II KRONIEKE 12

Rehábeam se ontrou teenoor die Here word gestraf deur ’n aanval van Sisak, die koning van Egipte.

1 EN toe Rehábeam die koningskap bevestig het en hy sterk was,het hy die wet van dieHereverlaat, en die hele Israel saam met hom.

2 Toe het Sisak, die koning van Egipte, indie vyfde jaar van koning Rehábeam, teen Jerusalem opgetrek — omdat hulle ontrou teenoor dieHeregehandel het —

3 met twaalfhonderd strydwaens en sestigduisend perderuiters; en ontelbaar was die manskappe wat saam met hom uit Egipte gekom het:Líbiërs, Sukkiete en Kusiete.

4 En hy hetdie versterkte stede ingeneem wat aan Juda behoort het, en tot by Jerusalem gekom.

5 Daarop kom die profeetSemája na Rehábeam en die owerstes van Juda wat vanweë Sisak in Jerusalem bymekaargekom het, en sê vir hulle: So spreek dieHere: Júlle het My verlaat; daarom gee Ék julle ook oor in die hand van Sisak.

6 Hierop het die owerstes van Israel en die koning hulle verootmoedig en gesê: DieHereis regverdig.

7 En toe dieHeresien dat hulle hul verootmoedig, kom die woord van dieHeretot Semája en sê: Hulle het hul verootmoedig: Ek sal hulle nie vernietig nie, maar hulle binnekort uitkoms skenk, en my grimmigheid sal nie deur middel van Sisak oor Jerusalem uitgestort word nie.

8 Maar hulle sal sy knegte word, sodat hullemy diens en die diens van die koninkryke van die lande kan leer ken!

9 En Sisak, die koning van Egipte, het teen Jerusalem opgetrek en die skatte van die huis van dieHereen die skatte van die huis van die koning weggeneem; hy het alles weggeneem; hy het ook die goue skildewat Salomo gemaak het, weggeneem.

10 Toe maak koning Rehábeam in die plek daarvan koperskilde, en hy het dit aan die owerstes van die hardlopers toevertrou wat die ingang van die koning se huis bewaak.

11 So dikwels as die koning in die huis van dieHereingaan, kom die hardlopers en dra dit en bring dit weer terug in die wagkamer van die hardlopers.

12 Maar weens sy verootmoediging het die toorn van dieHerevan hom gewyk, sodat Hy hom nie geheel en al vernietig het nie; ook was daar in Juda nog goeie dinge.

13 En koning Rehábeam het hom versterk in Jerusalem en geregeer; want Rehábeam was een-en-veertig jaar oud toe hy koning geword het, en het sewentien jaar geregeer in Jerusalem,die stad wat dieHereuit al die stamme van Israel verkies het om sy Naam daar te vestig; en die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese.

14 En hy het gedoen wat verkeerd was, want hy het nie sy hart gerig om dieHerete soek nie.

15 En die geskiedenis van Rehábeam, die vroeëre en die latere, is dit nie beskrywe in die Geskiedenis van die profeetSemája en van die sienerIddo, volgensgeslagsregister nie? En daar was gedurigdeur oorloë tussen Rehábeam en Jeróbeam.

16 En Rehábeam het ontslaap met sy vaders en is begrawe in die stad van Dawid; en sy seun Abía het in sy plek koning geword.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

5 × five =