JESAJA 66

Die sondaars word getref, Sion verheerlik.

1 SO sê dieHere:Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Waar is dan die huis wat julle vir My sal bou? En waar die plek wat my rusplek sal wees?

2 Want my hand het al hierdie dinge gemaak, en so het dit alles ontstaan, spreek dieHere.Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is enverslae van gees, en wat bewe vir my woord.

3 Wie ’n beesas offerslag, is soos hy wat ’n man doodslaan; wie ’n lam offer, soos hy wat ’n hond se nek breek; wie ’n spysoffer bring —dit is varkbloed; wie wierook as gedenkoffer bring, is soos hy wat ’n afgod prys. Soos húlle hul eie weë verkies het en hulle siel ’n behae het in hul verfoeisels,

4 so sal Ek ook hulle ongeluk verkies en wat hulle met skrik vervul, oor hulle laat kom;omdat Ek geroep en niemand geantwoord het nie, Ek gespreek en hulle nie gehoor het nie; maar hulle het gedoen wat verkeerd is in my oë, en verkies wat My nie behaag nie.

5 Hoor die woord van dieHere, julle wat vir sy woord bewe! Julle broers, julle haters watjulle verstoot om my Naam ontwil, sê:Laat dieHereheerlik word, dat onsjulle vreugde kan aanskou! Maar hulle sal beskaamd staan!

6 Hoor — ’n rumoer uit die stad! Hoor — uit die tempel! Hoor — dit is dieHerewat sy vyande hulle dade vergeld!

7 Voordat sy weë gekry het, het sy gebaar; voordat smart oor haar gekom het, is sy van ’n seuntjie verlos.

8 Wie het so iets gehoor? Wie het sulke dinge gesien? Word ’n land op een enkele dag gebore? Of word ’n nasie met een slag gebaar? Want Sion het weë gekry, meteens haar kinders gebaar.

9 Sou Ek naby die geboorte bring en nie laat baar nie? sê dieHere. Of sou Ek wat laat baar, self toesluit? sê jou God.

10 Wees bly saam met Jerusalem en juig oor haar, almal wat haar liefhet! Wees vrolik saam met haar, baie vrolik, almal wat oor haar treurig gewees het!

11 sodat julle kan suig en versadig word aan die bors van haar vertroostinge; sodat julle kan uitdrink en julle verlustig in die oorvloed van haar heerlikheid.

12 Want so sê dieHere: Kyk,die vrede lei Ek na haar toe soos ’n rivier endie rykdom van die nasies soos ’n oorlopende stroom; en julle sal suig,julle sal op die heup gedra word en op die knieë getroetel word.

13 Soos iemand wat deur sy moeder getroos word, so sal Ek julle troos; en julle sal in Jerusalem getroos word.

14 En julle sal dit sien, en julle hart sal vrolik wees,en julle gebeente sal groei soos die jong gras; dan sal die hand van dieHerebekend word aan sy knegte, en Hy sal op sy vyande grimmig wees.

15 Want kyk,dieHeresal kom in vuur,en sy waens soos ’n stormwind, om in hittigheid sy toorn te openbaar en in vuurvlamme sy dreiging.

16 Want met vuur enmet sy swaard sal dieHerestrafgerig hou oor alle vlees, enhulle wat deur dieHereverslaan is, sal baie wees.

17 Die wat hulleself heilig en hulleself reinigvir die tuine, terwyl hulle die een nadoen wat in die middel staan;wat varkvleis eet en verfoeisels enmuise — almal saam sal hulle tot niet raak, spreek dieHere.

18 Maar Ekkenhulle werke en hulle gedagtes;die tydkom dat Ek al die nasies en tonge versamel; enhulle sal kom en my heerlikheid sien.

19 En Ek sal’n teken onder hulle doen, en vrygeraaktes uit hulle stuur na die nasies, na Tarsis, Pul en Lud, wat die boog span, na Tubal en Jawan, na die ver kuslande wat my tyding nie gehoor en my heerlikheid nie gesien het nie; enhulle sal my heerlikheid onder die nasies verkondig.

20 En hulle sal al julle broers bring uit al die nasiesas offergawe aan dieHere, op perde en op waens en in draagstoele en op muilesels en op kamele na my heilige berg, na Jerusalem, sê dieHere, net soos die kinders van Israel die spysoffer in ’n rein voorwerp bring na die huis van dieHere.

21 En ook sal Ek uit hullepriestersenLeviete neem, spreek dieHere.

22 Want soosdie nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek maak, voor my aangesig sal bestaan, spreek dieHere, sosal julle nageslag en julle naam bestendig wees.

23 En elke maand op die nuwemaan en elke week op die sabbatsal alle vlees kom om te aanbid voor my aangesig, sê dieHere.

24 En hulle sal uitgaan en die lyke sien van die mense wat teen My opgestaan het; wanthulle wurm sal nie sterwe en hulle vuur sal nie uitgeblus word nie, en hulle sal afgryslik wees vir alle vlees.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

18 + eight =