II KRONIEKE 26

Ussía se voorspoedige regering oor Juda. Hy word met melaatsheid gestraf weens ontheiliging van die tempel. Sy dood.

1 TOE het die hele volk van Juda Ussía geneem, wat toe sestien jaar oud was, en hom koning gemaak in die plek van sy vader Amásia.

2 Hy het Elot gebou en weer aan Juda teruggebring nadat die koning met sy vaders ontslaap het.

3 Sestien jaar was Ussía oud toe hy koning geword het, en hy het twee-en-vyftig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jególja, van Jerusalem.

4 En hy het gedoen wat reg was in die oë van dieHerenet soos sy vader Amásia gedoen het.

5 Enhy het God gedurig gesoek in die dae van Sagaría,wat onderrig gegee het in die vrees van God. En in die dae dat hy dieHeregesoek het, het God hom voorspoedig gemaak.

6 En hy het uitgetrek en teen die Filistyne geveg en die muur vanGat en die muur van Jabne en die muur vanAsdod afgebreek, en stede gebou by Asdod en onder die Filistyne.

7 En God het hom gehelp teen die Filistyne en teen dieArabiere wat in Gur-Baäl gewoon het, enteendie Meüniete.

8 Ook die Ammoniete het aan Ussíabelasting betaal; en sy roem is verbrei tot by die ingang na Egipte, want hy was uitermate magtig.

9 Verder het Ussía torings gebou in Jerusalem by dieHoekpoort en by dieDalpoort en bydie Winkelhaak, en hy het hulle versterk.

10 Hy het ook in die woestyn torings gebou en baie putte uitgekap; want hy het baie vee gehad, in die Laeveld sowel as in die Gelykveld, landbouers en wynboere op die berge en in die tuingronde, want hy was ’n liefhebber van die landbou.

11 Verder het Ussía ’n leër gehad wat oorlog kon voer, wat in afdelings op kommando moes uittrek volgens die getal van hulle monstering deur Jeï-el, die skrywer, en Maäséja, die opsigter, onder leiding van Hanánja, een van die owerstes van die koning.

12 Die hele getal van die familiehoofde, van die dapper helde, was tweeduisend-seshonderd.

13 En onder hulle bevel was ’n leërmag vandriehonderd-en-seweduisend-vyfhonderd wat met volle krag oorlog kon voer om die koning te help teen die vyand.

14 En Ussía het vir hulle, vir die hele kommando, skilde aangeskaf en spiese en helms enpantsers en boë en slingerstene.

15 Ook het hy in Jerusalem oorlogswerktuie gemaak, ’n uitvinding van ’n kunstenaar, wat op die torings en op die hoeke moes staan om met pyle en groot klippe te skiet; en sy roem is verbrei, want hy is wonderbaarlik gehelp totdat hy sterk geword het.

16 Maar toe hy sterk geword het,was sy hart hoogmoedig, sodat hy baie verkeerd gedoen en ontrou gehandel het teen dieHeresy God; want hy het in die tempel van dieHeregegaan om offerrook te laat opgaan op die reukaltaar.

17 Maardie priester Asárja het hom gevolg en tagtig priesters van dieHere, flukse manne, saam met hom,

18 en teen koning Ussía opgetree en aan hom gesê:Dit kom u nie toe, Ussía, om vir dieHereofferrook te laat opgaan nie, maar aan diepriesters, seuns van Aäron, wat geheilig is om te offer. Gaan uit die heiligdom uit, want u het ontrou gehandel, en dit sal u van die kant van dieHereGod nie tot eer strek nie.

19 Maar Ussía het woedend geword; en terwyl hy, met die wierookpan in sy hand, woedend was op die priesters, slaan die melaatsheid op sy voorhoof uit voor die oë van die priesters, in die huis van dieHerelangs die reukaltaar.

20 Toe Asárja, die hoofpriester, en al die priesters na hom kyk en sien dat hy melaats was aan sy voorhoof, het hulle hom gou daarvandaan weggedrywe, en hy het ook self gou gemaak om weg te kom, wantdieHerehet hom aangetas.

21 En koning Ussía was melaats tot die dag van sy dood toe, en hy het in ’n afgesonderde huis as melaatse gewoon, want hy was van die huis van dieHereuitgesluit; en sy seun Jotam, wat oor die paleis van die koning was, het die volk van die land geregeer.

22 En die verdere geskiedenis van Ussía, die vroeëre en die latere, het dieprofeet Jesaja, die seun van Amos, beskrywe.

23 En Ussía het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe by sy vaders op die begraafplaas van die konings; want hulle het gesê: Hy is melaats. En sy seun Jotam het in sy plek koning geword.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

nineteen + 13 =