II KRONIEKE 29

Hiskía, koning van Juda, reinig die tempel.

1 JEHISKÍAhet, vyf-en-twintig jaar oud, koning geword en negen-en-twintig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Abía, die dogter van Sagaría.

2 En hy het gedoen wat reg was in die oë van dieHerenet soos sy vader Dawid gedoen het.

3 Hý het in die eerste jaar van sy regering, in die eerste maand,die deure van die huis van dieHereoopgemaak en dit herstel,

4 en die priesters en die Leviete laat inkom en hulle versamel op die Oosplein

5 en vir hulle gesê: Luister na my, Leviete! Heilig julle nou, en heilig die huis van dieHere, die God van julle vaders, en bring die onreinheid uit die heiligdom uit;

6 want ons vaders het ontrou gehandel en gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHereonse God, en hulle het Hom verlaat en hulle aangesig van die tabernakel van dieHereafgewend en dit die rug toegekeer.

7 Ook het hulle die deure van die voorportaal toegesluit en die lampe doodgeblaas en geen reukwerk aan die brand gesteek en geen brandoffer in die heiligdom aan die God van Israel gebring nie.

8 Daarom het ’n toorn van dieHereoor Juda en Jerusalem gekom, en Hy het hulle ’n skrikbeeld, ’n voorwerp van verbasing en van bespotting gemaak, soos julle met jul eie oë sien.

9 En kyk, hieromhet ons vaders deur die swaard geval en is ons seuns en ons dogters en ons vroue in gevangenskap.

10 Nou is dit in my hart om’n verbond te sluit met dieHere, die God van Israel, dat sy toorngloed van ons afgewend kan word.

11 My seuns, wees nou nie nalatig nie, want dieHerehetjulle verkies om voor sy aangesig te staan, om Hom te dien en sy dienaars te wees en offerrook te laat opgaan.

12 Die Leviete het hulle toe klaargemaak: Mahat, die seun van Amásai, en Joël, die seun van Asárja, uit die kinders van die Kehatiete; en uit die kinders van Merári: Kis, die seun van Abdi, en Asárja, die seun van Jehállelel; en uit die Gersoniete: Joag, die seun van Simma, en Eden, die seun van Joag;

13 en uit die kinders van Elísafan: Simri en Jeï-el; en uit die kinders van Asaf: Sagaría en Mattánja;

14 en uit die kinders van Heman: Jéhiël en Símeï; en uit die kinders van Jedútun: Semája en Ússiël.

15 En hulle het hul broers versamel enhulle geheilig en ingekom om volgens die bevel van die koning, ooreenkomstig die woorde van dieHere,die huis van dieHerete reinig.

16 En die priesters het binne-in die huis van dieHereingegaan om dit te reinig en al die onreinheid wat hulle in die tempel van dieHeregevind het, uitgebring in die voorhof van die huis van dieHere, en die Leviete het dit in ontvangs geneem om dit uit te bring na buite, na diespruit Kidron.

17 En hulle het begin om te heilig op die eerste van die eerste maand en op die agtste dag van die maand by die voorportaal van dieHeregekom en die huis van dieHerebinne agt dae geheilig; en op die sestiende dag van die eerste maand was hulle gereed.

18 Toe kom hulle by koning Hiskía in en sê: Ons het die hele huis van dieHeregereinig — die brandofferaltaar met al sy gereedskap en die tafel vir die toonbrode met al sy gereedskap;

19 ookal die gereedskap wat koning Agas tydens sy regering deur sy ontrou ontheilig het, het ons weer reggesit en geheilig, en kyk, daar is dit voor die altaar van dieHere.

20 Daarop maak koning Jehiskía hom vroeg klaar en laat die owerstes van die stad bymekaarkom, en hy het opgegaan na die huis van dieHere.

21 En hulle hetsewe bulle en sewe ramme en sewe lammers en sewe bokke as ’nsondoffer vir die koningskap en vir die heiligdom en vir Juda gebring; en hy het aan die seuns van Aäron, die priesters, gesê om dit op die altaar van dieHerete offer.

22 Toe het hulle die beeste geslag, en die priesters het die bloed opgevang en dit teen die altaar uitgegooi, en die ramme geslag en die bloedteen die altaar uitgegooi, en die lammers geslag en die bloed teen die altaar uitgegooi.

23 Daarna het hulle die sondofferbokke nader gebring voor die koning en die vergadering, enhulle het hul hande daarop gelê.

24 En die priesters het hulle geslag en die bloed daarvan as sondoffer teen die altaar uitgegooiom versoening te doen vir die hele Israel; want die koning het die brandoffer en die sondoffer vir die hele Israel beveel.

25 Enhy het die Leviete opgestel by die huis van dieHeremet simbale, met harpe en sitersvolgens die gebod van Dawid en vanGad, die siener van die koning, en vandie profeet Natan; want dieHerehet dit so beveel deur die diens van sy profete.

26 En die Leviete het gaan staan met die instrumente van Dawid, en die priesters met die trompette.

27 En Hiskía het bevel gegee om die brandoffer op die altaar te offer; en net toe die brandoffer begin, het ook die gesang tot eer van dieHereen die trompette begin, en dit onder begeleiding van die instrumente van Dawid, die koning van Israel.

28 En die hele vergadering het hulle neergebuig, en die gesang het weerklink en die trompette geblaas — dit alles totdat die brandoffer verby was.

29 En toe hulle klaar was met offer,het die koning en almal wat by hom aanwesig was, gekniel en hulle neergebuig.

30 Daarop gee koning Jehiskía en die owerstes aan die Leviete bevel om dieHerete prys met die woorde van Dawid en van Asaf, die siener; en hulle het met blydskap die lofsang aangehef en gebuig en aanbid.

31 En Jehiskía het begin sê: Nou het julle jul aan dieHeregewy; kom aan en bring die slagoffers en die lofoffers na die huis van dieHere. Die vergadering het toe slagoffers enlofoffers gebring, en elkeen wat gewillig van hart was, brandoffers.

32 En die getal van die brandoffers wat die vergadering gebring het, was sewentig beeste, honderd ramme, tweehonderd lammers; dit alles as ’n brandoffer aan dieHere.

33 En die heilige gawes was seshonderd beeste en drieduisend stuks kleinvee.

34 Net die priesters was te min en kon nie al die brandoffers afslag nie; maarhulle broers, die Leviete, het hulle ondersteun, totdat die werk klaar was entotdat die priesters hulleself geheilig het; want die Leviete was opregter van hart om hulleself te heilig as die priesters.

35 En ook was daar brandoffers in menigte, metdie vetstukke van die dankoffers en metdie drankoffers vir die brandoffer. So is dan die diens in die huis van dieHeregereël.

36 En Jehiskía en die hele volk was bly oor wat God vir die volk berei het; want dit het gou gegaan.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

one × one =