JOB 10

Wat kan tog die bedoeling wees van soveel smart?

1 EK walg van my lewe; ek wil my geklaagdie vrye loop gee; ek wil spreekin die bitterheid van my siel.

2 Ek sê tot God: Veroordeel my nie; laat my weet waarom U met my twis.

3 Is dit voordeel vir U dat U verdruk; dat U die arbeid van u handeverwerp, terwyl U oor die planne van die goddelose lig laat skyn?

4 Het U vleeslike oë? Ofsien U soos ’n mens sien?

5 Is u dae soos die dae van ’n mens, of u jare soos die dae van ’n man?

6 dat U soek na my ongeregtigheid en vra na my sonde,

7 ofskoon U weet dat ek nie skuldig is nie en dat daar niemand is wat uit u hand kan red nie?

In die verlede het God hom tog die lewe gegee en gunste bewys.

8 U hande het my geformeer en my gemaak,heeltemal rondom; en U vernietig my!

9 Bedink tog dat U my soos klei gevorm het, enwil U my tot stof laat terugkeer?

10 Het U my nie soos melk uitgegiet en my soos kaas laat dik word nie?

11 Met vel en vlees het U my beklee, en met beendere en senings het U my deurvleg.

12 Die lewe, ja, guns het U aan my bewys, en u sorg het my gees bewaak.

Kan dit wees dat God so met hom gehandel het net om hom te vervolg en te verdruk?

13 MAAR daarby het U dít verberg in u hart, ek weet datdít u toeleg was:

14 As ek gesondig het, sou Umy waarneem en my nie vryspreek van my ongeregtigheid nie.

15 Was ek skuldig — wee my! En was ek regverdig, ek soumy hoof nie kon ophef nie, sat van skande en bewus van my ellende.

16 En asmy hoofhom ophef, sou U my jaag soos’n leeu en U opnuut wonderbaarlik teenoor my gedra.

17 U sou altyd nuwe getuies teen my bring en u grimmigheid teen my vermeerder —altyd nuwe leërafdelings teen my!

18 Waarom tog het U my uit die moederskoot laat uitgaan? Ek moes gesterf het sonder dat ’n oog my gesien het.

19 Ek moes gewees het of ek daar nie was nie; van die moederskoot af moes ek na die graf gedra gewees het.

20 Is my dae nie min nie? Laat Hy ophou, my laat staan, dat ek ’n bietjievrolik kan wees,

21 voordat ek heengaan — en nie terugkom nie — na die land vanduisternis endoodskaduwee,

22 ’n land van donkerheid, soos middernag, van doodskaduwee en wanorde, en dit gee ’n skynsel — soos middernag!

JOB 11

As God Hom wou openbaar, sê Sofar, sou Job gou sien wie die skuldige is.

1 TOE hetSofar, die Naämatiet, geantwoord en gesê:

2 Moetdie menigte van woorde onbeantwoord bly? Of moet ’n loslippige man reg hê?

3 Sou jou gepraat manne laat swyg, sodat jy spot — sonder dat iemand jou beskaamd maak —

4 ensê: Suiwer is my leer, en rein is ek in u oë?

5 Maar, ag, as Gód maar wou spreek en sy lippe open teen jou!

6 En jou bekend wou maak dat die verborgenhede van die wysheid die insig verdubbel! Sodat jy kan weet dat God vir jou ’n deel van jou skuld deur die vingers sien.

Gods alwetendheid ontdek sonde waar die mens niks sien nie.

7 KAN jy die dieptes van God peil? Of sal jy kan deurdringtot by die volmaaktheid van die Almagtige?

8 Hoogtes van die hemel is dit — wat kan jy doen? Dieper as die doderyk — wat kan jy weet?

9 Langer as die aarde is die maat daarvan en breër as die see.

10 As Hy verbyskuiwe engevange neem en ’n regsvergadering oproep — wie sal Hom dan teëhou?

11 Want Hý ken dievalse mense, en Hy sien die ongeregtigheid sonder dat Hy juis daarop ag gee.

12 So kan dan ’n domme verstand verkryen ’n jong wilde-esel as mens gebore word.

Laat Job breek met ongeregtigheid, na God terugkeer; dan sal hy die lig van beter dae aanskou.

13 AS jý jou hart berei en jou hande uitbrei na Hom

14 — as daar ongeregtigheid in jou hand is, verwyder dit, en laat geen onreg in jou tente woon nie —

15 ja, dan sal jyjou aangesig kan ophef, vry van smet; en jy sal vasstaan sonder om te vrees.

16 Ja, jý saldie moeite vergeet; soos aan water wat verbygeloop het, sal jy daaraan dink.

17 En helderder as die middag sal die lewe oprys; is dit donker — dit sal wees soos die môre!

18 En jy sal vertrou, want daar is verwagting; en kyk jy rond — jy sal in veiligheid gaan slaap.

19 Ooksal jy lê sonder dat iemand jou skrikmaak; en baie sal jou guns soek.

20 Maardie oë van die goddelose sal versmag, en die toevlug is vir hulle verlore; en hulle verwagting is — uitblasing van die laaste asem.

JOB 12

Waarom, vra Job sy vriende, wil julle, op grond van ’n oppervlakkige kennis, my, die onskuldige, belaglik maak?

1 MAAR Job het geantwoord en gesê:

2 Waarlik, ja, julle is dieregtemense, en saam met julle sterf die wysheid uit!

3 Ook ek het verstand soos julle; ek staan nie vir julle terug nie; en wie weet sulke dinge nie?

4 Ek moet’n belagging wees vir my vriend, ek wat God aangeroep en verhoring gevind het — ’n belagging is die regverdige, die opregte!

5 Vir die ongeluk is daar veragting volgens die gedagte van hom wat lekker lewe; dit staan klaar vir hulle wie se voet wankel.

6 Rustig staan die tente van die verwoesters, en sekerheid is die deel van hulle wat God vertoorn, van hom wat sy god in sy hand dra.

Sekerlik, God bestier alles: dit leer die natuur en die ervaring.

7 MAAR vra tog vir die diere, dat hulle jou leer; en die voëls van die hemel, dat hulle jou te kenne gee;

8 of spreek die aarde aan, dat dit jou leer, en laat die visse van die see jou vertel.

9 Wie weet nie deur al hierdie dinge dat die hand van dieHeredit gemaak het nie?

10 In wie se hand die siel is van alles wat leef, en die gees van alle menslike vlees.

11 Moetdie oor nie woorde toets soos die verhemelte spys proe nie?

12 By die grysaards is wysheid, en in lengte van dae is verstand.

Maar dié bestier van God, sê Job, is willekeurig en het geen sedelike strekking nie, al is Hy die Wyse.

13 BY Hóm is wysheid en mag; Hý het raad en verstand.

14 Kyk, Hy breek af, en daar word nie opgebou nie; Hysluit ’n man as gevangene op, en daar word nie oopgemaak nie.

15 Kyk, Hyhou die waters terug, en hulle verdroog; ooklaat Hy hulle los, en hulle keer die aarde om.

16 By Hóm is krag en beleid; syne is die verdwaalde en hy wat laat dwaal.

17 Hy voer raadsmanne uitgeplunder weg, enregters maak Hy tot dwase.

18 Hy maak die band los waar konings mee bind, en bind ’n lyfdoek om hulle heupe.

19 Hy voer priestersuitgeplunder weg en bring wie vasstaan, tot ’n val.

20 Hy neem die spraak van die betroubare mense weg enberoof die ou mense vanhuloordeel.

21 Hy stort veragting uit oor die edeles en maak die gordel van die magtiges slap.

22 Hy openbaar dieptes uit die duisternis uit, en doodskaduwee bring Hy uit in die lig.

23 Hy maak nasies groot en laat hulle omkom; Hy brei nasies uit en voer hulle weg.

24 Hy neem die verstand weg van die volkshoofde van die land enlaat hulle ronddwaal in ’n wildernis, sonder pad.

25 Hulle tas in die duisternis, sonder lig; en Hy laat hulle ronddwaalsoos ’n dronk man.

JOB 13

Job bestraf sy vriende dat hulle hom op valse gronde veroordeel, terwyl hulle maak of dit tot groter heerlikheid van God is!

1 KYK, alles het my oog gesien, my oor gehoor en opgemerk.

2 Wat julle weet, weet ek ook: ek staan nie vir julle terug nie.

3 Maar ék sal met die Almagtige spreek, en ek verlang om te pleit by God.

4 Maar jullepleister met leuens, kwaksalwersis julle almal.

5 Ag, as julle maar heeltemal souswyg — dan sou dit vir julle wysheid wees!

6 Hoor tog na my verantwoording, en luister na die aanvalle van my lippe.

7 Wil julle, tot verdediging van God,onreg spreek en ten behoewe van Hom bedrog laat hoor?

8 Wil julle vir Hom partydig wees? Of wil julle vir God pleit?

9 Sal dit goed wees as Hy julle ondersoek? Of wil julle Hombedrieg soos ’n mens bedrieg word?

10 Hy sal julle sekerlik straf as julle in die geheim partydig is.

11 Sal sy hoogheid julle nie verskrik nie, en die skrik vir Hom julle nie oorval nie?

12 Jullekernspreuke is spreuke vanas, julle skanse word skanse van klei.

Maar sy eie gewete gee hom moed, en hy vra sy vriende om te luister terwyl hy sy saak by God bepleit.

13 LAAT my met rus; dan wil ék spreek; laat dan oor my kom wat wil.

14 Waarom sou ek my vlees in my tande neem en my lewe neerlê in my hand?

15 Kyk,al wil Hy my ombring — ekhoop op Hom; ek sal tog my wandel voor sy aangesig bepleit.

16 Ook is dit my tot heil dat ’n goddelose voor sy aangesig nie sal kom nie.

17 Luister goed na my rede en gee gehoor aan my verklaring.

18 Kyk tog, ek dra die regsaak voor; ek weet dat ék reg sal hê.

19 Wie durf my dan bestry? Ja, dan sou ek swyg en sterwe.

20 Moet my net twee dinge nie aandoen nie, dan sal ek my vir u aangesig nie verberg nie:

21 trek u hand weg van my af, en laat die skrik vir U my nie beangstig nie.

22 Klaag dan maar aan, en ék sal antwoord; of ek sal spreek, en gee U my antwoord.

23 Hoeveel is my ongeregtighede en sondes; maakmy my oortreding en sonde bekend.

24 Waarom verberg U u aangesig enhou my vir ’n vyand van U?

25 Wil U ’n verwaaide blaar skrik aanja en die droë stoppel agtervolg,

26 dat U bitter dinge oor my beskik en mydie ongeregtighede van my jeug laat erwe,

27 en dat U my voete in die blok sit en al my paaie bewaak? U trek vir U ’n streep om die sole van my voete;

28 en dít iemand wat verval soos hout wat weggevreet is, soos ’n kleed wat die mot verteer.

JOB 14

Sal die kortheid van die lewe en die droewige einde daarvan nie die ontferming van God opwek nie?

1 DIE mensuit ’n vrou gebore, is kort van dae en sat van onrus.

2 Hy spruit uit soos’n blom enverwelk; ook vlug hy soos’n skaduwee en hou nie stand nie.

3 En oor so een maak U die oë oop, en Ubring my voor u gereg.

4 Ag, kon maar’n reine voortkom uit ’n onreine — nie een nie!

5 As dan sy dae vasgestel is, die getal van sy maande by U is, U vir hom grense gestel het waar hy nie oor kan gaan nie,

6 kyk dan weg van hom af, dat hy kan rus — totdat hysoos ’n dagloner hom tevrede voel met sy dag.

7 Want vir ’n boom is daar verwagting: as dit afgekap word, loop dit weer uit en sy loot ontbreek nie.

8 As sy wortel oud word in die aarde en sy stam sterf in die stof —

9 van die reuk van die water spruit dit weer uit, en dit maak ’n tak soos ’n jong plantjie.

10 Maar ’n man sterwe en is magteloos; ja, ’n mens blaas die asem uit en — waar is hy?

11 Die waters verdwyn uit die groot waterplas, en die rivier droog uit en lê droog —

12 so lê die mens daar sonder om weer op te staan;totdat die hemele nie meer is nie, word hulle nie wakker of uit hul slaap opgewek nie.

13 Ag, as U my maar in die doderyk wouwegsteek, my wou verberg totdat u toorn bedaar het, my ’n bepaalde tyd wou stel en dan aan my wou dink!

14 As ’n mens sterwe, sal hy weer lewe? Dan sou ek hoop al die dae van my stryd totdat my aflossing kom;

15 U sou roep, en ek sou U antwoord, nadie maaksel van u hande sou U verlang.

16 Want noutel U my voetstappe. Let U nie op my sonde nie?

17 My oortreding is verseël in ’n bondeltjie, en U sluit my ongeregtigheid weg.

18 Maar soos ’n berg stukkend val as dit neerstort, en ’n rots versit word uit sy plek;

19 die water klippe glad skuur; die stortvloede daarvan die grond van die aarde wegspoel; so is die verwagting van ’n mens — U maak dit tot niet.

20 U oorweldig hom vir ewig, en hy gaan heen; U verander sy gelaat en stuur hom weg.

21 Sy kinders kom in eer, maarhy word dit nie gewaar nie; en hulle word gering, maar hy let nie op hulle nie.

22 Net sy vlees aan hom voel pyn, en sy siel in hom treur.

JOB 15

Élifas wil weet of dit wysheid is om te spreek soos Job; om die godsvrug af te breek met woorde.

1 TOE hetÉlifas, die Temaniet, geantwoord en gesê:

2 Sal’n wyse man met winderige wetenskap antwoord gee en sy buik vul met oostewind —

3 deur te pleit met woorde wat nie baat en met beweringe waarmee hy niks uitrig nie?

4 Ja, jý breek dieGodsvrees af en verstoor die stille oordenking voor die aangesig van God.

5 Want jou ongeregtigheid gee onderrig aan jou mond, en jy kies die taal van die listiges.

6 Jou eie mond veroordeel jou, en nie ek nie; ja, jou eie lippe getuig teen jou.

7 Is jy die eerste as mens gebore en voor die heuwels in die wêreld gebring?

8 Het jy indie raad van God afgeluister en die wysheid na jou toe getrek?

9 Wat weet jy wat ons nie weet nie?Watverstaan jy wat in ons nie is nie?

10 Ook is daar grys hare, ook bejaardes onder ons, ryker in dae as jou vader.

11 Is die vertroostinge van God vir jou te min, en ’n woord met sagtheid jou toegespreek?

Is ’n mens dan só regverdig, dat hy God mag aanspreek soos Job gedoen het?

12 WAAROM sleep jou hart jou weg? En waarom flikker jou oë so —

13 dat jy jou toorn rig teen God ensulkewoorde uit jou mond laat uitgaan?

14 Wat is die mens, dat hy rein sou wees? En hy wat uit ’n vrou gebore is, dat hy regverdig sou wees?

15 Kyk, in syheiliges stel Hy geen vertroue nie; ja, die hemele is nie rein in sy oë nie;

16 hoeveel minder die afskuwelike en ontaarde, die menswat onreg drink soos water!

17 Ek wil jou inlig, luister na my; en wat ek gesien het, wil ek vertel;

18 wat die wyse manneverkondig sonder om iets te verberg,van hulle vaders afoorgelewer;

19 aan hulle alleen was die land gegee, engeen vreemdeling het nog onder hulle deurgetrek nie.

Die goddelose is nie voorspoedig soos Job beweer het nie: hy is ’n prooi van ’n verontruste gewete en donker voorgevoelens.

20 AL sy dae leef die goddelose in angs, ja, al die jare deur wat vir die tiran bepaal is.

21 Skrikgeluide is in sy ore;in volle vrede oorval die verwoester hom.

22 Hy glo nie dat hy uit die duisternis sal terugkeer nie; en hy is bestemd vir die swaard.

23 Hydwaal ronden soekbrood. Waar is dit? Hy weet datgereed is, ophande, die dag van duisternis.

24 Benoudheid en angs verskrik hom; dit oorweldig hom soos ’n koning wat gereed staan vir die aanval,

25 omdat hy sy hand uitgesteek het teen God en die Almagtige getrotseer het

26 (hy het Hom stormgeloop metuitgerektenek, met die dik bulte van sy skilde);

27 omdat hy sy gesig metsy vet oordek en ’n vetlaag op sy heupe gevorm het,

28 en verdelgde stede bewoon het, huise wat nie bewoon moes word nie, wat bestem was om puinhope te bly.

Bowendien word die goddelose getref deur allerhande rampe en teleurstellinge.

29 HY bly nie ryk en sy vermoë hou nie stand nie, en hulle besitting buig niesoos koringarena die aarde toe nie.

30 Hy ontvlug nie die duisternis nie, die vlam laat sy spruit verdroog, en hy vergaan deur die geblaas van die mondvan God.

31 Laat hom nie vertrou op nietigheid nie — hy kom bedroë uit! — want nietigheid sal sy vergelding wees.

32 Voor sy tyd word dit vervul, en sypalmtak bly niemeergroen nie.

33 Hy skud syonryp druiwe af soos ’n wingerdstok en gooi sy bloeisel af soos ’n olyfboom.

34 Want die bende van die goddelose is onvrugbaar, en vuur verteer die tente van omkopery.

35 Hulle is swanger van moeite en baar onheil; en hulle skoot bring bedrog voort.

JOB 16

Job verwerp met veragting die troos van sy vriende.

1 MAAR Job het geantwoord en gesê:

2 Dergelike dinge het ek al baie gehoor: treurige vertroosters is julle almal.

3 Kom daar nou ’n einde aan winderige woorde? Of wat prikkel jou dat jy antwoord?

4 Ek sou ook kon spreek soos julle as julle siel in die plek van my siel was; ek sou woorde aanmekaar kon koppel teen julle en my hoof oor julle skud;

5 ek sou julle kon versterk met my mónd, en die troos van my lippe sou versagting aanbring!

Hy beskrywe sy verskriklike toestand: God en mens is teen hom.

6 AS ek sou spreek, my smart word nie versag nie; en as ek ophou — watter verligting bring dit my?

7 Maar nou het Hy my uitgeput; U hetmy hele huishouding verwoes.

8 En U het my gegryp — ’n getuie het ditteen mygeword; en mysiekte staan teen my op, dit getuig openlik teen my.

9 Sy toorn het verskeur en my as vyand behandel;Hy het teen my gekners met sy tande; as my teëstander kyk Hy my metskerp oë aan.

10 Hullehet hul mond teen my oopgespalk;smadelik het hulle my op die kakebeen geslaan; soos een man versamel hulle hul teen my.

11 God gee my oor aan slegte mense en werp my in die hande van die goddelose.

12 Ek het rustig gelewe; toe het Hy my verbrysel en my aan die nek gegryp en my verpletter; en Hy het my vir Hom asteiken opgestel.

13 Sypyle gons om my heen; Hy splits my niere sonder verskoning; Hywerp my gal op die grond uit.

14 Bres op bres breek Hy in my; Hy loop my storm soos ’n held.

15 ’n Roukleed het ek oor my vel vasgewerk enmy horing in die stof gesteek.

16 My gesig het rooi geword van geween, en oor my ooglede is daar ’n doodskaduwee;

17 alhoewel daar geen gewelddaad in my hande is nie en my gebed rein is.

Tog begin Job te glo dat God uiteindelik aan hom reg sal laat wedervaar. Hy beroep hom óp God téén God.

18 oAARDE, moenie mybloed bedek nie, en laat daar geen rusplek virmy geroep wees nie.

19 Selfs nou, kyk, in die hemel is my Getuie; en Hy wat saam met my getuig, is in die hoogtes.

20 My vriende spot met my; uit my oog drup trane tot God —

21 dat Hy kan pleit vir ’n man by God en as Menseseun vir sy naaste.

22 Want maar min jare kom — dan bewandel ek ’n pad waarlangs ek nie terugkeer nie.

JOB 17

1 MY gees is verward, my dae is uitgeblus,die graf wag op my.

2 Waarlik, bespottinge is my deel, en op hulle getwis moet my oog rus.

Hy beroep hom weer óp God téén God, want van sy vriende is niks te wagte nie, en hy is ’n bespotting van almal.

3 GEE tog’n pand,staan borg vir my by U; wie anderssal vir my borgskap verleen?

4 Want U het húlle hart gesluit vir verstand; daarom sal Uhullenie laat triomfeer nie.

5 Hy wat vriende aanklaag vir ’n buitaandeel — die oë van sy kinders sal versmag.

6 Maar Hy het my’n spreekwoord vir die mense gemaak, en ek moet iemand wees wat hulle in die gesig spuug.

7 Daarom het my oog dof geword van verdriet, en al my lede is soos ’n skaduwee.

8 Die opregtes is daaroorontsteld, en die onskuldige kom teen die goddelose in opstand.

9 Nogtans hou die regverdige vas aan sy weg, en die watrein van hande is, neem toe in krag.

Tevergeefs spreek sy vriende van ’n nuwe gelukstoestand: net die graf is sy deel.

10 MAAR,kom maar altyd weer aan, julle almal! ’n Wyse vind ek onder julle tog nie.

11 My dae is verby, my planne tot niet, die wense van my hart.

12 Van die nag maak hulle ’n dag; lig,sê hulle,is naby vanweë die duisternis.

13 As ek hoop op die doderyk as my huis; in die duisternis my bed uitsprei,

14 die grafkuil toeroep: My vader is jy; die wurms: My moeder en my suster,

15 waar is dan my verwagting? Ja, my verwagting, wie ontdek dit?

16 Na diegrendels van die doderyk sal dit neerdaal,wanneer daar tegelykertyd rus is in die stof.

JOB 18

Bildad verwyt Job en sy geesverwante dat nie hulle (Job se vriende) dom is nie, maar dat Job homself nutteloos verteer in sy hartstog.

1 TOE hetBildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:

2 Hoe lank wil julle jaag agter woorde? Word verstandig, en daarna sal ons spreek.

3 Waarom word onsas vee gereken, is ons dom in julle oë?

4 Jy, iemand wat homself verskeur in sy toorn — sal om jou ontwil die aarde verlate wees of ’n rots uit sy plek versit word?

Job vergis hom, sê Bildad, die sondaar is nie voorspoedig nie, maar sy pad is vol gevaar en onheil.

5 JA,die lig van die goddelose gaan dood, en die vlam van sy vuur bly nie flikker nie.

6 Die lig in sy tent word duisternis, en sy lamp bo hom gaan dood.

7 Sy geweldige treë word ingekort, ensy eie plan gooi hom omver.

8 Want hy raak in’n net deur sy eie voete, en hy loop oor die vlegwerkvan ’n vangkuil.

9 ’n Vangnet grypsyhakskeen, ’n strik hou hom vas.

10 ’n Tou is vir hom verberg in die grond en ’n valstrik vir hom op die pad.

11 Verskrikkinge beangstig hom aan alle kante en jaag hom so ver as hy gaan.

12 Sy onheil het honger, en die ondergang staan gereed vir sy val.

13 Die eersgeborene van die dood verteer die lede van sy liggaam, hy verteer sy lede.

14 Weggeruk word hy uit sy tent, die voorwerp van sy vertroue; en dit laat hom aanstap nadie koning van die verskrikkinge.

Ná sy dood kom die kwaaddoener in oneer en word vergeet.

15 DAAR woon in sy tent iets wat hom nie toebehoort nie; swawel word gestrooi oor sy woning.

16 Onder verdroog sywortels, en bo verwelk sy tak.

17 Sy gedagtenis vergaan van die aarde af, en hy het geen naam op die wye veld nie.

18 Hulle stoot hom uit die lig in die duisternis, en uit die wêreld verjaag hulle hom.

19 Hy het geen kroos of nageslag onder sy volk en niemand wat oorbly in sy wonings nie.

20 Oorsy dag staan die mense van die Weste verskrik, en siddering gryp die mense van die Ooste aan.

21 Sekerlik, so gaan dit met die wonings van die kwaaddoener en so met die plek van hom wat God nie ken nie.

JOB 19

Job verwyt sy vriende dat hulle hom as skuldige bly aanspreek.

1 MAAR Job het geantwoord en gesê:

2 Hoe lank sal julle my siel kwel en my met woorde verbrysel?

3 Nou tien maal al doen julle my smaadheid aan, mishandel julle my sonder om julle te skaam.

4 En het ek ook werklik my misgaan, dan bly my fout by my.

Dit is nie sy skuld dat hy ly nie, maar God behandel hom onregverdig, sê Job.

5 AS julle jul werklikteen my wil groot maak en teen my my smaadheid wil bewys,

6 weet dan dat Gód my onregverdig behandel het en met sy net my rondom ingesluit het.

7 As ek roep: Geweld! dan word ek nie verhoor nie; ek roep om hulp, maar daar is geen reg nie.

8 Hy het my weg toegemuur, sodat ek nie verby kan nie; en oor my paaie het Hy duisternis gesprei.

9 My eer het Hy van my afgetrek endie kroon van my hoof weggeneem.

10 Hy werp my aan alle kante omver, en — daar gaan ek! En Hy het my verwagting uitgeruk soos ’n boom.

11 Ook het Hy sy toorn teen my laat ontvlam en my beskou as een van sy vyande.

12 As een man kom sy skare aan en baan ’n pad vir hulle teen my, en hulle slaan die laer op rondom my tent.

God het hom ’n voorwerp van veragting en afsku gemaak.

13 MYbroers het Hy ver van my verwyder, en mybekendes het vir my heeltemal vreemd geword.

14 My nabestaandes ontbreek, en myvertroudes het my vergeet.

15 My bywoners en my slavinne beskou my as ’n vreemde; ’n onbekende het ek geword in hulle oë.

16 Ek roep my slaaf, maar hy antwoord nie; met my mond moet ek hom smeek.

17 My asem is vir my vrou hinderlik, en my slegte reuk vir die kinders van mymoeder seskoot.

18 Selfs jong seuns minag my; wil ek opstaan, dan spot hulle met my.

19 Al my vertroude vriende het ’n afsku van my; en die wat ek liefgehad het, het hulle teen my gekeer.

20 My gebeente kleef aan my vel en aan my vlees, en ek hetslegsmet my tandvlees ontsnap.

21 Ontferm julle oor my, ontferm julle oor my, o my vriende, want die hand van God het my getref!

22 Waaromvervolg julle my, soos God, en word nie versadig van my vlees nie?

23 Ag, mag my woorde tog maar opgeskrywe, mag hulle maar in ’n boek opgeteken word —

24 met ’n ystergriffel en lood — vir altyd in ’n rots ingekap!

Ewenwel is God alleen sy Losser teenoor sy onbarmhartige vriende.

25 MAAR ek, ek weet:My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan.

26 En nadat hulle so my vel afgeskeur het, sal ek nogtansuit my vlees God aanskou;

27 Hom wat ék sal aanskou my ten goede, en my oë — en geen vreemde nie — sal sien, My niere versmag van verlange in my binneste.

28 As julle sê: Hoe sal ons hom vervolg, aangesien die wortel van die saak in hom gevind is! —

29 vrees dan vir die swaard, want grimmigheid iseen vandie oortredinge wat die swaard verdien, sodat julle kan weet dat daar ’n oordeel is.