JESAJA 63

Die wraakgerig in Edom.

1 WIE is dit wat daar aankom uit Edom,met bloedrooi klere uit Bosra? Hy daar, pragtig in sy gewaad, wat agteroor buig in die volheid van sy krag? Dit is Ek wat in geregtigheid spreek, wat magtig is om te verlos.

2 Waarom is u gewaad so rooi, en u klere soos dié van een wat die wynpers trap?

3 Ek hetdie pers alleen getrap, en van die volke was niemand by My nie; en Ek het hulle getrap in my toorn en hulle vertrap in my grimmigheid, sodat hulle lewensap op my klere gespat en Ek my hele gewaad bevlek het.

4 Wantdie dag van wraak was in my hart, en die jaarvan my verlossing het gekom.

5 En Ek het uitgekyk, maardaar was geen helper nie; en Ek het My verbaas, maar daar was niemand wat ondersteun nie.Toe het my arm My gehelp en my grimmigheid het My ondersteun.

6 En Ek het volke vertrap in my toorn en hulle dronk gemaak in my grimmigheid; en Ek het hulle lewensap op die aarde laat afloop.

Boet- en smeekgebed.

7 EK sal die goedertierenhede van dieHereprys, die roemryke dade van dieHere, ooreenkomstig alles wat dieHereaan ons bewys het, en die veelvuldige goedheid jeens die huis van Israel wat Hy aan hulle bewys het, na sy barmhartighede en na die grootheid van sy goedertierenhede.

8 Want Hy het gesê: Hulle is tog my volk, kinders wat nie sal lieg nie. So het Hy dan vir hulle ’n Heiland geword.

9 In al hulle benoudheid was Hy benoud, endie Engel van sy aangesig het hulle verlos; deur sy liefde en deur sy medelydehet Hý hulle verlos; en Hy het hulle opgehef en hulle gedra,al die dae van die ou tyd.

10 Maar húlle was wederstrewig enhet sy Heilige Gees bedroef; daarom het Hy vir hulle in ’n vyand verander: Hy self het teen hulle gestry.

11 Toehet sy volk gedink aan die dae van die ou tyd, van Moses: Waar isHy wat hulle uit die see laat optrek het saam met die herder van sy kudde? Waar is Hy wat sy Heilige Gees in hulle midde gegee het?

12 Wat sy heerlike arm laat trek het aan die regterhand van Moses;wat die waters voor hulle uit gekloof het, om vir Hom ’n ewige Naam te maak?

13 Wat hulle deur die watervloede laat trek het soos ’n perd deur die woestyn, sonder om te struikel?

14 Soos vee wat aftrek in die laagte, het die Gees van dieHerehulle na die rus gelei. Só het U u volk gelei, om vir U ’n heerlike Naam te maak.

15 Kyk van die hemel neer en aanskouuit u heilige en heerlike woning! Waar is u ywer en u magtige dade? Die ontroering van u binneste en u barmhartighede het hulle jeens my ingehou.

16 Want U is ons Vader! Want Abraham weet van ons nie, en Israel ken ons nie. U, oHere, is ons Vader; ons Verlosser is van ouds af u Naam.

17 Here,waarom laat U ons wegdwaal van u weë?Waarom verhard U ons hart, sodat ons U nie vrees nie?Keer terug ter wille van u knegte, die stamme van u erfdeel!

18 U heilige volk hetditvir ’n kort rukkie besit; ons teëstanders het u heiligdom vertrap.

19 Ons het geword soos hulle oor wie U nie van ouds af geheers het nie, oor wie u Naam nie uitgeroep is nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

nineteen − thirteen =