II KRONIEKE 14

Regering van Asa. Sy oorwinnings oor die Kusiete.

1 EN Abía het ontslaap met sy vaders en is begrawe in die stad van Dawid, ensy seun Asa het in sy plek koning geword. In sy dae het die land tien jaar gerus.

2 En Asa het gedoen wat goed en reg was in die oë van dieHeresy God:

3 hy het die vreemde altare endie hoogtes verwyder en die klippilare stukkend gebreek endie heilige boomstamme omgekap

4 en aan Juda gesê om dieHere, die God van hulle vaders, te soek en om die wet en die gebod te doen.

5 Ook het hy uit al die stede van Juda die hoogtes en die sonpilare verwyder, en die koninkryk het gerus onder hom.

6 Verder het hyversterkte stede gebou in Juda, want die land was rustig; en daar was geen oorlog teen hom in daardie jare nie, omdat dieHerehom rus verskaf het.

7 Daarom het hy aan Juda gesê: Laat ons hierdie stede opbou en met ’n muur omring en met torings, poorte en grendels, terwyl die land nog vry voor ons lê; want ons het dieHereonse God gesoek — ons het gesoek, en Hy het ons rus verskaf rondom. Hulle het toe gebou en was voorspoedig.

8 En Asa het ’n leër gehad wat skild en spies dra: uit Judadriehonderdduisend man, en uit Benjamin, wat die skild dra en die boog span, tweehonderd-en-tagtigduisend; hulle was almal dapper helde.

9 En Serag, die Kusiet, het teen hulle uitgetrek met ’n leër van ’n miljoen met driehonderd strydwaens; en hy het gekom tot byMarésa.

10 Toe trek Asa uit hom tegemoet, en hulle het die slagorde opgestel in die dalSefáta by Marésa.

11 En Asa het dieHeresy God aangeroep en gesê:Here,niemand kan help soos U tussen die magtige en die kragtelose nie; help ons,Hereonse God, wantop U steun ons, enin u Naam het ons teen hierdie menigte gekom;Here, U is onse God; laat geen sterfling naas U magtig wees nie.

12 En dieHerehet die Kusiete voor Asa en Juda verslaan, en die Kusiete het gevlug.

13 En Asa en die manskappe wat by hom was, het hulle agtervolg tot byGerar; en van die Kusiete het soveel geval, dat daar vir hulle geen herstel moontlik was nie; want hulle was gebreek voor die aangesig van dieHereen voor sy leër. En hulle het ’n baie groot buit geneem;

14 en al die stede rondom Gerar oorweldig; wantdie skrik vir dieHerewas op hulle. En hulle het al die stede geplunder, want daar was ’n groot buit in.

15 Hulle het ook die tente met die vee oorweldig en kleinvee in menigte en kamele weggevoer. Daarna het hulle na Jerusalem teruggekeer.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

3 + 2 =