II KRONIEKE 33

Manasse, koning van Juda, verval weer in afgodery en word as gevangene weggevoer na Babel. Ná sy bekering herstel God hom op sy troon.

1 MANASSEwas twaalf jaar oud toe hy koning geword het, en hy het vyf-en-vyftig jaar in Jerusalem geregeer.

2 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHerevolgens die gruwels van die nasies wat dieHerevoor die kinders van Israel uit verdrywe het.

3 En hy het die hoogtes weer gebou wat sy vader Jehiskía afgebreek het, en altare opgerig vir die Baäls en heilige boomstamme gemaak en hom neergebuig voor die hele leër van die hemel en hulle gedien;

4 ook altare gebou in die huis van dieHerewaarvan dieHeregesê het: In Jerusalem sal my Naam vir ewig wees.

5 En hy het altare gebou vir die hele leër van die hemel in altwee die voorhowe van die huis van dieHere.

6 Ook het hy self sy seuns deur die vuur laat deurgaan indie dal van die seun van Hinnom en met goëlery en verklaring van voortekens entowery omgegaan en dodebesweerders en waarsêers aangestel; hy het baie gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere, om Hom te terg.

7 Hy het ook ’n gesnede afgodsbeeld wat hy gemaak het, in die huis van God opgestel waarvan God aan Dawid en sy seun Salomo gesê het: In hierdie huis en in Jerusalem wat Ek uit al die stamme van Israel verkies het, sal Ek vir ewig my Naam vestig.

8 En Ek sal die voet van Israel nie meer laat wyk van die grond wat Ek vir julle vaders bestem het nie, as hulle net sorgvuldig doen alles wat Ek hulle beveel het volgens die hele wet en die insettinge en verordeninge deur die diens van Moses.

9 Maar Manasse het Juda en die inwoners van Jerusalem verlei om meer kwaad te doen as die nasies wat dieHerevoor die kinders van Israel uit verdelg het.

10 En dieHerehet met Manasse en met sy volk gespreek, maar hulle het nie geluister nie.

11 Daaromhet dieHeredie leërowerstes van die koning van Assirië oor hulle gebring, en dié het Manasse met hake gevang en hom met koperkettings geboei en hom na Babel vervoer.

12 Maar in sy benoudheid het hy die aangesig van dieHeresy God om genade gesmeek en hom diep verootmoedig voor die aangesig van die God van sy vaders

13 en tot Hom gebid; en Hy het hom verhoor en na sy smeking geluister en hom na Jerusalem in sy koningskap teruggebring. Toe het Manasse erken dat dieHereGod is.

14 En daarna het hy ’n buitemuur vir die stad van Dawid gebou, westelik van dieGihon in die dal tot by die ingang na dieVispoort en dit om die Heuwel getrek en baie hoog gemaak, en leërowerstes in al die versterkte stede in Juda aangestel.

15 En hy het dievreemde gode en dieafgodsbeeld uit die huis van dieHereverwyder, ook al die altare wat hy op die berg van die huis van dieHereen in Jerusalem gebou het, en dit buitekant die stad gegooi.

16 En hy het die altaar van dieHereweer opgerig en daar dankoffers en lofoffers op gebring en aan Juda bevel gegee om dieHere, die God van Israel, te dien.

17 Toghet die volk nog op die hoogtes geoffer, maar net aan dieHerehulle God.

18 En die verdere geskiedenis van Manasse en sy gebed tot sy God en die woorde vandie sieners wat tot hom gespreek het in die Naam van dieHere, die God van Israel, kyk, dit is in die Geskiedenis van die konings van Israel.

19 En sy gebed en hoe hy verhoor is en al sy sonde en sy ontrou endie plekke waar hy hoogtes gebou en die heilige boomstamme en gesnede beelde opgerig het voor sy verootmoediging, kyk, dit is beskrywe in die Geskiedenis van Hósai.

20 En Manasse het ontslaap met sy vaders, en hy isin sy huis begrawe; en sy seun Amon het in sy plek koning geword.

Regering van die goddelose Amon.

21 AMON was twee-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en twee jaar het hy in Jerusalem geregeer.

22 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere, soos sy vader Manasse gedoen het; en aan aldie gesnede beelde wat sy vader Manasse gemaak het, het Amon ywerig geoffer en hulle gedien.

23 Maar hy het hom nie verootmoedig voor die aangesig van dieHeresoos sy vader Manasse hom verootmoedig het nie; maar hy, Amon, het die skuld vermeerder.

24 En sy dienaars het teen hom saamgesweer en hom in sy huis gedood.

25 Maar die volk van die land het almal doodgeslaan wat teen koning Amon saamgesweer het, en die volk van die land het sy seun Josía in sy plek koning gemaak.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

17 − fifteen =