JOB 11

As God Hom wou openbaar, sê Sofar, sou Job gou sien wie die skuldige is.

1 TOE hetSofar, die Naämatiet, geantwoord en gesê:

2 Moetdie menigte van woorde onbeantwoord bly? Of moet ’n loslippige man reg hê?

3 Sou jou gepraat manne laat swyg, sodat jy spot — sonder dat iemand jou beskaamd maak —

4 ensê: Suiwer is my leer, en rein is ek in u oë?

5 Maar, ag, as Gód maar wou spreek en sy lippe open teen jou!

6 En jou bekend wou maak dat die verborgenhede van die wysheid die insig verdubbel! Sodat jy kan weet dat God vir jou ’n deel van jou skuld deur die vingers sien.

Gods alwetendheid ontdek sonde waar die mens niks sien nie.

7 KAN jy die dieptes van God peil? Of sal jy kan deurdringtot by die volmaaktheid van die Almagtige?

8 Hoogtes van die hemel is dit — wat kan jy doen? Dieper as die doderyk — wat kan jy weet?

9 Langer as die aarde is die maat daarvan en breër as die see.

10 As Hy verbyskuiwe engevange neem en ’n regsvergadering oproep — wie sal Hom dan teëhou?

11 Want Hý ken dievalse mense, en Hy sien die ongeregtigheid sonder dat Hy juis daarop ag gee.

12 So kan dan ’n domme verstand verkryen ’n jong wilde-esel as mens gebore word.

Laat Job breek met ongeregtigheid, na God terugkeer; dan sal hy die lig van beter dae aanskou.

13 AS jý jou hart berei en jou hande uitbrei na Hom

14 — as daar ongeregtigheid in jou hand is, verwyder dit, en laat geen onreg in jou tente woon nie —

15 ja, dan sal jyjou aangesig kan ophef, vry van smet; en jy sal vasstaan sonder om te vrees.

16 Ja, jý saldie moeite vergeet; soos aan water wat verbygeloop het, sal jy daaraan dink.

17 En helderder as die middag sal die lewe oprys; is dit donker — dit sal wees soos die môre!

18 En jy sal vertrou, want daar is verwagting; en kyk jy rond — jy sal in veiligheid gaan slaap.

19 Ooksal jy lê sonder dat iemand jou skrikmaak; en baie sal jou guns soek.

20 Maardie oë van die goddelose sal versmag, en die toevlug is vir hulle verlore; en hulle verwagting is — uitblasing van die laaste asem.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

5 × five =