II KRONIEKE 5

1 TOE al die werk gereed was wat Salomo vir die huis van dieHeregedoen het, het Salomo die heilige gawes van sy vader Dawid ingebring, die silwer sowel as die goud, en al die voorwerpe het hy in die skatkamers van die huis van God neergesit.

Inwyding van die tempel.

2 EN Salomo het die oudstes van Israel en al die stamhoofde, die familie-owerstes van die kinders van Israel, in Jerusalem bymekaar laat kom om die verbondsark van dieHereuit die stad van Dawid, dit is Sion, opwaarts te bring.

3 En al die manne van Israel het by die koning saamgekom op die fees, dit was die sewende maand.

4 Toe al die oudstes van Israel daar kom, hetdie Leviete die ark opgeneem

5 en die ark en die tent van samekoms met al die heilige voorwerpe wat in die tent was, gebring; dieLevitiese priesters het dit opwaarts gebring.

6 En toe koning Salomo en die hele vergadering van Israel wat by hom byeen was, voor die ark staan, het hulle kleinvee en beeste geoffer wat vanweë die menigte nie getel of bereken kon word nie.

7 Verder het die priesters die verbondsark van dieHerena sy plek in die binneste vertrek van die huis, in die Allerheiligste, gebring, onder die vlerke van die gérubs in.

8 Die gérubs het naamlik die vlerke uitgesprei gehou oor die plek van die ark, sodat die gérubs die ark en sy draaghoute van bo af bedek het.

9 En die draaghoute was so lank, dat die punte van die draaghoute,uit die ark uitgaande, vlak voor die binneste vertrek gesien kon word, maar verder buitentoe was hulle nie sigbaar nie; en dit is daar tot vandag toe.

10 Daar was niks in die ark nie as net die twee tafels wat Moses by Horeb ingesit het, toe dieHere’n verbond met die kinders van Israel gesluit het by hulle uittog uit Egipte.

11 En toe die priesters uit die heiligdom uitgaan — want al die priesters wat aanwesig was, het hulle geheilig sonder om dieafdelings in aanmerking te neem —

12 terwyl die Levitiese sangers almal saam,Asaf, Heman, Jedútun met hulle seuns en hulle broers, inlinne gekleed, met simbale en harpe en siters oostelik van die altaar staan, en saam met hulle omtrent honderd-en-twintig priesters wat op die trompette blaas;

13 en toe die trompetblasers en die sangers almal saam eenstemmig begin om dieHerete prys en te loof, en net toe hulle die stem verhef met die trompette en met die simbale en met die musiekinstrumente,en met: Loof dieHere, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid! — is die huis, die huis van dieHere, vervul met ’n wolk.

14 En die priesters kon vanweë die wolk nie staan om diens te doen nie, want die heerlikheid van dieHerehet die huis van God vervul.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

1 × four =