II KRONIEKE 5

1 TOE al die werk gereed was wat Salomo vir die huis van dieHeregedoen het, het Salomo die heilige gawes van sy vader Dawid ingebring, die silwer sowel as die goud, en al die voorwerpe het hy in die skatkamers van die huis van God neergesit.

Inwyding van die tempel.

2 EN Salomo het die oudstes van Israel en al die stamhoofde, die familie-owerstes van die kinders van Israel, in Jerusalem bymekaar laat kom om die verbondsark van dieHereuit die stad van Dawid, dit is Sion, opwaarts te bring.

3 En al die manne van Israel het by die koning saamgekom op die fees, dit was die sewende maand.

4 Toe al die oudstes van Israel daar kom, hetdie Leviete die ark opgeneem

5 en die ark en die tent van samekoms met al die heilige voorwerpe wat in die tent was, gebring; dieLevitiese priesters het dit opwaarts gebring.

6 En toe koning Salomo en die hele vergadering van Israel wat by hom byeen was, voor die ark staan, het hulle kleinvee en beeste geoffer wat vanweë die menigte nie getel of bereken kon word nie.

7 Verder het die priesters die verbondsark van dieHerena sy plek in die binneste vertrek van die huis, in die Allerheiligste, gebring, onder die vlerke van die gérubs in.

8 Die gérubs het naamlik die vlerke uitgesprei gehou oor die plek van die ark, sodat die gérubs die ark en sy draaghoute van bo af bedek het.

9 En die draaghoute was so lank, dat die punte van die draaghoute,uit die ark uitgaande, vlak voor die binneste vertrek gesien kon word, maar verder buitentoe was hulle nie sigbaar nie; en dit is daar tot vandag toe.

10 Daar was niks in die ark nie as net die twee tafels wat Moses by Horeb ingesit het, toe dieHere’n verbond met die kinders van Israel gesluit het by hulle uittog uit Egipte.

11 En toe die priesters uit die heiligdom uitgaan — want al die priesters wat aanwesig was, het hulle geheilig sonder om dieafdelings in aanmerking te neem —

12 terwyl die Levitiese sangers almal saam,Asaf, Heman, Jedútun met hulle seuns en hulle broers, inlinne gekleed, met simbale en harpe en siters oostelik van die altaar staan, en saam met hulle omtrent honderd-en-twintig priesters wat op die trompette blaas;

13 en toe die trompetblasers en die sangers almal saam eenstemmig begin om dieHerete prys en te loof, en net toe hulle die stem verhef met die trompette en met die simbale en met die musiekinstrumente,en met: Loof dieHere, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid! — is die huis, die huis van dieHere, vervul met ’n wolk.

14 En die priesters kon vanweë die wolk nie staan om diens te doen nie, want die heerlikheid van dieHerehet die huis van God vervul.

II KRONIEKE 6

Rede en gebed van Salomo by die inwyding van die tempel.

1 TOE het Salomo gesê: DieHerehet gesê dat Hy in donkerheid wil woon.

2 Maar ék het vir U ’n woonhuis gebou, en ’n vaste plek vir U om ewig in te bly.

3 Daarop draai die koning sy aangesig om en seën die hele vergadering van Israel, terwyl die hele vergadering van Israel staan.

4 En hy sê: Geloofd sy dieHere, die God van Israel, wie se hande volbring het wat sy mond tot my vader Dawid gespreek en gesê het:

5 Van die dag af dat Ek my volk uit Egipteland uitgelei het, het Ek geen stad verkies uit al die stamme van Israel om ’n huis te bou, dat my Naam daar sou wees nie; en Ek het geen man verkies om vors oor my volk Israel te wees nie.

6 Maar Ek het Jerusalem verkies, dat my Naam daar sou wees, en Ek het Dawid verkies om oor my volk Israel te wees.

7 Toe dit dan in die hart van my vader Dawid was om ’n huis te bou vir die Naam van dieHere, die God van Israel,

8 het dieHereaan my vader Dawid gesê: Dat dit in jou hart was om vir my Naam ’n huis te bou — daarin het jy goed gehandel dat dit in jou hart was.

9 Alleen maar, jý sal die huis nie bou nie, maar jou seun wat uit jou lendene sal voortkom, dié sal vir my Naam die huis bou.

10 En dieHerehet sy woord vervul wat Hy gespreek het; sodat ek opgestaan het in die plek van my vader Dawid, en ek sit op die troon van Israel soos dieHeregespreek het; en ek het die huis gebou vir die Naam van dieHere, die God van Israel,

11 en die ark waarin die verbond van dieHereis, wat Hy met die kinders van Israel gesluit het, daar neergesit.

12 Toe het hy gaan staan voor die altaar van dieHereteenoor die hele vergadering van Israel en sy hande uitgebrei;

13 want Salomo het’n koperverhoog gemaak en dit in die middel van die voorhof opgestel; vyf el was sy lengte en vyf el sy breedte en drie el sy hoogte; en hy het daarop gaan staan en neergesink op sy knieë teenoor die hele vergadering van Israel en sy hande na die hemel uitgebrei

14 en gesê:Here, God van Israel, daar is in die hemel of op die aarde geen God soos U nie, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir u knegte wat voor u aangesig wandel met hulle hele hart,

15 wat vir u kneg, my vader Dawid, u belofte aan hom gehou het; ja, met u mond het U dit gespreek en met u hand volbring soos dit vandag is.

16 Hou nou ook,Here, God van Israel, die belofte wat U aan u kneg, my vader Dawid, gedoen het, naamlik: Daar sal vir jou nooit ’n man voor my aangesig ontbreek wat sal sit op die troon van Israel nie, as jou seuns net op hulle weg ag gee, deur te wandel in my wet soos jy voor my aangesig gewandel het.

17 Laat dan nou,Here, God van Israel, u woord tog bewaarheid word wat U tot u kneg Dawid gespreek het.

18 Maar sou God werklik by die mense op die aarde woon? Die hemel, ja, die hoogste hemel kan U nie bevat nie, hoeveel minder hierdie huis wat ek gebou het!

19 Wend U dan tot die gebed van u kneg en tot sy smeking,Heremy God, deur te luister na die geroep en die gebed wat u kneg voor u aangesig bid;

20 sodat u oë oop mag wees dag en nag oor hierdie huis, oor die plek waar U van gesê het dat U u Naam daar wil vestig, sodat U mag luister na die gebed wat u kneg na hierdie plek toe sal bid.

21 Luister dan na die smekinge van u kneg en van u volk Israel wat hulle na hierdie plek toe sal bid; ja, mag U hoor uit u woonplek, uit die hemel; en as U hoor, vergewe dan.

22 As iemand teen sy naaste sondig en hulle hom ’n eed oplê om hom tot selfvervloeking te bring en hy voor u altaar in hierdie huis kom sweer,

23 wil U dan hoor uit die hemel en handel en aan u knegte reg verskaf deur die skuldige te vergelde en sy wandel op sy hoof te lê, en die regverdige regverdig te verklaar deur hom te gee na sy geregtigheid.

24 En as u volk Israel verslaan word voor ’n vyand, omdat hulle teen U gesondig het, en hulle hul bekeer en u Naam bely en bid en smeek voor u aangesig in hierdie huis,

25 wil U dan hoor uit die hemel en die sonde van u volk Israel vergewe en hulle terugbring na die land wat U aan hulle en hulle vaders gegee het.

26 As die hemel toegesluit is, dat daar geen reën is nie, omdat hulle teen U gesondig het, maar hulle na hierdie plek toe bid en u Naam bely, van hulle sonde hul bekeer, omdat U hulle verootmoedig,

27 wil U dan hoor in die hemel en die sonde van u knegte en van u volk Israel vergewe — want U leer hulle die goeie weg waar hulle in moet wandel — en gee reën op u land wat U aan u volk as ’n erfenis gegee het.

28 As daar hongersnood in die land is, as daar pes is, as daar brandkoring of heuningdou, sprinkane of kaalvreters is, as sy vyande hom in sy land vol stede dit benoud maak, watter plaag of watter siekte ook al,

29 enige gebed, enige smeking wat enige mens of u hele volk Israel sal doen, as elkeen sy plaag en sy smart ken, sodat hy sy hande na hierdie huis toe uitbrei —

30 wil U dan hoor uit die hemel, u vaste woonplek, en vergewe en aan elkeen gee volgens al sy weë, U wat sy hart ken — want U alleen ken die hart van die mensekinders —

31 sodat hulle U kan vrees om te wandel in u weë al die dae wat hulle leef in die land wat U aan ons vaders gegee het.

32 Ja, ook na die uitlanderwat nie uit u volk Israel is nie en uit ’n ver land kom om u grote Naam en u sterke hand en u uitgestrekte arm ontwil, as hulle kom en na hierdie huis toe bid,

33 wil U dan hoor uit die hemel, uit u vaste woonplek, en doen volgens alles waaroor die uitlander U sal aanroep, sodat al die volke van die aarde u Naam mag ken en U vrees soos u volk Israel, en mag gewaar word dat u Naam uitgeroep is oor hierdie huis wat ek gebou het.

34 As u volk uittrek in die oorlog teen sy vyande op die pad waarop U hulle stuur, en hulle bid tot U in die rigting van hierdie stad wat U verkies het, en van die huis wat ek vir u Naam gebou het,

35 wil dan uit die hemel hulle gebed hoor en hulle smeking, enaan hullehul reg verskaf.

36 As hulle teen U sondig — want daar is geen mens wat nie sondig nie — en U op hulle toornig is en hulle aan ’n vyand oorgee en hulle veroweraars hulle as gevangenes wegvoer na ’n land, ver of naby,

37 en hulle dit ter harte neem in die land waarheen hulle as gevangenes weggevoer is, en hulle hul bekeer en U smeek in die land van hulle gevangenskap en sê: Ons het gesondig, ons het verkeerd gehandel, en ons was goddeloos —

38 en hulle hul tot U bekeer met hul hele hart en met hul hele siel in die land van hul gevangenskap, van die wat hulle weggevoer het, en hulle bid in die rigting van hulle land wat U aan hulle vaders gegee het, en van die stad wat U verkies het, en van die huis wat ek vir u Naam gebou het,

39 wil dan uit die hemel, uit u vaste woonplek, hulle gebed en hulle smekinge hoor enaan hullehul reg verskaf en u volk vergewe wat hulle teen U gesondig het.

40 My God, mag u oë tog nou oop wees en u ore luister na die gebed van hierdie plek.

41 Staan dan nou op na urusplek,HereGod, U en die ark van u sterkte! Laat u priesters,HereGod, met heil bekleed wees, en laat u gunsgenote hulle verheug in die goeie.

42 HereGod,wys u gesalfde nie af nie;dink aan die gunsbewyse aan u kneg Dawid!

II KRONIEKE 7

Die Here vervul die tempel met sy heerlikheid. Inwydingsofferandes en -plegtighede. Die huttefees.

1 ENnet toe Salomo sy gebed voleindig het, het dievuur uit die hemel neergedaal en die brandoffer en die slagoffers verteer, endie heerlikheid van dieHerehet die huis vervul;

2 en die priesters kon nie in die huis van dieHereingaan nie, want die heerlikheid van dieHerehet die huis van dieHerevervul.

3 En toe al die kinders van Israel sien hoe die vuur en die heerlikheid van dieHereop die huis neerdaal, het hulle gekniel met die aangesig na die aarde toe, op die plaveisel, en aanbid en dieHeregeprys dat Hy goed is, dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is.

4 En die koning en die hele volk was besig om slagoffers voor die aangesig van dieHerete slag.

5 Koning Salomo het naamlik die slagoffer van twee-en-twintigduisend beeste en honderd-en-twintigduisend stuks kleinvee geslag; en die koning en die hele volk het die huis van God ingewy,

6 terwyl die priesters op hulle poste gestaan het, ook die Leviete met die musiekinstrumente van dieHere, wat koning Dawid gemaak het, om dieHerete loof dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is, met die loflied van Dawid wat deur hulle voorgedra is. Intussen het die priesters teenoor hulle op die trompette geblaas, en die hele Israel het gestaan.

7 En Salomo het die middel van die voorhof geheilig wat voor die huis van dieHerewas; want daar het hy die brandoffers en die vetstukke van die dankoffers berei, omdat die koperaltaar wat Salomo gemaak het, die brandoffer en die spysoffer en die vetstukke nie kon bevat nie.

8 So het Salomo dan in dié tyd die fees gehou, sewe dae lank, en die hele Israel saam met hom, ’n baie groot vergadering, van die ingang na Hamat tot bydie spruit van Egipte.

9 En op die agtste dag het hulle ’n feestyd gehou, wantdie inwyding van die altaar het hulle sewe dae lank gevier en die fees sewe dae lank.

10 En op die drie-en-twintigste dag van die sewende maand het hy die volk na hul tente laat gaan, verheug en vrolik van hart oor die goeie dinge wat dieHereaan Dawid en aan Salomo en aan sy volk Israel gedoen het.

11 Entoe Salomo die huis van dieHereen die huis van die koning voltooi het, en alles wat in Salomo se hart gekom het om in die huis van dieHereen in sy huis te maak, voorspoedig uitgevoer het,

12 verskyn dieHerein die nag aan Salomo en sê vir hom: Ek het jou gebed gehoor enhierdie plek vir My as ’n offerhuis verkies.

13 As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur,

14 en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë,dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.

15 Nou sal my oë oop wees en my ore luister na die gebed van hierdie plek.

16 So het Ek dan nou hierdie huis verkies en geheilig, dat my Naam daar kan wees tot in ewigheid, en my oë en my hart sal altyd daar wees.

17 En wat jou betref, as jy wandel voor my aangesig soos jou vader Dawid gewandel het, deur naamlik te doen net soos Ek jou beveel het, en my insettinge en my verordeninge onderhou,

18 dan sal Ek die troon van jou koningskap bevestig, soos Ek dit jou vader Dawid beloof het deur te sê: Daar sal vir jou nooit ’n man ontbreek wat in Israel sal heers nie.

19 Maar as júlle afkerig word en my insettinge en my gebooie wat Ek julle voorgehou het, verlaat en ander gode gaan dien en julle voor hulle neerbuig,

20 dan sal Ek hulleuitruk uit my land wat Ek aan hulle gegee het, en hierdie huis wat Ek vir my Naam geheilig het, sal Ek van my aangesig wegwerp en daarvan ’n spreekwoord en ’n spotlied maak onder al die volke.

21 En hierdie huis wat so hoog was — elkeen wat daarlangs verbygaan, sal verstom staan en vra: Waarom het dieHereso gedoen met hierdie land en met hierdie huis?

22 Dan sal hulle sê: Omdat hulle dieHere, die God van hulle vaders, verlaat het wat hulle uit Egipteland uitgelei het, en ander gode aangehang en voor hulle neergebuig en hulle gedien het, daarom het Hy al hierdie onheil oor hulle gebring.

II KRONIEKE 8

Ander bouwerke van Salomo. Sy handel.

1 ENaan die einde van twintig jaar waarin Salomo die huis van dieHereen sy huis gebou het,

2 het Salomo die stede opgebou wat Huram aan Salomogegee het, en die kinders van Israel daar laat woon.

3 Daarna het Salomo na Hamat-Soba getrek en dit oorweldig.

4 En hy het Tadmor in die woestyn opgebou, en al die voorraadstede wat hy in Hamat gebou het.

5 Verder het hyBet-Horon-Bo en Bet-Horon-Onder as vestingstede opgebou met mure, poorte en grendels.

6 Ook Báälat en al die voorraadstede wat Salomo gehad het, en al die stede vir die strydwaens en die stede vir die perderuiters en alles wat Salomo graag wou gebou het in Jerusalem en in die Líbanon en in die hele land van sy heerskappy.

7 Al die mense wat oorgebly het van die Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete, wat nie uit Israel was nie —

8 van hulle kinders wat ná hulle oorgebly het in die land, wat die kinders van Israel nie uitgeroei het nie, dié het Salomo laat opkom vir dwangarbeid, tot vandag toe.

9 Maar van die kinders van Israel het Salomo geen slawe gemaak vir sy diens nie, maar hulle was krygsmanne en owerstes van sy beste vegsmanne en owerstes van sy strydwaens en sy perderuiters.

10 En dit was die hoofopsigters van koning Salomo,tweehonderd-en-vyftig wat oor die mense bevel gevoer het.

11 En Salomo het die dogter van Farao uit die stad van Dawid gebring na die huis wat hy vir haar gebou het; want hy het gesê: Geen vrou van my mag woon in die huis van Dawid, die koning van Israel, nie; want dit is heilig, omdat die ark van dieHeredaarin gekom het.

12 Toe het Salomo brandoffers aan dieHeregebring op die altaar van dieHerewat hy voor die voorportaal gebou het.

13 Daarop moes hulle na die eis vanelke dag offer volgens die gebod van Moses,op die sabbatte en op die nuwemane en op die feestye,drie maal in die jaar — op die fees van die ongesuurde brode en op die fees van die weke en op die huttefees.

14 Ook het hy volgens die voorskrif van sy vader Dawidvir die afdelings van die priesters hulle dienswerk vasgestel; en virdie Leviete hulle ampspligte, omGodte prys en te dien voor die priesters na die eis van elke dag; en virdie poortwagters volgens hulle afdelings vir elke poort; want so was die gebod van Dawid, die man van God.

15 En hulle het in geen enkele opsig afgewyk van die gebod van die koning oor die priesters en die Leviete en ten opsigte van die skatkamers nie.

16 So het dan al die werk van Salomo tot stand gekom van die dag af dat die huis van dieHeregegrondves is tot sy voltooiing toe: die huis van dieHerewas voltooi.

17 Toe het Salomo na Éseon-Geber getrek en na Elot, aan die seekus in die land Edom.

18 En Huram het aan hom deur sy dienaars skepe gestuur en dienaars wat die see ken; en hulle het saam met Salomo se dienaars in Ofir aangekom, en daarvandaan vierhonderd-en-vyftig talente goud gaan haal en na koning Salomo gebring.

II KRONIEKE 9

Die koningin van Skeba kom Salomo besoek.

1 ENtoe die koningin van Skeba die gerug van Salomo hoor, het sy, ten einde Salomo in Jerusalem met raaisels op die proef te stel, gekom met ’n baie groot trek en kamele wat speserye en goud in menigte en edelgesteentes dra; en toe sy by Salomo inkom, het sy met hom gespreek oor alles wat in haar hart was.

2 En Salomo het haar al haar woorde verklaar; en geen woord was vir Salomo te diepsinnig om haar dit te verklaar nie.

3 Toe die koningin van Skeba dan die wysheid van Salomo sien en die huis wat hy gebou het,

4 en die voedsel van sy tafel, en hoe sy dienaars sit en sy bediendes staan, en hulle klere en sy dranke en hulle klere, en sy trap waarmee hy opklim na die huis van dieHere, was daar in haar geen gees meer nie.

5 Daarop sê sy aan die koning: Die woord was waarheid wat ek in my land gehoor het oor u sake en oor u wysheid.

6 En ek het hulle woorde nie geglo nie, totdat ek gekom en my oë gesien het; en kyk, die helfte van u buitengewone wysheid is my nie meegedeel nie; u oortref die gerug wat ek gehoor het.

7 Gelukkig is u manne, en gelukkig hierdie dienaars van u wat gedurig voor u staan en u wysheid hoor!

8 Geloofd sy dieHereu God wat behae in u gehad het om u op sy troon as koning vir dieHereu God te laat sit! Omdat u God Israel liefhet om dit vir ewig in stand te hou, het Hy u as koning oor hulle aangestel om reg en geregtigheid te doen.

9 Verder het sy aan die koning honderd-en-twintig talente goud en ’n groot menigte speserye en edelgesteentes gegee; en daar was nooit soveel speserye as wat die koningin van Skeba aan koning Salomo gegee het nie.

10 Maar ook die dienaars van Huram en die dienaars van Salomo wat goud uit Ofir gebring het, het sandelhout en edelgesteentes aangevoer.

11 En die koning het van die sandelhout trappe vir die huis van dieHereen vir die huis van die koning gemaak, en siters en harpe vir die sangers; en die gelyke daarvan is tevore in die land Juda nie gesien nie.

12 En koning Salomo het aan die koningin van Skeba al haar begeerte gegee, wat sy maar gevra het, bo watsý na die koning gebring het. Daarop het sy teruggekeer en na haar land getrek, sy en haar dienaars.

Rykdom, prag en eer van Salomo.

13 EN die gewig van Salomo se inkomste aan goud in een jaar was seshonderd-ses-en-sestig talente goud;

14 behalwe wat ingekom het van die koopmans wat rondtrek, en van die handelaars, terwyl ook al die konings van Arabië en die goewerneurs van die land vir Salomo goud en silwer ingebring het.

15 En koning Salomo het tweehonderd groot skilde van geslae goud gemaak; seshonderdsikkelsgeslae goud het hy op elke groot skild gebruik;

16 endriehonderd klein skilde van geslae goud; driehonderdsikkelsgoud het hy op elke klein skild gebruik; en die koning het dit in die huis van die Líbanon-bos gesit.

17 Verder het die koning ’n groot troon van ivoor gemaak en dit metsuiwer goud oorgetrek.

18 En die troon het ses trappe gehad met ’n voetbank van goud, aan die troon bevestig; en leunings aan weerskante by die sitplek, terwyl twee leeus langs die leunings staan.

19 Daarby het twaalf leeus daar op die ses trappe aan weerskante gestaan: so iets is nooit vir enige koninkryk gemaak nie.

20 En die hele drinkservies van koning Salomo was van goud, en al die voorwerpe van die huis van die Líbanon-bos van fyn goud; silwer is in die dae van Salomo as niks gereken nie.

21 Want die koning het skepe gehad wat na Tarsis gevaar het saam met die dienaars van Huram; een maal in drie jaar het die Tarsis-skepe ingekom, gelaai met goud en silwer, ivoor en ape en poue.

22 So het koning Salomo dan groter geword as al die konings van die aarde in rykdom en wysheid.

23 En al die konings van die aarde het die aangesig van Salomo gesoek om sy wysheid te hoor wat God in sy hart gegee het,

24 terwyl elkeen van hulle sy geskenk saamgebring het: silwervoorwerpe en goue voorwerpe en klere, wapens en speserye, perde en muile, jaar vir jaar.

25 Verder het Salomovierduisend perdekrippe gehad en strydwaens en twaalfduisend ruiters, en hy het dit in die stede vir die waens en by die koning in Jerusalem opgestel.

26 En hy was heerser oor al die konings van die Eufraat af tot by die land van die Filistyne en tot by die grens van Egipte.

27 Verder het die koning die silwer in Jerusalem gemaak soos klippe en die seders gemaak soos die wildevyebome wat indie Laeveld is, in menigte.

28 En hulle het vir Salomo perde uit Egipte en uit al die lande uitgevoer.

Dood van Salomo.

29 EN die verdere geskiedenis van Salomo, die vroeëre sowel as die latere, is dit nie beskrywe nie in die Geskiedenis van die profeetNatan en in dieProfesie vanAhía, die Siloniet, en in die Gesigte van diesienerJedi oor Jeróbeam, die seun van Nebat?

30 En Salomo het in Jerusalem oor die hele Israel veertig jaar geregeer.

31 Daarna het Salomo met sy vaders ontslaap en is begrawe in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Rehábeam het in sy plek koning geword.

II KRONIEKE 10

Skeuring van die ryk: Rehábeam koning van Juda, Jeróbeam koning van Israel.

1 ENRehábeam het na Sigem gegaan, want die hele Israel het na Sigem gekom om hom koning te maak.

2 En net toe Jeróbeam, die seun van Nebat, dit hoor — hy was in Egiptewaarheen hy vir koning Salomo weggevlug het — het Jeróbeam uit Egipte teruggekom.

3 En hulle het gestuur en hom laat roep. Toe kom Jeróbeam met die hele Israel, en hulle het Rehábeam toegespreek en gesê:

4 U vader het ons juk hard gemaak; maak u dan nou die harde diens van u vader en sy swaar juk wat hy ons opgelê het, ligter; dan sal ons u dien.

5 En hy sê vir hulle: Kom oor drie dae na my terug. En die volk het gegaan.

6 Daarop hou koning Rehábeam raad met die oudstes wat voor sy vader Salomo gedurende sy lewe gestaan het, en hy vra: Wat raai u aan om hierdie volk te antwoord?

7 En hulle het met hom gespreek en gesê: As u vir hierdie volk goed is en hulle behaag en hulle met vriendelike woorde toespreek, sal hulle altyd u dienaars wees.

8 Maar hy het die raad van die oudstes wat hulle hom gegee het, in die wind geslaan en raad gehou met die jongmanne wat saam met hom grootgeword en in sy diens gestaan het.

9 En hy vra hulle: Wat raai julle aan dat ons hierdie volk sal antwoord wat my toegespreek en gesê het: Maak die juk wat u vader ons opgelê het, ligter?

10 En die jongmanne wat saam met hom grootgeword het, antwoord hom en sê: Só moet u die volk antwoord wat met u gespreek en gesê het: U vader het ons juk swaar gemaak, maar maak u dit ligter oor ons — só moet u hulle antwoord: My pinkie is dikker as my vader se lendene.

11 Het my vader dan nou ’n swaar juk op julle gelaai — ék sal by julle juk nog byvoeg; het my vader julle met die sweep getugtig — éksal jullemet géselstugtig.

12 Toe Jeróbeam en die hele volk dan op die derde dag by Rehábeam kom soos die koning gespreek en gesê het: Kom na my terug op die derde dag —

13 het die koning hulle ’n harde antwoord gegee; koning Rehábeam het die raad van die oudstes in die wind geslaan

14 en met hulle gespreek volgens die raad van die jongmanne en gesê: Het my vader julle juk swaar gemaak — ék sal daar nog byvoeg; het my vader julle met die sweep getugtig — éksal jullemet géselstugtig.

15 So het die koning dan nie na die volk geluister nie, want dit was ’n beskikking van God, sodat dieHeresy woord sou vervul wat Hy gespreek het deur die diens vanAhía, die Siloniet, tot Jeróbeam, die seun van Nebat.

16 Toe die hele Israelsiendat die koning nie na hulle luister nie, het die volk die koning geantwoord en gesê: Watter aandeel het ons aan Dawid? En daar is geen erfdeel aan die seun van Ísai nie! Elkeen na sy tente toe, Israel! Sorg vir jou eie huis, Dawid! Daarop het die hele Israel na sy tente gegaan.

17 Maar oor die kinders van Israel wat in die stede van Juda gewoon het, oor hulle was Rehábeam koning.

18 Toe stuur koning RehábeamHadóram wat oor die dwangarbeid was, maar die kinders van Israel het hom gestenig, sodat hy gesterf het, en koning Rehábeam het hom geweer om op ’n wa te klim, om na Jerusalem te vlug.

19 So het die Israeliete dan afvallig geword van die huis van Dawid tot vandag toe.

II KRONIEKE 11

1 EN toe Rehábeam in Jerusalem kom, het hy die huis van Juda en Benjamin, honderd-en-tagtigduisend krygshaftige jongmanne, byeen laat kom om teen Israel oorlog te voer, om die koningskap vir Rehábeam terug te win.

2 Maar die woord van dieHerehet tot Semája, die man van God, gekom en gesê:

3 Spreek met Rehábeam, die seun van Salomo, die koning van Juda, en met die heleIsrael in Juda en in Benjamin, en sê:

4 So spreek dieHere: Julle mag nie optrek en teen julle broers oorlog voer nie; julle moet omdraai, elkeen na sy huis, want van My het hierdie saak gekom. Hulle het toe geluister na die woorde van dieHereen omgedraai sonder om teen Jeróbeam op te trek.

Rehábeam versterk sy ryk. Sy huisgesin.

5 EN Rehábeam het in Jerusalem gewoon en stede as vestings opgebou in Juda.

6 Hy het naamlik Betlehem opgebou, en Etam en Tekóa;

7 en Bet-Sur en Sogo en Adúllam;

8 en Gat en Marésa en Sif;

9 en Adoráim en Lagis en Aséka;

10 en Sórea en Ájalon en Hebron, versterkte stede in Juda en in Benjamin.

11 En hy het die vestings versterk en daarin bevelhebbers aangestel met voorrade voedsel en olie en wyn,

12 en in elkeen van die stede groot skilde en spiese; en hy het hulle uitermate versterk; en Juda en Benjamin het aan hom behoort.

13 En die priesters en die Leviete wat in die hele Israel was, het uit hulle hele grondgebied by hom gestaan.

14 Want die Leviete hethulle weiveld en hulle besitting verlaat en na Juda en Jerusalem getrek; want Jeróbeam en sy seunshet hulle verwerp, sodat hulle geen priesters van dieHeremeer kon wees nie.

15 En hy het vir hompriesters aangestel vir die hoogtes endie veldduiwels endie kalwers wat hy gemaak het.

16 En agter hulle aan het uit al die stamme van Israel die wat hulle hart daarop gerig het om dieHere, die God van Israel, te soek, na Jerusalem gekom om aan dieHere, die God van hulle vaders, te offer;

17 en hulle het die koninkryk van Judaversterk en Rehábeam, die seun van Salomo, drie jaar lank bemoedig; want drie jaar lank het hulle in die weg van Dawid en van Salomo gewandel.

18 En Rehábeam het Maglat, die dogter van Jérimot, die seun van Dawid,envan Abíhail, die dogter vanElíab, die seun van Ísai, vir hom as vrou geneem.

19 En sy het vir hom seuns gebaar: Jehus en Semárja en Saham.

20 En ná haar het hyMáäga, die dogter van Absalom, geneem, en sy het vir hom Abía en Áttai en Sisa en Selómit gebaar.

21 En Rehábeam het Máäga, die dogter van Absalom, liewer gehad as al sy vroue en sy byvroue; hy het naamlik agttien vroue geneem en sestig byvroue; en hy het die vader van agt-en-twintig seuns en sestig dogters geword.

22 EnRehábeam het Abía, die seun van Máäga, as hoof, as vors onder sy broers aangestel; want hy wou hom koning maak.

23 En hy het verstandig gehandel en van al sy seuns versprei in al die streke van Juda en Benjamin, in al die versterkte stede, en aan hulle voedsel in oorvloed gegee en ’n menigte vrouevir hullegevra.

II KRONIEKE 12

Rehábeam se ontrou teenoor die Here word gestraf deur ’n aanval van Sisak, die koning van Egipte.

1 EN toe Rehábeam die koningskap bevestig het en hy sterk was,het hy die wet van dieHereverlaat, en die hele Israel saam met hom.

2 Toe het Sisak, die koning van Egipte, indie vyfde jaar van koning Rehábeam, teen Jerusalem opgetrek — omdat hulle ontrou teenoor dieHeregehandel het —

3 met twaalfhonderd strydwaens en sestigduisend perderuiters; en ontelbaar was die manskappe wat saam met hom uit Egipte gekom het:Líbiërs, Sukkiete en Kusiete.

4 En hy hetdie versterkte stede ingeneem wat aan Juda behoort het, en tot by Jerusalem gekom.

5 Daarop kom die profeetSemája na Rehábeam en die owerstes van Juda wat vanweë Sisak in Jerusalem bymekaargekom het, en sê vir hulle: So spreek dieHere: Júlle het My verlaat; daarom gee Ék julle ook oor in die hand van Sisak.

6 Hierop het die owerstes van Israel en die koning hulle verootmoedig en gesê: DieHereis regverdig.

7 En toe dieHeresien dat hulle hul verootmoedig, kom die woord van dieHeretot Semája en sê: Hulle het hul verootmoedig: Ek sal hulle nie vernietig nie, maar hulle binnekort uitkoms skenk, en my grimmigheid sal nie deur middel van Sisak oor Jerusalem uitgestort word nie.

8 Maar hulle sal sy knegte word, sodat hullemy diens en die diens van die koninkryke van die lande kan leer ken!

9 En Sisak, die koning van Egipte, het teen Jerusalem opgetrek en die skatte van die huis van dieHereen die skatte van die huis van die koning weggeneem; hy het alles weggeneem; hy het ook die goue skildewat Salomo gemaak het, weggeneem.

10 Toe maak koning Rehábeam in die plek daarvan koperskilde, en hy het dit aan die owerstes van die hardlopers toevertrou wat die ingang van die koning se huis bewaak.

11 So dikwels as die koning in die huis van dieHereingaan, kom die hardlopers en dra dit en bring dit weer terug in die wagkamer van die hardlopers.

12 Maar weens sy verootmoediging het die toorn van dieHerevan hom gewyk, sodat Hy hom nie geheel en al vernietig het nie; ook was daar in Juda nog goeie dinge.

13 En koning Rehábeam het hom versterk in Jerusalem en geregeer; want Rehábeam was een-en-veertig jaar oud toe hy koning geword het, en het sewentien jaar geregeer in Jerusalem,die stad wat dieHereuit al die stamme van Israel verkies het om sy Naam daar te vestig; en die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese.

14 En hy het gedoen wat verkeerd was, want hy het nie sy hart gerig om dieHerete soek nie.

15 En die geskiedenis van Rehábeam, die vroeëre en die latere, is dit nie beskrywe in die Geskiedenis van die profeetSemája en van die sienerIddo, volgensgeslagsregister nie? En daar was gedurigdeur oorloë tussen Rehábeam en Jeróbeam.

16 En Rehábeam het ontslaap met sy vaders en is begrawe in die stad van Dawid; en sy seun Abía het in sy plek koning geword.

II KRONIEKE 13

Regering van Abía en sy oorlog teen Jeróbeam.

1 IN die agttiende jaar van koning Jeróbeam het Abía oor Juda koning geword.

2 Drie jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder wasMigája, die dogter van Úriël uit Gíbea.En daar was oorlog tussen Abía en Jeróbeam.

3 En Abía het die oorlog begin met ’n leër van dapper krygsmanne, vierhonderdduisend jong manskappe; en Jeróbeam het hom in slagorde teen hom opgestel met agthonderdduisend jong manskappe, dapper helde.

4 Toe gaan Abía bo-op die bergSemaráim staan wat in diegebergte van Efraim is, en sê: Luister na my, Jeróbeam en die hele Israel!

5 Behoort julle nie te weet dat dieHere, die God van Israel, die koningskap oor Israelaan Dawid vir ewig gegee het, aan hom en sy seuns as’n soutverbond nie?

6 Maar Jeróbeam, die seun van Nebat, die dienaar van Salomo, die seun van Dawid, het opgestaan en teen sy heer gerebelleer.

7 En ligsinnige manne, deugniete, het by hom vergader en hulle versit teen Rehábeam, die seun van Salomo; en Rehábeam wasjonk en week van hart, sodat hy hulle geen teëstand kon bied nie.

8 En nou dink julle om teëstand te bied aandie koningskap van dieHerein die hand van die seuns van Dawid, omdat julle ’n groot menigte is en daargoue kalwers by julle is wat Jeróbeam vir julle as gode gemaak het.

9 Het julle nie die priesters van dieHere, die seuns van Aäron, en die Leviete verdrywe en vir julle priesters gemaak soos die volke van die lande nie? Elkeen wat kom met’n jong bul en sewe ramme om hom te laat aanstel, dié het priester geword van die wat geen gode is nie.

10 Maar ons — dieHereis onse God, en ons het Hom nie verlaat nie; en as priesters dien die seuns van Aäron dieHere, en die Leviete is in die dienswerk.

11 En hulle steekbrandoffers vir dieHereaan die brand, elke môre en elke aand, en reukwerk van speserye, enhulle sorgvir die toonbrode op die rein tafel en vir die goue kandelaar met sy lampe,om dit elke aand op te steek; want onsonderhou die ordening van dieHereonse God, maar júlle het Hom verlaat.

12 En kyk, by ons is God aan die hoof en sy priestersmet die alarmtrompette om teen julle alarm te blaas. Kinders van Israel, voer tog nie oorlog teen dieHere, die God van julle vaders nie, want julle sal nie voorspoedig wees nie.

13 Maar Jeróbeam het die hinderlaag laat omtrek om hulle van agter by te kom, sodat hulle voor Juda was en die hinderlaag agter hulle.

14 En toe Juda omdraai, was die geveg meteens voor en agter hulle; en hulle het dieHereaangeroep, terwyl die priesters op die trompette blaas.

15 Daarop hef die manskappe van Juda ’n krygsgeskreeu aan; en toe die manskappe van Juda die krygsgeskreeu aanhef, het God Jeróbeam en die hele Israel voor Abía en Judaverslaan.

16 En die kinders van Israel het gevlug vir Juda, en God het hulle in hul hand gegee.

17 En Abía met sy manskappe het ’n groot slag onder hulle geslaan, sodat van Israel vyfhonderdduisend jong manskappe as gesneuweldes geval het.

18 En die kinders van Israel is in dié tyd verneder, maar die kinders van Juda het sterk geword,omdat hulle op dieHere, die God van hulle vaders, gesteun het.

19 En Abía het Jeróbeam agternagejaag en stede van hom afgeneem:Bet-el met sy onderhorige plekke, en Jesána met sy onderhorige plekke, en Efron met sy onderhorige plekke.

20 En Jeróbeam het geen krag meer behou in die dae van Abía nie, en dieHerehet homswaar getref, sodathy gesterf het.

21 Maar Abía het hom versterk; en hy het vir hom veertien vroue geneem en die vader van twee-en-twintig seuns en sestien dogters geword.

22 En die verdere geskiedenis van Abía, sy weë en sy woorde, is beskrywe in die Uitleg van die profeetIddo.

II KRONIEKE 14

Regering van Asa. Sy oorwinnings oor die Kusiete.

1 EN Abía het ontslaap met sy vaders en is begrawe in die stad van Dawid, ensy seun Asa het in sy plek koning geword. In sy dae het die land tien jaar gerus.

2 En Asa het gedoen wat goed en reg was in die oë van dieHeresy God:

3 hy het die vreemde altare endie hoogtes verwyder en die klippilare stukkend gebreek endie heilige boomstamme omgekap

4 en aan Juda gesê om dieHere, die God van hulle vaders, te soek en om die wet en die gebod te doen.

5 Ook het hy uit al die stede van Juda die hoogtes en die sonpilare verwyder, en die koninkryk het gerus onder hom.

6 Verder het hyversterkte stede gebou in Juda, want die land was rustig; en daar was geen oorlog teen hom in daardie jare nie, omdat dieHerehom rus verskaf het.

7 Daarom het hy aan Juda gesê: Laat ons hierdie stede opbou en met ’n muur omring en met torings, poorte en grendels, terwyl die land nog vry voor ons lê; want ons het dieHereonse God gesoek — ons het gesoek, en Hy het ons rus verskaf rondom. Hulle het toe gebou en was voorspoedig.

8 En Asa het ’n leër gehad wat skild en spies dra: uit Judadriehonderdduisend man, en uit Benjamin, wat die skild dra en die boog span, tweehonderd-en-tagtigduisend; hulle was almal dapper helde.

9 En Serag, die Kusiet, het teen hulle uitgetrek met ’n leër van ’n miljoen met driehonderd strydwaens; en hy het gekom tot byMarésa.

10 Toe trek Asa uit hom tegemoet, en hulle het die slagorde opgestel in die dalSefáta by Marésa.

11 En Asa het dieHeresy God aangeroep en gesê:Here,niemand kan help soos U tussen die magtige en die kragtelose nie; help ons,Hereonse God, wantop U steun ons, enin u Naam het ons teen hierdie menigte gekom;Here, U is onse God; laat geen sterfling naas U magtig wees nie.

12 En dieHerehet die Kusiete voor Asa en Juda verslaan, en die Kusiete het gevlug.

13 En Asa en die manskappe wat by hom was, het hulle agtervolg tot byGerar; en van die Kusiete het soveel geval, dat daar vir hulle geen herstel moontlik was nie; want hulle was gebreek voor die aangesig van dieHereen voor sy leër. En hulle het ’n baie groot buit geneem;

14 en al die stede rondom Gerar oorweldig; wantdie skrik vir dieHerewas op hulle. En hulle het al die stede geplunder, want daar was ’n groot buit in.

15 Hulle het ook die tente met die vee oorweldig en kleinvee in menigte en kamele weggevoer. Daarna het hulle na Jerusalem teruggekeer.