JESAJA 65

Die opstandige volk en die knegte van die Here.

1 EK het My laat raadpleeg deur wiena Mynie gevra het nie; Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; aan ’n nasiewat na my Naam nie genoem is nie, het Ek gesê: Hier is Ek, Hier is Ek!

2 Ek het my hande die hele dag uitgebrei na ’n opstandige volk wat wandel op ’n weg wat nie goed is nie, agter hulle eie gedagtes aan;

3 ’n volk wat My gedurigdeurin die aangesig terg, wat offerin tuine en rook laat opgaanop bakstene;

4 wat in die grafte sit en vernag in verborge plekke;wat varkvleis eet, en daar is brokke onrein vleis in hulle skottels;

5 wat sê: Bly daar! Kom nie naby my nie, want ek is heilig vir jou! Hierdie mense is ’n rook in my neus, ’n vuur wat die hele dag brand.

6 Kyk,dit staan voor my aangesig geskrywe; Ek sal nie swyg nie, tensydat Ek dit vergeld het; ja, Ek sal dit vergeldein hulle boesem —

7 julle ongeregtighede endie ongeregtighede van julle vaders tesame, sê dieHere;dat hulle offerrook laat opgaan het op die berge enMy smaadheid aangedoen het op die heuwels — ja, Ek sal vóór alles hulle loon in hulle boesem toemeet.

8 So spreek dieHere: Soos wanneer iemand mos vind in ’n tros druiwe en sê: Verniel dit nie, wantdaar is ’n seën in — sal Ek doen ter wille van my knegte, om nie alles te verniel nie.

9 En Ek sal ’n nakroos uit Jakob laat voortkom en uit Juda die erfbesitter van my berge; en myuitverkorenes sal dit erflik in besit neem en my knegte daar woon.

10 EnSaron sal ’n weiveld vir kleinvee word, endie dal Agor ’n lêplek vir beeste, vir my volk wat My gesoek het.

11 Maar julle wat dieHereverlaat, watmy heilige berg vergeet, wat’n tafel dek vir die geluksgod endie mengsel inskink vir die godin van die noodlot —

12 Ek sal julle bestem vir die swaard, en julle almal sal buig om geslag te word,omdat Ek geroep maar julle nie geantwoord het nie, Ek gespreek maar julle nie geluister het nie, maar gedoen het wat verkeerd is in my oë en verkies het wat My nie behaag nie.

13 Daarom, so sê die HereHere: Kyk, my knegte sal eet, maar julle sal honger bly; kyk, my knegte sal drink, maar julle sal dors wees; kyk, my knegte sal bly wees, maar julle sal beskaamd staan.

14 Kyk, my knegte sal jubel, omdat hulle hart vrolik is, maarjúlle sal skreeu van pyn in die hart en huil deur die verbreking van gees.

15 En julle sal jul naam vir my uitverkorenes as’n woord van verwensing laat agterbly, en die HereHeresal jou ombring. Maar sy knegte sal Hy noem met ’n ander naam,

16 sodat hy wat homself seën in die land, hom sal seën by die God van waarheid; en hy wat sweer in die land, sal sweer by die God van waarheid, omdat die vorige benoudhede vergeet is en verborge vir my oë.

17 Want kyk,Ek skep nuwe hemele en ’n nuwe aarde, en aan die vorige dinge sal nie gedink word en hulle sal in die hart nie opkom nie.

18 Maar wees julle bly en juig vir ewig oor wat Ek skep; want kyk,Ek skep Jerusalem om te juig, en sy mense om bly te wees.

19 EnEk sal juig oor Jerusalem en bly wees oor my volk; endaarin sal nie meer gehoor word die stem van geween of die stem van geskreeu nie.

20 Daarvandaan sal nie meer kom ’n suigling van ’n paar dae of ’n grysaard wat sy dae nie vol uitlewe nie; want’n seun sal sterwe honderd jaar oud, enwie sondig, sal, honderd jaar oud, deur die vloek getref word.

21 En hulle sal huise bou en bewoon, en wingerde plant en die vrug daarvan eet:

22 hulle sal nie bou dat ’n ander dit bewoon nie; hulle sal nie plant dat ’n ander dit eet nie;want die dae van my volk sal wees soos die dae van die bome, en my uitverkorenes sal die werk van hulle hande self geniet.

23 Hulle sal hul nie tevergeefs vermoei ofbaar vir skielike ondergang nie; wanthulle is ’n geslag van die wat deur dieHeregeseën is, en hulle nakomelinge is by hulle.

24 Envoordat hulle roep, sal Ek antwoord;terwyl hulle nog spreek, verhoor Ek.

25 Die wolf en die lam sal saam wei, en die leeu sal strooi eet soos ’n bees, enstof sal die voedsel van die slang wees;hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig opmy hele heilige berg nie, sê dieHere.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

nineteen − 15 =