II KRONIEKE 28

Agas koning van Juda. Sy afgodery en sy rampe.

1 AGASwas twintig jaar oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer en nie gedoen wat reg was in die oë van dieHeresoos sy vader Dawid nie.

2 Maar hy het gewandel in die weë van die konings van Israel en selfsgegote beelde virdie Baäls gemaak.

3 Hy het self ook offerrook in diedal van die seun van Hinnom laat opgaan ensy seuns met vuur verbrand, volgens die gruwels van die nasies wat dieHerevoor die kinders van Israel uit verdryf het.

4 Hy het ook geoffer en rook laat opgaan op die hoogtes en op die heuwels en onder elke groen boom.

5 Daarom het dieHeresy God hom oorgegee in die hand van die koning van Aram, en hullehet hom verslaan en ’n groot menigte gevangenes van hom weggevoer en na Damaskus gebring. En hy is ook oorgegee in die hand van die koning van Israel, en dié het hom verslaan, ’n groot slag.

6 Peka, die seun van Remália, het naamlik in Juda op een dag honderd-en-twintig duisend gedood, almal dapper manne, omdat hulle dieHere, die God van hulle vaders, verlaat het.

7 En Sigri, ’n held van Efraim, het Maäséja, die seun van die koning, en Asríkam, die bevelhebber van die paleis, en Élkana, die tweede onder die koning, gedood.

8 En die kinders van Israel het van hullebroers tweehonderdduisend vroue, seuns en dogters as gevangenes weggevoer, en ook ’n groot buit van hulle geroof en die buit na Samaría gebring.

9 En daar was ’n profeet van dieHeremet die naam van Oded; en hy het uitgegaan om die leër te ontmoet wat aan kom was na Samaría, en aan hulle gesê: Kyk,deur die grimmigheid van dieHere, die God van julle vaders, oor Juda het Hy hulle in julle hand oorgegee, sodat julle onder hulle gemoor het met ’n woede wattot aan die hemel raak.

10 En nou dink julle om die kinders van Juda en Jerusalem aan julle as slawe en slavinne onderdanig te maak. Wat julle betref, is daar nie by julle net skulde teenoor dieHerejulle God nie?

11 Luister dan nou na my en laat die gevangenes wat julle van jul broers weggevoer het, teruggaan; want die toorngloed van dieHereis op julle!

12 Toe het daar manne uit die hoofde van die kinders van Efraim opgetree teen die wat uit die stryd kom: Asárja, die seun van Jóhanan, Berégja, die seun van Mesíllemot, en Jehiskía, die seun van Sallum, en Amása, die seun van Hádlai,

13 en aan hulle gesê: Julle mag die gevangenes nie hierheen bring nie; want julle dink om by ons sondes en by ons skuld nog by te voeg, sodat ons skuldig sou staan voor dieHere; want ons skuld is groot, en die toorngloed is oor Israel.

14 Die gewapendes het toe die gevangenes en die buit voor die owerstes en die hele vergadering losgelaat.

15 En die mannewat met hulle naam aangewys was, het opgestaan en die gevangenes ondersteun en al die naaktes onder hulle uit die buit klere aangetrek; en hulle het aan hulle klere en skoene gegee enhulle laat eet en drink en hulle gesalf en almal wat moeg was, op esels vervoer en na Jérigo,die palmstad, by hul broers gebring; daarna het hulle na Samaría teruggegaan.

16 In dieselfde tyd het koning Agas na die konings van Assirië gestuur dat hulle hom moet help.

17 Bowendien het ook die Edomiete gekom en Juda verslaan en gevangenes weggevoer.

18 Ook dieFilistyne hetplundertogte onderneem teen die stedevan die Laeveld en die Suidland van Juda; en hulle het ingeneem: Bet-Semes en Ájalon en Géderot en Sogo met sy onderhorige plekke en Timna met sy onderhorige plekke en Gimso met sy onderhorige plekke, en daarin gaan woon;

19 want dieHerehet Juda verneder ter wille van Agas, die koning vanIsrael, omdat hylosbandigheid in Juda bevorder en gedurig ontrou teen dieHeregehandel het.

20 EnTilgat-Pilnéser, die koning van Assirië, het hom oorval en hom in benoudheid gebring en hom nie gehelp nie;

21 want Agas het die huis van dieHereen die huis van die koning en van die owerstes geplunder, en dit aan die koning van Assirië gegee sonder dat dit hom tot hulp was.

22 Selfs in die tyd toe hulle hom in benoudheid gebring het, het hy nog meer ontrou teen dieHerebegaan, dieselfde koning Agas:

23 hyhet geoffer aan die gode van Damaskus wat hom verslaan het; en hy het gedink: Die gode van die konings van Aram help hulle; ek sal aan húlle offer,dat hulle my kan help! Maar juis hulle het hom en die hele Israel tot ’n val gebring.

24 En Agas het die gereedskap van die huis van God byeengebring en die gereedskap van die huis van Godstukkend geslaan en die deure van die huis van dieHeretoegesluit envir hom altare gemaak op elke hoek in Jerusalem.

25 Ook het hy in elke stad van Juda hoogtes opgerig om vir ander gode offerrook te laat opgaan en dieHere, die God van sy vaders, geterg.

26 En sy verdere geskiedenis en al sy onderneminge, die vroeëre en die latere, kyk, dit is beskrywe in die Boek van die konings van Juda en Israel.

27 En Agas het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe in die stad, in Jerusalem;want hulle het hom nie in die grafte van die konings van Israel gebring nie. En sy seun Jehiskía het in sy plek koning geword.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

5 + 17 =