JESAJA 62

Die verheerlikte Jerusalem.

1 TER wille van Sion sal Ek nie swyg nie en ter wille van Jerusalem nie stil wees nie,totdat sy geregtigheid uitbreek soos ’n glans en sy heil soos ’n fakkel wat brand.

2 Endie nasies sal jou geregtigheid sienen al die konings jou heerlikheid; en jy sal met’n nuwe naam genoem word wat die mond van dieHeresal noem.

3 En jy sal’n sierlike kroon wees in die hand van dieHereen ’n koninklike tulband in die hand van jou God.

4 Jy sal nie meer genoem wordVerlatene nie, en jou land sal nie meer genoem word Wildernis nie. Maar jy sal genoem word: my welbehae, en jou land: die getroude; want die Here het ’n behae in jou, en jou land sal getroud wees.

5 Want soos ’n jonkman ’n jongedogter trou, so sal jou kinders jou trou; en soos die bruidegom bly is oor die bruid,sal jou God oor jou bly wees.

6 oJerusalem, Ek hetwagte op jou mure uitgesit wat gedurigdeur die hele dag en die hele nag nie sal swyg nie.oJulle wat dieHereherinneraan sy beloftes— moenie rus nie

7 en laat Hom nie met rus nie, totdat Hy Jerusalem bevestig en maak tot’n lof op aarde!

8 DieHerehet gesweer by sy regterhand en by sy magtige arm: Waarlik,Ek sal jou koring nie meer gee dat jou vyande dit eet nie, en uitlanders sal jou mos nie drink waarvoor jy gewerk het nie.

9 Maar hulle wat dit insamel, sal dit eet en dieHereprys; en hulle wat dit oes, sal dit drinkin my heilige voorhowe.

10 Gaan in, gaan in deur die poorte,berei die weg van die volk!Vul op, vul op die grootpad, gooi die klippe weg,steek ’n banier op oor die volke!

11 Kyk, dieHerelaat dit hoor tot by die einde van die aarde:Sê aan die dogter van Sion: Kyk,jou heil kom;kyk, sy loon is by Hom en sy beloning is voor sy aangesig.

12 En hulle sal genoem word:die heilige volk,die verlostes van dieHere; en jy sal genoem word: die begeerde,die stad wat nie verlaat is nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

1 × five =