JESAJA 57

1 DIE regverdige kom om, en daar is niemand wat dit ter harte neem nie; en die vromes word weggeruk sonder dat iemand daarop let; want die regverdige word weggeruk vanweë die boosheid.

2 Hy gaan in die vrede in: hulle sal rus op hullebedde — hy wat sy reguit pad loop.

3 Maar julle, kom hierheen, kinders van ’n towerheks, geslag van ’n owerspeler en van haar wat hoereer!

4 Oor wie maak julle jul vrolik? Oor wie spalk julle die mond oop, steek julle die tong uit? Is julle nie kinders van oortreding,’n leuenagtige geslag nie,

5 wat verhit is by die terpentynbome,onder elke groen boom;wat die kinders slag in die dale, onderkant die rotsklowe?

6 By die gladdeklippevan die dal is jou deel; dit, dit is jou lot; ook het jy vir hulle drankoffers uitgegiet, spysoffers gebring! Sou Ek daarmee vrede hê?

7 Jy het jou bedop ’n hoë en verhewe berg gemaak; ook het jy daar opgeklim om offers te bring.

8 En agter die deur en die deurpos het jy jou gedenkteken gesit; want,ontrou aan My, het jy jou bed ontbloot en beklimenwyd gemaak, en jy het vir jou bepaaldie loonwat van hulle moes kom;jy het hulle byslaap liefgehad, jy het die vlees gesien.

9 En jy het na die koning getrek met olie en jou salf baie gemaak; en jy het jou boodskappers gestuur na ver plekke, ja, diep na die doderyk toe.

10 Jy het moeg geword deur jou groot reis;tog het jy nie gesê: Dit is tevergeefs nie! Vernuwing van jou krag het jy gevind; daarom het jy nie uitgeput geraak nie.

11 Maarvir wie was jy bedug en bevrees? —want jy het ’n leuenaar geword en aan My nie gedink nie; jy het dit nie ter harte geneem nie.Is dit nie omdat Ek swyg nie, en dit baie lank al, dat jy My nie vrees nie?

12 Ék sal jou geregtigheid bekend maak en jou werke, dat hulle jou geen voordeel bring nie.

13 As jy skreeu, laat jou hoopgodejou red; maar die wind lig hulle almal op, ’n luggie neem hulle weg.Maar wie op My vertrou,sal die land beërwe enmy heilige bergland in besit neem.

Troos vir die wat neergeboë is.

14 EN hulle sal sê:Vul op, vul op, berei die weg, verwyder die struikelblok uit die weg van my volk.

15 Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon,Heilig is sy Naam: Ek woon in die hoogte en in dieheilige plek enby die verbryselde en nederige van gees,om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes.

16 Want Ek sal nie vir ewig twis en nie vir altyd toornig wees nie, want die gees sou voor my aangesig versmag en die siele wat Ek self gemaak het.

17 Ek was toornig vanweë die ongeregtigheid van hulle hebsug en het hulle geslaan terwyl Ek My toornig verberg het; ewenwel het hulle afkerig voortgegaan op hulle eie weg.

18 Ek het hulle weë gesien, enEk sal hulle genees; en Ek sal hulle lei en aan hulle weer vertroosting skenk, naamlikaan hulle treuriges.

19 Ek skepdie vrug van die lippe;vrede, vredevir die wat ver en die wat naby is, sê dieHere; en Ek sal hulle genees.

20 Maardie goddelose is soos ’n onstuimige see; want dit kan nie tot rus kom nie, en sy waters gooi slyk en modder op.

21 Geen vrede, sê my God, vir die goddelose nie!

JESAJA 58

Valse en ware godsdiens.

1 ROEP uit die keel, hou nie terug nie, verhef jou stem soos ’n basuin! En verkondig aan my volk hulle oortreding en aan die huis van Jakob hulle sondes.

2 Wel soek hulle My dag vir dag en het ’n behae in die kennis van my weë! Soos ’n nasie wat geregtigheid doen en die reg van sy God nie verlaat nie, vra hulle My na die regverdige verordeninge;hulle het ’n behae in die toenadering tot God.

3 Waarom vas ons, en U sien dit nie?Waaromkwel ons ons siel, en U weet dit nie? — Kyk, op die dag as julle vas, soek julle geleentheid om sake te doen, enjulle jaag al jul arbeiders aan.

4 Kyk, om te twis en te kyf, vas julle, en om te slaan met misdadige vuis; julle vas nie nouom julle stem in die hoogte te laat hoor nie.

5 Is dít die vas wat Ek verkies, die dag as die mens sy siel gaan kwel: dat hy sy hoof buig soos ’n biesie en sak en as uitsprei om sy bed te wees? Noem jy dit vas en ’n dag wat dieHerewelgevallig is?

6 Is dít nie die vas wat Ek verkies nie: dat julle losmaak die bande van goddeloosheid,dat julle afhaal die stroppe van die juk envry laat weggaan die verdruktes en elke juk stukkend breek?

7 Is dit niedat jy jou brood breek vir hom wat honger het, en ellendiges, swerwelinge in die huis inbring nie? As jy iemand sien wat naak is, dat jy hom klee, en jou vir jou eie vlees nie verberg nie?

8 Dan sal jou lig deurbreek soos die dageraad en jougenesing skielik uitspruit; en jou geregtigheid sal voor jou uit gaan, die heerlikheid van dieHerejou agterhoede wees.

9 Dan sal jy roep, en dieHeresal antwoord; jy sal skreeu om hulp, en Hy sal sê: Hier is Ek! As jy van jou verwyder die verdrukking,die uitsteek van die vinger endie leuenagtige woord,

10 en jou siel laat uitgaan na die hongerige, en die neergeboë siel versadig; dan sal jou lig opgaan in die duisternis en jou donkerheid wees soos die middag.

11 En dieHeresal jou gedurigdeur lei en jou siel versadig in dor plekke en jou gebeente sterk maak; en jy sal weessoos ’n tuin wat goed besproei is en soos ’n fontein van waters waarvan die water nooit teleurstel nie.

12 Endie watuit jou voortkom,sal die ou puinhope bou; die fondamente van vorige geslagte sal jy oprig, en jy sal genoem word: Herbouer van gebreekte mure, hersteller van paaie, om bewoonbaar te maak.

13 Asjy jou voet terughou van die sabbat — om nie jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die sabbat ’n verlustiging noemendie heiligedagvan dieHerehooghou; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie;

14 dan sal jy jou verlustig in dieHere, enEk sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob;want die mond van dieHerehet dit gespreek.

JESAJA 59

Geen verlossing sonder bekering.

1 KYK,die hand van dieHereis nie te kort om te help nie, en sy oor is nie te swaar om te hoor nie;

2 maarjulle ongeregtighede het ’n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes hetsyaangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie.

3 Wantjulle hande is met bloed bevlek en julle vingers met ongeregtigheid; julle lippe spreek leuen, julle tong fluister onreg.

4 Daar is niemand wat aanklaag in geregtigheid en niemandwat ’n regstryd voer in waarheid nie; hulle vertrou op nietigheid enspreek valsheid, met moeite gaan hulle swanger en baar onheil.

5 Basilisk-eiers broei hulle uit, en spinnerakke weef hulle; hy wat van hulle eiers eet, moet sterwe; en as dit stukkend gedruk word, bars daar ’n adder uit.

6 Hulle weefsels deug nie vir klere nie, en met hulle voortbrengsels kan niemand hom toemaak nie; hulle werke is onheilswerke, en die daad van geweld is in hulle hande.

7 Hulle voete hardloop om kwaad te doen en is haastig om onskuldige bloed te vergiet; hulle gedagtes is onheilsgedagtes, verwoesting en verbreking is in hulle paaie.

8 Die weg van vrede ken hulle nie, en daar is geen reg in hulle spore nie;hulle maak hul paaie krom, niemand wat daarop loop, ken die vrede nie.

9 Daarom is die reg ver van ons en bereik die geregtigheid ons nie;ons wag op lig, maar kyk, daar is duisternis; op ’n helder skynsel, maar ons wandel in dikke donkerheid.

10 Ons tas rond langs die muur soos blindes, en soos die wat geen oë het nie, tas ons rond; ons struikel op die middag soos in die skemeraand; ons is onder die gesondes soos dooie mense.

11 Ons brom almal soos bere, ensoos duiwe kir ons aanhoudend; ons wag op reg, maar dit is nie daar nie; op heil — dit bly ver van ons.

12 Want ons oortredinge is baie voor U, en ons sondes getuig teen ons; want ons oortredinge staan voor ons, en ons ongeregtighede — ons ken hulle:

13 die afval en verloëning van dieHereen afwyking van agter onse God; die uitspreek van verdrukking en oortreding, die opneem en uitstoot vanleuentaal uit die hart.

14 So word dan die reg teruggedring en die geregtigheid bly staan van ver; want die waarheid struikel op die mark, en wat reg is, kan nie binnekom nie.

15 Ja, die waarheid word vermis; en wie afwyk van die kwaad, word geplunder. Toe het dieHeredit gesien, en dit was verkeerd in sy oë dat daar geen reg was nie.

16 EnHy het gesien dat daar niemand was nie en Hom verbaas dat niemand tussenbei tree nie;daarom het sy arm Hom gehelp en sy geregtigheid het Hom ondersteun.

17 EnHy het geregtigheid aangetrek soos ’n pantser, en die helm van heil was op sy hoof; en die klerevan wraak het Hy aangetrek as kleding en Hom gewikkel in die ywer soos in ’n mantel.

18 Volgens die dade, daarmee ooreenkomstig sal Hy vergelde: grimmigheid aan sy teëstanders, vergelding aan sy vyande;aan die eilande sal Hy die loon vergelde.

19 En hulle sal die Naam van die Here vrees van die westekant af, en sy heerlikheid van die opgang van die son af; want Hy sal komsoos ’n saamgeperste stroom wat die asem van dieHereaandrywe.

20 Maarvir Sion kom Hy as Verlosser en vir die wat in Jakob hulle bekeer van oortreding, spreek dieHere.

21 Wat My aangaan,dit is my verbond met hulle, sê dieHere: My Gees wat op jou is, enmy woorde wat Ek in jou mond gelê het, sal uit jou mond nie wyk nie, en ook nie uit die mond van jou kroos en uit die mond van die kroos van jou kroos, sê dieHere, van nou af tot in ewigheid nie.

JESAJA 60

Jerusalem word weer verheerlik en ryk gemaak.

1 STAAN op, word verlig; want jou lig kom, endie heerlikheid van dieHeregaan oor jou op.

2 Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar oor jóú sal dieHereopgaan, en sy heerlikheid sal oor jou gesien word.

3 Ennasies sal trek na jou lig, enkonings na jou stralende opgang.

4 Slaan jou oë rondom op en kyk — hulle almal kom bymekaar,hulle kom na jou toe; jou seuns kom van ver, en jou dogters word op die heup gedra.

5 Dan sal jy dit sien en straal van vreugde, en jou hart sal ontroer en verruim word;want die rykdom van die see gaan na jou toe oor, die skatte van die nasies kom na jou toe aan.

6 ’n Menigte kamele sal jou oordek, die jong kamele van Mídian enEfa; hulle sal almal uit Skeba kom; hulle bringgoud en wierook en verkondig met blydskap die roemryke dade van dieHere.

7 Al die kleinvee vanKedar sal vir jou versamel word, die ramme vanNébajot sal jou dien;hulle kom as welgevallige offer op my altaar, en Ek sal my heerlike huis heerlik maak.

8 Wie is dit wat daar aangevlieg kom soos ’n wolk en soos duiwe na hulle vensters?

9 Ja,op My wag die eilande, en die skepe van Tarsis kom vooraan, omjou seunsvan ver te bring.Hul silwer en hul goud is by hulle, virdie Naam van dieHerejou God envir die Heilige van Israel, omdat Hy jou heerlik gemaak het.

10 Enuitlanders sal jou mure bou, enhulle konings sal jou dien;want in my toorn het Ek jou geslaan, maarin my welbehae het Ek My oor jou ontferm.

11 Enjou poorte sal altyddeur oopstaan; hulle sal bedags of snags nie gesluit word nie, om na jou toe aan te bring die rykdom van die nasies enhulle konings in triomftog.

12 Wantdie nasie en die koninkryk wat jou nie sal dien nie, sal ondergaan, en dié nasies sal seker verwoes word.

13 Die heerlikheid van die Líbanon sal na jou toe kom, die sipres,die plataan en die denneboom almal saam, om te versier die plek van my heiligdom; en Ek saldie plek van my voete heerlik maak.

14 En die seuns van hulle wat jou verdruk het,sal gebukkend na jou toe trek; en almal wat jou verag het, sal hulle neerbuig by jou voetsole; en hulle sal jou noem:Stad van dieHere,Sion van die Heilige van Israel.

15 In plaas datjy verlate en gehaat is sonder dat iemand daar deurtrek, sal Ek jou maak tot’n ewige heerlikheid, ’n vreugde van geslag tot geslag.

16 Enjy sal die melk van nasies suig endie bors van konings suig en sal weet datEk, dieHere, jou Heiland is, en jou Losserdie Magtige van Jakob.

17 Vir koper bring Ek goud en vir yster bring Ek silwer, en vir hout koper en vir klippe yster; en Ek sal Vrede as jou owerheid aanstel en Geregtigheid as jou bestuurders.

18 Van geweld sal in jou land nie meer gehoor word nie — van geen verwoesting of verbreking in jou grondgebied nie; maar jy saljou mure Heil noem en jou poorteLof.

19 Die son sal bedags jou lig nie meer wees nie, en as glans sal die maan vir jou geen skynsel gee nie; maar dieHeresal vir jou wees’n ewige lig, en jou God sal jou sieraad wees.

20 Jou son sal nie meer ondergaan nie, en jou maan nie kleiner word nie; want dieHeresal vir jou wees ’n ewige lig, endie dae van jou treurigheid is verby.

21 Enjou volk sal almal regverdiges wees, vir ewig sal hulle die land besit —as lote deur My geplant,’n werk van my hande, tot my verheerliking.

22 Die kleinste sal ’n geslag word en die geringste ’n magtige nasie. Ek, dieHere, sal dit op die regte tyd gou laat kom.

JESAJA 61

Die genadejaar van die Here.

1 DIE Gees van die HereHereis op My,omdat dieHereMy gesalf hetom ’n blye boodskap te bringaan die ootmoediges; Hy het My gestuurom te verbind die gebrokenes van hart,om vir die gevangenes ’n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis;

2 om uit te roep ’n jaar van die welbehae van dieHereen’n dag van die wraak van onse God;om al die treurendes te troos;

3 om vir die treurendes in Sion te beskikdat aan hulle gegee word sieraad vir as,vreugde-olie vir treurigheid, ’n gewaad van lof vir ’n verslae gees; sodat hulle genoem kan wordterebinte van geregtigheid,’n planting van dieHere, tot sy verheerliking.

4 Enhulle sal die ou puinhope bou, die verwoeste plekke uit vroeër dae weer oprig en die verwoeste stede weer nuut maak wat woes was van geslag tot geslag.

5 Die vreemdelinge sal staan en julle kleinvee oppas, en uitlanders sal julle landbouers en wynboere wees.

6 Maarjúlle sal priesters van dieHeregenoem word; aan julle sal gesê word: Dienaars van onse God!Julle sal die rykdom van die nasies eet en op hulle heerlikheid julle beroem.

7 In plaas van julle skandeontvang julle’n dubbele deel; en in plaas van die smaad sal hulle jubel oor hul deel. Daarom sal hulle in hul land ’n dubbele deel in besit neem, ewige vreugde geniet.

8 Want Ek, dieHere, het die reg lief;Ek haat die roof met onreg, en Ek sal hulle getrou hul loon gee en ’n ewige verbond met hulle sluit.

9 Enhulle nageslag sal bekend word onder die nasies en hulle nakomelinge onder die volke; almal wat hulle sien, sal hulle daarvoor aansien dat hulle ’n geslag is wat dieHeregeseën het.

10 Ek is baie bly in dieHere, my siel juig in my God;want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel — soos ’n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, ensoos ’n bruid wat haar versier met haar juwele.

11 Want soos die aarde sy plante voortbring, en soos ’n tuin sy gewasse laat uitspruit, so sal die HereHeregeregtigheid en lof laat uitspruit voor die oog van al die nasies.

JESAJA 62

Die verheerlikte Jerusalem.

1 TER wille van Sion sal Ek nie swyg nie en ter wille van Jerusalem nie stil wees nie,totdat sy geregtigheid uitbreek soos ’n glans en sy heil soos ’n fakkel wat brand.

2 Endie nasies sal jou geregtigheid sienen al die konings jou heerlikheid; en jy sal met’n nuwe naam genoem word wat die mond van dieHeresal noem.

3 En jy sal’n sierlike kroon wees in die hand van dieHereen ’n koninklike tulband in die hand van jou God.

4 Jy sal nie meer genoem wordVerlatene nie, en jou land sal nie meer genoem word Wildernis nie. Maar jy sal genoem word: my welbehae, en jou land: die getroude; want die Here het ’n behae in jou, en jou land sal getroud wees.

5 Want soos ’n jonkman ’n jongedogter trou, so sal jou kinders jou trou; en soos die bruidegom bly is oor die bruid,sal jou God oor jou bly wees.

6 oJerusalem, Ek hetwagte op jou mure uitgesit wat gedurigdeur die hele dag en die hele nag nie sal swyg nie.oJulle wat dieHereherinneraan sy beloftes— moenie rus nie

7 en laat Hom nie met rus nie, totdat Hy Jerusalem bevestig en maak tot’n lof op aarde!

8 DieHerehet gesweer by sy regterhand en by sy magtige arm: Waarlik,Ek sal jou koring nie meer gee dat jou vyande dit eet nie, en uitlanders sal jou mos nie drink waarvoor jy gewerk het nie.

9 Maar hulle wat dit insamel, sal dit eet en dieHereprys; en hulle wat dit oes, sal dit drinkin my heilige voorhowe.

10 Gaan in, gaan in deur die poorte,berei die weg van die volk!Vul op, vul op die grootpad, gooi die klippe weg,steek ’n banier op oor die volke!

11 Kyk, dieHerelaat dit hoor tot by die einde van die aarde:Sê aan die dogter van Sion: Kyk,jou heil kom;kyk, sy loon is by Hom en sy beloning is voor sy aangesig.

12 En hulle sal genoem word:die heilige volk,die verlostes van dieHere; en jy sal genoem word: die begeerde,die stad wat nie verlaat is nie.

JESAJA 63

Die wraakgerig in Edom.

1 WIE is dit wat daar aankom uit Edom,met bloedrooi klere uit Bosra? Hy daar, pragtig in sy gewaad, wat agteroor buig in die volheid van sy krag? Dit is Ek wat in geregtigheid spreek, wat magtig is om te verlos.

2 Waarom is u gewaad so rooi, en u klere soos dié van een wat die wynpers trap?

3 Ek hetdie pers alleen getrap, en van die volke was niemand by My nie; en Ek het hulle getrap in my toorn en hulle vertrap in my grimmigheid, sodat hulle lewensap op my klere gespat en Ek my hele gewaad bevlek het.

4 Wantdie dag van wraak was in my hart, en die jaarvan my verlossing het gekom.

5 En Ek het uitgekyk, maardaar was geen helper nie; en Ek het My verbaas, maar daar was niemand wat ondersteun nie.Toe het my arm My gehelp en my grimmigheid het My ondersteun.

6 En Ek het volke vertrap in my toorn en hulle dronk gemaak in my grimmigheid; en Ek het hulle lewensap op die aarde laat afloop.

Boet- en smeekgebed.

7 EK sal die goedertierenhede van dieHereprys, die roemryke dade van dieHere, ooreenkomstig alles wat dieHereaan ons bewys het, en die veelvuldige goedheid jeens die huis van Israel wat Hy aan hulle bewys het, na sy barmhartighede en na die grootheid van sy goedertierenhede.

8 Want Hy het gesê: Hulle is tog my volk, kinders wat nie sal lieg nie. So het Hy dan vir hulle ’n Heiland geword.

9 In al hulle benoudheid was Hy benoud, endie Engel van sy aangesig het hulle verlos; deur sy liefde en deur sy medelydehet Hý hulle verlos; en Hy het hulle opgehef en hulle gedra,al die dae van die ou tyd.

10 Maar húlle was wederstrewig enhet sy Heilige Gees bedroef; daarom het Hy vir hulle in ’n vyand verander: Hy self het teen hulle gestry.

11 Toehet sy volk gedink aan die dae van die ou tyd, van Moses: Waar isHy wat hulle uit die see laat optrek het saam met die herder van sy kudde? Waar is Hy wat sy Heilige Gees in hulle midde gegee het?

12 Wat sy heerlike arm laat trek het aan die regterhand van Moses;wat die waters voor hulle uit gekloof het, om vir Hom ’n ewige Naam te maak?

13 Wat hulle deur die watervloede laat trek het soos ’n perd deur die woestyn, sonder om te struikel?

14 Soos vee wat aftrek in die laagte, het die Gees van dieHerehulle na die rus gelei. Só het U u volk gelei, om vir U ’n heerlike Naam te maak.

15 Kyk van die hemel neer en aanskouuit u heilige en heerlike woning! Waar is u ywer en u magtige dade? Die ontroering van u binneste en u barmhartighede het hulle jeens my ingehou.

16 Want U is ons Vader! Want Abraham weet van ons nie, en Israel ken ons nie. U, oHere, is ons Vader; ons Verlosser is van ouds af u Naam.

17 Here,waarom laat U ons wegdwaal van u weë?Waarom verhard U ons hart, sodat ons U nie vrees nie?Keer terug ter wille van u knegte, die stamme van u erfdeel!

18 U heilige volk hetditvir ’n kort rukkie besit; ons teëstanders het u heiligdom vertrap.

19 Ons het geword soos hulle oor wie U nie van ouds af geheers het nie, oor wie u Naam nie uitgeroep is nie.

JESAJA 64

1 AG, as U maardie hemele wou skeur, wou neerdaal, dat die berge wankel voor u aangesig

2 — soos vuur die houtjies aan die brand steek, vuur die water laat opborrel — om u Naam aan u teëstanders bekend te maak, sodat nasies voor u aangesig kan bewe

3 wanneerU vreeslike dinge doen waar ons nie op gehoop het nie — as U maar wou neerdaal, sodat die berge wankel voor u aangesig!

4 Van ouds af toghet niemand dit gehoor of verneem nie, geen oog het ’n God gesien wat werksaam is vir wie op Hom wag nie, behalwe U.

5 Ukom hom tegemoet wat met vreugde geregtigheid beoefen, hulle wat aan U dink op u weë. Kyk, Ú was toornig, en ons het gesondig; in dié toestand was ons baie lank, en — sal ons verlos word?

6 En ons het almal geword soos’n onreine,en al ons geregtighede soos ’n besoedelde kleed;en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind.

7 En daar was niemand wat u Naam aangeroep het, wat hom beywer het om U aan te kleef nie;want U het u aangesig vir ons verberg en laat ons wegsmelt deur ons ongeregtighede.

8 Maar nou,Here,U is ons Vader; ons is die klei, enU is ons Formeerder, enons almal is die werk van u hand.

9 Here, wees nie uitermate toornig nie, en dink nie vir ewig aan die ongeregtigheid nie; aanskou dit tog datons almal u volk is.

10 U heilige stede het ’n woestyn geword; Sion het ’n woestyn geword, Jerusalem ’n wildernis.

11 Ons heilige en heerlike huis waar ons vaders U geloof het,is met vuur verbrand, en al wat vir ons dierbaar was, het ’n puinhoop geword.

12 Here,sal U by hierdie dinge U bedwing? Sal U swyg en ons uitermate verdruk?

JESAJA 65

Die opstandige volk en die knegte van die Here.

1 EK het My laat raadpleeg deur wiena Mynie gevra het nie; Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; aan ’n nasiewat na my Naam nie genoem is nie, het Ek gesê: Hier is Ek, Hier is Ek!

2 Ek het my hande die hele dag uitgebrei na ’n opstandige volk wat wandel op ’n weg wat nie goed is nie, agter hulle eie gedagtes aan;

3 ’n volk wat My gedurigdeurin die aangesig terg, wat offerin tuine en rook laat opgaanop bakstene;

4 wat in die grafte sit en vernag in verborge plekke;wat varkvleis eet, en daar is brokke onrein vleis in hulle skottels;

5 wat sê: Bly daar! Kom nie naby my nie, want ek is heilig vir jou! Hierdie mense is ’n rook in my neus, ’n vuur wat die hele dag brand.

6 Kyk,dit staan voor my aangesig geskrywe; Ek sal nie swyg nie, tensydat Ek dit vergeld het; ja, Ek sal dit vergeldein hulle boesem —

7 julle ongeregtighede endie ongeregtighede van julle vaders tesame, sê dieHere;dat hulle offerrook laat opgaan het op die berge enMy smaadheid aangedoen het op die heuwels — ja, Ek sal vóór alles hulle loon in hulle boesem toemeet.

8 So spreek dieHere: Soos wanneer iemand mos vind in ’n tros druiwe en sê: Verniel dit nie, wantdaar is ’n seën in — sal Ek doen ter wille van my knegte, om nie alles te verniel nie.

9 En Ek sal ’n nakroos uit Jakob laat voortkom en uit Juda die erfbesitter van my berge; en myuitverkorenes sal dit erflik in besit neem en my knegte daar woon.

10 EnSaron sal ’n weiveld vir kleinvee word, endie dal Agor ’n lêplek vir beeste, vir my volk wat My gesoek het.

11 Maar julle wat dieHereverlaat, watmy heilige berg vergeet, wat’n tafel dek vir die geluksgod endie mengsel inskink vir die godin van die noodlot —

12 Ek sal julle bestem vir die swaard, en julle almal sal buig om geslag te word,omdat Ek geroep maar julle nie geantwoord het nie, Ek gespreek maar julle nie geluister het nie, maar gedoen het wat verkeerd is in my oë en verkies het wat My nie behaag nie.

13 Daarom, so sê die HereHere: Kyk, my knegte sal eet, maar julle sal honger bly; kyk, my knegte sal drink, maar julle sal dors wees; kyk, my knegte sal bly wees, maar julle sal beskaamd staan.

14 Kyk, my knegte sal jubel, omdat hulle hart vrolik is, maarjúlle sal skreeu van pyn in die hart en huil deur die verbreking van gees.

15 En julle sal jul naam vir my uitverkorenes as’n woord van verwensing laat agterbly, en die HereHeresal jou ombring. Maar sy knegte sal Hy noem met ’n ander naam,

16 sodat hy wat homself seën in die land, hom sal seën by die God van waarheid; en hy wat sweer in die land, sal sweer by die God van waarheid, omdat die vorige benoudhede vergeet is en verborge vir my oë.

17 Want kyk,Ek skep nuwe hemele en ’n nuwe aarde, en aan die vorige dinge sal nie gedink word en hulle sal in die hart nie opkom nie.

18 Maar wees julle bly en juig vir ewig oor wat Ek skep; want kyk,Ek skep Jerusalem om te juig, en sy mense om bly te wees.

19 EnEk sal juig oor Jerusalem en bly wees oor my volk; endaarin sal nie meer gehoor word die stem van geween of die stem van geskreeu nie.

20 Daarvandaan sal nie meer kom ’n suigling van ’n paar dae of ’n grysaard wat sy dae nie vol uitlewe nie; want’n seun sal sterwe honderd jaar oud, enwie sondig, sal, honderd jaar oud, deur die vloek getref word.

21 En hulle sal huise bou en bewoon, en wingerde plant en die vrug daarvan eet:

22 hulle sal nie bou dat ’n ander dit bewoon nie; hulle sal nie plant dat ’n ander dit eet nie;want die dae van my volk sal wees soos die dae van die bome, en my uitverkorenes sal die werk van hulle hande self geniet.

23 Hulle sal hul nie tevergeefs vermoei ofbaar vir skielike ondergang nie; wanthulle is ’n geslag van die wat deur dieHeregeseën is, en hulle nakomelinge is by hulle.

24 Envoordat hulle roep, sal Ek antwoord;terwyl hulle nog spreek, verhoor Ek.

25 Die wolf en die lam sal saam wei, en die leeu sal strooi eet soos ’n bees, enstof sal die voedsel van die slang wees;hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig opmy hele heilige berg nie, sê dieHere.

JESAJA 66

Die sondaars word getref, Sion verheerlik.

1 SO sê dieHere:Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Waar is dan die huis wat julle vir My sal bou? En waar die plek wat my rusplek sal wees?

2 Want my hand het al hierdie dinge gemaak, en so het dit alles ontstaan, spreek dieHere.Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is enverslae van gees, en wat bewe vir my woord.

3 Wie ’n beesas offerslag, is soos hy wat ’n man doodslaan; wie ’n lam offer, soos hy wat ’n hond se nek breek; wie ’n spysoffer bring —dit is varkbloed; wie wierook as gedenkoffer bring, is soos hy wat ’n afgod prys. Soos húlle hul eie weë verkies het en hulle siel ’n behae het in hul verfoeisels,

4 so sal Ek ook hulle ongeluk verkies en wat hulle met skrik vervul, oor hulle laat kom;omdat Ek geroep en niemand geantwoord het nie, Ek gespreek en hulle nie gehoor het nie; maar hulle het gedoen wat verkeerd is in my oë, en verkies wat My nie behaag nie.

5 Hoor die woord van dieHere, julle wat vir sy woord bewe! Julle broers, julle haters watjulle verstoot om my Naam ontwil, sê:Laat dieHereheerlik word, dat onsjulle vreugde kan aanskou! Maar hulle sal beskaamd staan!

6 Hoor — ’n rumoer uit die stad! Hoor — uit die tempel! Hoor — dit is dieHerewat sy vyande hulle dade vergeld!

7 Voordat sy weë gekry het, het sy gebaar; voordat smart oor haar gekom het, is sy van ’n seuntjie verlos.

8 Wie het so iets gehoor? Wie het sulke dinge gesien? Word ’n land op een enkele dag gebore? Of word ’n nasie met een slag gebaar? Want Sion het weë gekry, meteens haar kinders gebaar.

9 Sou Ek naby die geboorte bring en nie laat baar nie? sê dieHere. Of sou Ek wat laat baar, self toesluit? sê jou God.

10 Wees bly saam met Jerusalem en juig oor haar, almal wat haar liefhet! Wees vrolik saam met haar, baie vrolik, almal wat oor haar treurig gewees het!

11 sodat julle kan suig en versadig word aan die bors van haar vertroostinge; sodat julle kan uitdrink en julle verlustig in die oorvloed van haar heerlikheid.

12 Want so sê dieHere: Kyk,die vrede lei Ek na haar toe soos ’n rivier endie rykdom van die nasies soos ’n oorlopende stroom; en julle sal suig,julle sal op die heup gedra word en op die knieë getroetel word.

13 Soos iemand wat deur sy moeder getroos word, so sal Ek julle troos; en julle sal in Jerusalem getroos word.

14 En julle sal dit sien, en julle hart sal vrolik wees,en julle gebeente sal groei soos die jong gras; dan sal die hand van dieHerebekend word aan sy knegte, en Hy sal op sy vyande grimmig wees.

15 Want kyk,dieHeresal kom in vuur,en sy waens soos ’n stormwind, om in hittigheid sy toorn te openbaar en in vuurvlamme sy dreiging.

16 Want met vuur enmet sy swaard sal dieHerestrafgerig hou oor alle vlees, enhulle wat deur dieHereverslaan is, sal baie wees.

17 Die wat hulleself heilig en hulleself reinigvir die tuine, terwyl hulle die een nadoen wat in die middel staan;wat varkvleis eet en verfoeisels enmuise — almal saam sal hulle tot niet raak, spreek dieHere.

18 Maar Ekkenhulle werke en hulle gedagtes;die tydkom dat Ek al die nasies en tonge versamel; enhulle sal kom en my heerlikheid sien.

19 En Ek sal’n teken onder hulle doen, en vrygeraaktes uit hulle stuur na die nasies, na Tarsis, Pul en Lud, wat die boog span, na Tubal en Jawan, na die ver kuslande wat my tyding nie gehoor en my heerlikheid nie gesien het nie; enhulle sal my heerlikheid onder die nasies verkondig.

20 En hulle sal al julle broers bring uit al die nasiesas offergawe aan dieHere, op perde en op waens en in draagstoele en op muilesels en op kamele na my heilige berg, na Jerusalem, sê dieHere, net soos die kinders van Israel die spysoffer in ’n rein voorwerp bring na die huis van dieHere.

21 En ook sal Ek uit hullepriestersenLeviete neem, spreek dieHere.

22 Want soosdie nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek maak, voor my aangesig sal bestaan, spreek dieHere, sosal julle nageslag en julle naam bestendig wees.

23 En elke maand op die nuwemaan en elke week op die sabbatsal alle vlees kom om te aanbid voor my aangesig, sê dieHere.

24 En hulle sal uitgaan en die lyke sien van die mense wat teen My opgestaan het; wanthulle wurm sal nie sterwe en hulle vuur sal nie uitgeblus word nie, en hulle sal afgryslik wees vir alle vlees.