II KRONIEKE 11

1 EN toe Rehábeam in Jerusalem kom, het hy die huis van Juda en Benjamin, honderd-en-tagtigduisend krygshaftige jongmanne, byeen laat kom om teen Israel oorlog te voer, om die koningskap vir Rehábeam terug te win.

2 Maar die woord van dieHerehet tot Semája, die man van God, gekom en gesê:

3 Spreek met Rehábeam, die seun van Salomo, die koning van Juda, en met die heleIsrael in Juda en in Benjamin, en sê:

4 So spreek dieHere: Julle mag nie optrek en teen julle broers oorlog voer nie; julle moet omdraai, elkeen na sy huis, want van My het hierdie saak gekom. Hulle het toe geluister na die woorde van dieHereen omgedraai sonder om teen Jeróbeam op te trek.

Rehábeam versterk sy ryk. Sy huisgesin.

5 EN Rehábeam het in Jerusalem gewoon en stede as vestings opgebou in Juda.

6 Hy het naamlik Betlehem opgebou, en Etam en Tekóa;

7 en Bet-Sur en Sogo en Adúllam;

8 en Gat en Marésa en Sif;

9 en Adoráim en Lagis en Aséka;

10 en Sórea en Ájalon en Hebron, versterkte stede in Juda en in Benjamin.

11 En hy het die vestings versterk en daarin bevelhebbers aangestel met voorrade voedsel en olie en wyn,

12 en in elkeen van die stede groot skilde en spiese; en hy het hulle uitermate versterk; en Juda en Benjamin het aan hom behoort.

13 En die priesters en die Leviete wat in die hele Israel was, het uit hulle hele grondgebied by hom gestaan.

14 Want die Leviete hethulle weiveld en hulle besitting verlaat en na Juda en Jerusalem getrek; want Jeróbeam en sy seunshet hulle verwerp, sodat hulle geen priesters van dieHeremeer kon wees nie.

15 En hy het vir hompriesters aangestel vir die hoogtes endie veldduiwels endie kalwers wat hy gemaak het.

16 En agter hulle aan het uit al die stamme van Israel die wat hulle hart daarop gerig het om dieHere, die God van Israel, te soek, na Jerusalem gekom om aan dieHere, die God van hulle vaders, te offer;

17 en hulle het die koninkryk van Judaversterk en Rehábeam, die seun van Salomo, drie jaar lank bemoedig; want drie jaar lank het hulle in die weg van Dawid en van Salomo gewandel.

18 En Rehábeam het Maglat, die dogter van Jérimot, die seun van Dawid,envan Abíhail, die dogter vanElíab, die seun van Ísai, vir hom as vrou geneem.

19 En sy het vir hom seuns gebaar: Jehus en Semárja en Saham.

20 En ná haar het hyMáäga, die dogter van Absalom, geneem, en sy het vir hom Abía en Áttai en Sisa en Selómit gebaar.

21 En Rehábeam het Máäga, die dogter van Absalom, liewer gehad as al sy vroue en sy byvroue; hy het naamlik agttien vroue geneem en sestig byvroue; en hy het die vader van agt-en-twintig seuns en sestig dogters geword.

22 EnRehábeam het Abía, die seun van Máäga, as hoof, as vors onder sy broers aangestel; want hy wou hom koning maak.

23 En hy het verstandig gehandel en van al sy seuns versprei in al die streke van Juda en Benjamin, in al die versterkte stede, en aan hulle voedsel in oorvloed gegee en ’n menigte vrouevir hullegevra.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

three × 2 =