JOB 18

Bildad verwyt Job en sy geesverwante dat nie hulle (Job se vriende) dom is nie, maar dat Job homself nutteloos verteer in sy hartstog.

1 TOE hetBildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:

2 Hoe lank wil julle jaag agter woorde? Word verstandig, en daarna sal ons spreek.

3 Waarom word onsas vee gereken, is ons dom in julle oë?

4 Jy, iemand wat homself verskeur in sy toorn — sal om jou ontwil die aarde verlate wees of ’n rots uit sy plek versit word?

Job vergis hom, sê Bildad, die sondaar is nie voorspoedig nie, maar sy pad is vol gevaar en onheil.

5 JA,die lig van die goddelose gaan dood, en die vlam van sy vuur bly nie flikker nie.

6 Die lig in sy tent word duisternis, en sy lamp bo hom gaan dood.

7 Sy geweldige treë word ingekort, ensy eie plan gooi hom omver.

8 Want hy raak in’n net deur sy eie voete, en hy loop oor die vlegwerkvan ’n vangkuil.

9 ’n Vangnet grypsyhakskeen, ’n strik hou hom vas.

10 ’n Tou is vir hom verberg in die grond en ’n valstrik vir hom op die pad.

11 Verskrikkinge beangstig hom aan alle kante en jaag hom so ver as hy gaan.

12 Sy onheil het honger, en die ondergang staan gereed vir sy val.

13 Die eersgeborene van die dood verteer die lede van sy liggaam, hy verteer sy lede.

14 Weggeruk word hy uit sy tent, die voorwerp van sy vertroue; en dit laat hom aanstap nadie koning van die verskrikkinge.

Ná sy dood kom die kwaaddoener in oneer en word vergeet.

15 DAAR woon in sy tent iets wat hom nie toebehoort nie; swawel word gestrooi oor sy woning.

16 Onder verdroog sywortels, en bo verwelk sy tak.

17 Sy gedagtenis vergaan van die aarde af, en hy het geen naam op die wye veld nie.

18 Hulle stoot hom uit die lig in die duisternis, en uit die wêreld verjaag hulle hom.

19 Hy het geen kroos of nageslag onder sy volk en niemand wat oorbly in sy wonings nie.

20 Oorsy dag staan die mense van die Weste verskrik, en siddering gryp die mense van die Ooste aan.

21 Sekerlik, so gaan dit met die wonings van die kwaaddoener en so met die plek van hom wat God nie ken nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

20 − ten =