JESAJA 7

Die Immánuel-teken.

1 EN in die dae van Agas, die seun van Jotam, die seun van Ussía, die koning van Juda, hetResin, die koning van Aram, metPeka, die seun van Remália, die koning van Israel, opgetrek na Jerusalem om daarteen oorlog te voer; maar hy kon nie daarteen veg nie.

2 Toe hulle aan die huis van Dawid berig stuur met die woorde: Die Arameërs het op Efraim toegesak! — het sy hart en die hart van sy volk gebewe soos die bome van die bos bewe voor die wind.

3 En dieHerehet vir Jesaja gesê: Gaan tog uit, Agas tegemoet, jy en jou seun Sjear Ja-sjub, aan die end van die watervoor van die Boonste Dam, by die grootpad van die Bleikveld,

4 en sê vir hom: Neem jou in ag en wees gerus; wees nie bevrees en laat jou hart nie week word oor hierdie twee rokende stukke brandhout nie — weens die gloeiende toorn van Resin en die Arameërs en vandie seun van Remália;

5 omdat Aram onheil teen jou besluit het, Efraim endie seun van Remália, deur te sê:

6 Laat ons optrek teen Juda en dit skrik aanjaag en dit vir ons verower en die seun van Tábeal daaroor koning maak.

7 So sê die HereHere: Dit sal nie tot stand kom nie, en dit sal nie gebeur nie.

8 WantDamaskus isdie hoof van Aram, en Resin die hoof van Damaskus, enbinne vyf-en-sestig jaar sal Efraim verbreek word, sodat dit geen volk meer is nie;

9 enSamaría is die hoof van Efraim, endie seun van Remália die hoof van Samaría. As julle nie glo nie — voorwaar, dan sal julle nie bevestig word nie!

10 En dieHerehet verder met Agas gespreek en gesê:

11 Eis vir jou’n teken van dieHerejou God: sak diep afna die doderyk, of klim hoog op boontoe.

12 Maar Agas het geantwoord:Ek sal nie eis nie en dieHerenie versoek nie.

13 Toe sê hy: Luister tog,o huis van Dawid! Is dit vir julle nie genoeg om mense te vermoei, dat julle my God ook vermoei nie?

14 Daarom sal dieHereself aan julle ’n teken gee:Kyk,die maagd sal swanger word en ’n seun baar en homImmánuel noem.

15 Dikmelk en heuning sal hy eetas hy weet om te verwerp wat kwaad is en om te kies wat goed is.

16 Want voordat die seuntjie weet om te verwerp wat kwaad is en te kies wat goed is, sal die land vir wie setwee konings jy bang is, verlate wees.

17 MaardieHeresal oor jou en jou volk en die huis van jou vader dae laat kom soos daar nie gekom het van die dag datEfraim van Juda afgeval het nie — die koning van Assur!

18 En in dié dag sal dieHerevir die vlieë fluit wat aan die einde van die strome van Egipte is, en die bye wat in die land Assur is;

19 en hulle sal kom en almal gaan sit in die dale van die steil hoogtes en in die skeure van die rotse en op al die doringbosse en op die drinkplekke.

20 In dié dag sal dieHeremetdie skeermeswat anderkant die Eufraat gehuur is, met die koning van Assur, afskeer die hoof en die hare van die voete; en dit sal ook die baard wegneem.

21 En in dié dag sal ’n man ’n jong koei en ’n paar skape in die lewe hou;

22 en weens die oorvloed van melk wat hulle gee, sal hy dikmelk eet; want dikmelk en heuning sal almal eet wat in die land oorgebly het.

23 En in dié dag sal elke plek waar duisend wingerdstokke staan, wat die waarde van duisendsikkelssilwer het, vir die dorings en distels wees.

24 Met pyl en boog sal hulle daarheen kom, want die hele land sal vol dorings en distels wees.

25 En al die berge wat met die pik bewerk is — daar sal hulle uit vrees vir dorings en distels nie kom nie; maardit sal dien om die beeste in te jaag enom deur die kleinvee vertrap te word.

JESAJA 8

’n Ander teken van die strafgerig.

1 VERDER het dieHereaan my gesê: Neem vir jou ’n groot tafel enskrywe daarop met ’n mensegriffel: Netnou is daar buit, gou is daar roof;

2 en Ek wil vir My vertroubare getuies neem: Uría, die priester, en Sagaría, die seun van Jeberégja.

3 En ek het na die profetes gekom, en sy het swanger geword en ’n seun gebaar; en dieHerehet vir my gesê: Noem hom: Netnou is daar buit, gou is daar roof.

4 Want voordat die seuntjie kan roep: Vader! of: Moeder! sal hulle die rykdom vanDamaskus en die buit vanSamaría voor die koning van Assur bring.

5 Verder het dieHerenog met my gespreek en gesê:

6 Omdat hierdie volk die waters vanSilóa verag wat saggies vloei, en daar vreugde is saam metResin en die seun van Remália —

7 kyk, daarom sal die Here oor hulle laat opkom die sterk en magtige waters van die Eufraat — die koning van Assur en al sy heerlikheid — en hy sal bo al sy beddings styg en gaan oor al sy walle;

8 en hy sal in Juda indring, instroom en oorloop;tot die nek toe sal hy kom; en die uitbreidinge van sy vlerke sal u land in sy breedte vul, oImmánuel!

9 Maak geraas, o volke, en — stort inmekaar; en luister, alle ver plekke van die aarde! Gord julle en — stort inmekaar; gord julle en — stort inmekaar.

10 Neem ’n besluit, en dit sal verydel word; maak ’n afspraak, en dit sal nie tot stand kom nie; want God is met ons!

11 Want so het dieHeremet my gespreek toe sy hand my oorweldig het en Hy my vermaan het om nie te wandel op die weg van hierdie volk nie, met die woorde:

12 Julle mag nie alles ’n sameswering noem wat hierdie volk ’n sameswering noem nie, enjulle mag nie bevrees wees vir wat hulle vrees, of verskrik wees nie.

13 DieHerevan die leërskare — Hommoet julle heilig, enlaat Hy julle vrees en Hy julle verskrikking wees!

14 Dansal Hyvir julle’n heiligdom wees, maar’n klip waar ’n mens teen stamp en ’n rots waar ’n mens oor struikel, vir die twee huise van Israel,’n vangnet en ’n strik vir die inwoners van Jerusalem.

15 En baie onder hulle sal struikel en val en verbreek en verstrik en gevang word.

16 Bind die getuienis toe, verseël die wet indie hart vanmy leerlinge.

17 En ek salwag op dieHere, watsy aangesig verberg vir die huis van Jakob, en op Hom hoop.

18 Hier is ek endie kinders wat dieHeremy gegee het —tot tekens ensinnebeelde is ons in Israel, vanweë dieHerevan die leërskare wat op die berg Sion woon.

19 En as hulle vir julle sê: Raadpleegdie geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê,wat piep en mompel —moet ’n volk nie sy God raadpleeg nie;moetvir die lewendesdie dooiesgevra word?

20 Tot die wet en tot die getuienis!As hulle nie spreek volgens hierdie woord nie,is hulle’n volkwat geen dageraad het nie.

21 Dan sal hulle deur dielandtrek, beswaard en honger; en as hulle honger het, sal hulle in toorn uitbreeken hulle koning en hulle God vloek; dan sal hulle na bo kyk,

22 ookdie aarde aanskou, en kyk, daar sal benoudheid en duisternis wees!In jammernag en donkerheid is hulle gedrywe.

23 Want nielangersal ditdonker wees daar waar benoudheid is nie: in dieeerste tyd het Hydie land Sébulon en die land Náftali in veragting gebring, en in die laaste tyd bring Hy tot eer die weg na die see, die oorkant van die Jordaan, die streek van die heidene.

JESAJA 9

Voorspelling van die Messíasryk.

1 DIEvolkwat in duisternis wandel, het ’n groot lig gesien; die wat woon in die land van die doodskaduwee, oor hulle het ’n lig geskyn.

2 U het die nasie vermenigvuldig, hulle vreugde groot gemaak; hulle is vrolik voor u aangesig soos iemand vrolik is in die oestyd, soos iemand juig as die buit verdeel word.

3 Wantdie juk wat op hulle gedruk het, en die stok wat hulle rug getref het, die roede van hulle drywer, het U verbreek soos opdie dag van Mídian.

4 Want elke soldateskoen wat daar wegstap met gedreun, en die kleed wat in bloed gerol is, dien tot verbranding, ’n prooi van die vuur.

5 Want ’n Kind is vir ons gebore,’n Seun is aan ons gegee; endie heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem:Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader,Vredevors —

6 tot vermeerdering van die heerskappy en tot vredesonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterkdeur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid.Die ywer van dieHerevan die leërskare sal dit doen.

Die slaande hand van die Here.

7 DIEHerestuur ’n woord in Jakob, en dit val in Israel;

8 en die hele volk sal dit gewaarword,Efraim en die inwoners vanSamaría, wat in trotsheid en grootsheid van hart sê:

9 Die bakstene het geval, maar met gekapte klip sal ons bou; die wildevyebome is afgekap, maar ons sal seders in hulle plek neem!

10 Maar dieHeregee aan die teëstanders vanResin die oorhand oor hulle, en hulle vyande sal Hy ophits:

11 die Arameërs van voor endie Filistyne van agter, dat hulle Israel met volle mond kan opeet.Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek.

12 Maardie volk bekeer hulle nie tot Hom wat hulle slaan nie, en hulle soek nie dieHerevan die leërskare nie.

13 Daarom sny dieHerevan Israel af kop en stert, palmtak en biesie,op een dag.

14 Die oudste en aansienlike, dié is die kop, en die profeet wat leuens profeteer, dié is die stert;

15 en die leiers van hierdie volk het verleiers geword, en dié van hulle wat gelei word, is op ’n dwaalweg gebring.

16 Daarom sal die Here oor hulle jongmanne nie bly wees nie en Hom nie ontferm oor hulle wese en hulle weduwees nie; want hulle is almalroekelose mense en kwaaddoeners, en elke mond spreek goddeloosheid.Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek.

17 Want die goddeloosheidbrand soos vuur; dit verteer dorings en distels en steek die digte takke van die bos aan die brand, sodat hulle in ’n rookpilaar opstyg.

18 Deur die grimmigheid van dieHerevan die leërskare staan die land in vlamme en het die volk geword soos ’n prooi van die vuur;die een spaar die ander nie.

19 En hulle byt na regs en het honger;hulle vreet na links en word nie versadig nie;hulle eet elkeen die vlees van sy eie arm:

20 Manasse vir Efraim, en Efraim vir Manasse,enhulle saam is teen Juda.Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek.

JESAJA 10

1 WEE hulle wat heillose insettinge tot wet maak, en die skrywers wat moeite ywerig voorskrywe,

2 om die armes van die gereg weg te stoot en om dieellendiges onder my volk van die reg te beroof, sodat die weduwees hulle buit kan word en hulle die wese kan plunder.

3 Maar wat sal julle doen opdie dag van besoeking en by die verwoesting wat van ver af sal kom? Na wie sal julle vlug om hulp, en waar julle rykdom wegbêre?

4 Hulle kan net maar buig soos geboeides en val soos diegene wat gedood is.Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek.

Voorspelling van die ondergang van die Assiriërs.

5 WEE Assur!die roede van my toorn en ’n stok is hy — in hulle hand is my grimmigheid!

6 Ek sal hom stuur teen’n roekelose nasie, en Eksal hom bevel gee teen die volk van my grimmigheid, om buit te maak en roof in te samel en om hulle tot ’n vertrapping te maak soos modder van die strate.

7 Maar hý bedoel dit nie so nie, en sy hart dink nie so nie; maar om te verdelg, is in sy hart, en om nasies uit te roei, nie min nie.

8 Want hy sê: Is my vorste nie almal saam konings nie?

9 Het dit metKalno nie gegaan soos metKárkemis, metHamat soos metArpad, met Samaría soos met Damaskus nie?

10 Soos my hand die koninkryke van die afgode bereik het, alhoewel hulle gesnede beelde meer was as dié van Jerusalem en Samaría,

11 sou ek nie, soos ek aan Samaría en sy afgode gedoen het, net so aan Jerusalem en syafgode kan doen nie?

12 Maaras dieHereal sy werk voltooi het op die berg Sion en in Jerusalem, dansal Ek besoeking doen oor die vrug van die grootsheid van die hart van Assirië se koning en oor die gepraal van sy hoë oë.

13 Want hy sê: Deur die krag van my hand het ek dit gedoen en deur my wysheid, want ek is verstandig; en die grense van die volke het ek verwyder, en hulle voorrade het ek geplunder; en die watop tronesit, het ek soos ’n maghebber neergewerp.

14 En my hand het na die rykdom van die volke gegryp soos na ’n voëlnes, en ék het die hele aarde bymekaargeskraap soos ’n mens eiers bymekaarskraap wat verlaat is; en daar was niemand wat ’n vlerk verroer of ’n bek oopgemaak of gepiep het nie.

15 Kan die byl hom beroem teen die wat daarmee kap, of die saag spog teen hom wat dit trek? Asof ’n staf húlle swaai wat hom ophef, asof ’n stok hóm ophef wat nie hout is nie!

16 Daarom sal die HereHerevan die leërskare onder sy vettes ’n maerte stuur; en onder sy heerlikheid sal Hy ’n brand laat uitslaan soos die brand van vuur.

17 En die Lig van Israel sal ’n vuur wees, en sy Heilige ’n vlam; en dit sal sy distels en sy dorings verbrand en verteerop een dag.

18 Ook sal Hy die heerlikheid van sy bos en van sy vrugteboord verteer, van die siel af tot die vlees toe, sodat dit is soos wanneer ’n kranke wegkwyn.

19 En die oorblyfsel van die bome van sy bos sal min in getal wees, en ’n seuntjie sal hulle kan opskrywe.

20 Enin dié dag sal die oorblyfsel van Israel endie wat ontvlug het van die huis van Jakob,nie meer voortgaan om te steun op hom wat hulle slaan nie; maar hulle sal steun op dieHere, die Heilige van Israel, in opregtheid.

21 Die oorblyfsel sal terugkom, die oorblyfsel van Jakob na die sterke God toe.

22 Wantal was jou volk, o Israel, soos die sand van die see,net’n oorblyfsel van hulle sal terugkom; die verdelging is vas besluit en vloei oor van geregtigheid.

23 Want ’n verdelging wat vas besluit is, sal die HereHerevan die leërskare voltrek in die midde van die hele aarde.

24 Daarom, so sê die HereHerevan die leërskare:oMy volk wat in Sion woon, wees nie bevrees vir Assur wat jou met die staf slaan en sy stok teen jou ophef op die manier van Egipte nie.

25 Wantnog ’n baie kort rukkie, dan is die grimmigheid ten einde, en my toorn gaan uit om húlle te vernietig.

26 En dieHerevan die leërskare sal oor hom die gésel swaai soosMídian verslaan is by die rots Oreb; ensy staf sal wees oor die see, en Hy sal dit ophef op die manier van Egipte.

27 Enin dié dag sal sy las afgly van jou skouer en sy juk van jou nek, en die juk sal tot niet raak vanweë die vettigheid.

28 Hy oorval Ajat; hy trek deurMigron; inMigmas laat hy sypakgoed agterbly.

29 Hulle trek oordie nek. Laat Geba ons nagverblyf wees! Rama bewe, Gíbea van Saul vlug.

30 Skreeu dit uit, dogter vanGallim! Luister, Lais! Arme Ánatot!

31 Madména vlug, die inwoners van Gebim soek skuiling!

32 Nog vandag staan hy inNob, hy swaai sy hand teen die berg van die dogter van Sion, teen die heuwel van Jerusalem!

33 Maarkyk, die HereHerevan die leërskare slaan met skrikwekkende geweld die takke af, en die hoog uitgegroeides word omgekap en die verhewenes neergegooi;

34 en Hy saldie digte takke van die bos met die yster omkap, endie Líbanon sal val deur die Heerlike.

JESAJA 11

Die voorspoedige regering van die Messías.

1 MAAR daar sal’n takkie uitspruit uit die stomp vanÍsai, en ’n loot uit sy wortels sal vrugte dra;

2 enop Hom sal die Gees van dieHererus,die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van dieHere.

3 En Hy het ’n welgevalle aan die vrees van dieHere; enHy sal nie regspreek na wat sy oë sien nie, en nie oordeel na wat sy ore hoor nie;

4 maaraan die armes sal Hy in geregtigheid reg doen en die sagmoediges van die land met billikheid oordeel; maar Hysal die aarde slaan met die roede van sy mond en met die asem van sy lippe die goddelose doodmaak.

5 En geregtigheidsal die gordel van sy lendene en trou die gordel van sy heupe wees.

6 Dan wei die wolf by die lam, en die luiperd gaan lê by die bokkie, en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar, en ’n klein seuntjie sal hulle aanja.

7 Die koei en die berin wei, en hulle kleintjies lê bymekaar; en die leeu eet strooi soos die os;

8 en die suigling speel by die gat van ’n adder, en die gespeende kind steek sy hand uit na die kuil van ’n basilisk.

9 Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig opmy hele heilige berg nie;want die aarde sal vol wees van die kennis van dieHeresoos die waters die seebodem oordek.

10 Enin dié dagsal die nasies vra na die wortel van Ísai, wat daar staan as’n banier van die volke, ensy rusplek sal heerlik wees.

11 Enin dié dag sal die Here weer vir die tweede keer sy hand uitstrek, om die oorblyfsel van sy volk los te koop wat sal oorbly uit Assirië en Egipte enPatros enKus enElam enSínear enHamat en uitdie kuslande van die see;

12 enHy sal ’n banier ophef vir die nasies en bymekaar laat komdie seuns van Israel wat verdryf is, en versamel die dogters van Juda wat verstrooi is, uit die vier hoeke van die aarde.

13 Dan sal die naywer van Efraim verdwyn, en die teëstanders van Juda sal uitgeroei word; Efraim sal Juda nie beny nie, en Juda sal Efraim nie benoud maak nie.

14 Maar hulle sal die Filistyne op die skouer vlieg teen die westeensaam die kinders van die Ooste plunder; Edom en Moab is die buit van hulle hand, en die kinders van Ammon is hulle onderdanig.

15 En dieHeresal die seetong van Egipte met die banvloek tref en deur sy gloeiende wind sy hand oor dieEufraat swaai en dit uitmekaar slaan in sewe strome, sodat ’n mens met skoene daardeur kan loop.

16 Endaar sal ’n grootpad wees vir die oorblyfsel van sy volk wat oorbly uit Assur,soos daar een gewees het vir Israel op die dag toe hulle uit Egipteland opgetrek het.

JESAJA 12

Gesange van bevryding.

1 ENin dié dag sal jy sê: Ek dank U,Here, dat U toornig op my gewees het; u toorn is afgewend, en U het my vertroos.

2 Ja, God is my heil, ek sal vertrou en nie vrees nie; want dieHereHereis mykrag en my psalm, en Hy het my tot heil geword.

3 En julle sal water skep met vreugde uit die fonteine van heil.

4 En julle salin dié dag sê: Dank dieHere, roep sy Naam aan,maak sy dade onder die volke bekend, verkondig dat sy Naam hoog is!

5 Psalmsing tot eer van dieHere, want Hy het heerlike dinge gedoen; laat dit bekend wees op die hele aarde.

6 Juig en jubel, o inwoners van Sion! Wantdie Heilige van Israel is groot in julle midde.

JESAJA 13

Godspraak oor Babel.

1 GODSPRAAK oor Babelwat Jesaja, die seun van Amos, gesien het.

2 Hef op ’n banierop ’n kaal berg; roep hulle hardop toe,wink met die hand, dat hulle kan intrek deur die poorte van die edeles.

3 Ek self hetmy geheiligdes ontbied; ook het Ekmy helde tot my toorn geroep, my manne wat jubel in trotsheid.

4 Hoor, ’n gedruis op die berge soos van baie mense! Hoor, ’n rumoer van die koninkryke, van versamelde nasies! DieHerevan die leërskare hou wapenskouing oor ’n oorlogsleër.

5 Hulle kom uit ’n ver land, van die einde van die hemel af, dieHereen die werktuie van sy grimmigheid, om die hele aarde te verwoes.

6 Huil julle,want die dag van dieHereis naby; hy kom as ’n verwoesting van die Almagtige.

7 Daarom word al die hande slap, en elke mensehart versmelt;

8 en hulle is verskrik, kry krampe en weë;hulle krimp inmekaar soos een wat baar; die een kyk die ander verbaas aan; hulle gesigte is vlammende gesigte.

9 Kyk,die dag van dieHerekom, verskriklik, met grimmigheid en toorngloed, om die aarde ’n woesteny te maak en sy sondaars daaruit te verdelg.

10 Want die sterre van die hemel en sy Oríons sal hulle lig nie laat skyn nie;die son is duister by sy opgang, en die maan laat sy lig nie skyn nie.

11 En Ek sal aan die wêreldsyboosheidbesoek, en aan die goddelose hulle ongeregtigheid; en Ek sal die trots van die vermeteles laat ophou endie hoogmoed van tiranne verneder.

12 En Ek sal sterwelinge skaarser maak as fyn goud, en mense asgoud van Ofir.

13 Daaromsal Ek die hemel laat sidder, en die aarde sal wyk uit sy plek met gebeef, vanweë die grimmigheid van dieHerevan die leërskare envanweë die dag van sy toorngloed.

14 En soos ’n gemsbok wat gejaag word, en soos kleinvee wat niemand bymekaar maak nie,sal hulle elkeen draai na sy volk toe en elkeen vlug na sy land toe.

15 Elkeen wat gevind word, word deurboor; en elkeen wat gegryp word, val deur die swaard.

16 En hulle kinders word voor hul oë verpletter,hul huise geplunder en hul vroue onteer.

17 Kyk, Ek verwekdie Meders teen hulle, wat silwer nie ag nie en in goud geen behae het nie.

18 Maarhulleboë sal die seuns neerwerp, en hulle sal hul nie ontferm oor die vrug van die moederskoot nie; hulle oog sal die kinders nie verskoon nie.

19 So sal dan Babel,die sieraad van die koninkryke, die trotse pronkstuk vandie Chaldeërs, wees soostoe God Sodom en Gomorra omgekeer het.

20 Mense sal daar in ewigheid nie woon nie, en dit sal van geslag tot geslag nie bewoon word nie; en die Arabier sal daar geen tent opslaan nie, en geen herders salhulle veedaar laat lê en rus nie.

21 Maar daar sal boskatte lê, en hulle huise sal vol uile wees; en volstruise sal daar hou, en veldduiwels daar rondspring.

22 En wildehonde sal huil in sy kastele en jakkalse in die vreugdepaleise; ennaby is sy tyd om te kom, en sy dae sal nie verskuif word nie.

JESAJA 14

Die val van die koning van Babel.

1 WANT dieHeresal Hom oor Jakob ontferm, en Hysal Israel nog verkies en hulle in hul land laat vestig; endie vreemdeling sal hom by hulle voeg, en hulle sal hul aansluit by die huis van Jakob.

2 En die volke sal hulle neem en op hul woonplekbring; en die huis van Israel sal hulle in die land van dieHereas besitting verwerwe, as slawe en slavinne; en hulle sal dié gevange hou wat hulle as gevangenes weggevoer het, enoor hulle drywers heers.

3 En op die dag as dieHerejou rus gee van jou smart en van jou onrus en van die harde diensbaarheid waarmee hulle jou laat dien het,

4 dan sal jyhierdie spotlied aanhef oor die koning van Babel en sê: Hoe het die drywer nou opgehou, opgehou die verdrukking!

5 DieHerehet die stok van die goddelose verbreek,die staf van die heersers,

6 wat die volke verwoes het in grimmigheid met slaan sonder ophou, wat in toorn oor die nasies geheers het met ’n agtervolging sonder verskoning.

7 Die hele aarde rus, is stil;hulle breek uit in jubel.

8 Ook is die sipresse bly oor jou, die seders van die Líbanon,en hulle sê:Vandat jy daar lê, klim niemand na ons toe op om ons af te kap nie.

9 Die doderyk daaronder is in beroering om jou ontwil, jou koms tegemoet; dit wek om jou ontwil die skimme op, al die bokke van die aarde; dit laat al die konings van die nasies van hulle trone opstaan.

10 Hulle hef almal aan en sê vir jou: Ook jy het kragteloos geword soos ons; jy het soos ons geword.

11 Jou trots is neergewerp in die doderyk, die geruis van jou harpe; onder jou is wurms as ’n bed gesprei, en maaiers is jou bedekking.

12 Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad!Hoelê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies!

13 En jý het in jou hart gesê:Ek wil opklim in die hemel,my troon verhef bo die sterre van God en sit opdie berg van samekoms indie uithoeke van die Noorde.

14 Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!

15 Ja,in die doderyk sal jy neergewerp word, in die diepste plekke van die kuil!

16 Die wat jou sien, beskou jou, hulle let op jouen sê:Is dit die man wat die aarde laat sidder het, koninkryke laat beef het?

17 Die wêreld soos ’n woestyn gemaak en sy stede verwoes het, wat sy gevangenes nie losgelaat het huis toe nie?

18 Al die konings van die nasies, hulle almal rus met eer, elkeen in sy huis;

19 maar jý is gewerp, ver van jou graf, soos ’n afskuwelike uitspruitsel, oordek met die wat verslaan is, wat deurboor is met die swaard, wat neerdaal na die klippe van die grafkuil soos vertrapte aas.

20 Jy word nie met hulle in die graf verenig nie, want jy het jou land verwoes, jou volk gedood; dienageslag van die kwaaddoeners word vir ewig nie genoem nie.

21 Maak ’n slagbank gereed vir sy seuns,om die ongeregtigheid van hulle vaders ontwil,dat hulle nie opstaan en die aarde in besit neem en die bodem van die wêreld vol stede maak nie.

22 So sal Ek dan teen hulle opstaan, spreek dieHerevan die leërskare, en van Babel uitroei die naam en dieoorblyfsel, kroos en nageslag, spreek dieHere.

23 En Ek sal dit ’n besitting maak van krimpvarkies en tot waterplasse; en Ek sal dit wegvee met die besem van verdelging, spreek dieHerevan die leërskare.

Profesie teen die Assiriërs.

24 DIEHerevan die leërskare het gesweer en gesê: Waarlik, soos Ek gedink het, so gebeur dit; en soos Ek besluit het, kom dit tot stand:

25 omAssur te verbreek in my land, en op my berge sal Ek hom vertrap, sodatsy juk van hulle kan afgly en sy las van hulle skouer kan wyk.

26 Dit is die besluit wat geneem is oor die hele aarde, en dit is die hand wat uitgestrek is oor al die nasies;

27 want dieHerevan die leërskare het dit besluit — wie sal dit kan verydel? En sy hand is uitgestrek — wie sal dit kan afkeer?

Profesie teen die Filistyne.

28 IN die sterfjaar vankoning Agas het hierdieGodspraak uitgegaan.

29 Wees nie bly, o ganse land van dieFilistyne, dat die roede verbreek is wat jou geslaan het nie; want uit die wortel van die slang sal ’n basilisk voortkom, en sy vrug sal ’n vlieënde draak wees.

30 En die eersgeborenes van die armes sal wei, en die behoeftiges sal veilig lê en rus; maar jou wortel sal Ek deur honger laat sterwe, en jou oorblyfsel sal hy doodmaak.

31 Huil, o poort! Skreeu, o stad! Bewe, o ganse land van die Filistyne! Want uit die noorde kom rook, en daar is geen afswerwer onder sy skare nie.

32 Wat sal hulle dan die boodskappers van die nasie antwoord? DatdieHereSion gegrondves het, en datdie ellendiges van sy volk daarin sal skuil.

JESAJA 15

Die ondergang van Moab.

1 GODSPRAAK oorMoab. Waarlik,in die nag is Ar-Moab verwoes, vernietig! Waarlik, in die nag is Kir-Moab verwoes, vernietig!

2 Hulle gaan op nadie tempel, enDibon na die hoogtes om te ween; Moab huil opNebo en inMedéba; op al hulle hoofde is ’nkaalte,elke baard is afgeskeer.

3 Op hul strate het hulle rouklere aangegord; op hulle dakke en op hulle pleine huil alles en smelt weg in geween.

4 Hesbon enEleále skreeu, hulle stem word gehoor totJahas toe; daarom hef die gewapende manne van Moab ’n angsgeskreeu aan, sy siel sidder.

5 My hart skreeu oor Moab, sy vlugtelingekomtot by Soar,Eglat-Selísia. Want die hoogte van Luhit beklim hulle met geween; ja, op pad na Horonáim laat hulle ’n geskreeu van verwoesting weerklink;

6 want die waters vanNimrim word ’n woesteny, ja, die gras is verdor, die grasspruitjies het vergaan, daar is geen groenigheid nie.

7 Daarom gaan hulle die oorwins wat hulle gemaak het, en hulle voorraad, oor die Wilgerspruit dra.

8 Want die geskreeu gaan rond in die grondgebied van Moab, sy gehuil tot by Eglaim en sy gehuil tot byBeër-Elim.

9 Want die waters van Dimon is vol bloed; want Ek sal oorDimon nog meer bring,’n leeu oor dié van Moab wat ontvlug het, en oor die oorblyfsel van die land.

JESAJA 16

1 STUUR dielammers van die regeerder van die land uit die rotsstreek weg na die woestyn, na die berg van die dogter van Sion.

2 En soos voëls wat vlug, ’n nes wat verjaag is, sal die dogters van Moab wees by die driwwe van dieArnon.

3 Gee raad, gee beslissing,maak jou skaduwee soos die nag op die volle middag, verberg die wat verdryf is, verraai die vlugteling nie!

4 Laat my mense wat verdryf is, by jou vertoef! Aangaande Moab, wees vir hulle ’n skuilplek vanweë die verwoester. Want gedaan is die verdrukker, klaar is dit met die verwoesting, weg is die vertrappers uit die land!

5 En opgerig is deurgoedgunstigheid ’n troon, en daarop sit een in getrouheid in Dawid se tent, ’nregter wat die reg soek en gou is in geregtigheid.

6 Ons het gehoor van die trotsheid van Moab — hy is baie trots! — van sy hoogmoed en sy trotsheid en sy grimmigheid, syonbehoorlike grootpratery.

7 Daarom sal Moaboor Moab huil, almal saam huil; oor die druiwekoeke vanKir-Haréset sal julle sug, heeltemal verslae.

8 Wantdie wingerde van Hesbon het verwelk; die wingerdstok van Sibma — sy edele druiwe het die beheersers van die nasies neergewerp; dit het gekom tot byJaéser, dit het in die woestyn ingedwaal; sy ranke het uitgesprei, het oor die see gegaan.

9 Daarom beween ek die wingerdstok van Sibma met die geween van Jaéser; ek maak jou nat met my trane, Hesbon en Eleále, omdat die vreugdegeroep jou somervrugte en jou oes oorval het,

10 envreugde en gejuig weggeneem is uit die vrugteboord, en in die wingerde nie gejubel of gejuig word nie; die druiwetrapper trap geen wyn in die parskuipe nie; Ek het die vreugdegeroep laat ophou.

11 Daarom klaagmy ingewande oor Moab soos ’n siter, en my binneste oor Kir-Heres.

12 En as Moab verskyn, as hy hom vermoei opdie hoogte en in sy heiligdom ingaan om te aanbid, dan sal hy niks uitrig nie.

13 Dit is die woord wat dieHeretevore teen Moab gespreek het.

14 En nou spreek dieHereen sê: Binne drie jaar —soos die jare van ’n dagloner — sal die heerlikheid van Moab veragtelik gemaak word saam met die hele groot menigte; en die oorblyfsel sal min, gering, onmagtig wees.