top van die krans afgegooi, sodat hulle almal verpletter is.

13 Maar die manskappe van die troepewat Amásia laat teruggaan het om nie saam met hom in die oorlog te trek nie, het ’n plundertog onderneem in die stede van Juda, van Samaría af tot byBet-Horon, en drieduisend van hulle verslaan en baie buit geroof.

14 En nadat Amásia tuisgekom het van die verslaan van die Edomiete,het hy die gode van die kinders van Seïr gebring en hulle vir hom as gode opgestel en hom voor hulle neergebuig en vir hulle offerrook laat opgaan.

15 Toe ontvlam die toorn van dieHereteen Amásia, en Hy stuur ’n profeet na hom, en dié het vir hom gesê: Waarom soek u die gode van die volkwat hulle eie volk nie uit u hand gered het nie?

16 En terwyl hy met hom spreek, sê hy vir hom: Het ons jou as raadgewer van die koning aangestel? Hou op, waarom sal hulle jou doodmaak? Toe hou die profeet op en sê: Ek merk datGod besluit het om u te vernietig, omdat u dit gedoen het en nie na my raad geluister het nie.

17 EnAmásia, die koning van Juda, het ná raadpleging gestuur na Joas, die seun van Jóahas, die seun van Jehu, die koning van Israel, om te sê: Kom, laat ons mekaar se aangesig sien.

18 Maar Joas, die koning van Israel, het Amásia, die koning van Juda, dít laat weet: Die distel wat op die Líbanon is, het die seder wat op die Líbanon is, laat weet: Gee jou dogter aan my seun as vrou! Maar die diere van die veld wat op die Líbanon is, het verbygegaan en die distel vertrap.

19 U dink u het die Edomiete verslaan, daarom is u hart hoogmoedig om eer te verwerwe. Bly nou tuis! Waarom wil u u in die ongeluk stort, sodat u sou val, u en Juda saam met u?

20 Maar Amásia het nie geluister nie; want dit was van God beskik om hulle uit te lewer, omdathulle die gode van Edom gesoek het.

21 Toe trek Joas, die koning van Israel, op; en hulle het mekaar se aangesig gesien, hy en Amásia, die koning van Juda, by Bet-Semes wat aan Juda behoort.

22 En Juda is voor Israel verslaan, en hulle het gevlug, elkeen na sy tente toe.

23 En Joas, die koning van Israel, het Amásia, die koning van Juda, die seun van Joas, die seun vanJóahas, by Bet-Semes gevang en hom na Jerusalem gebring en vierhonderd el van die muur van Jerusalem afgebreek, van dieEfraimspoort af tot by die Hoekpoort.

24 En hy het al die goud en die silwergeneemen al die voorwerpe wat in die huis van God by Obed-Edom te vinde was, en die skatte van die huis van die koning en ook die gyselaars, en omgedraai na Samaría toe.

25 En Amásia, die seun van Joas, die koning van Juda, het ná die dood van Joas, die seun van Jóahas, die koning van Israel, vyftien jaar gelewe.

26 En die verdere geskiedenis van Amásia, die vroeëre en die latere, kyk, is dit nie beskrywe in die Boek van die konings van Juda en Israel nie?

27 En van die tyd af dat Amásia van dieHereafvallig geword het, het hulle ’n sameswering teen hom gesmee in Jerusalem, sodat hy na Lagis gevlug het; maar hulle het agter hom aangestuur na Lagis en hom daar gedood.

28 En hulle het hom op perde vervoer en hom by sy vaders begrawe in die stad van Dawid.

II KRONIEKE 26

Ussía se voorspoedige regering oor Juda. Hy word met melaatsheid gestraf weens ontheiliging van die tempel. Sy dood.

1 TOE het die hele volk van Juda Ussía geneem, wat toe sestien jaar oud was, en hom koning gemaak in die plek van sy vader Amásia.

2 Hy het Elot gebou en weer aan Juda teruggebring nadat die koning met sy vaders ontslaap het.

3 Sestien jaar was Ussía oud toe hy koning geword het, en hy het twee-en-vyftig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jególja, van Jerusalem.

4 En hy het gedoen wat reg was in die oë van dieHerenet soos sy vader Amásia gedoen het.

5 Enhy het God gedurig gesoek in die dae van Sagaría,wat onderrig gegee het in die vrees van God. En in die dae dat hy dieHeregesoek het, het God hom voorspoedig gemaak.

6 En hy het uitgetrek en teen die Filistyne geveg en die muur vanGat en die muur van Jabne en die muur vanAsdod afgebreek, en stede gebou by Asdod en onder die Filistyne.

7 En God het hom gehelp teen die Filistyne en teen dieArabiere wat in Gur-Baäl gewoon het, enteendie Meüniete.

8 Ook die Ammoniete het aan Ussíabelasting betaal; en sy roem is verbrei tot by die ingang na Egipte, want hy was uitermate magtig.

9 Verder het Ussía torings gebou in Jerusalem by dieHoekpoort en by dieDalpoort en bydie Winkelhaak, en hy het hulle versterk.

10 Hy het ook in die woestyn torings gebou en baie putte uitgekap; want hy het baie vee gehad, in die Laeveld sowel as in die Gelykveld, landbouers en wynboere op die berge en in die tuingronde, want hy was ’n liefhebber van die landbou.

11 Verder het Ussía ’n leër gehad wat oorlog kon voer, wat in afdelings op kommando moes uittrek volgens die getal van hulle monstering deur Jeï-el, die skrywer, en Maäséja, die opsigter, onder leiding van Hanánja, een van die owerstes van die koning.

12 Die hele getal van die familiehoofde, van die dapper helde, was tweeduisend-seshonderd.

13 En onder hulle bevel was ’n leërmag vandriehonderd-en-seweduisend-vyfhonderd wat met volle krag oorlog kon voer om die koning te help teen die vyand.

14 En Ussía het vir hulle, vir die hele kommando, skilde aangeskaf en spiese en helms enpantsers en boë en slingerstene.

15 Ook het hy in Jerusalem oorlogswerktuie gemaak, ’n uitvinding van ’n kunstenaar, wat op die torings en op die hoeke moes staan om met pyle en groot klippe te skiet; en sy roem is verbrei, want hy is wonderbaarlik gehelp totdat hy sterk geword het.

16 Maar toe hy sterk geword het,was sy hart hoogmoedig, sodat hy baie verkeerd gedoen en ontrou gehandel het teen dieHeresy God; want hy het in die tempel van dieHeregegaan om offerrook te laat opgaan op die reukaltaar.

17 Maardie priester Asárja het hom gevolg en tagtig priesters van dieHere, flukse manne, saam met hom,

18 en teen koning Ussía opgetree en aan hom gesê:Dit kom u nie toe, Ussía, om vir dieHereofferrook te laat opgaan nie, maar aan diepriesters, seuns van Aäron, wat geheilig is om te offer. Gaan uit die heiligdom uit, want u het ontrou gehandel, en dit sal u van die kant van dieHereGod nie tot eer strek nie.

19 Maar Ussía het woedend geword; en terwyl hy, met die wierookpan in sy hand, woedend was op die priesters, slaan die melaatsheid op sy voorhoof uit voor die oë van die priesters, in die huis van dieHerelangs die reukaltaar.

20 Toe Asárja, die hoofpriester, en al die priesters na hom kyk en sien dat hy melaats was aan sy voorhoof, het hulle hom gou daarvandaan weggedrywe, en hy het ook self gou gemaak om weg te kom, wantdieHerehet hom aangetas.

21 En koning Ussía was melaats tot die dag van sy dood toe, en hy het in ’n afgesonderde huis as melaatse gewoon, want hy was van die huis van dieHereuitgesluit; en sy seun Jotam, wat oor die paleis van die koning was, het die volk van die land geregeer.

22 En die verdere geskiedenis van Ussía, die vroeëre en die latere, het dieprofeet Jesaja, die seun van Amos, beskrywe.

23 En Ussía het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe by sy vaders op die begraafplaas van die konings; want hulle het gesê: Hy is melaats. En sy seun Jotam het in sy plek koning geword.

II KRONIEKE 27

Jotam koning van Juda.

1 JOTAMwas vyf-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jerúsa, die dogter van Sadok.

2 En hy het gedoen wat reg was in die oë van dieHerenet soos sy vader Ussía gedoen het; alleenlikhet hy nie in die tempel van dieHereingegaan nie; en die volk het nog verderflik gehandel.

3 Hy het dieBoonste Poort van die huis van dieHeregebou, en aan die muur van die Heuwel het hy baie gebou.

4 Verder het hy stede gebou op die gebergte van Juda, en in die bosse het hy forte en torings gebou.

5 Ook het hy oorlog gevoer teen die koning van die kinders van Ammon en hulle oorwin, sodat die kinders van Ammon hom in dié jaar honderd talente silwer en tienduisend kor koring en tienduisendkorgars gegee het; dit het die kinders van Ammon vir hom ook in die tweede en derde jaar gelewer.

6 En Jotam het magtig geword, want hy het sy weë gerig voor die aangesig van dieHeresy God.

7 En die verdere geskiedenis van Jotam en al sy oorloë en sy ondernemings, kyk, dit is beskrywe in die Boek van die konings van Israel en Juda.

8 Hy was vyf-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer.

9 En Jotam het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe in die stad van Dawid; en sy seun Agas het in sy plek koning geword.

II KRONIEKE 28

Agas koning van Juda. Sy afgodery en sy rampe.

1 AGASwas twintig jaar oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer en nie gedoen wat reg was in die oë van dieHeresoos sy vader Dawid nie.

2 Maar hy het gewandel in die weë van die konings van Israel en selfsgegote beelde virdie Baäls gemaak.

3 Hy het self ook offerrook in diedal van die seun van Hinnom laat opgaan ensy seuns met vuur verbrand, volgens die gruwels van die nasies wat dieHerevoor die kinders van Israel uit verdryf het.

4 Hy het ook geoffer en rook laat opgaan op die hoogtes en op die heuwels en onder elke groen boom.

5 Daarom het dieHeresy God hom oorgegee in die hand van die koning van Aram, en hullehet hom verslaan en ’n groot menigte gevangenes van hom weggevoer en na Damaskus gebring. En hy is ook oorgegee in die hand van die koning van Israel, en dié het hom verslaan, ’n groot slag.

6 Peka, die seun van Remália, het naamlik in Juda op een dag honderd-en-twintig duisend gedood, almal dapper manne, omdat hulle dieHere, die God van hulle vaders, verlaat het.

7 En Sigri, ’n held van Efraim, het Maäséja, die seun van die koning, en Asríkam, die bevelhebber van die paleis, en Élkana, die tweede onder die koning, gedood.

8 En die kinders van Israel het van hullebroers tweehonderdduisend vroue, seuns en dogters as gevangenes weggevoer, en ook ’n groot buit van hulle geroof en die buit na Samaría gebring.

9 En daar was ’n profeet van dieHeremet die naam van Oded; en hy het uitgegaan om die leër te ontmoet wat aan kom was na Samaría, en aan hulle gesê: Kyk,deur die grimmigheid van dieHere, die God van julle vaders, oor Juda het Hy hulle in julle hand oorgegee, sodat julle onder hulle gemoor het met ’n woede wattot aan die hemel raak.

10 En nou dink julle om die kinders van Juda en Jerusalem aan julle as slawe en slavinne onderdanig te maak. Wat julle betref, is daar nie by julle net skulde teenoor dieHerejulle God nie?

11 Luister dan nou na my en laat die gevangenes wat julle van jul broers weggevoer het, teruggaan; want die toorngloed van dieHereis op julle!

12 Toe het daar manne uit die hoofde van die kinders van Efraim opgetree teen die wat uit die stryd kom: Asárja, die seun van Jóhanan, Berégja, die seun van Mesíllemot, en Jehiskía, die seun van Sallum, en Amása, die seun van Hádlai,

13 en aan hulle gesê: Julle mag die gevangenes nie hierheen bring nie; want julle dink om by ons sondes en by ons skuld nog by te voeg, sodat ons skuldig sou staan voor dieHere; want ons skuld is groot, en die toorngloed is oor Israel.

14 Die gewapendes het toe die gevangenes en die buit voor die owerstes en die hele vergadering losgelaat.

15 En die mannewat met hulle naam aangewys was, het opgestaan en die gevangenes ondersteun en al die naaktes onder hulle uit die buit klere aangetrek; en hulle het aan hulle klere en skoene gegee enhulle laat eet en drink en hulle gesalf en almal wat moeg was, op esels vervoer en na Jérigo,die palmstad, by hul broers gebring; daarna het hulle na Samaría teruggegaan.

16 In dieselfde tyd het koning Agas na die konings van Assirië gestuur dat hulle hom moet help.

17 Bowendien het ook die Edomiete gekom en Juda verslaan en gevangenes weggevoer.

18 Ook dieFilistyne hetplundertogte onderneem teen die stedevan die Laeveld en die Suidland van Juda; en hulle het ingeneem: Bet-Semes en Ájalon en Géderot en Sogo met sy onderhorige plekke en Timna met sy onderhorige plekke en Gimso met sy onderhorige plekke, en daarin gaan woon;

19 want dieHerehet Juda verneder ter wille van Agas, die koning vanIsrael, omdat hylosbandigheid in Juda bevorder en gedurig ontrou teen dieHeregehandel het.

20 EnTilgat-Pilnéser, die koning van Assirië, het hom oorval en hom in benoudheid gebring en hom nie gehelp nie;

21 want Agas het die huis van dieHereen die huis van die koning en van die owerstes geplunder, en dit aan die koning van Assirië gegee sonder dat dit hom tot hulp was.

22 Selfs in die tyd toe hulle hom in benoudheid gebring het, het hy nog meer ontrou teen dieHerebegaan, dieselfde koning Agas:

23 hyhet geoffer aan die gode van Damaskus wat hom verslaan het; en hy het gedink: Die gode van die konings van Aram help hulle; ek sal aan húlle offer,dat hulle my kan help! Maar juis hulle het hom en die hele Israel tot ’n val gebring.

24 En Agas het die gereedskap van die huis van God byeengebring en die gereedskap van die huis van Godstukkend geslaan en die deure van die huis van dieHeretoegesluit envir hom altare gemaak op elke hoek in Jerusalem.

25 Ook het hy in elke stad van Juda hoogtes opgerig om vir ander gode offerrook te laat opgaan en dieHere, die God van sy vaders, geterg.

26 En sy verdere geskiedenis en al sy onderneminge, die vroeëre en die latere, kyk, dit is beskrywe in die Boek van die konings van Juda en Israel.

27 En Agas het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe in die stad, in Jerusalem;want hulle het hom nie in die grafte van die konings van Israel gebring nie. En sy seun Jehiskía het in sy plek koning geword.

II KRONIEKE 29

Hiskía, koning van Juda, reinig die tempel.

1 JEHISKÍAhet, vyf-en-twintig jaar oud, koning geword en negen-en-twintig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Abía, die dogter van Sagaría.

2 En hy het gedoen wat reg was in die oë van dieHerenet soos sy vader Dawid gedoen het.

3 Hý het in die eerste jaar van sy regering, in die eerste maand,die deure van die huis van dieHereoopgemaak en dit herstel,

4 en die priesters en die Leviete laat inkom en hulle versamel op die Oosplein

5 en vir hulle gesê: Luister na my, Leviete! Heilig julle nou, en heilig die huis van dieHere, die God van julle vaders, en bring die onreinheid uit die heiligdom uit;

6 want ons vaders het ontrou gehandel en gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHereonse God, en hulle het Hom verlaat en hulle aangesig van die tabernakel van dieHereafgewend en dit die rug toegekeer.

7 Ook het hulle die deure van die voorportaal toegesluit en die lampe doodgeblaas en geen reukwerk aan die brand gesteek en geen brandoffer in die heiligdom aan die God van Israel gebring nie.

8 Daarom het ’n toorn van dieHereoor Juda en Jerusalem gekom, en Hy het hulle ’n skrikbeeld, ’n voorwerp van verbasing en van bespotting gemaak, soos julle met jul eie oë sien.

9 En kyk, hieromhet ons vaders deur die swaard geval en is ons seuns en ons dogters en ons vroue in gevangenskap.

10 Nou is dit in my hart om’n verbond te sluit met dieHere, die God van Israel, dat sy toorngloed van ons afgewend kan word.

11 My seuns, wees nou nie nalatig nie, want dieHerehetjulle verkies om voor sy aangesig te staan, om Hom te dien en sy dienaars te wees en offerrook te laat opgaan.

12 Die Leviete het hulle toe klaargemaak: Mahat, die seun van Amásai, en Joël, die seun van Asárja, uit die kinders van die Kehatiete; en uit die kinders van Merári: Kis, die seun van Abdi, en Asárja, die seun van Jehállelel; en uit die Gersoniete: Joag, die seun van Simma, en Eden, die seun van Joag;

13 en uit die kinders van Elísafan: Simri en Jeï-el; en uit die kinders van Asaf: Sagaría en Mattánja;

14 en uit die kinders van Heman: Jéhiël en Símeï; en uit die kinders van Jedútun: Semája en Ússiël.

15 En hulle het hul broers versamel enhulle geheilig en ingekom om volgens die bevel van die koning, ooreenkomstig die woorde van dieHere,die huis van dieHerete reinig.

16 En die priesters het binne-in die huis van dieHereingegaan om dit te reinig en al die onreinheid wat hulle in die tempel van dieHeregevind het, uitgebring in die voorhof van die huis van dieHere, en die Leviete het dit in ontvangs geneem om dit uit te bring na buite, na diespruit Kidron.

17 En hulle het begin om te heilig op die eerste van die eerste maand en op die agtste dag van die maand by die voorportaal van dieHeregekom en die huis van dieHerebinne agt dae geheilig; en op die sestiende dag van die eerste maand was hulle gereed.

18 Toe kom hulle by koning Hiskía in en sê: Ons het die hele huis van dieHeregereinig — die brandofferaltaar met al sy gereedskap en die tafel vir die toonbrode met al sy gereedskap;

19 ookal die gereedskap wat koning Agas tydens sy regering deur sy ontrou ontheilig het, het ons weer reggesit en geheilig, en kyk, daar is dit voor die altaar van dieHere.

20 Daarop maak koning Jehiskía hom vroeg klaar en laat die owerstes van die stad bymekaarkom, en hy het opgegaan na die huis van dieHere.

21 En hulle hetsewe bulle en sewe ramme en sewe lammers en sewe bokke as ’nsondoffer vir die koningskap en vir die heiligdom en vir Juda gebring; en hy het aan die seuns van Aäron, die priesters, gesê om dit op die altaar van dieHerete offer.

22 Toe het hulle die beeste geslag, en die priesters het die bloed opgevang en dit teen die altaar uitgegooi, en die ramme geslag en die bloedteen die altaar uitgegooi, en die lammers geslag en die bloed teen die altaar uitgegooi.

23 Daarna het hulle die sondofferbokke nader gebring voor die koning en die vergadering, enhulle het hul hande daarop gelê.

24 En die priesters het hulle geslag en die bloed daarvan as sondoffer teen die altaar uitgegooiom versoening te doen vir die hele Israel; want die koning het die brandoffer en die sondoffer vir die hele Israel beveel.

25 Enhy het die Leviete opgestel by die huis van dieHeremet simbale, met harpe en sitersvolgens die gebod van Dawid en vanGad, die siener van die koning, en vandie profeet Natan; want dieHerehet dit so beveel deur die diens van sy profete.

26 En die Leviete het gaan staan met die instrumente van Dawid, en die priesters met die trompette.

27 En Hiskía het bevel gegee om die brandoffer op die altaar te offer; en net toe die brandoffer begin, het ook die gesang tot eer van dieHereen die trompette begin, en dit onder begeleiding van die instrumente van Dawid, die koning van Israel.

28 En die hele vergadering het hulle neergebuig, en die gesang het weerklink en die trompette geblaas — dit alles totdat die brandoffer verby was.

29 En toe hulle klaar was met offer,het die koning en almal wat by hom aanwesig was, gekniel en hulle neergebuig.

30 Daarop gee koning Jehiskía en die owerstes aan die Leviete bevel om dieHerete prys met die woorde van Dawid en van Asaf, die siener; en hulle het met blydskap die lofsang aangehef en gebuig en aanbid.

31 En Jehiskía het begin sê: Nou het julle jul aan dieHeregewy; kom aan en bring die slagoffers en die lofoffers na die huis van dieHere. Die vergadering het toe slagoffers enlofoffers gebring, en elkeen wat gewillig van hart was, brandoffers.

32 En die getal van die brandoffers wat die vergadering gebring het, was sewentig beeste, honderd ramme, tweehonderd lammers; dit alles as ’n brandoffer aan dieHere.

33 En die heilige gawes was seshonderd beeste en drieduisend stuks kleinvee.

34 Net die priesters was te min en kon nie al die brandoffers afslag nie; maarhulle broers, die Leviete, het hulle ondersteun, totdat die werk klaar was entotdat die priesters hulleself geheilig het; want die Leviete was opregter van hart om hulleself te heilig as die priesters.

35 En ook was daar brandoffers in menigte, metdie vetstukke van die dankoffers en metdie drankoffers vir die brandoffer. So is dan die diens in die huis van dieHeregereël.

36 En Jehiskía en die hele volk was bly oor wat God vir die volk berei het; want dit het gou gegaan.

II KRONIEKE 30

Hiskía vier op plegtige wyse in Jerusalem die pasga van die Here.

1 DAARNA het Jehiskía gestuur na die hele Israel en Juda, en ook briewe geskrywe aan Efraim en Manasse om te kom na die huis van dieHerein Jerusalem, om die pasga tot eer van dieHere, die God van Israel, te hou.

2 En die koning en sy owerstes en die hele vergadering het in Jerusalem besluit om die pasga in dietweede maand te hou,

3 want hulle kon ditop sy tyd nie hou nie,omdat die priesters hulle nie voldoende geheilig en die volk in Jerusalem nie saamgekom het nie.

4 En die saak was reg in die oë van die koning en in die oë van die hele vergadering.

5 En hulle het dit vasgestel om ’n oproep deur die hele Israel,van Berséba tot Dan, te laat gaan dat hulle moes kom om die pasga tot eer van dieHere, die God van Israel, in Jerusalem te hou; want hulle het dit nie as ’n menigte gehou soos voorgeskrywe was nie.

6 Die hardlopers gaan toe met die briewe uit die hand van die koning en sy owerstes deur die hele Israel en Juda, en volgens die gebod van die koning, om te sê: Kinders van Israel,bekeer julle tot dieHere, die God van Abraham, Isak en Israel, dat Hy Hom mag wend tot die vrygeraaktes wat vir julle oorgebly het uit die hand vandie konings van Assirië.

7 En wees nie soos julle vaders en julle broers wat ontrou teen dieHere, die God van hulle vaders, gehandel het nie, sodat Hy hulle ’n voorwerp van verbasing gemaak het soos julle self sien.

8 Verhard nou nie julle nek soos julle vaders nie, gee aan dieHeredie hand en kom na sy heiligdom wat Hy vir ewig geheilig het, en dien dieHerejulle God,dat sy toorngloed van julle afgewend kan word.

9 Want as julle jul tot dieHerebekeer, sal julle broers en julle kindersbarmhartigheid vind voor die wat hulle as gevangenes weggevoer het, sodat hulle na hierdie land kan terugkom; want dieHerejulle God isgenadig en barmhartig, en Hy sal die aangesig van julle nie afwend nie as julle jul tot Hom bekeer.

10 Maar toe die hardlopers van stad tot stad die landEfraim en Manasse deurgaan tot by Sébulon, het hulle hul uitgelag en met hul gespot.

11 Maar manne uitAser en Manasse en Sébulon het hulle verootmoedig en na Jerusalem gekom.

12 Ook was die hand van God in Juda, sodat Hy hulle ’n eensgesinde hart gegee het om die gebod van die koning en van die owerstes volgens die woord van dieHereuit te voer.

13 En baie mense het in Jerusalem byeengekom om die fees van die ongesuurde brode in dietweede maand te hou, ’n baie groot vergadering.

14 En hulle het hul gereedgemaak en diealtare verwyder wat in Jerusalem was; ook al die wierookaltare het hulle verwyder enin die spruit Kidron gegooi.

15 Toe het hulle die pasga geslag op die veertiende van die tweede maand; en die priesters en die Levietehet hulle geskaam en hulle geheilig en die brandoffers in die huis van dieHeregebring.

16 En hulle het op hul plek gaan staan, ooreenkomstig hulle verordening volgens die wet van Moses,die man van God, onderwyl die priesters besig was om die bloed uit te gooiwat hulleuit die hand van die Levietegeneem het;

17 want daar was baie in die vergadering wat hulle nie geheilig het nie, daarom moes die Leviete die paasoffers slag vir elkeen wat nie rein was nie, om hulle aan dieHerete heilig.

18 Want die meerderheid van die volk,’n menigte uit Efraim en Manasse, Íssaskar en Sébulon, het hulle nie gereinig nie, maar die pasga geëetsoos dit nie voorgeskrywe was nie. Maar Jehiskía het vir hulle gebid en gesê: Mag dieHerewat goed is, versoening doen

19 vir elkeen watsy hart daarop gerig het om God dieHere, die God van sy vaders, te soek, al was dit nie volgens die reinheid van die heiligdom nie.

20 En dieHerehet Jehiskía verhoor en die volk genees.

21 So het dan die kinders van Israel wat in Jerusalem aanwesig was, die fees van die ongesuurde brodesewe dae lank met groot blydskap gevier, terwyl die Leviete en die priesters dieHeredag vir dag geprys het met kragtige instrumente tot eer van dieHere.

22 En Jehiskía het na die hart van al die Leviete gespreekwat deeglik kennis geopenbaar het in die saak van dieHere; en hulle het die feesoffer sewe dae lank geëet, terwyl hulle dankoffers geslag en dieHere, die God van hulle vaders,geloof het.

23 En toe die hele vergadering besluit omnog sewe dae fees te hou, het hulle dit met blydskap sewe dae lank gevier,

24 want Hiskía, die koning van Juda, het aan die vergadering duisend bulle en seweduisend stuks kleinvee afgegee, en die owerstes het aan die vergadering duisend bulle en tienduisend stuks kleinvee afgegee; en die priesters hethulleself in menigte geheilig.

25 En die hele vergadering van Juda was bly, ook die priesters en die Leviete, en die hele vergadering van diewat uit Israel gekom het; ook die vreemdelinge wat uit die land van Israel gekom het, en die wat in Juda woonagtig was.

26 En daar was groot blydskap in Jerusalem; wantsedert die dae van Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel, het so iets in Jerusalem nie voorgekom nie.

27 Toe staandie Levitiese priesters op enseën die volk; en hulle stem is verhoor, en hulle gebed het gekom tot in sy heilige woning, tot in die hemel.

II KRONIEKE 31

1 EN toe dit alles ten einde was, het al die aanwesige Israeliete na die stede van Judauitgetrek en die klippilare verbrysel en die heilige boomstamme omgekap en die hoogtes en die altare uit die hele Juda en Benjamin en in Efraim en Manasse afgebreek totdat hulle dit vernietig het. Daarna het al die kinders van Israel teruggegaan, elkeen na sy besitting, na hulle stede toe.

Hiskía reël die diens van die Leviete.

2 EN Hiskía hetdie afdelings van die priesters en die Leviete vasgestel volgens hulle afdelings, elkeen volgens sy diens — as priesters of as Levietevir die brandoffers en dankoffers, om te dien en te loof en te prys in die poorte van die laers van dieHere.

3 En die bydrae van die koning uit sy goed vir die brandoffers was:die môre- en die aandbrandoffers en die brandoffers vir diesabbatte en dienuwemane en diefeestye, soos voorgeskrywe is in die wet van dieHere.

4 En hy het die volk, die inwoners van Jerusalem, bevel gegee om dieaandeel van die priesters en die Leviete te gee, sodat hulle aandie wet van dieHereal hulle krag konwy.

5 En toe die bevel verbrei is, het die kinders van Israel baie eerstelinge van koring, mos en olie en heuning en van elke opbrings van die land ingelewer en die tiendes van alles in menigte ingebring.

6 En die kinders van Israel en Juda wat in die stede van Juda woonagtig was, hulle het ook die tiendes ingebring van beeste en kleinvee en dietiendes van die heilige gawes wat aan dieHerehulle God geheilig was, en dit op hope neergelê.

7 In die derde maand het hulle die hope begin opstapel, en in die sewende maand was hulle daarmee gereed.

8 Toe Jehiskía en die owerstes kom en die hope sien, het hulle dieHereen sy volk Israel geseën.

9 En toe Jehiskía by die priesters en die Leviete ondersoek doen na die hope,

10 het die hoëpriester Asárja, vandie huis van Sadok, met hom gespreek en gesê: Vandat hulle die offergawe na die huis van dieHerebegin bring het, eet ons tot versadiging en hou nog oorvloedig oor; want dieHerehet sy volk geseën, sodat ons hierdie menigte oorgehou het.

11 Toe gee Jehiskía bevel om kamers in die huis van dieHerein te rig; en hulle het dit ingerig

12 en die offergawes en die tiendes en die heilige gawes getrou ingebring; endaaroor was Konánja, die Leviet, as hoof aangestel, en sy broer Símeï as tweede.

13 En Jéhiël en Asásja en Nahat en Ásahel en Jérimot en Jósabad en Éliël en Jismágja en Mahat en Benája was opsigters, onder toesig van Konánja en sy broer Símeï, volgens die bevel van koning Jehiskía en Asárja, die vors oor die huis van God.

14 En Korē, die seun van Jimna, die Leviet, die poortwagter teen die ooste, was oor die vrywillige gawes aan God, om die offergawe aan dieHereen die hoogheilige gawes uit te deel.

15 En onder sy leiding was Eden en Mínjamin en Jésua en Semája, Amárja en Segánja, om getrou uit te deel indie stede van die priesters aan hulle broers volgens die afdelings, aan groot sowel as klein;

16 behalwe die manspersone wat in hulle geslagsregister opgeneem was, van drie jaar oud en daarbo, almal naamlik wat in die huis van dieHeregekom het, na die eis van elke dag, om te dien in hulle ampsverpligtinge volgens hulle afdelings.

17 En wat die geslagsregister van die priesters betref, dit was ingerig volgens families; maar dié van die Leviete,van twintig jaar oud en daarbo, volgens hulle ampsverpligtinge in hulle afdelings.

18 En hulle moes in die geslagsregister opgeneem word met al hulle kindertjies, hul vroue en hul seuns en hul dogters, naamlik die hele stand; want volgens hulle getrouheid was hulle werksaam met die heilige dinge.

19 Ook vir die seuns van Aäron, die priesters, buite opdie weiveld van hulle stede, was daar in elke stad afsonderlik mannewat met hulle name aangewys was om aan elke manspersoon onder die priesters en aan elkeen van die Leviete wat in die geslagsregister opgeneem was, dele te gee.

20 En so het Jehiskía in die hele Juda gedoen: hyhet gedoen wat goed en reg en trou was voor die aangesig van dieHeresy God.

21 En in elke werk wat hy begin het insake die diens van die huis van God en insake die wet en die gebod om sy God te soek, het hy met sy hele hart gehandel en voorspoed gehad.

II KRONIEKE 32

Sánherib, die koning van Assirië, val Juda binne. Die Assiriërs word deur ’n engel verslaan.

1 NÁ hierdie dinge en hierdie bewys van getrouheid het Sánherib, die koning van Assirië, gekom en Juda binnegedring en die vaste stede beleër en bedoel om hulle vir hom te verower.

2 En toe Jehiskía sien dat Sánherib kom met die doel om teen Jerusalem te veg,

3 het hy raad gehou met sy owerstes en sy helde, om die fontein-oë buitekant die stad toe te stop; en hulle het hom gehelp:

4 baie mense het byeengekom en al die oë toegestop, ook die spruit wat dwarsdeur die land stroom, met die gedagte: Waarom moet die konings van Assirië kom en baie water vind?

5 En hy het moed geskepen die hele muur opgetrek wat afgebreek was, en daar torings op gebou, ook die ander muur buitekanthet hy gebou;en hy hetMillo in die stad van Dawid versterk en werpspiese en skilde in menigte laat maak.

6 En hy het krygsowerstes oor die manskappe aangestel en hulle by hom op die plein van die stadspoort byeen laat kom en na hulle hart gespreek en gesê:

7 Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik vanweë die koning van Assirië of vanweë die hele menigte wat saam met hom is nie; wantby ons is meer as by hom.

8 By hom is ’nvleeslike arm, maarby ons is dieHereonse God om ons te help en ons oorloë te voer! En die manskappe het gesteun op die woorde van Jehiskía, die koning van Juda.

9 Hierna het Sánherib, die koning van Assirië — hy self en sy hele ryksmag was saam met hom by Lagis — sy dienaars na Jerusalem gestuur, na Jehiskía, die koning van Juda, en na die hele Juda wat in Jerusalem was, om te sê:

10 So sê Sánherib, die koning van Assirië: Waarop vertrou julle, dat julle daar ingesluit bly sit in Jerusalem?

11 Verlei Jehiskía julle nie, om julle van honger en dors te laat sterwe deur te sê: DieHereonse God sal ons red uit die hand van die koning van Assirië?

12 Het dieselfde Jehiskía nie sy hoogtes en sy altare verwyder en aan Juda en Jerusalem dít gesê nie: Voor één altaar moet julle jul neerbuig en daarop offerrook laat opgaan?

13 Weet julle nie wat ék en my vaders aan al die volke van die lande gedoen het nie? Het die gode van die nasies van die lande ooit hulle land uit my hand kon red?

14 Wie was daar onder al die gode van daardie nasies wat my vaders met die banvloek getref het, wat sy volk uit my hand kon red — dat julle God julle uit my hand sou kan red?

15 Laat Jehiskía julle dan nou nie bedrieg en julle nie op so ’n manier verlei nie; en glo hom nie, want geen enkele god van enige nasie of koninkryk het sy volk uit my hand of uit die hand van my vaders kon verlos nie; hoeveel minder sal julle God julle uit my hand kan verlos?

16 Sy dienaars het nog meer teen dieHereGod gespreek en teen sy kneg Jehiskía.

17 Hy het ook’n brief geskrywe om dieHere, die God van Israel, te smaad en teen Hom te spreek deur te sê: Soos die gode van die nasies van die lande wat hulle volk uit my hand nie gered het nie, so sal die God van Jehiskía sy volk uit my hand nie red nie.

18 En hullehet hardop in die Joodse taal geroep na die manskappe van Jerusalem wat op die muur was, om dié bevrees en verskrik te maak, sodat hulle die stad kon inneem.

19 En hulle het oor die God van Jerusalem gespreek soos oor die gode van die volke van die aarde — ’n maaksel van mensehande.

20 Maar toekoning Jehiskía endie profeet Jesaja, die seun van Amos, hieroor gebid en na die hemel geroep het,

21 stuur dieHere’n engel, en dié het al die dapper helde en bevelhebbers en owerstes in die laer van die koning van Assirië verdelg, sodat hy met ’nbeskaamde aangesig na sy land teruggegaan het; en toe hy in die huis van sy god kom, het die wat uit sy eie liggaam voortgekom het, hom daar met die swaard neergeslaan.

22 En dieHerehet Jehiskía en die inwoners van Jerusalem verlos uit die hand van Sánherib, die koning van Assirië, en uit die hand van almal, en hulle rondom tot rus gebring.

23 En baie het geskenke aan dieHerena Jerusalem gebring en kosbare geskenke aan Jehiskía, die koning van Juda, sodat hy daarna in die oë van al die nasies hoog gestaan het.

Siekte van Hiskía. Gesante uit Babel by hom. Sy rykdom en voorspoed en dood.

24 IN dié dae het Jehiskía dodelik siek geword, maar hy het tot dieHeregebid, en Hy het met hom gespreek en hom’n wonderteken gegee.

25 Maar Jehiskíahet die weldaad wat aan hom bewys is, nie vergeld nie; wantsy hart het hoogmoedig geword. Daarom was daar ’n toorn oor hom en oor Juda en Jerusalem.

26 Maar Jehiskía het hom verootmoedig in die hoogmoedigheid van sy hart, hy en die inwoners van Jerusalem, sodat die toorn van dieHerenie oor hulle gekom hetin die dae van Jehiskía nie.

27 En Jehiskía het buitengewoon baie rykdom en eer besit en vir hom skatkamers gemaak vir silwer en goud en edelgesteentes en vir speserye en skilde en allerhande kosbare voorwerpe;

28 ook pakhuise vir die opbrings van koring en mos en olie; en stalle vir allerhande soorte vee en krale vir die troppe vee.

29 Ook het hy vir hom stede aangelê; verder was daar besittings van kleinvee en beeste in menigte, want God het hom baie goed gegee.

30 Dieselfde Jehiskía het ook die boonste uitloop van die water van dieGihon toegestop en dit gelei na onder toe, westelik na die stad van Dawid. En Jehiskía was voorspoedig in al sy werk.

31 So ook in die geval van die gesante van die vorste van Babel — wat na hom gestuur het om ondersoek te doen na diewonderteken wat in die land gebeur het — het God homnetverlaatom hom op die proef te stel, om te weet alles wat in sy hart was.

32 En die verdere geskiedenis van Jehiskía en sy vrome dade, kyk, dit is beskrywe indie Gesig van die profeet Jesaja, die seun van Amos, in dieBoek van die konings van Juda en Israel.

33 En Jehiskía het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe teen die hoogte van die grafte van die seuns van Dawid; en die hele Juda en die inwoners van Jerusalem het hom eer bewys by sy dood; en sy seun Manasse het in sy plek koning geword.

II KRONIEKE 33

Manasse, koning van Juda, verval weer in afgodery en word as gevangene weggevoer na Babel. Ná sy bekering herstel God hom op sy troon.

1 MANASSEwas twaalf jaar oud toe hy koning geword het, en hy het vyf-en-vyftig jaar in Jerusalem geregeer.

2 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHerevolgens die gruwels van die nasies wat dieHerevoor die kinders van Israel uit verdrywe het.

3 En hy het die hoogtes weer gebou wat sy vader Jehiskía afgebreek het, en altare opgerig vir die Baäls en heilige boomstamme gemaak en hom neergebuig voor die hele leër van die hemel en hulle gedien;

4 ook altare gebou in die huis van dieHerewaarvan dieHeregesê het: In Jerusalem sal my Naam vir ewig wees.

5 En hy het altare gebou vir die hele leër van die hemel in altwee die voorhowe van die huis van dieHere.

6 Ook het hy self sy seuns deur die vuur laat deurgaan indie dal van die seun van Hinnom en met goëlery en verklaring van voortekens entowery omgegaan en dodebesweerders en waarsêers aangestel; hy het baie gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere, om Hom te terg.

7 Hy het ook ’n gesnede afgodsbeeld wat hy gemaak het, in die huis van God opgestel waarvan God aan Dawid en sy seun Salomo gesê het: In hierdie huis en in Jerusalem wat Ek uit al die stamme van Israel verkies het, sal Ek vir ewig my Naam vestig.

8 En Ek sal die voet van Israel nie meer laat wyk van die grond wat Ek vir julle vaders bestem het nie, as hulle net sorgvuldig doen alles wat Ek hulle beveel het volgens die hele wet en die insettinge en verordeninge deur die diens van Moses.

9 Maar Manasse het Juda en die inwoners van Jerusalem verlei om meer kwaad te doen as die nasies wat dieHerevoor die kinders van Israel uit verdelg het.

10 En dieHerehet met Manasse en met sy volk gespreek, maar hulle het nie geluister nie.

11 Daaromhet dieHeredie leërowerstes van die koning van Assirië oor hulle gebring, en dié het Manasse met hake gevang en hom met koperkettings geboei en hom na Babel vervoer.

12 Maar in sy benoudheid het hy die aangesig van dieHeresy God om genade gesmeek en hom diep verootmoedig voor die aangesig van die God van sy vaders

13 en tot Hom gebid; en Hy het hom verhoor en na sy smeking geluister en hom na Jerusalem in sy koningskap teruggebring. Toe het Manasse erken dat dieHereGod is.

14 En daarna het hy ’n buitemuur vir die stad van Dawid gebou, westelik van dieGihon in die dal tot by die ingang na dieVispoort en dit om die Heuwel getrek en baie hoog gemaak, en leërowerstes in al die versterkte stede in Juda aangestel.

15 En hy het dievreemde gode en dieafgodsbeeld uit die huis van dieHereverwyder, ook al die altare wat hy op die berg van die huis van dieHereen in Jerusalem gebou het, en dit buitekant die stad gegooi.

16 En hy het die altaar van dieHereweer opgerig en daar dankoffers en lofoffers op gebring en aan Juda bevel gegee om dieHere, die God van Israel, te dien.

17 Toghet die volk nog op die hoogtes geoffer, maar net aan dieHerehulle God.

18 En die verdere geskiedenis van Manasse en sy gebed tot sy God en die woorde vandie sieners wat tot hom gespreek het in die Naam van dieHere, die God van Israel, kyk, dit is in die Geskiedenis van die konings van Israel.

19 En sy gebed en hoe hy verhoor is en al sy sonde en sy ontrou endie plekke waar hy hoogtes gebou en die heilige boomstamme en gesnede beelde opgerig het voor sy verootmoediging, kyk, dit is beskrywe in die Geskiedenis van Hósai.

20 En Manasse het ontslaap met sy vaders, en hy isin sy huis begrawe; en sy seun Amon het in sy plek koning geword.

Regering van die goddelose Amon.

21 AMON was twee-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en twee jaar het hy in Jerusalem geregeer.

22 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere, soos sy vader Manasse gedoen het; en aan aldie gesnede beelde wat sy vader Manasse gemaak het, het Amon ywerig geoffer en hulle gedien.

23 Maar hy het hom nie verootmoedig voor die aangesig van dieHeresoos sy vader Manasse hom verootmoedig het nie; maar hy, Amon, het die skuld vermeerder.

24 En sy dienaars het teen hom saamgesweer en hom in sy huis gedood.

25 Maar die volk van die land het almal doodgeslaan wat teen koning Amon saamgesweer het, en die volk van die land het sy seun Josía in sy plek koning gemaak.

II KRONIEKE 34

Josía, koning van Juda, roei die afgodery uit. Die wetboek word weer in die tempel gevind.

1 JOSÍAwas agt jaar oud toe hy koning geword het, en een-en-dertig jaar het hy in Jerusalem geregeer.

2 En hy het gedoen wat reg was in die oë van dieHereen gewandel in die weë van sy vader Dawid en nie regs of links afgewyk nie.

3 En in die agtste jaar van sy regering, terwyl hy nog jonk was, het hy begin om die God van sy vader Dawid te soek, en in die twaalfde jaar het hy begin om Juda en Jerusalem te reinigvan die hoogtes en die heilige boomstamme en die gesnede beelde en die gegote beelde.

4 En hulle het voor sy oë die altare van die Baäls omgegooi; en die sonpilare wat daar bo-op was, het hy stukkend gekap en die heilige boomstamme en die gesnede beelde en die gegote beelde verbreek en vermaal endit oor die grafte gestrooi van die wat aan hulle geoffer het.

5 Endie beendere van die priesters het hy op hulle altare verbrand en Juda en Jerusalem gereinig.

6 En in die stede vanManasse en Efraim en Símeon en tot by Náftali, in hulle puinhope rondom,

7 het hy die altare omgegooi, en die heilige boomstamme engesnede beelde het hy tot stof vergruis en al die sonpilare in die hele land van Israel het hy omgekap. Daarna het hy na Jerusalem teruggekom.

8 Enin die agttiende jaar van sy regering, toe hy besig was om die land en die tempel te reinig, het hySafan, die seun van Asálja, enMaäséja, dieowerste van die stad, en Joag, die seun van Jóahas,die kanselier, gestuur om die huis van dieHeresy God te herstel.

9 Toe hulle by die hoëpriesterHilkía kom, het hulle die geld afgegee wat in die huis van God gebring was, wat die Leviete, die drumpelwagters, versamel het uit Manasse en Efraim en uit die hele oorblyfsel van Israel en uit die hele Juda en Benjamin en die inwoners van Jerusalem.

10 Hulle het dit naamlik oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat aangestel was oor die huis van dieHere, en dié het dit gegee aan die arbeiders wat gewerk het aan die huis van dieHere, om die huis reg te maak en te herstel.

11 En hulle het dit gegee aan die skrynwerkers en die bouers, om gekapte klippe en hout vir die kappe aan te koop en om die geboue wat die konings van Juda verniel het, van balke te voorsien.

12 En die manne het getrou gearbei aan die werk; en oor hulle was aangestel: Jahat en Obádja, Leviete uit die kinders van Merári, en Sagaría en Mesúllam uit die kinders van die Kehatiete, om leiding te gee; en die Leviete, elkeen wat verstand gehad het van musiekinstrumente,

13 was én oordie lasdraers én het al die werksmense bestuur by elke soort arbeid; uit die Leviete was ookskrywers enopsigters en poortwagters.

14 En toe hulle die geld uithaal wat in die huis van dieHeregebring was, het die priester Hilkía die wetboek van dieHeregevind wat deur die diens van Mosesgegeeis.

15 Daarop het Hilkía aan die skrywer Safan gesê: Ek het die wetboek in die huis van dieHeregevind! Toe gee Hilkía die boek aan Safan,

16 en Safan het die boek na die koning gebring en aan die koning verder verslag gegee en gesê: Alles wat in die hande van u dienaars gegee is, doen hulle:

17 hulle het die geld wat daar in die huis van dieHerewas, uitgeskud en oorhandig aan die opsigters en die uitvoerders van die werk.

18 Toe gee die skrywer Safan aan die koning te kenne en sê: Die priester Hilkía het aan my ’n boek gegee; en Safan het aan die koning daaruit voorgelees.

19 En toe die koning die woorde van die wet hoor, het hy sy klere geskeur,

20 en die koning het bevel gegee aan Hilkía en Ahíkam, die seun van Safan, enAbdon, die seun Miga, en Safan, die skrywer, en Asája, die dienaar van die koning, en gesê:

21 Gaan raadpleeg dieHerevir my en vir die wat in Israel en in Juda oorgebly het, oor die woorde van die boek wat gevind is; want groot is die grimmigheid van dieHerewat oor ons uitgestort is, omdat ons vaders die woord van dieHerenie gehou het om te handel volgens alles wat in hierdie boek voorgeskrywe is nie.

22 Toe gaan Hilkía en die wat die koninggestuur het,na die profetes Hulda, die vrou van Sallum, die seun van Tokhat, die seun van Hasra, die klerebewaarder — sy het in Jerusalem in die Nuwe Stad gewoon — en hulle het so met haar gespreek.

23 Toe sê sy aan hulle: So spreek dieHere, die God van Israel: Sê aan die man wat julle na my gestuur het,

24 so spreek dieHere: Kyk, Ek bring ’n onheil oor hierdie plek en oor sy inwoners, al die vervloekinge wat geskrywe staan in die boek wat hulle aan die koning van Juda voorgelees het.

25 Omdat hulle My verlaat en vir ander gode offerrook laat opgaan het, om My te terg met al die werke van hulle hande, daarom sal my grimmigheid oor hierdie plek uitgestort en nie uitgeblus word nie.

26 Maar aan die koning van Juda wat julle stuur om dieHerete raadpleeg, aan hom moet julle só sê: So spreek dieHere, die God van Israel: Wat die woorde betref wat jy gehoor het —

27 omdat jou hart week is en jy jou voor die aangesig van God verneder het toe jy sy woorde teen hierdie plek en teen sy inwoners hoor, en jy jou voor my aangesig verneder het en jou klere geskeur en voor my aangesig geween het, daarom het Ek ook verhoor, spreek dieHere.

28 Kyk, Ek sal jou by jou vaders versamel, en jy sal met vrede in jou graf versamel word, en jou oë sal al die onheil nie aansien wat Ek oor hierdie plek en oor sy inwoners bring nie. En hulle het die koning antwoord gebring.

29 Toe het die koning gestuur en al die oudstes van Juda en Jerusalem byeen laat kom.

30 En die koning het opgegaan in die huis van dieHereen al die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem en die priesters en die Leviete en die hele volk, groot en klein, en hy het al die woorde van die verbondsboek wat in die huis van dieHeregevind is, voor hulle ore gelees.

31 En die koninghet op sy plek gaan staan en die verbond voor die aangesig van dieHeregesluit om dieHerete volg en sy gebooie en sy getuienisse en sy insettinge met sy hele hart en met sy hele siel te onderhou, om die woorde van die verbond wat in hierdie boek geskrywe is, te volbring.

32 En hy het almal wat in Jerusalem en in Benjamin te vinde was, laat toetreetot die verbond;en die inwoners van Jerusalem het gehandel volgens die verbond van God, die God van hulle vaders.

33 Josía het toe al die gruwels uit al die landstreke van die kinders van Israel verwyder en almal wat in Israel te vinde was, diensbaar gemaak, om dieHerehulle God te dien; al sy dae het hulle nie van dieHere, die God van hulle vaders, afgewyk nie.